Page 2 of 16

Re: Herlaai data vir .303

Posted: Wed Feb 24, 2010 1:07 pm
by Louis Kriel
Harris30-06 wrote: my vriend al so 5 varke met die rhino punte gepiets van alle angles en nog nie 1 recover nie!
Ek het nog nooit 215gr Rhino's gelaai nie, maar as ek ooit kans kry om weer in die bosveld te gaan jag, sal ek my patrone met hulle laai. Ek jag meesal koedoes in Willomore. laasjaar het ek ook met die 175 Rhino's gejag maar teen 'n baie rustige 2399 fps met 39.5 gr S335.  Dis juis waarom ek nou kyk of ek nie bietjie meer spoed met S355 kan kry nie.

Re: Herlaai data vir .303

Posted: Mon Mar 15, 2010 10:14 am
by Louis Kriel
Ek het my toetse met S355 Saterdag afgehandel.  Ek het 2 punte gebruik nl. die Rhino 175 gr asook Speer 150 greiners. Ek gebruik PMP doppe en Federal magnum primers. Hier is die resultate:

Speer 150gr:  45 gr S355, 2648, 2624, 2632. Dop vol geen tekens van druk, lekker lading.
                :  46 gr S355, 2632, 2646, 2640. GEEN toename in spoed, baie "weird"

Rhino 175:  44 gr S355, 2436 fps.
                45 gr S355, 2473, 2472, 2475 fps
                46 gr S355, 2618, 2608, 2579 fps, 128 fps toename in spoed met 1 grein meer!
(Die slagdoppies van hierdie laaste lading was redelik platgedruk, so dit lyk of die druk 'n bietjie hoog raak. Die doppe het egter maklik uitgekom en al was die doppe redelik oud was daar geen "case head seperations" nie. 

Re: Herlaai data vir .303

Posted: Mon Mar 15, 2010 10:31 am
by Gerhard
DirtyOldsix wrote: Ek het my toetse met S355 Saterdag afgehandel.  Ek het 2 punte gebruik nl. die Rhino 175 gr asook Speer 150 greiners. Ek gebruik PMP doppe en Federal magnum primers. Hier is die resultate:

Speer 150gr:  45 gr S355, 2648, 2624, 2632. Dop vol geen tekens van druk, lekker lading.
                :  46 gr S355, 2632, 2646, 2640. GEEN toename in spoed, baie "weird"

Rhino 175:  44 gr S355, 2436 fps.
                45 gr S355, 2473, 2472, 2475 fps
                46 gr S355, 2618, 2608, 2579 fps, 128 fps toename in spoed met 1 grein meer!
(Die slagdoppies van hierdie laaste lading was redelik platgedruk, so dit lyk of die druk 'n bietjie hoog raak. Die doppe het egter maklik uitgekom en al was die doppe redelik oud was daar geen "case head seperations" nie. 
Hoe het jou groepeerings gelyk met die spoed wat nou vinniger is?

Ek sal happy wees as ek so 2450fps skiet met my 303 en 175gr Rhino's vir die bosveld en oop veld hier in die Transvaal.

Wonder of S355 sal werk met 215gr punt... geen idee nie...

Re: Herlaai data vir .303

Posted: Tue Mar 16, 2010 7:54 am
by JPS
Gerhard wrote:
DirtyOldsix wrote:

Wonder of S355 sal werk met 215gr punt... geen idee nie...

Hi Gerhard,

Andre Fouche van die SA herlaaiers vereeniging het 'n Artikel in Magnum geskyf oor die gebruik van S355 spesifiek vir die .303 en in al die teotse het hy bevind dat S355 baie meer van die swaarder punte hou as die ligter punte en spesifiek 215 Rhino's. Hulle het baie goeie spoed en akuraatheid gekry met die 215gr en S355 kombinasie. As jy wil kan ek vir jou gaan kyk watter uitgawe die was en so paar ladings vir jou gee wat hulle geplaas het?


Groete
JPS

Re: Herlaai data vir .303

Posted: Sun Mar 28, 2010 5:33 pm
by Gerhard
Ek het laas Vrydag middag met Gerard van GS Custom gesels by die Aim skou.

Nou begin my gedagtes loop oor sy 140gr HV Punt vir die 303 Brit

Ek het paar jaar gelede paar bestel en gelaai...

Het so 2800fps gekry en het mooi groepeer op 100 meter

Image

Gerard s? vir my dat hulle al terug voer gekry het dat die punt gebruik is om 'n eland te skiet.

Die skoot was skuins agter die linker kort rib in en by die oorkant ste skouer uit sonder enige probleme.

Nou wonder ek of dit regtig nodig is om 215gr te skiet op vlakte wild as die 140gr GS Custom die selfde werk doen....

Re: Herlaai data vir .303

Posted: Mon Mar 29, 2010 2:31 pm
by Louis Kriel
Gerhard wrote: Ek het laas Vrydag middag met Gerard van GS Custom gesels by die Aim skou.

Nou begin my gedagtes loop oor sy 140gr HV Punt vir die 303 Brit

Ek het paar jaar gelede paar bestel en gelaai...

Het so 2800fps gekry en het mooi groepeer op 100 meter

Image

Gerard s? vir my dat hulle al terug voer gekry het dat die punt gebruik is om 'n eland te skiet.

Die skoot was skuins agter die linker kort rib in en by die oorkant ste skouer uit sonder enige probleme.

Nou wonder ek of dit regtig nodig is om 215gr te skiet op vlakte wild as die 140gr GS Custom die selfde werk doen....
Jissou, 2800 fps, dit sal darem lekker werk op springbokke en gemse. Die hoogste snelheid wat Andre gehaal het met die 215gr rhino is 2300. Dis darem bietjie stadig vir die ver skote. Ek gaan nou bly by die 175gr Rhino vir alles. Teen 2611 fps is daar niks fout met hom nie.

Re: Herlaai data vir .303

Posted: Thu Apr 22, 2010 4:43 pm
by Louis Kriel
Pvdw wrote: Hi daar almal.

Ek is redelik nuut op die forum. Ek wag nog vir my lisensie vir my 303 >:( >:( >:(

Ek lees meestal die komentaar op die forum en kry so baie goeie raad en inligting.

Wat ek graag sal wil weet is of iemand dalk die formule van PMP 174gr SP ammo het.
Ek beplan om saam met 'n vriend vir sy 303 te herlaai maar wil sommer die PMP lading dupliseer aangesien hy goeie resultate daarmee kry. Wil als  PMP hou, vanaf die slagdoppie tot die punt.

Enige informasie sal wardeer word.

Dankie.

Peet

Peet, ek het nog nie die 174gr se punt getrek nie, maar ek weet 39.5 gr S335 gee 2400 fps in my geweer en PMP se fabriekammo gee ook 2400, so dit moet baie naby aan 39.5 wees, miskien bietjie stadiger, se 39 grein. Maar die 303 is nie vol nonsens met 174gr punte nie, jy kan maar kyk hy skiet almal op min of meer dieselfde plek.

Re: Herlaai data vir .303

Posted: Thu Apr 22, 2010 9:56 pm
by spekieries
Naand PvdW

Die PMP punte wou nooit groepeer in my Enfield nie. Wat wel mooi groepeer in my Majuba Kettie is Sierra se 180 grein  Pro Hunters teen so 2350 v/s met  37 grein S335. Dit is 'n lekker kombinasie vir varke en rooibokke in die bos. Moet s? as ek willebeeste  koedoes of elande jag verkies ek 9.3 x 62. Lekker eksperimenteer.

Re: Herlaai data vir .303

Posted: Fri Apr 23, 2010 10:25 am
by Louis Kriel
DirtyOldsix wrote: Image

Image

Image
My geweer hou weer vrek baie van PMP punte en ook Speer punte, soos julle kan sien. Teen 303 snelhede is PMP se punte oor goed genoeg om mee te jag en teen R280 per 100 is hulle by verre die goedkoopste.

Die boonste groepering van 17,5 mm is met PMP fabrieks ammo geskiet!

Re: Herlaai data vir .303

Posted: Fri Apr 23, 2010 1:20 pm
by Pvdw
Hi daar.

PMP het my toe terug geskakel.

Hulle pas elke keer as hulle 'n nuwe lot kruit kry hulle ladings aan.
Huidiglik is dit 38.5gr S335 174SP.

Die vriend wat ek help se .303 skiet goed met rak ammo, so ons wil dit eers dupliseer sodat hy kan leer laai en dan sal ons begin speel.

Dankie vir al die raad.

Peet

303 180gr

Posted: Fri Apr 30, 2010 9:01 am
by Nico Harris
ek is opsoek vir n lading vir die 303 met 180gr sierra pro hunter punte en s355 kryt.

groete

Re: 303 180gr

Posted: Fri Apr 30, 2010 9:20 am
by Louis Kriel
Harris30-06 wrote: ek is opsoek vir n lading vir die 303 met 180gr sierra pro hunter punte en s355 kryt.

groete
Dis seker amper dieselfde as vir die 175 Rhino.  Begin met 42gr en beskou 45,5 as die absolute maksimum.
45.5 behoort naby aan 2600 fps te gee!

Re: Herlaai data vir .303

Posted: Fri Apr 30, 2010 9:22 am
by Louis Kriel
Ek het laasjaar 150gr PMP fabrieksammo ge-chrony teen 2450 fps.  Dis baie stadiger as hulle gepubliseerde spoed van 2625 fps. Ek het ook verneem daat hulle die ladings aanpas na gelang van die lot.

Re: Herlaai data vir .303

Posted: Sat May 01, 2010 2:57 pm
by Pvdw
Ek het vandag die 355S 38.5gr ladings geskiet. Die groepering lyk baie soos die fakriek lading. Vir eers is ons tevrede daarmee maar sal soos tyd aangaan begin speel met so 'n bietjie op en af.

Re: Herlaai data 303 British

Posted: Fri Feb 25, 2011 9:30 am
by spekieries
Dagse Majuba

Ek skiet  180 Sierra's. My geweer groep op so 2300 v/ps. Jy sal hom vreeslik moet warm maak om 2500 uit hom te kry. Is dit 'n Enfield aksie?

Groete

Re: Herlaai data 303 British

Posted: Fri Feb 25, 2011 10:42 am
by Gerhard
180gr teen 2500fps uit die 303 Brit is baie warm.

Re: Herlaai data 303 British

Posted: Fri Feb 25, 2011 12:37 pm
by 243Songdaug
Juba.

Jy gaan seerkry - 2500 is regtig baie warm vir 'n Enfield aksie - ek skiet 174's uit my P14 uit teen so bietjie vinniger as dit, maar hy skop soos 'n mal donkie.

2300fps uit 'n enfield is meer as warm genoeg - ons wil jou nog lank op die forum h? ou maat.

Groete.
Jaco

Re: Herlaai data 303 British

Posted: Sat Feb 26, 2011 10:01 pm
by Monrique (SJ)
Ek wil graag by julle .303 manne uitvind watter "size" koeel julle gebruik in die roere, die .311" of .312"?

Groetnis

Re: Herlaai data 303 British

Posted: Sun Feb 27, 2011 7:36 am
by Frederik
My beste resultate sover was met loodpunte .312" hornady ek weet nie wat Impala punte is nie maar hulle skiet die beste in myne.

Re: Herlaai data 303 British

Posted: Sun Feb 27, 2011 7:38 am
by Gerhard
Die 303 se punte is .311

Re: Herlaai data 303 British

Posted: Sun Feb 27, 2011 8:32 am
by Frederik
Gerhard jy is reg maar jy kan .312 punte koop van sekere maatskappye ky op 'n boksie hornady koeelpunte dit se duidelik .312

Re: Herlaai data 303 British

Posted: Sun Feb 27, 2011 9:00 am
by krisie
Die horady handboek s? ook 312'' .

KRISIE.

Re: Herlaai data 303 British

Posted: Sun Feb 27, 2011 1:51 pm
by 243Songdaug
Middag Juba.

Ysters - dis haastig!  Daar is nie dalk iemand wat nog 'n paar (nuwer)174 PMP patrone het wat hy vir ons deur 'n chrony kan toets nie?  Ek het al myne uitgeskiet en ek is doodseker die 303 (met sy staal pad agter op die kolf) het nie so hard geskop soos die Epps nie.

Ek het 'n paar gekoopte PMP's wat ek in 2003/4 gekoop het oor die chrony geskiet en hulle draf maar teen 2274/2207 en 2256. (Die groepering was nie te sleg nie!)

Moet dalk my chrony laat kalibreer.......

Groete.
Jaco

Re: Herlaai data 303 British

Posted: Sun Feb 27, 2011 7:37 pm
by Monrique (SJ)
Ek gebruik ook die Hornady Interlock en op hulle boksie is ook gemerk .312", daarom die vra watter 1 dalk die beste is en of daar dalk vorrdele of nadele is met een van die 2

Groetnis

Re: Herlaai data 303 British

Posted: Sun Feb 27, 2011 7:54 pm
by Gerhard
wat jou geweer na n gunsmith toe dat hy jou loop eik (sp)

dan gaan jy weet wat jou loop meet. 311 of .312

dan koop jy die regte punte vir jou geweer.

jy gaan dalk met druk probleme en mag dom ander probleme begin sukkel as jy met die verkeerde deursnee punte skiet in jou geweer  :o