Page 2 of 2

Re: Klagtes oor diens van veral nuwe lede

Posted: Thu Jul 21, 2011 8:01 am
by BLOK
Piet ek ook want hierdie manne het die ysters

Re: Klagtes oor diens van veral nuwe lede

Posted: Thu Jul 21, 2011 8:26 am
by James Wilson
Louis, net omdat jy so mooi vra en omdat jy een van die manne is wat hierdie site vir ons moontlik maak, het ek weer die post gaan lees.  ek sien ek het my woorde mooi gekies, ek het probeer om die fokus weg van my terug na die knaldemper probleem te kry. ek het elke keer moeite gedoen as ek afsluit om die nuwe lid weer aan te moedig om sy probleem op te los en ek het hom elke keer die wens toegespreek dat hy dit hier moet geniet.  ek het ook spesifiek gese ek is nie n ekspert nie en dat hier baie manne is wat wel knaldempers goed ken. ek het selfs so ver gegaan om n slag my meegevoel uit te spreek omdat ek weet hoe frustreerend geweer probleme kan wees.

ek was al baie kere verkeerd waaronder op hierdie forum en waar ek skaam skaam omverskoning gevra het, hierdie keer kan ek net nie glo dis die geval nie.

ek het dit mooi probeer hanteer, maar gaan kyk gerus hoe is ek  elke keer geantwoord. ek het na die laaste antwoord besluit ek gaan nie verder iets se nie.  maar ek gaan wel nadat jy my aangespreek hou daai spasie dop.

Re: Klagtes oor diens van veral nuwe lede

Posted: Thu Jul 21, 2011 9:17 am
by Louis102
Jagbehep

Verstaan my reg, ek het jou nie aangespreek (as jy dit as 'n teregwysing bedoel nie) nie. 

Jy het ges?:
Jagbehep! wrote: ... ek dink tripod is besorg dat nuwe lede wat nog nie rerig die pragtige kultuur van jaracal besef, dalk die site misbruik ... 
Ek het ges? wat my vemoede is en jou gevra om te kyk of die persepsie van 'n Gideon, 'n Tripod en van die ander lede, nie dalk baie verskil van die bedoeling met jou posts onder daardie onderwerp nie.  Ek vermoed ook dat jy dalk miskien so bietjie die verkeerde persepsie gehad het van wat Gideon se bedoeling was met sy toetrede en eerste posts.  Baie keer s? ek (ons) goed en dit word heeltemal anders interpreteer as wat ons bedoeling was.  Dit is iets wat gereeld gebeur en dit sal in die toekoms weer gebeur.

Ek glo jy het die belang van die forum op die hart probeer dra (wou nie h? dit moet misbruik word met verskuilde agenda's nie)  Ek vemoed egter sommige dink anders oor jou intensies en ek dink jy het nie heeltemal verstaan wat Tripod probeer s? het nie.  Dit is al. 

Ek wil ook nie van 'n berg van 'n molshoop maak nie, mag ons (sluit my beslis in) almal die klein jakkalsies uit die forum se wingerd hou.

Groete
Louis

Re: Klagtes oor diens van veral nuwe lede

Posted: Thu Jul 21, 2011 9:41 am
by James Wilson
Amen!

Re: Klagtes oor diens van veral nuwe lede

Posted: Thu Jul 21, 2011 12:11 pm
by Boertjie
En daar is dit ook op n mooi manier uitsorteer.
Soos gewoonlik

Boertjie

Re: Klagtes oor diens van veral nuwe lede

Posted: Fri Jul 22, 2011 7:35 am
by James Wilson
Louis, in jou laaste post aan my sit jy n Qoute in die middel van jou boodskap. hoe kry jy dit reg?  ek kry net n qoute in die begin van n boodskap gesit.

Re: Klagtes oor diens van veral nuwe lede

Posted: Fri Jul 22, 2011 9:34 am
by Louis102
Jagbehep! wrote: Louis, in jou laaste post aan my sit jy n Qoute in die middel van jou boodskap. hoe kry jy dit reg?  ek kry net n qoute in die begin van n boodskap gesit.
Jagbehep, indien jy op enige onderwerp Reply, sal jy die vorige posts in die onderwerp, verder onderkant die boksie waarin jy jou boodskap skryf.  Nou kan jy tik sover jy wil, skuif en kliek met jou pyltjie daar waar jy die aanhaling wil insit.  Gaan dan af na die vorige posts waaruit jy wil aanhaal, regs bo is 'n blokkie waar staan "Insert qoute" - kliek daarop en die hele post sal in jou boodskap verskyn.  Nou kan jy die dele wat jy nie wil aanhaal nie, delete.  Los die deel wat jy wel wil aanhaal sowel as die Quote - [hakies] bo en onder die aanhaling.

So nie, Qoute soos jy dit normaalweg doen vir bo-aan jou postHighlight die hele aanhaling deur shift in te hou.  Kliek nou op die highlight gedeelte en hou die left-kliek van die muis in terwyl jy die aanhaling skuif na waar jy hom wil h?.  Los die left kliek-knoppie en siedaar!  Jou aanhaling het geskuif.

Hoop jy kom reg, miskien is daar makliker maniere, maar dis maar hoe ek dit doen.

Louis

Re: Klagtes oor diens van veral nuwe lede

Posted: Fri Jul 22, 2011 10:11 am
by James Wilson
hglh;flj;j;lfb;sdgh;
gfwwkehglkrh
Louis102 wrote:

dankie, ek het nou n paarkeer sommer hier geoeffen.  die ander ding is, ek kon altyd my muis gebruik om iets te highlite of ek kon in die middel van n post wat ek besig is om te tik, sommer gou met my muis op n plek klik en dan flikker die regop strepe daar, maar dis nou al so 2 maande wat ek dit nie meer kan doen met die muis nie.  is dit n stelling aan my of aan jou kant wat  moet verander?

Re: Klagtes oor diens van veral nuwe lede

Posted: Sun Jul 24, 2011 12:56 pm
by gideon
Hallo manne

As ek 'n voorstel mag maak.
Julle kan nou my post gaan lees en sien hoe die ding besig is om te draai. Die manne se inset het my baie geleer. Die voorstel wat jagbehep gemaak het dat die vervaardiger ook deel word van die gesprek, was die beste ooit. Dankie Jagbehep.

Ek wonder of daar nie 'n aparte afdeling op die forum geskep kan word nie, juis vir manne wat ongelukkig is oor produkte diens ens. Mens voel so magteloos as jy iets gekoop het wat nie werk nie en boonop nie die kennis het om die feite van die twak te skei nie. Ek besef dat dit 'n nuwe blik wurms kan oopmaak.

As mens so 'n afdeling skep moet dit dalk net deur reels gereguleer word.
BV.
1. Die persoon wat die post begin moet die handelaar, vervaardiger in kennis stel dat hy dit doen.
2. Dit moet beperk bly tot die produk en nie die persoon nie
3. Hy moet bewys kan lewer van wat hy se.      Het gesien getuies werk goed.
4. Hy moet sy post eers na 'n senior man stuur wat dan sal bepaal of dit gepost mag word.
Ek dink nie dit sal die forum in 'n slegte lig stel nie aangesien dit nie die Forum se opinie is nie maar slegs 'n bespreking tussen die Forum se lede. Dit kan moontlik die probleem wat jagbehep aanvanklik met my post gehad het uitksakel.

Dit is net 'n voorstel moet asb nie my kop hieroor afbyt nie

Re: Klagtes oor diens van veral nuwe lede

Posted: Mon Jul 25, 2011 8:12 pm
by James Wilson
baie regverdige opsomming Gideon. kom ons hoor wat se die mods