Nuwe verskieter - watter scope?
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Nuwe verskieter - watter scope?
|Hennie, ek het ook daai besluit moes neem, en met 'n paar manne gesels oor watse scope. Het op die ou einde op die 8-32x56 Sightron SIII besluit.
Dis onder andere hoekom: http://bulletin.accurateshooter.com/200 ... t-part-ii/
Die verskil in die laagste verstelling is bitter min - maar op die hoogste maak dit nogal 'n verskil - van 24 na 32.
Helderheid is baie goed, en die scope se tracking en bokstoets word volledig hierbo in die artikel bespreek.
Prysverskil toe ek gekoop het was minder as R2000 tussen die 6-24 en die 8-32.

Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
- Hennie van der Merwe
- Full Member

- Posts: 245
- Joined: Thu May 31, 2012 10:25 am
Re: Nuwe verskieter - watter scope?
Thanks Jean,
Ek wil juis graag vêêêr kan sien.
Ek wil juis graag vêêêr kan sien.
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Nuwe verskieter - watter scope?
Net nog 'n bietjie inligting:
Op 6 vergroting van die 6-24x50 het jy op 100yds 'n 16.1 voet "field of view"
Met die 8 vergroting van die 8-32x56 het jy op 100yds 'n 12.2 voet "field of view"
Op die afstande wat jy beplan om te skiet, is dit beslis nie baie nie. Die voordeel kom egter by die 32 vergroting. Dit maak nogal 'n groot verskil.
Op 6 vergroting van die 6-24x50 het jy op 100yds 'n 16.1 voet "field of view"
Met die 8 vergroting van die 8-32x56 het jy op 100yds 'n 12.2 voet "field of view"
Op die afstande wat jy beplan om te skiet, is dit beslis nie baie nie. Die voordeel kom egter by die 32 vergroting. Dit maak nogal 'n groot verskil.
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
-
Sangoma (IAN)
- Hero Member

- Posts: 1320
- Joined: Thu Dec 26, 2013 9:18 am
Re: Nuwe verskieter - watter scope?
Ek dink daar is n redelike maklike oplossing vir jou.
Gan kyk watse scopes die manne die jaar in die SA FTR en F-ope gebruik het. Die meeste manne wat daar kompeteer het is gesoute skuts wat hulle toerusting noukeurig kies.
Ek glo (en kan verkeerd wees
) mar nie een van die scopes wat jy in jou eerste post genoem het was op daai baan nie. Hulle het 300m, 600m en 900m geskiet, presies wat jy wil doen.
Gan kyk watse scopes die manne die jaar in die SA FTR en F-ope gebruik het. Die meeste manne wat daar kompeteer het is gesoute skuts wat hulle toerusting noukeurig kies.
Ek glo (en kan verkeerd wees
- Hennie van der Merwe
- Full Member

- Posts: 245
- Joined: Thu May 31, 2012 10:25 am
Re: Nuwe verskieter - watter scope?
Hallo Ian,
OK, so sonder dat ek nou moedswillig myself dom hou, watter make gebruik daai manne?
Dis juis hoekom ek hierdie draad begin het.
OK, so sonder dat ek nou moedswillig myself dom hou, watter make gebruik daai manne?
Dis juis hoekom ek hierdie draad begin het.
-
Sangoma (IAN)
- Hero Member

- Posts: 1320
- Joined: Thu Dec 26, 2013 9:18 am
Re: Nuwe verskieter - watter scope?
Ek was ongelukkig nie self op Bloem die jaar nie. So het nie die lys nie.
Dalk sal iemand wat op Bloem was vir ons meer info kan kom gee?
Ek weet daar was n paar March, Leupold, Sightron en Nightforce Comps gewees. Julius het FTR gewen met n Sightron
Dalk sal iemand wat op Bloem was vir ons meer info kan kom gee?
Ek weet daar was n paar March, Leupold, Sightron en Nightforce Comps gewees. Julius het FTR gewen met n Sightron
- swc-tr
- Hero Member

- Posts: 1518
- Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm
Re: Nuwe verskieter - watter scope?
"Sangoma (IAN) wrote:
Baie geluk aan almal wat deel geneem het.
Is daar dalk al n lys beskikbaar van die toerusting wat die top 10 FTR en F Ope skuts gebruik het?"
"Francoisv wrote:
Daar is 'n toerusting lys saamgestel met die inweeg. Ek glo dit sal eersdaags beskikbaar wees."
Dalk kan Francoisv vir ons uitvind waar is hierdie lys......?

Dis 6" agter die kolf wat tel!
"A fool with a tool, is still a fool."
"A fool with a tool, is still a fool."
-
Sangoma (IAN)
- Hero Member

- Posts: 1320
- Joined: Thu Dec 26, 2013 9:18 am
Re: Nuwe verskieter - watter scope?
Ons wag nog steeds vir die lys Schalk
- Francoisv
- Hero Member

- Posts: 1615
- Joined: Wed Jan 01, 2014 10:39 pm
Re: Nuwe verskieter - watter scope?
Kom skiet f-klas dan kyk julle sommer.
Ek probeer die lys opspoor.
Ek probeer die lys opspoor.
Francois Vogel
- JPS
- Hero Member

- Posts: 3652
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: Nuwe verskieter - watter scope?
Net so!Francoisv wrote:Kom skiet f-klas dan kyk julle sommer..
Van wat ek gesien het daar.
Nightforce,
Sightron
March
Khales,
Leupold,
IOR
Oorwegend die meeste was (wat ek gesien het) Nightforce, Sightron en Leupolds.
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13583
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Nuwe verskieter - watter scope?
In jou prysklas is jy weer terg by Sightron
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
Andre308
- Hero Member

- Posts: 904
- Joined: Sat Nov 07, 2015 6:54 am
Re: Nuwe verskieter - watter scope?
Hennie, die voordeel van FFP is dat jou kruis se merkies altyd die selfde gaan bly, maak nie saak wat jou vergroting setting is nie. Die probleem kan inkom dat jou kruis te klein kan wees op n klein vergoting, en lekker werk op die groot vergrotings, of dat jou kruis te dik kan word op die groot vergotings, en dan weer lekker werk op die kleiner vergotings. Sou jy FFP kies, dan gaan kyk maar mooi na die kruis wat jy wil gebruik ten opsigte van hierdie nadeel.Hennie van der Merwe wrote:Thanks, dit maak nou baie sin.
Ek reken dan die SFP is vir my. Dit gee my nou baie meer opsies.
Baie dankie
Die SFP is nou weer n moeilike outjie as jy jou kruis wil gebruik om MOA meting te doen. Baie keer as die silencer 5 skote deur het, dan moet jy daai vergoting afdraai want die mirage pla erg, en nou moet jy op n sekere vergroting wees ( meeste van die scopes se ware MOA waarde op die kruis is hoog in die vergroting verstelling) en dan pla dit weer so bietjie.
Tussen FFP en SFP is daar maar altyd iets wat jy iewers moet opgee, maar niemand kan hulle brood aan beide kante gebotter kry nie...
- Gerhardu
- Hero Member

- Posts: 981
- Joined: Mon Nov 19, 2012 1:55 pm
Re: Nuwe verskieter - watter scope?
En Vortex!JPS wrote:Net so!Francoisv wrote:Kom skiet f-klas dan kyk julle sommer..
Van wat ek gesien het daar.
Nightforce,
Sightron
March
Khales,
Leupold,
IOR
Oorwegend die meeste was (wat ek gesien het) Nightforce, Sightron en Leupolds.
Sent from my SM-G925F using Tapatalk
.
-
Sangoma (IAN)
- Hero Member

- Posts: 1320
- Joined: Thu Dec 26, 2013 9:18 am
Re: Nuwe verskieter - watter scope?
Ek glo nie, alhoewel die nuwe Golden Eagle nie sleg lyk nie. Hy word in Japan vevaardiggerhardu wrote:En Vortex!JPS wrote:Net so!Francoisv wrote:Kom skiet f-klas dan kyk julle sommer..
Van wat ek gesien het daar.
Nightforce,
Sightron
March
Khales,
Leupold,
IOR
Oorwegend die meeste was (wat ek gesien het) Nightforce, Sightron en Leupolds.
Sent from my SM-G925F using Tapatalk
- Tiny Hunter
- Full Member

- Posts: 216
- Joined: Sat Nov 15, 2014 5:12 pm
Re: Nuwe verskieter - watter scope?
Ek het so bietjie gelees oor navorsing wat Precision Rifle Blog gedoen het en volgens hulle toetse bied die Bushnell Elite Tactical DMR 3.5-21×50 die beste waarde vir geld. Hy was 9de uit die 18 getoetste teleskope en het beter presteer as ander teleskope sewe keer sy prys onder andere die Schmidt&Bender PMII. Ek weet dit is nou net een organisasie se mening maar dit lyk vir my of die storie nogal deeglik gedoen is. Ongelukkig was daat geen Sightroms nie maar ek glo as jy die artikel gaan lees sal dit vir jou baie makliker wees om n keuse te maak. Ek weet ongelukkig nie hoe om die skakel hier te plaas nie.
Sent from Paarl With Love
Sent from Paarl With Love
- JPS
- Hero Member

- Posts: 3652
- Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm
Re: Nuwe verskieter - watter scope?
[quote]
En Vortex!
Sent from my SM-G925F using Tapatalk
Ek glo nie, alhoewel die nuwe Golden Eagle nie sleg lyk nie. Hy word in Japan vevaardig[quote]
Ek het nie Vortex gesien nie, nie dat daar nie dalk was nie. Ian ek dink ook die golden Eagle kan dalk goeie opsie wees, sal hom graag met die sightron 34mm buis scope wil vergelyk.

Rasmus
- Hero Member

- Posts: 1003
- Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm
Re: Nuwe verskieter - watter scope
Ek het ook n sightron S3 8-32 x56 Lrmoa reticle. Baie gelukkg met die scope. Gaan waarskynlik nog een koop sodra fondse beskikbaar raak.
As jy nie gepla is om n " brand" scope te gebruik nie, loer gerus na die Sightron. Hulle is werklik goed geprys. Met die geld wat jy spaar kan jy heelwat koelle koop en lekker oefen.
As jy nie gepla is om n " brand" scope te gebruik nie, loer gerus na die Sightron. Hulle is werklik goed geprys. Met die geld wat jy spaar kan jy heelwat koelle koop en lekker oefen.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8011
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Nuwe verskieter - watter scope?
Vir minder as R20k dink ek persoonlik nie daar is n ander keuse as Sightron nie. Ek is dalk bevooroordeeld, tog is daar ook min ander scopes in daai prysklas deesdae.
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7559
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Nuwe verskieter - watter scope?
Hennie
Loer bietjie hier rond vir Stoffelpanttoffel se advertensie. Hy het n Nightforce 8-32x56 te koop vir net oor die R20 000. Meskien kan jy hom n offer maak. Indien jy nuut wil koop vir R20 000 en onder stem ek absoluut saam met die meeste manne hier se voorstel van Sightron.
Groetnis
Wouter
Loer bietjie hier rond vir Stoffelpanttoffel se advertensie. Hy het n Nightforce 8-32x56 te koop vir net oor die R20 000. Meskien kan jy hom n offer maak. Indien jy nuut wil koop vir R20 000 en onder stem ek absoluut saam met die meeste manne hier se voorstel van Sightron.
Groetnis
Wouter
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13583
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Nuwe verskieter - watter scope?
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
-
JohanvB
- Hero Member

- Posts: 2595
- Joined: Thu Jun 30, 2011 9:28 pm
Re: Nuwe verskieter - watter scope?
Burris xtr 5x25-50 ffp, met zero stop.
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Nuwe verskieter - watter scope?
Het self 2 van hulle en dis great scopes, alhoewel hulle nou al oor R20k is.... Vir onder R20k stel ek ook die Sightron voor.JohanvB wrote:Burris xtr 5x25-50 ffp, met zero stop.
Aim small, miss small
- Hein22
- Hero Member

- Posts: 1483
- Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm
Re: Nuwe verskieter - watter scope?
Stem saam ander hier. Ek is 'n groot ffp scope "fan" maar om teikens akkuraat oor lang afstande te range met jou reticle gaan moeilik en nie baie akkuraat wees nie. As jy ver wil skiet is dit bitter belangrik om te weet presies hoe ver jou teiken is, 50m wat jy verkeerd skat maak 'n groot verskil. In hierdie geval sal 'n range finder jou baie beter te staan kom en kan die geld wat jy spaar deur sfp scope te koop aangewend word om die beste range finder wat jy kan bekostig te koop.
Moet ook byse dat ek my ffp scope gebruik vir veld skiete waar teikens nie verder as 350-400m met die reticle gerange word nie. EN, jy kan ook 'n sfp reticle gebruik om te range, dit is net bietjie moeiliker.

Geen "OPSIES" op my advertensies nie.
- Hennie van der Merwe
- Full Member

- Posts: 245
- Joined: Thu May 31, 2012 10:25 am
Re: Nuwe verskieter - watter scope?
Thanks almal vir jul insette.
My bonus kom einde Aug :-)
My bonus kom einde Aug :-)
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7559
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Nuwe verskieter - watter scope?
Cappie
Ek wou dit ook voorstel. Was net bang almal gee my gas dat ek weer by Leupold vashaak. Daai is n great scope teen n billike prys. Net die kruishaar het my verhinder om hom vir Hennie voor te stel. Hy kort iets soos n TMR vir sy aplikasie.
Groetnis
Wout