Page 2 of 3
Re: RPR
Posted: Fri Feb 10, 2017 9:06 am
by dawiec
Ten minste kan jy al skiet. My dies en punte lĂȘ al en wag...wag vir damn liksens om te kom. Brass is skaars...waar het jy gekry?
Re: RPR
Posted: Fri Feb 10, 2017 9:09 am
by DamDuiker
By Humansdorp Ko-op, laas gehoor hulle het nog baie, en hulle is die goedkoopste wat ek gekry het. n pel van my wat ook een het, het sommer met hornady se fabrieks ammo 129gr, geskiet 3skote in een gat.
Re: RPR
Posted: Fri Feb 10, 2017 9:15 am
by dawiec
Dankie sal hul bel. ek sien in Amerika praat almal met lof van die Hornady factory ammo. ek gaan begin met Lapua Scenars en sal terugvoering gee sodra ek getoets het.
Re: RPR
Posted: Fri Feb 10, 2017 9:32 am
by DamDuiker
Ek sien die Amerikaners praat ook goed van die scenars. as ek nie reg kom met die bergers nie gaan ek ook die hornady's n kans gee.
Re: RPR
Posted: Fri Feb 10, 2017 10:04 am
by Wouter Roets
Damduiker
Wat se Bergers gebruik jy asook wat se TPL en spoed het jy gehardloop?
Groetnis
Wouter
Re: RPR
Posted: Fri Feb 10, 2017 10:31 am
by DamDuiker
Wouter,
Ek skiet Berger 140gr Hybrids, TPL was 2.820" (71.628mm) my max is 2.924" (74.269mm) spoed kan ek nie onthou nie, het nie nou al die gegewens by my nie.
Re: RPR
Posted: Fri Feb 10, 2017 11:52 am
by Wouter Roets
Damduiker
Ek skiet ook die Hybrids met S365 en hulle loop al te vraai. Laat weet maar jou gegewens meskien kan ek jou help met toegang tot die dansbaan.
Groetnis
Wouter
Re: RPR
Posted: Fri Feb 10, 2017 12:03 pm
by DamDuiker
Dis reg ek laat weet jou sodra ek dit als het dit sal baie help, single feed jy of gebruik jy die magasyn?
Re: RPR
Posted: Mon Mar 13, 2017 12:40 pm
by DamDuiker
Wouter,
Hier is die data soos versoek.
Ruger Precision Rifle
6.5 Creedmoore
Loop: 612mm (24.094")
TPL: 2.830" (71.88mm)
H2O: 53.64gr
Avg ft/s: 2722 5m van die chrony af weg
ES: 24ft/s oor 3 skote
S365 Lot 84: 43gr
Cci 200
Re: RPR
Posted: Mon Mar 13, 2017 2:18 pm
by Wouter Roets
Hallo Jeandre
Ek hardloop ook toevallig Lott 84 huidiglik. Hy brand basies op n druppel soos S365 moet. Ek harloop n TPL van 71.5mm en die is so 2mm plus weg van die lande sodat ek wel gebruik kan maak van die magesyn. Met jou huidige TPL het jy kans dat hy sal werk so kyk maar. Anders verkort hom maar sodat hy wel pas. n Mens kan nog steeds baie goeie groepe kry met so n relatiewe lang jump.
Jou nodespoed is 2815ft/sek by die loop. Ek het 25ft/sek afgetrek vir die 5m wat die chrony weg is met jou gegewens soos deurgegee. Die lading wat QL voorspel is 44.2gr maar wat ek sal doen is om 43.6gr te laai en dan van daar af dit te verhoog met 0.2gr op n slag en dan noukeurig te toets vir groepering en om so jou nodeband te toets. Meskien is dit ook n goeie idiee om jou TPL 71.5mm te maak vir hierdie hele oefening sodat jy seker is dat hy mooi in jou magesyn sal werk. Die TPL is ook basies die idiale TPL vir die komponente en oor die algemeen gee hiedie TPL baie goeie resultate.
Skiet nou tot so 44.4gr en kyk mooi na jou groepering. Jou geweer behoort mooi te wys waar jou node le. Kies dan jou uiteindelike lading met ES ingedagte. Hierdie is so klein bietjie meer werk, maar ek voel dit is die moeite werd as n mens die geweer se aplikasie in gedagte hou.
Sterkte en laat weet wat maak hy.
Groetnis
Wouter
Re: RPR
Posted: Mon Mar 13, 2017 2:58 pm
by DamDuiker
Hier is my groepie wat ek met die gegewens geskiet het.
Re: RPR
Posted: Mon Mar 13, 2017 3:18 pm
by Johan7
WitWillem (Charl) wrote:myne se lisensie vandag gekom. 243 met 7.7 twist loop
Mag ek weet hoekom 'n 7.7 twist? Dis maar net vir interressantheid.
Re: RPR
Posted: Tue Mar 14, 2017 10:54 am
by Capt. Yoda
Johan7 wrote:WitWillem (Charl) wrote:myne se lisensie vandag gekom. 243 met 7.7 twist loop
Mag ek weet hoekom 'n 7.7 twist? Dis maar net vir interressantheid.
Daai roer is "gebou" om die 115gr Dtacks en 105gr Hybrids. Hulle werk mooi met n 1/7" of 1/7.5" twist loop, as ek dit nie mis het nie is die twist van die fabriek af 1/7.5" maar kan seker 1/7.7" ook wees
Re: RPR
Posted: Tue Mar 14, 2017 12:24 pm
by Johan7
Dan skiet jy hulle so om en by watter spoed?
Re: RPR
Posted: Tue Mar 14, 2017 12:34 pm
by Johan7
DamDuiker wrote:Hier is my groepie wat ek met die gegewens geskiet het.
Jeandre, julle moet dalk nie al jul teikens met netjiese groepe so plaas vir almal om te sien nie! Netnou sien die government dit raak! More, oormore maak hulle 'n wet dat niemand 'n groepering kleiner as 10 duim mag skiet nie! Natuurlik om die kroonwild te beskerm, sou die fight uitbreek! Ha..ha..haaa......
Re: RPR
Posted: Tue Mar 14, 2017 12:43 pm
by DamDuiker
Nee Johan eks die tipe ou wat sal karring aand daai lading tot dit lyk of dit net een skoot was, irriteer myself soms.
Re: RPR
Posted: Tue Mar 14, 2017 12:56 pm
by Johan7
DamDuiker wrote:Nee Johan eks die tipe ou wat sal karring aand daai lading tot dit lyk of dit net een skoot was, irriteer myself soms.
Dis reg, ek is ook maar so. En ek het nie QL nie. Dis ladder skiet en speel met die TPL tot vervelens toe. Saans in die bed le en evalueer ek die besigheid tot vervelens toe. Later is al my primers op en skielik kan my "suppliers" nie vir my daai spesifieke primer in die hande kry nie! Dan is dit darem 'n f9kk9p! Maar ja, ek ken daai oneindige strewe na die wenresultaat! Sterkte!
Re: RPR
Posted: Tue Mar 14, 2017 5:10 pm
by Francois Marais
Yes manne, sien Ruger het nou die 243 gedrop en bing die 6mm Creedmore uit in sy plek...ook met 7.7twist loop. Myne nou bestel...handelaar wil sy besending invlieg, so dalk wag ek nie te lank nie. As deel van my Foxpro deal kan ek een Ruger geweer per jaar bestel teen 40% afslag, ek moet egter shipping en inport betaal so behoort die RPR te land so teen R18000.
Mooi loop
Francois
Re: RPR
Posted: Tue Mar 14, 2017 9:51 pm
by Capt. Yoda
Francois Marais wrote:Yes manne, sien Ruger het nou die 243 gedrop en bing die 6mm Creedmore uit in sy plek...ook met 7.7twist loop. Myne nou bestel...handelaar wil sy besending invlieg, so dalk wag ek nie te lank nie. As deel van my Foxpro deal kan ek een Ruger geweer per jaar bestel teen 40% afslag, ek moet egter shipping en inport betaal so behoort die RPR te land so teen R18000.
Mooi loop
Francois
Te lekker!
Re: RPR
Posted: Wed Mar 15, 2017 11:51 am
by Swede
Francois Marais wrote:Yes manne, sien Ruger het nou die 243 gedrop en bing die 6mm Creedmore uit in sy plek...ook met 7.7twist loop. Myne nou bestel...handelaar wil sy besending invlieg, so dalk wag ek nie te lank nie. As deel van my Foxpro deal kan ek een Ruger geweer per jaar bestel teen 40% afslag, ek moet egter shipping en inport betaal so behoort die RPR te land so teen R18000.
Mooi loop
Francois
Watter koels gaan jy skiet?
Re: RPR
Posted: Thu Mar 16, 2017 7:35 am
by DamDuiker
More manne,
ek soek bietjie raad, het agter gekom dat op my doppe as ek klaar geskiet het daar merkies is, om presies te wees op die rim van die nek. ek het my doppe getrim tot op die gewensde size maar doen steeds dieselfde, wat kan dit wees?
Re: RPR
Posted: Thu Mar 16, 2017 10:04 am
by dawiec
Damduiker hier is myne nou!
Re: RPR
Posted: Thu Mar 16, 2017 4:18 pm
by DamDuiker
Geniet hom Dawie mag jy wyd skiet
Re: RPR
Posted: Thu Mar 16, 2017 4:40 pm
by LoopSoosStroop
My Ruger Amerian maak ook sulke merkies op dop nekke. Basies dieselfde aksie. Ek dink dit word erens tydens feeding of uitrekking veroorsaak.
Re: RPR
Posted: Thu Mar 16, 2017 4:41 pm
by DamDuiker
Het jy al na dit laat kyk of dit maar so aanvaar?