Page 2 of 2
Re: Jagmes skerp te maak
Posted: Thu Jul 07, 2011 3:52 pm
by Gerhard
Ek loop nou met n CRKT knipmes elke dag vir die laaste 2 jaar.
As ons van knipmesse praat is hulle my eerste keuse en Buck my jagmes keuse.
My Buck Zipper het ek in 2006 gekoop en sal hom nie op gebruik in my lewe nie...
Re: Jagmes skerp te maak
Posted: Thu Jul 07, 2011 7:21 pm
by JPS
Dewie,
Ek sou se soos oom Dok. Kry "n pasmaak mes vir jou grote hand of rapsie groter. Ek weet jy gaan nog mooi grooi maar dan gebruik jy daai mes later vir jou biltong mes.
Oom Faan Zeelie maak mooi werk messe wat 'n leeftyd sal hou en dit is nie so duur nie hiet by die R650 en daar is 'n sekere oom Janjak op die forum wat ook baie goeie messe maak.
Re: Jagmes skerp te maak
Posted: Thu Jul 21, 2011 12:11 pm
by Koos Barnard
Is daar enige Forumgebruikers wat ondervinding van die Smith met die diamantsteentjies het. Hou die diamantsteentjie of raak hy later te glad. Het gehoor iemand kla dat die "diamantstof" na slegs drie keer se slyp so glad geraak het dat die stel nie meer die mes wil slyp nie. Enige terugvoer sal waardeer word.
Groetnis
Re: Jagmes skerp te maak
Posted: Thu Jul 21, 2011 3:48 pm
by Drenalinjunkie
Ek gebruik my beltsander met n 1200grid belt. Maak enige mes skerp binne 2 minute. Buff hom dan met my buffing wheel om die burr af te haal en dan is hy "bangskerp"... Tydens die jag seisoen loop ek sonder armhare rond...

Re: Jagmes skerp te maak
Posted: Thu Jul 21, 2011 5:04 pm
by Janjak
Dewie,
Eerste keuse sal tussen Kershaw en Buck wees.
Ek het so maand terug Swiss Made messe gekoop wat net so lekker werk, selfs na n paar blesbokke geslag is was hy nog skerp.
Lansky vir baie jare maar deesdae gebruik ek Rapala se klein slypertjie vir omtrent R25. Het seker 5 van hulle wat op verskillende plekke l? soos in my bakkie, rugsak en messe laai.
Re: Jagmes skerp te maak
Posted: Thu Jul 21, 2011 5:38 pm
by HUNTER
'n Baie lekker ligte knipmes om saam te dra wat uitstekend werk vir kopaf sny en pensuithaal ens. is die Rooi Solo van Victorinox Swiss made. die mes het ook 'n gaaitjie agter in die handvatsel sodat jy hom kan vasmaak en nie per ongeluk in die veld of iewers laat le nie en hulle bly redelik lank skerp. Hulle verkoop vir so R149-00 'n absolute bargain vir die mes wat jy kry.
Groete
Hunter
'n Man met 'n mes is nie 'n bang man nie maar 'n praktiese man.
Re: Jagmes skerp te maak
Posted: Thu Jul 21, 2011 5:49 pm
by Boesman
Hi Dewie
Ek gebruik 'n Kershaw wat ek vir 2c by 'n groot vriend van my gekoop het (vra jou pa om jou van die tradisie te vertel).
Die Kershaw raak regtig vlymskerp, so dat jy jou armhare kan skeer. Maar hy raak ook gou stomp, na my mening. Ek slag so 3 springbokke af, dan voel dit vir my hy het 'n slyp nodig. Onthou, die vel en hare van 'n bok (en ook die been wat mens raaksny) kou maar vinnig aan 'n lem.
Groete
Re: Jagmes skerp te maak
Posted: Thu Jul 21, 2011 5:56 pm
by Beretta
Hunter
Ek het so een of twee messe maar jy gaan baie ver soek om n beter mes as daardie tekry.Hulle maak nou een met n pocket clip so myne is in my sak.
Groete
Beretta
Re: Jagmes skerp te maak
Posted: Fri Jul 22, 2011 11:19 am
by HUNTER
Beretta
Ek dra ook een saam en dan le daar op 'n paar plekkke in die huis van hul rond werlik 'n lekker Handige mes.
Groete
Hunter
Re: Jagmes skerp te maak
Posted: Fri Jul 22, 2011 8:53 pm
by Christo
Janjak wrote:
maar deesdae gebruik ek Rapala se klein slypertjie vir omtrent R25. Het seker 5 van hulle wat op verskillende plekke l? soos in my bakkie, rugsak en messe laai.
Ek het die jaar een gekoop in Henties toe ek my Crown national slyper by die huis vergeet het. Eers gedink dit is 'n foefie maar hy werk mooi..
Jannie, dankie weereens vir daai doppe, daar is seker nog so kwart van hulle oor. En amper al my frustrasies woed ek lekker uit.