Probleem Bobbejne
- Jackalsniper
- Hero Member

- Posts: 630
- Joined: Sun Sep 23, 2012 9:39 pm
Re: Probleem Bobbejne
Ek was vanmiddag by n boer vir wie ek hokke moet bou. Hy het n groot vanghok 3 x 3 x 3 wat by die buurman staan, hy het baie gestel en omtrent niks gevang nie. hyt die deur moer swaar gemaak dat hul hom nie oopkry nie,maar net eendag toe vang hy 18 en die hek het die een doodgeval.. Dit was al erens op die forum, grawe eers n gat en stel die hok bo oor. maak hul eers gewoond anders vang mens dalk net n paar of later net die kleintjies. As jy hul doodmaak doen dit na donker dat die res van die trop dit nie sien nie. Skuif die hok en stoot die gat toe. wat glo werk is om n paar kleiner hokke te stel so paar honderd meter uit mekaar op verskillende plekke. as jy enige bob vang maak hul dood en gooi hul daar naby die hok sodat die trop hulle sien le. Die leier mannetjie vat hul naderhand weg. as jy net een kleinerige hok het, kan die grotes nog keer om die kleintjies weg te hou ,maar as daar n paar staan kan hulle nie en so moet hul die trop wegvat.
-
Henry 7
- Hero Member

- Posts: 511
- Joined: Fri Mar 30, 2012 9:14 am
Re: Probleem Bobbejne
Daai hokding met die ghries was laasjaar in die landbouweekblad,nou die dag gehoor jy moet nooit die leier/groot mannetjie skiet nie---as jy hom skiet is die rangorde versteur en al die mannetjies teel tot daar 'n nuwe leier is en dan is daar 'n bevolkingsontploffing.Ek weet niks van kese nie maar die argument maak vir my sin.
Henry
Henry
- henk.spioenkop
- Sr. Member

- Posts: 298
- Joined: Thu Jul 30, 2015 12:45 pm
Re: Probleem Bobbejne
Goeiemôre. Bobbejane is 'n groot probleem by my ook ek kan in 'n naweek 5Ha se aartappels verwoes. Ons het hokke gestel met baie beperkte sukses. Werkers pas lande op, maar later keer die man die kant van die land, dan hardloop hulle anderkant om. Vanjaar het ek 'n man aangestel wat hulle elke dag jag. Hy kry nie baie geskiet nie, maar hulle weet ook nie waar hy is nie, so hulle bly darem weg vir nou.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Sent from my iPhone using Tapatalk
- Jackalsniper
- Hero Member

- Posts: 630
- Joined: Sun Sep 23, 2012 9:39 pm
Re: Probleem Bobbejne
Wat ek nie verstaan hiervan nie is dat die wyfies wat in elkgeval deur die leier mannetjie gedek word nogsteeds dieselfde hoeveelheid nuwe jonges sal he as wat verskillende mannetjies die wyfies sou dek. Daar sal seker n bakleiery wees oor wie is baas, maar wat ek wel weet is dat as n nuwe mannetjie oorvat maak hy die kleintjies wat nie sy bloedlyn is nie, dood om sy gene te laat voort spruit. Ek sal graag wil verstaan hoe ontplof n trop skielik as die hoeveelheid wyfies dieselfde bly.Henry 7 wrote:Daai hokding met die ghries was laasjaar in die landbouweekblad,nou die dag gehoor jy moet nooit die leier/groot mannetjie skiet nie---as jy hom skiet is die rangorde versteur en al die mannetjies teel tot daar 'n nuwe leier is en dan is daar 'n bevolkingsontploffing.Ek weet niks van kese nie maar die argument maak vir my sin.
Henry
So die oorsprongklike vraag is wat vra n mens om die trop se effe uit te dun. met skiet of hokke? Baie mense vra my ook ,maar mens kan nie op jou eie onkoste gaan probleme oplos nie.

