Page 2 of 2

Re: Is dit nodig om keel ooptesny

Posted: Thu Jul 07, 2011 11:46 am
by .::Alwyn-U::.
Jammer maar ek kan dit nie met 'n keyboard verduidlik nie. Mens sal maar in lewende lywe moet wys.

Re: Is dit nodig om keel ooptesny

Posted: Thu Jul 07, 2011 11:56 am
by DawieKotze
Dewie - daar is twee groot are aan weerskante van die rugstring, maar aan die binnekant van die fillets. Afhangende van hoeveel die bok al gebloei het as jy oopsny en binnegoed uit gehaal het, sal hulle mooi donkerblou daar l?. Anders sal hulle wit wees as die bok al baie gebloei het en dan hoef jy nie verder te bekommer nie.

Re: Is dit nodig om keel ooptesny

Posted: Thu Jul 07, 2011 12:01 pm
by Dewie
Dankie Oom Madako

En ek sal maar eerder die keel oopsny,want ek wil nie naby die fillet sny nie

Dewie

Re: Is dit nodig om keel ooptesny

Posted: Mon Jul 11, 2011 7:17 pm
by Piet Breedt
Soos reeds ges? is, moet bloed so vinnig as moontlik, so veel as moontlik verwyder word. Om n bok behoorlik te bloei is een van die heel belangrikste dinge wat jy moet doen om die raklewe en smaak van vleis hoog te hou. Daarna is die vinnige verwydering van die binnegoed ook baie belangrik. Die binnegoed bevat baie bakteri?, en dit verdubbel elke uur. As n bok lank l? nadat hy geskiet is, blaas hy op en ontsnap daar van die bakteri? deur die wond, indien n lyfskoot, en dit kontamineer die vleis en beinvloed die smaak en raklewe van die vleis dramaties.

Met breinskote klop die hart nog vir n geruime tyd en as die bok dan gebloei word, is die kwaliteit van die vleis op sy hoogste. Ek bloei baie keer die bok deur vinnig sy pens oop te sny en dan die duk aar wat in die middel van sy lyf teen die rigstring loop oop te sny. Dit is so duk grys aar wat tussen die 2 fillets l?. Baie keer as jy n skaap tjoppie eet, sit daar so ringetjie op sy punt daar waar die rigstring been is. Dit is hy daai.

Bloed bevat n ho? suurinhoud wat die vleis afbreek en vinnig vrot maak, wat ook die smaak van die vleis beinvloed. Dit is ook daardie suur in bloed wat die haarverlies op n vel veroorsaak as dit nie skoon afgewas word so gou as moontlik voor die vel gesout word vir behandeling.

Ek het telkemale dit beleef in my slaghuise dat lyfskoot bokke wat derhalwe nie goed gebloei het nie naby so lank kan hang in n koelkamer as n kopskoot bok, voordat dit begin verweer. Skoon higie?niese afslag en bloed verwydering is van kardinale belang

Re: Is dit nodig om keel ooptesny

Posted: Mon Jul 11, 2011 7:29 pm
by Dewie
Dankie oom Piet

Ek verstaan nou hoekom om die bok se keel af te sny
En ek het ook uit almal se stories uit geleer wat om te doen,
en wat die nagevolge is as mens dit nie doen nie

Lekker aand vir almal

Dewie