Page 2 of 2

Re: Watse klein kaliber?

Posted: Fri Jul 29, 2011 1:57 pm
by .::Alwyn-U::.
Dis reg Dawie ek beweeg al hoe meer na die 223 toe.. Ek hoor net goed van hom

Re: Watse klein kaliber?

Posted: Fri Jul 29, 2011 2:17 pm
by Lourens
Ek stem Dawie, 'n .223 met 60gr punte is 'n moordwapen. Ek dink ek gan self in die toekoms my .22-250 smous en vir my 'n .223 kry. Sal maar nog bietjie vasbyt vir eers. Alwyn jy sal nie 'n fout maak met die .223 nie, ek sal nie vir die .22-250 gaan nie, dis 'n skitterende kaliber maar ek het te veel met myne gesukkel, maar dis net my opinie en baie ander ouens is weer baie gelukkig met hulle 22-250's. Die 204 lyk na net so 'n heerlike kalibertjie, my mond water vir een van hulle ook.

Groete,
Lourens

Re: Watse klein kaliber?

Posted: Fri Jul 29, 2011 2:26 pm
by .::Alwyn-U::.
Lourens, wat my afskrik van die 22-250 is sy aansienlikke korter loop leeftyd as die 223.

Re: Watse klein kaliber?

Posted: Fri Jul 29, 2011 3:39 pm
by Lourens
Alwyn,

Sy loopleeftyd is defnitief korter as die .223 en die 204 sin. Hy het 'n reputasie om 'n loop te brand. 'n Ander ding is dat hy bekend is vir die lekker doughnuts wat hy in die doppe se neke vorm na so paar skote. Die brass wat so vloei (die dop se nek word langer) is net so 'n pyn in die g@t as ek hom herlaai. Ek gaan later vir my 'n .223 koop om hom te vervang, sal dan heel waarskynlik sy kort aksie gebruik om vir my iets anders te bou. Ekt 'n lekker 308 projek ingedagte. Sy aksie is selfs geskik vir daai lieflike 325WSM waaroor ons al geses het..... Maar ek het reeds 'n .338 so dis sinneloos. My ander probleem met my .22-250 is dat hy 'n 1 in 14" twist loop op het. Ruger maak uitstekende wapens en dis my gunsteling, maar ek weet nie wat het hulle besiel om so 'n stadige groef loop op te sit nie. Ek kan beswaarlik swaarder as 50gr punte deur hom skiet. Dit werk doodeenvoudig net nie vir my nie. Ek hou van lang en swaar punte.

As jy gaan vir die .223 kyk veral na die Savage, Safari and Outdoor se prys is goed en daar is van Savage se modelle wat in .223 uitkom met 1 in 9" twist, plus dis 'n onsettend akkurate geweer! Ek is ook mal oor die Howa's en die prys is reg. Ek dink daai is uitstekende waarde vir geld. Ek het pas vir my 'n 375 Ruger in 'n Howa gekoop, kannie wag dat daai lisensie moet kom nie.

Ek ken heelwat ouens wat .223's skiet en daai ouens is baie in hul skik met die kaliber. Plus daar is hordes fabrieks ammunisie vir hom beskikbaar. Jy sal nie 'n fout maak met hom nie.

Groete,
Lourens

Re: Watse klein kaliber?

Posted: Fri Jul 29, 2011 3:51 pm
by .::Alwyn-U::.
Lourens

Ek dink ons het dan al na die selfde savage gekyk. Hy gaan vir R11k?
Baie netjiese geweer!

Groete

Re: Watse klein kaliber?

Posted: Fri Jul 29, 2011 4:01 pm
by Lourens
Inderdaad Alwyn, R11K, dis net hy daai!! Pragtige roer!! Hy sal 'n jakkie en 'n paar ander goed lekker pak gee!  ;D ;D

Groete,
Lourens

Re: Watse klein kaliber?

Posted: Fri Jul 29, 2011 4:07 pm
by .::Alwyn-U::.
Ja daai savage is darem bitter mooi afgewerk, ek was van plan om die howa te koop maar nou dat ek hom gesien het moet ek nog bietjie spaar.!

Re: Watse klein kaliber?

Posted: Mon Aug 08, 2011 2:30 pm
by Dawie D
Rooijakkals

Jy moet daai 60gr punte n bietjie op jou 222-50 probeer. Ek het met my 222-50 daai 60gr punte geskiet en hulle werk soos n bom. Vie interisantheid<het ek my vorige 223 loop getel en daar is tussen 22000 en 24000 duisend 60gr punte deur hom ,maar ek moet se ek het my kamer 3 keer laat terug sny.Elke keer het ek dit gedoen sodra my "laans" so+- 6mm ver weg was.

Groete
Dawie

Re: Watse klein kaliber?

Posted: Mon Aug 08, 2011 10:20 pm
by Rfourie
Ek het vrydag safari toe gebel vir n 224 loop, lizette het vir my gese hulle het n krieger 204 loop in stock, ek het seker gemaak dit is nie n 224 nie, nee dis n 204! Dalk net die wa vir pa. Hulle kan dit na Pretoria winkel oorplaas as jy hier woon.

Re: Watse klein kaliber?

Posted: Mon Aug 08, 2011 10:45 pm
by .::Alwyn-U::.
SMK

Ek studeer nog op stellenbosch toevalig. Die kenners op die forum het gese ek moet maar vir eers wag met die 204. Die ammunisie is nog nie so gewild in die land nie (ek herlaai nie)..

Vir interresantheid, hoeveel was daai loop?

Groete

Re: Watse klein kaliber?

Posted: Sat Aug 20, 2011 10:36 pm
by Rfourie
R5000

Re: Watse klein kaliber?

Posted: Sun Aug 21, 2011 8:18 am
by Piet Breedt
Koop n .223, jy sal nie spyt wees nie.

Re: Watse klein kaliber?

Posted: Mon Aug 29, 2011 11:30 am
by hannesfouche
Vergeet die 204,hy kwes lelik op lyf skote,het n klient gehad wat met een gejag het,nog nooit so baie agter kwes bokke aangeloop nie,kry nie goeie penetrasie nie,al was skoot plasing goed.

Re: Watse klein kaliber?

Posted: Mon Aug 29, 2011 11:41 am
by Geno
hannesfouche wrote: Vergeet die 204,hy kwes lelik op lyf skote,het n klient gehad wat met een gejag het,nog nooit so baie agter kwes bokke aangeloop nie,kry nie goeie penetrasie nie,al was skoot plasing goed.
Watse koeels het hy gebruik, en watse spesies is geskiet met hom?

Re: Watse klein kaliber?

Posted: Mon Aug 29, 2011 11:54 am
by BLOK
Hannes

Soos Geno se watse koels, grein en dan die spesies wat met die geweer geskiet is.

Blok

Re: Watse klein kaliber?

Posted: Mon Aug 29, 2011 12:07 pm
by BUSH1
ek stem saam sal maar vir 223 gaan keuse 1 , 22- 250 keuse 2 , sodra jy na snaakse kalibers gaan ,  sukkel jy altyd jou stert af met komponente , jammer meneer eers oor 3 maande weer tipe van ding  :o  , ek koop ook sommer so 1000 + punte en primers op ? slag sodat ek weet ek het altyd backup , jy het nou net lading uitgewerk en alles loop reg dan kry jy nie dieselfe punte of primers nie , :'(

dit is genoeg om enige mens wat hou van lood gooi mal te maak

Re: Watse klein kaliber?

Posted: Mon Aug 29, 2011 12:32 pm
by Plant
Ek sit in dieselfde penarie, na wat ek als gelees het van die .204 was ek baie opgewonde maar julle manne se comments maak sin.
Ek aan die anderkant soek ietsie klein en vinnig, ek het nie 'n .22 in my arsenaal nie, en dink die .204 sal die waaiersterte en dalk die odd jakkie of 2 lelik en teen 'n goeie prys pak gee.
So, sal die .223 nie dalk bietjie overkill wees vir my nie.
PS. Ek het 'n 30lag, en hy skiet enige iets. ;D ;D

Re: Watse klein kaliber?

Posted: Sun Sep 18, 2011 3:47 pm
by tobie
o kool.ek het die 22-250 gekoop.die meeste manne in ons jag klup skiet met hulle.55gr v-maxs punte. niemand hier kla oor die lope nie.ek dink ek gaan hom maar n try gee,sal net betyds n 223 moet aanskaf :'( :'(

Re: Watse klein kaliber?

Posted: Sun Sep 18, 2011 3:56 pm
by herley
Goeie besluit tobie ;)

Re: Watse klein kaliber?

Posted: Sun Sep 18, 2011 9:19 pm
by Ponkie
Tobie

Gaan loer bietjie die groeperings wat ek met my 22-250 geskiet het! Dis by trofee-papierbokke! Ek skiet 55gr Sierra of 50gr V-max. Vir een of ander rede hou my roer nie van die 53gr V-max'e nie...

Groetnis
POnkie

Re: Watse klein kaliber?

Posted: Sun Sep 18, 2011 9:39 pm
by Arnold
Ponkie, ek dink jou twist is te stadig ...

Re: Watse klein kaliber?

Posted: Mon Sep 19, 2011 3:32 pm
by .::Alwyn-U::.
Ek vermoed die selfde met my 243.. Hy groepeer nie lekker met 100gr nie.. as ek dies kry gaan ek verseker ligter gaan!

Groete