Page 2 of 2

Re: Om die regte 6mm te kies?

Posted: Sat Mar 04, 2017 10:12 pm
by Smitstertjies
Arnold wrote:Ek sou die 6 Creedmoor vat. Jou 1200m is baie vêr en op daai afstand help elke bietjie wat jy kan gee.

Daai bietjie ekstra hou jou weer n paar meter verder supersonies.
Dasher behoort darem tot so 1400 meter supersonies te gaan?

Re: Om die regte 6mm te kies?

Posted: Sun Mar 05, 2017 12:06 am
by Arnold
Smitstertjies wrote:
Arnold wrote:Ek sou die 6 Creedmoor vat. Jou 1200m is baie vêr en op daai afstand help elke bietjie wat jy kan gee.

Daai bietjie ekstra hou jou weer n paar meter verder supersonies.
Dasher behoort darem tot so 1400 meter supersonies te gaan?
Weetnie, het nie die somme gedoen nie. Ek kan net dink dat die groter dop effens meer gaan gee.

As jy hou van die Dasher, bou hom en moenie dat mense jou anders probeer ompraat nie!

Re: Om die regte 6mm te kies?

Posted: Sun Mar 05, 2017 8:11 am
by savage(P Coetzer)
Wat is die verskil in spoed met n 95gr vld tussen die dasher en brdx? Die twee is darm maar amper identies?

Re: Om die regte 6mm te kies?

Posted: Sun Mar 05, 2017 8:17 am
by Smitstertjies
Dankie julle. Dink Dasher sal dit dan wees!

Re: Om die regte 6mm te kies?

Posted: Sun Mar 05, 2017 10:06 am
by Andre308
Smitstertjies wrote:Dankie julle. Dink Dasher sal dit dan wees!
Smitstertjies, watter koel het jy gebruik vir hierdie tafel?

Ek kan dit nie simuleer met n 105gr koel in Strelok nie. Hulle BC is n bietjie te laag om so mooi spoed te hou...of ek doen iets verkeerd.

Re: Om die regte 6mm te kies?

Posted: Sun Mar 05, 2017 10:16 am
by Smitstertjies
Sommer Berger VLD Hunting 105gr G7 BC van 0.278 gebruik teen 2995vps.

Re: Om die regte 6mm te kies?

Posted: Sun Mar 05, 2017 10:24 am
by Andre308
Smitstertjies wrote:Sommer Berger VLD Hunting 105gr G7 BC van 0.278 gebruik teen 2995vps.
Dink oor ek ons lugdruk hier op seevlak gebruik, en jy dan n bietjie hoer is dit.

Re: Om die regte 6mm te kies?

Posted: Sun Mar 05, 2017 10:26 am
by Smitstertjies
Jip, dit maak n groot verskil. Ek skiet darem nooit by seevlak nie. Ons kry ook makiliker koele gestabiliseer met twistrates wat dalk nie ideaal is nie.

Re: Om die regte 6mm te kies?

Posted: Sun Mar 05, 2017 1:10 pm
by joe rocket
Goeie keuse dis die beste kaliber volgens my wat die totale paket bied as jy loop leeftyd, kruid, spoed en akuraatheid betref. My ackley gister met die borescope beloer na 675 skote is daar lekker cracking in die loop, dink nie ek gaan 1700 skote sien nie en dis teen 55000psi druk wat maar mak is, 365 is n blacksam. Dasher ten minste 5000 skote.

Re: Om die regte 6mm te kies?

Posted: Sun Mar 05, 2017 6:39 pm
by Drenalinjunkie
Dasher al die pad.

Re: Om die regte 6mm te kies?

Posted: Sun Mar 05, 2017 6:55 pm
by Arnold
Tyd vir 5 skoot groepe Simon ;)

Daai is darem awesome!

Re: Om die regte 6mm te kies?

Posted: Sun Mar 05, 2017 8:17 pm
by Hansieslim
Bump

Re: Om die regte 6mm te kies?

Posted: Sun Mar 05, 2017 11:39 pm
by Smous v.d. Vyver
Heinz watter gewig punt skiet jy as ek mag vra? 105gr?

Re: Om die regte 6mm te kies?

Posted: Mon Mar 06, 2017 5:59 am
by Drenalinjunkie
Arnold wrote:Tyd vir 5 skoot groepe Simon ;)

Daai is darem awesome!
Die geweer sal dit dit doen. Dis net die drywer wat opgewonde word en droog maak.

Re: Om die regte 6mm te kies?

Posted: Mon Mar 06, 2017 6:37 am
by Heinz Petersen
Corné v.d. Vyver wrote:Heinz watter gewig punt skiet jy as ek mag vra? 105gr?
105 Bergers en 87gr vmax.

Re: Om die regte 6mm te kies?

Posted: Tue Sep 19, 2017 1:51 pm
by Capt. Yoda
Smitster het jy toe daai Dasher gebou?

Re: Om die regte 6mm te kies?

Posted: Tue Sep 19, 2017 2:08 pm
by Jan Meiring
Hoekom is die 6PPC nie ter sprake nie?

Re: Om die regte 6mm te kies?

Posted: Tue Sep 19, 2017 2:40 pm
by savage(P Coetzer)
Die ppc se asem heeltemal te min vir vêr skiet

Re: Om die regte 6mm te kies?

Posted: Tue Sep 19, 2017 3:21 pm
by Smitstertjies
Capt. Oblivious wrote:Smitster het jy toe daai Dasher gebou?
Hy is oppad! Wag vir liksens en vir Ralph!

Re: Om die regte 6mm te kies?

Posted: Wed Sep 20, 2017 2:52 pm
by 6.5/284Norma
Ek sal my 6mm Creedmoor vir niks verruil nie. Het 'n hele ruk terug die projek begin en is baie gelukkig.

Hier is my baba: Howa kort aksie, 30 duim Bartlein 1 in 9 loop, GRS beserk kolf, Kahles K624i teleskoop.

Van al die gewere wat ek ooit besit het is dit die mees presisie kaliber wat ek het. Hy skiet kringe om my 6.5 Creedmoor, 6.5/284 en 22-250.

Gebruik Lapua 6.5 Creedmoor doppe afgenek en jy het die klein primer wat so gewild is.

95 gr Berger en Sierra asook 88 gr Bergers werk perfek vir my. Kry so 3300 met 95 en 3380 met 88 gr.

Dis byna die enigste geweer waarmee ek deesdae wil skiet!

Re: Om die regte 6mm te kies?

Posted: Thu Sep 21, 2017 6:30 am
by jankraay
6.5/284Norma wrote:Ek sal my 6mm Creedmoor vir niks verruil nie. Het 'n hele ruk terug die projek begin en is baie gelukkig.

Hier is my baba: Howa kort aksie, 30 duim Bartlein 1 in 9 loop, GRS beserk kolf, Kahles K624i teleskoop.

Van al die gewere wat ek ooit besit het is dit die mees presisie kaliber wat ek het. Hy skiet kringe om my 6.5 Creedmoor, 6.5/284 en 22-250.

Gebruik Lapua 6.5 Creedmoor doppe afgenek en jy het die klein primer wat so gewild is.

95 gr Berger en Sierra asook 88 gr Bergers werk perfek vir my. Kry so 3300 met 95 en 3380 met 88 gr.

Dis byna die enigste geweer waarmee ek deesdae wil skiet!
Volgende jaar word my RPR ook n 6mm Creedmoor


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Om die regte 6mm te kies?

Posted: Thu Sep 21, 2017 7:30 am
by 6.5/284Norma

Re: Om die regte 6mm te kies?

Posted: Thu Sep 21, 2017 7:31 am
by 6.5/284Norma

Re: Om die regte 6mm te kies?

Posted: Thu Sep 21, 2017 8:01 am
by Apie
Daai Lapua'tjies is populêr..

Sent from my SM-G950F using Tapatalk