Page 2 of 2

Re: Ballistic programs

Posted: Tue Sep 06, 2016 11:29 am
by Ben
Capt. Oblivious wrote:
Giepie wrote:Is Brain Litz een van die ontwikkelaars van AB? Lyk vir my so. Sy negatiewiteit teen die Hornady program lyk vir my verdag. Ek ken nie een van die twee nie, maar dit lyk weer na 'n geval van "kraak die opposisie af sodat my produk beter kan lyk". Vertel en wys my eerder hoekom jou produk goed is sonder om die ander sleg te sê, dan het jy my aandag, dit is hoekom ek nie positief voel oor GSC nie. Ek is selfs negatief oor Peregrine met hulle "best hunting bullet on earth".

Ek het Strelok pro waarmee ek speel, maar nog nooit regtig gebruik nie. Wou dit vroeër die jaar in die Kalahari uittoets, maar daar was nie tyd daarvoor nie, beter om jou geweer se trajek te ken en iemand wat vir jou die afstand kan gee. Vir veldskiet sal dit seker beter werk waar jy dalk meer tyd het en plek om die foon neer te sit. Met bokke wat nie lank stil staan nie is daar nie tyd nie.

Dink in veldskiet gaan jy nog minder tyd he om op jou foon te krap al was dit toegelaat, die apps is nie regtig ontwikkel vir 400m skiet waar jy onder tyd/druk is nie.
Bryan Litz is die brein agter al Berger/Applied Ballistics (Applied Ballistic is sy maatskapy) se produkte, as hy praat sit die meeste skuts oor die wereld regop om mooi te luister
Hy is in waare lewe n "rocket scientist" as ek reg onthou.........Wat Mr Litz weet van Balistics moet meeste maatskappye nog oplees

Re: Ballistic programs

Posted: Tue Sep 06, 2016 12:16 pm
by Jan Nel
Applied Ballistics op IPhone met metrieke verstellings is glad nie betroubaar nie, ek gebruik hom glad nie meer nie. Aan die begin het ek AB emails gestuur met die foute, hulle het dit net geignoreer - vir meer as 'n jaar lank.
Ek het Bullet Flight & Strelok ook maar gelos, alhoewel die enigste wat terugvoer gee oor foute, is Strelok.
Ek gebruik nou Shooter, maar selfs Shooter het foute - bv vir die kalibrasie funksie moet jy Yards as afstand insit, al het jy Meter gekies.

Re: Ballistic programs

Posted: Tue Sep 06, 2016 2:11 pm
by Trompie
Jan Nel wrote:Applied Ballistics op IPhone met metrieke verstellings is glad nie betroubaar nie, ek gebruik hom glad nie meer nie. Aan die begin het ek AB emails gestuur met die foute, hulle het dit net geignoreer - vir meer as 'n jaar lank.
Ek het Bullet Flight & Strelok ook maar gelos, alhoewel die enigste wat terugvoer gee oor foute, is Strelok.
Ek gebruik nou Shooter, maar selfs Shooter het foute - bv vir die kalibrasie funksie moet jy Yards as afstand insit, al het jy Meter gekies.
Klink vir my meer asof die IPHONE die probleem is as die ballistic apps :laugh:

Re: Ballistic programs

Posted: Tue Sep 06, 2016 7:03 pm
by Gawie(13mm)
Hier is my persoonlike en eerlike opinie.
Brain Litz is een van die mees objektiewe kenners op die gebied van eksterne ballistiek. Hy is nie die Alpha en die omega nie, maar hy is deksels naby.;D
Enige ballistiese program se betroubaarheid staan op drie pilare.
1.Die sagteware. Is die program betroubaar en kan dit gekalibreer word om by jou geweer en ammo kombinasie aan te pas? Onthou dat die sagteware op wiskundige formules staat maak om 'n voorspelling te maak. Die koeël lieg nie en daarom moet die program aanpasbaar wees.

2.Die verbruiker. Is jy gemaklik met die applikasie en sy data vorderings metodes? Verstaan jy elke onderafdeling van die applikasie en watter impak elkeen daarvan op 'n betroubare voorspelling het?
Jy kan nie net tot op 300 m oefen met die app en dan op 600m 'n bok gaan skiet nie. Jy mis en nou is dit die app se skuld! Poephol! :-[

3.Die ontwikkellaar. Hoe toeganklik is die ontwikkelaar en hoe gereeld word die app verbeter of uitgebrei? Word daar aandag geskenk aan "Jan alleman" se probleme?

Applied Ballistics verskaf die mees betroubare voorspellings, maar nes "Shooter", wat nes 'n kloon van "AB" lyk, kan dit nogal omslagtig wees om veranderringe aan jou data aan te bring. Veral as jy nuut in die langafstand spel is en jy eintlik net jou foon vir bel gebruik, gaan hy jou knak. ;D

Dit is defenitief vir die gevorderde skut en app fundies.

Strelok het die voordeel dat hy 3 weergawes het, waarvan die mees basiese een verniet beskibaar is. Dit is 'n baie goeie leerskool hoe om die program op te stel en vertroud te raak met hoe 'n ballistiese app werk. Dit is heel betroubaar tot op 500m vir die meeste jag of teikenskiet aanwendings.
Die "+" weergawe kos 'n paar rand, maar nou begin jy met vertikale defleksie van dwarswinde, sywaartse tol en al die interresante aspekte van die sport speel. Dit het ook 'n meer volledige biblioteek van kruishare en verskillende koeëls.

Die "Pro" weergawe is net mooi dit. Vir die manne wat met reëlmaat anderkant die heilige lyn gaan kuier en dit nie as oneties beskou om te bel voor hy skiet nie. ;D

Net soos met QL moet jy die terminologie en begrip van eksterne ballistiek onder die knie hê anders gaan dit jou net soveel frustreer.

Re: Ballistic programs

Posted: Tue Sep 06, 2016 8:08 pm
by JPS
Mooi opgesom Gawie,

Shooter het baie goed vir my gewerk in die begin. Toe leer ek van vertikale defleksie (mooi afrikaanse vertaling die) wat shooter op daardie stadium nie in ag neem nie. Toe gaan ek Applied Ballistics toe. Alles lekker gewerk toe downgrade ek na 'n Iphone toe, behalwe dat ek die apps moes oorkoop het my probleme ook daar begin. Koop toe Strelok pro en dinge gaan weer beter.

Vandag uitgevind en gesien shooter neem vertikale defleksie van kruiswinde in ag so ek sal weer met Shooter werk en kyk hoe hy loop met Strelok pro. Hy werk baie eenvoudig en baie maklik vir my.

AB werk net nie met IOS vir my nie waar hy weer op andriod mooi gewerk het.

Re: Ballistic programs

Posted: Tue Sep 06, 2016 8:49 pm
by Jan Nel
JPS

Ek dink nie Shooter hanteer aerodynamic jump nie - elk geval nie op IOS nie.

Groete

Re: Ballistic programs

Posted: Tue Sep 06, 2016 8:53 pm
by JPS
Hi Jan,

Hy het nooit nie maar hy doen definatief nou. Het hom getoets vroeër vandag. Hulle moes dit ingesit het met een van die updates.

Groete
Jan

Ballistic programs

Posted: Tue Sep 06, 2016 9:20 pm
by Hein (Haan)
Wat Jan en Gawie sê is waar. As ek jou net n tip kan gee is dat jy vir jou n range boekie moet kry/maak. Skryf elke keer die omstandighede saam die afstande en die app se voorspelling neer asook die ware verstellings wat gemaak moes word.
Elke keer op die baan is n kaans om jou geweer/lading beter te leer ken, benut dit.
Onthou hoe meer inligting jy tot jou beskiking het hoe meer waarde kan jy uit daai app uit tap ,maak nie saak watse een jy kies nie.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Ballistic programs

Posted: Tue Sep 06, 2016 9:43 pm
by Gawie(13mm)
Hein (Haan) wrote:Wat Jan en Gawie sê is waar. As ek jou net n tip kan gee is dat jy vir jou n range boekie moet kry/maak. Skryf elke keer die omstandighede saam die afstande en die app se voorspelling neer asook die ware verstellings wat gemaak moes word.
Elke keer op die baan is n kaans om jou geweer/lading beter te leer ken, benut dit.
Onthou hoe meer inligting jy tot jou beskiking het hoe meer waarde kan jy uit daai app uit tap ,maak nie saak watse een jy kies nie.


Sent from my iPhone using Tapatalk
"D.O.P.E" = Data on previous engagment.
'n Mens se brein is 'n wonderlike ding. Hoe meer repetisie, hoe makliker word dit om iets te doen. Dieselfde met 'n ballistiese app. Hoe meer data jy bymekaar maak, hoe akkurater is die voorspelling.

Let daarop dat ek die woord "voorspelling" gebruik en nie oplossing of antwoord nie. Ons het hier te make met 'n dinamiese stel veranderlikes en die "antwoord" is net korrek vir die oomblik wat jy die "enter" knoppie gedruk het. ;D As skut berus die onis steeds op jou om die nodige observasies te maak en data korrek in te voer. Wat jy dan met die voorspelling maak is waar dit interresant raak. 8)

Re: Ballistic programs

Posted: Wed Sep 07, 2016 7:54 am
by Capt. Yoda
Gawie(13mm) wrote: Strelok het die voordeel dat hy 3 weergawes het, waarvan die mees basiese een verniet beskibaar is. Dit is 'n baie goeie leerskool hoe om die program op te stel en vertroud te raak met hoe 'n ballistiese app werk. Dit is heel betroubaar tot op 500m vir die meeste jag of teikenskiet aanwendings.
Die "+" weergawe kos 'n paar rand, maar nou begin jy met vertikale defleksie van dwarswinde, sywaartse tol en al die interresante aspekte van die sport speel. Dit het ook 'n meer volledige biblioteek van kruishare en verskillende koeëls.

Die "Pro" weergawe is net mooi dit. Vir die manne wat met reëlmaat anderkant die heilige lyn gaan kuier en dit nie as oneties beskou om te bel voor hy skiet nie. ;D

Gawie die enigste voordeel wat Strelok + bo die free version het is hy het trajectory validation (wat jy ook maar sonder kan reg kom) en so paar ander kruisehare en zero offset vir verskillinde koels. As jy geld wil betaal om van die free na n beter opsie toe te gaan kry maar kla die pro

Re: Ballistic programs

Posted: Wed Sep 07, 2016 10:04 am
by Pinkes
Manne

Ek gebruik Ballistic AE(Advance edition). Het hom al getoets tot op 2000y en is baie tevrede. Hy het alle bullet bcs en ook van Litz se bc op. Kan foto ook neem om groepe te meet met hom. Het ook 'n paar ander funksie om mee te speel op die baan.

Ek gebruik hom om meer as 7 vriende se ballistics vir hul te gee op baan. En het nog nie 'n dag fout gehad nie.

Vra maar vir Cappie. 1000y first round hit op bull..

net my 2c

Groete
P

Re: Ballistic programs

Posted: Wed Sep 07, 2016 10:10 am
by Capt. Yoda
Pinkes wrote:Manne

Ek gebruik Ballistic AE(Advance edition). Het hom al getoets tot op 2000y en is baie tevrede. Hy het alle bullet bcs en ook van Litz se bc op. Kan foto ook neem om groepe te meet met hom. Het ook 'n paar ander funksie om mee te speel op die baan.

Ek gebruik hom om meer as 7 vriende se ballistics vir hul te gee op baan. En het nog nie 'n dag fout gehad nie.

Vra maar vir Cappie. 1000y first round hit op bull..

net my 2c

Groete
P

Ek gebruik vir Pinkes as my ballistic app ++>: ek druk net die knoppie en wag vir die flash

Re: Ballistic programs

Posted: Wed Sep 07, 2016 10:23 am
by Rasmus
Ek gebruik ook Ballistic Ae. Die app bied op die stadium meer as wat ek verstaan.

Ek het saterdag saam die bisley ouens op 900m geskiet en die program was spot on gewees.

Volgens die program moes ek 24.5 MOA opstel vanaf my 100m zero, en dit was toe ook so gewees.

Re: Ballistic programs

Posted: Sat Jun 30, 2018 8:14 am
by Springkudu
More. Ek het bietjie opgelees oor watter ballostics program die beste is om af te laai. Ek sien die draad is redelik oud, dus wil ek net seker maak of Strelok Pro maar nogsteeds die moeite werd is om af te laai (R179 vir Iphone), of is daar ander programme om na te kyk?


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Ballistic programs

Posted: Sat Jun 30, 2018 8:28 am
by joe rocket
Jy kan maar Strelok pro koop.

Re: Ballistic programs

Posted: Sat Jun 30, 2018 8:48 am
by Springkudu
Thanks Joe


Sent from my iPhone using Tapatalk