Page 2 of 3
Re: FTR en Bisley skiet
Posted: Fri Mar 17, 2017 8:57 am
by Riaan Kriel
Wow, daai is werklik BAIE indrukwekkend Schalk...
Re: FTR en Bisley skiet
Posted: Fri Mar 17, 2017 9:02 am
by Swede
Uitstekend geskiet!! Het so ruk terug met 'n bisley oop visier by die baan geskiet op 100m met gewone weermag patrone was nogal beindruk met die akkuraatheid daarvan, het so 3 duim groep geskiet, dit is heeltemaal iets anders, moet byvoeg dit was nie prone geskiet maar oor 'n sanksak van die bank af

Re: FTR en Bisley skiet
Posted: Sat May 27, 2017 8:39 am
by Morne Van Der Merwe
More Manne,
Ek stel nogal b elang in die F-ope klas, het die link op vorige bladsy gelees, as hul praat kan enige "rus" voor gebruik, sluit dit nou in F-TR bipod ook in?
Groete
Morne
Re: FTR en Bisley skiet
Posted: Sat May 27, 2017 5:45 pm
by LoopSoosStroop
Sal self 'n F-ope wedstryd of twee wil skiet.
Re: FTR en Bisley skiet
Posted: Sat May 27, 2017 5:57 pm
by Capt. Yoda
Morne Van Der Merwe wrote:More Manne,
Ek stel nogal b elang in die F-ope klas, het die link op vorige bladsy gelees, as hul praat kan enige "rus" voor gebruik, sluit dit nou in F-TR bipod ook in?
Groete
Morne
Ja, julle moes vandag kom super league skiet het. Jy leer bitter baie tussen die manne wat wind verstaan
Re: FTR en Bisley skiet
Posted: Sat May 27, 2017 6:12 pm
by Morne Van Der Merwe
Wanneer sal weer so skiet dag wees? Is daar webwerf of iets waar n mens die datums kan kry?
Groete
Morne
Re: FTR en Bisley skiet
Posted: Sat May 27, 2017 7:23 pm
by FDV
Is daar enigiemand in die Wes Kaap wat belangstel om bietjie langafstand bisley te probeer of om jouself of jou geweer bietjie op langafstand te toets?
Re: FTR en Bisley skiet
Posted: Sat May 27, 2017 8:03 pm
by ruaanb
nie noodwendig Bisley nie maar langafstand wel
Sent from my SM-G900F using Tapatalk
Re: FTR en Bisley skiet
Posted: Sat May 27, 2017 8:03 pm
by JPS
Morne Van Der Merwe wrote:Wanneer sal weer so skiet dag wees? Is daar webwerf of iets waar n mens die datums kan kry?
Groete
Morne
Morne,
Ek sal vir jou skiet datums aanstuur van piet joubert in Pta, Heidelberg en potch deurstuur bietjie later.
Groete
Jan
Re: FTR en Bisley skiet
Posted: Sat May 27, 2017 8:20 pm
by FDV
ruaanb wrote:nie noodwendig Bisley nie maar langafstand wel
Sent from my SM-G900F using Tapatalk
Bring jou geweer en scope en kom kyk bietjie watse groepe jy kan kry op langer afstande. Kom toets jouself ook bietjie teen die kaapse Suid Oos. Merkers gee jou onmiddellike terugvoer op jou skote en jy hoef nie te wonder of jy die gong senter getref het of net skrams nie.
Re: FTR en Bisley skiet
Posted: Sun May 28, 2017 9:40 pm
by Piet Breedt
swc-tr wrote:Martin, ons skiet gewoonlik 10 of 15 skoot wedstryde.
Hier is plotkaarte van werklike wedstryde wat geskiet is, tydens die 2015 Palma (Bisley langafstand wereldkampioenskap) in die VSA by Camp Perry.
Op 800 yards:
2015 WLRC Indiv 800yds plot.jpg
Op 1000 yards:
2015 Palma 1000yds plot.jpg
Moet darem byvoeg dit gaan nie altys so goed nie.
Dit is nou skiet, baie mooi..!!!!
Re: FTR en Bisley skiet
Posted: Sun May 28, 2017 11:09 pm
by Charles.308
Hi Francois
Kan jy bietjie meer inligting gee oor FTR-skiet soos
Hoeveel kos dit om op n Saterdag te gaan skiet.
Hoelaat begin julle en tot hoelaat skiet julle.
Hoeveel skote op 300, 600, 900
Wou nog altyd probeer , maar nooit so ver gekom om dit te doen nie.
Dankie
Charles
Re: FTR en Bisley skiet
Posted: Mon May 29, 2017 8:31 am
by LoopSoosStroop
JPS wrote:Morne Van Der Merwe wrote:Wanneer sal weer so skiet dag wees? Is daar webwerf of iets waar n mens die datums kan kry?
Groete
Morne
Morne,
Ek sal vir jou skiet datums aanstuur van piet joubert in Pta, Heidelberg en potch deurstuur bietjie later.
Groete
Jan
Jan, wil jy dit nie hier sit dat almal kan sien nie?
Re: FTR en Bisley skiet
Posted: Mon May 29, 2017 8:54 am
by Joe308
Afstand en ammo benodig () in kolom heel regs.
08:00 - 15:00
Kostes ? Goedkoper en lekkerder as jag

Geweer: enige iets onder 8mm kaliber, geen silencers of muzzle breaks.
900m baan met genoeg wind, n lekker teerpad tot by die baan en n lekker kroeg 300m van die basis se hekke...
Kontak vir JPS(Jan), Bigfoot of myself as jy suid van die Jukskei bly en wil skiet....
Re: FTR en Bisley skiet
Posted: Mon May 29, 2017 7:59 pm
by FDV
Hi
Het bietjie gesukkel om dit op te laai, maar hier is hy nou. Die WP Bisley 2017 jaarprogram.
Re: FTR en Bisley skiet
Posted: Mon May 29, 2017 8:09 pm
by Francoisv
Francois wrote:Hi
Het bietjie gesukkel om dit op te laai, maar hier is hy nou. Die WP Bisley 2017 jaarprogram.
Skiet in die Kaap begin 09:00 want 08:00 is dit nog donker in die winter en die wind waai nog nie.
Francois Vogel
Re: FTR en Bisley skiet
Posted: Mon May 29, 2017 8:11 pm
by FDV
Hier is 'n foto van die ouens in aksie
WP F Klas.jpg
Re: FTR en Bisley skiet
Posted: Mon May 29, 2017 8:16 pm
by FDV
Hi. Dit kos so ongeveer R100 om in te skryf. Dalk R10 meer as jy nie lid is nie. Dit sluit gewoonlik die koste in van die ouens wat die skywe trek en skoot plasings merk. Dit vat gewoonlik so tot middag-ete.
Inskrywing begin so 08h00
Re: FTR en Bisley skiet
Posted: Mon May 29, 2017 8:21 pm
by JPS
Sien paar F klas Proteas in daai foto...
Re: FTR en Bisley skiet
Posted: Mon May 29, 2017 8:24 pm
by Morne Van Der Merwe
JPS wrote:Morne Van Der Merwe wrote:Wanneer sal weer so skiet dag wees? Is daar webwerf of iets waar n mens die datums kan kry?
Groete
Morne
Morne,
Ek sal vir jou skiet datums aanstuur van piet joubert in Pta, Heidelberg en potch deurstuur bietjie later.
Groete
Jan
Baie dankie Jan,
Sien julle die 24 Junie in Parys.
Groete
Morne
Re: FTR en Bisley skiet
Posted: Mon May 29, 2017 9:17 pm
by JPS
Morne Van Der Merwe wrote:JPS wrote:Morne Van Der Merwe wrote:Wanneer sal weer so skiet dag wees? Is daar webwerf of iets waar n mens die datums kan kry?
Groete
Morne
Morne,
Ek sal vir jou skiet datums aanstuur van piet joubert in Pta, Heidelberg en potch deurstuur bietjie later.
Groete
Jan
Baie dankie Jan,
Sien julle die 24 Junie in Parys.
Groete
Morne
Reg so, jy sal dit erg geniet.
Re: FTR en Bisley skiet
Posted: Tue May 30, 2017 8:39 am
by Witpietskiet
Francois wrote:Hi
Het bietjie gesukkel om dit op te laai, maar hier is hy nou. Die WP Bisley 2017 jaarprogram.
Francois, gaan jy die WP Ope skiet in Oktober?
Ons is n paar manne wat beplan af te kom vir die shoot.
Re: FTR en Bisley skiet
Posted: Tue May 30, 2017 1:21 pm
by swc-tr
Re: FTR en Bisley skiet
Posted: Tue May 30, 2017 6:15 pm
by Frikkie Coetzee
Watter datum is die WP ope? Ek wil afkom.
Jan gaan jy af vlieg dan tel ek jou op by lughawe. Hopelik sal Renier my nie weer hoef in te tou nie. Die eerste keer toe pak my bakkie se enjin mos op halfpad tussen S&O en Atlantis
Re: FTR en Bisley skiet
Posted: Tue May 30, 2017 11:28 pm
by JPS
Ek ook,

daai manne daar van die verste kant af op die foto
