260 Rem AI

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 260 Rem AI

Post by Arnold »

Hi Hercules

Ek het nie die ligter koeels se info nie maar hier is die volledige stel wat ek gedoen het vir die 130gr en 140gr:

Met 'n 130 gr Berger ... 24" .......... 26" .......... 28"
260 Rem ................. 2831 fps .... 2820 fps .... 3010 fps
260 AI ................... 2868 fps .... 2859 fps .... 3050 fps
6.5 Creedmoor......... 2860 fps .... 2849 fps ... 3035 fps
6.5 X 55 Swede ....... 2763 fps .... 2870 fps .... 2861 fps
6.5 X 55 AI ............. 2922 fps .... 2914 fps .... 2905 fps
6.5-284 Norma ........ 2845 fps .... 2950 fps .... 2942 fps

Met 'n 140 gr Berger ... 24" .......... 26" .......... 28"
260 Rem ................ 2784 fps .... 2770 fps .... 2763 fps
260 AI .................. 2823 fps .... 2815 fps .... 2800 fps
6.5 Creedmoor ....... 2810 fps .... 2800 fps .... 2788 fps
6.5 X 55 Swede ...... 2732 fps .... 2820 fps .... 2815 fps
6.5 X 55 AI ............ 2873 fps .... 2864 fps .... 2856 fps
6.5-284 Norma ........ 2800 fps .... 2900 fps .... 2895 fps

Met die ligter 123gr koeels mag jy dalk oorbeweeg na 'n hoer node (wat omtrent hier by 3000 fps gaan sit as ek moet raai), maar die 6.5-284 kort eintlik 'n 26" loop.
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 891
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Re: 260 Rem AI

Post by Hercules Louw »

Dankie Arnold

Ek sien wat jy sê oor die 26"loop, maar hanteerbaarheid is vir my hier van groter belang, ek het ander lang swaar gewere. Daarom kyk ek spesifiek na die 120/123gr klas gewig koeëls. My gedagte is dat ek teen laer druk met die 6.5/284 en 'n 24 duim loop min of meer dieselfde soort resultate as 'n 260Rem met 'n lang loop teen maksimum ladings behoort te kry. En die 6.5/284 se dop is al klaar amper 'n Ackley, hoef dus nie die kamer oor te laat sny nie. Ons sal maar moet sien of die teorie reg is.

Watter dryfmiddel het jy vir jou simulasie gebruik?
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 260 Rem AI

Post by Arnold »

Vir daai simulasie was dit meestal S365
Rudi_van_Niekerk
Newbie
Newbie
Posts: 8
Joined: Sat Feb 09, 2013 4:53 pm

Re: 260 Rem AI

Post by Rudi_van_Niekerk »

Wouter Roets wrote:Arnold

Dit is presies wat sou voorstel deur die standaard 260 te gebruik met net die dopkapasiteit van die Ackley.

Groetnis
Wout
Hi Wouter,

Hier laat my onkunde my nou heeltemal in die steek. Ek was onder die indruk dat die Ackley juis die dopkapasiteit verhoog. Kan jy asb vir dommie verduidelik wat jy bedoel dat mens `n standaard 260 kan gebruik met die dopkapasiteit van die AI?

Rudi
Rudi_van_Niekerk
Newbie
Newbie
Posts: 8
Joined: Sat Feb 09, 2013 4:53 pm

Re: 260 Rem AI

Post by Rudi_van_Niekerk »

Arnold wrote:Rudi, hierdie is nou veronderstel om so min of meer die spoed te wees waar jy akraatheid gaan kry

Met 'n 130 gr Berger ... 24" .......... 26" .......... 28"
260 Rem ................. 2831 fps .... 2820 fps .... 3010 fps
260 AI ................... 2868 fps .... 2859 fps .... 3050 fps

Met 'n 140 gr Berger ... 24" .......... 26" .......... 28"
260 Rem ................ 2784 fps .... 2770 fps .... 2763 fps
260 AI .................. 2823 fps .... 2815 fps .... 2800 fps

Nou sal jy sien hoekom ek se die 26" is dalk bietjie kort. Uit hierdie syfers sou jy dalk ook die gewone 260 Rem kan oorweeg as jy sien wat die verskil is.

My loop is vir my baie lank en 'n jag geweer moenie so lang loop he nie. Dit pla my nie want ek jag bittermin en ek was nog nie eers met die geweer in die jagveld nie. As jy dink hoe baie manne met silencers jag dan is die geweer dalk effens korter en nie so moeilik hanteerbaar met die lang loop op nie. Dit bly maar 'n persoonlike keuse.

Het jy met Frans se 260 geskiet? Elkgeval, ek hou ook nie van die kolf nie en sou persoonlik 'n Mcmillan A5 adjustable vat as ek kon. Die GRS is ook verstelbaar en dit is baie belangrik as jy ver begin skiet (dat die kolf jou pas).

Uit die centrefeed het my 260 lekker gevoer maar dit sukkel so bietjie uit die gewone Remington boks magesyn wat ek nou het. Dit pla my nie aangesien ek elkgeval enkelskoot skiet. Baie van die F-klas ouens skiet ook die 6.5 Impi, basies dieselfde maar met 35 grade skouers en hy kan dalk effens makliker voer uit 'n magesyn, maar om dies te kry gaan jou kos!

As ek jy was sou ek die reamer inbring sodat jy self die dimensies van die nek en vryboor kan spesifiseer. Vryboor lengte gaan afhang van of jy jou rondtes in 'n kort aksie magesyn wil laat pas of nie. Die 6.5mm koeels is baie lank en om regtig die dopkapasiteit te benut moet die koeels baie ver uit geseat word en dan pas 'n rondte nie in die magesyn nie. As die vryboor te lank is gaan jy sukkel met die ligter/korter koeels om hulle naby aan die lands te kry. Ek is baie gelukkig met my setup en die 130gr Bergers.

Vra gerus ek deel graag.
Dankie Arnold!

Met daardie inligting laat dit my nogal wonder of dit die moeite werd is om AI te gaan en of mens nie eerder by die gewone 260 Rem moet bly nie. Ek neem aan op `n 28.6" loop soos joune gaan mens selfs nog so `n katspoegie ekstra uitkry? Is dit die moeite werd om AI te gaan vir 40fps?

Ek het geskiet met `n 6.5mm Impi (die een met die 35grade skouer) wat Frans Snyman vir my neef Johan van Niekerk gebou het. Hy het `n Rem 700 aksie, Walther 26" loop, 1:8 twist, McRees Precision kolf. Die geweer skiet ongelooflik akkuraat. Hy skiet tans Hornady A-max 120gr teen 3000fps oor die chrony.

Jy slaan die spyker op die kop met die vryboor. Nico hou van die langer koeels (142gr) terwyl ek waarskynlik in die 120gr tot 130gr gaan boer. Gaan dalk meer gespesialiseerde hulp van jou kant af nodig he vir daai een.

Baie dankie vir al jou insette en kundigheid!

Rudi
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 260 Rem AI

Post by Arnold »

Rudi, Wouter praat daarvan om die kaliber te simuleer in sagteware (Quick Load).
In werklikheid is die 260 Rem se dop kapasiteit so 53gr en die Ackley is so 57gr (baie dieselfde as die 6.5x55)
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 260 Rem AI

Post by Arnold »

Rudi, die spoed wat ek aantoon is die spoed waar jy akkuraatheid gaan kry met daai gewig koeel. Met my 28.6" loop skiet ek ook op daai spoed maar met effens minder dryfmiddel en laer druk.

Persoonlik sou ek vir die gewone 260 Rem gaan. Geen doppe wat gevorm moet word nie en daar is standaard Lapua doppe beskikbaar. Of daai ekstra 40 fps dit werd is moet jy self besluit.
Die 130gr Berger is omtrent net so lang soos die 140gr. Die kwessie oor vryboor is moeilik as jy verskillende koeels wil skiet en 'n goue middeweg is dalk nie daar nie. Ek sou eerder 'n kort vryboor kies wat dit moontlik maak om korter koeels steeds naby die lands te seat terwyl langer koeels net dieper in die dop druk.

Die probleem met die 6.5 Impi is dat daar nie standaard dies is nie. As jy die moeite gaan doen sou ek eerder die Ackley met 40 grade skouers vat waarvoor daar dies beskikbaar is. Die 260 is 'n baie nice rondte, maar het julle al die 6.5-284 oorweeg? Met 'n 26" loop op die meneer gaan jy ook lekker skiet alhoewel jou loop dalk so effe vinniger gaan klaar wees.
Rudi_van_Niekerk
Newbie
Newbie
Posts: 8
Joined: Sat Feb 09, 2013 4:53 pm

Re: 260 Rem AI

Post by Rudi_van_Niekerk »

Arnold, dankie vir jou insig.

Jy het my nou lekker aan die dink gesit met die 6.5-284 en ek het eers bietjie huiswerk gaan doen. Ek is werklik baie beindruk met dit wat ek lees van die 6.5-284. Die relatiewe vet dop met skerp skouers (35grade) gee blykbaar baie goeie akkuraatheid. En die effens meer kruitkapasiteit gee meer spoed. Beste van alles, daar is Norma, Lapua, Nosler doppe te koop van die rak af, en verskeie "dies" beskikbaar oor die toonbank.

Die enigste ding wat my pla is dat dit lyk of die loop leeftyd waarskynlik bietjie korter gaan wees. Daar is manne wat al tong in die kies op die forum die opmerking gemaak het dat `n mens nie `n resieskar kan koop en dan kla oor die bande se leeftyd nie :-) Kan jy dalk `n opinie gee oor die loop se leeftyd van 28" loop op gewone 260 Rem vs 26" loop op 6.5-284 met die tipe ladings wat jy vroeer hier gepost het?

Nog `n vraag wat betref die verskil tuusen die gewone 260 Rem en 260 Rem AI: Gegewe dat die AI se skouers skerper is, gee dit sodanig aanleiding tot meer egalige verbranding dat die AI meer akkuraat is? Of behoort daar nie `n merkbare verskil in akkuraatheid tussen die gewone 260 en AI te wees nie?
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 4012
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: 260 Rem AI

Post by tau »

As dit die Rudi is wat ek ken is hy tog net .270 gewoond as dit nie daai Rudi is nie vra ek onverskoning.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 260 Rem AI

Post by Arnold »

Oor loop leeftyd kan jy dalk vir Frans Snyman vra, maar ek skat jy gaan dalk so 100 skote meer op die 260 kry.

Die Ackley behoort nie meer akkuraat as die standaar 260 te wees nie. Dit hang maar af van hoe die geweer gebou is.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: 260 Rem AI

Post by Francois Marais »

Arnold

100 meer skote uit n std 260 as uit n 6,5-284, reken jy dit is al??

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 260 Rem AI

Post by Arnold »

sorry, 1000
Rudi_van_Niekerk
Newbie
Newbie
Posts: 8
Joined: Sat Feb 09, 2013 4:53 pm

Re: 260 Rem AI

Post by Rudi_van_Niekerk »

tau wrote:As dit die Rudi is wat ek ken is hy tog net .270 gewoond as dit nie daai Rudi is nie vra ek onverskoning.
Ha ha, dit moet die regte een wees, ek is maar baie lief vir my 270 in die jagveld. Identifiseer jouself :o ;D
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: 260 Rem AI

Post by Francois Marais »

Arnold

TX maat, wou se, hehehe

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
Rudi_van_Niekerk
Newbie
Newbie
Posts: 8
Joined: Sat Feb 09, 2013 4:53 pm

Re: 260 Rem AI

Post by Rudi_van_Niekerk »

Arnold,

Ek weet nou nie of dit `n goeie ding is nie, maar met die interaksie hier het ek nou die 260 Rem AI as opsie elimineeer en staan ek tans en wik en weeg tussen die gewone 260 Rem met 28" loop of 6.5-284 met 26" loop. As loop lewe nie `n issue was nie, was dit vir my `n "no brainer" om 6.5-284 te gaan.

Ek wil graag julle opinie vra oor aksies. Ek kan tans kies tussen Rem 700 aksie en RSA aksie. Ek besef die RSA aksie is net enkelskoot en kan nie magasyn akkommodeer nie. Daardie verskil opsy geplaas - is die een beter as die ander wat akkuraatheid of ander relevante aspekte betref?
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3530
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: 260 Rem AI

Post by Armand Steenkamp »

Sonder twyfel die RSA, maar dis maar net my opinie. Ons luister wat se die ander manne.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 260 Rem AI

Post by Arnold »

Die aksie moet mooi oorweeg word. Twee goed wat dadelik by my opkom is die sneller en totale patroon lengte.

n Jewell pas nie sonder moeite en geld op n RSA nie. Met watse sneller gaan jy tevrede wees?

Die 6.5-284 kan maklik, afhangende van die spesifieke kamer se vryboor, gelaai word sodat hy nie in n kort aksie se magesyn pas nie.

Vir die Rem700 gaan jy makliker n kolf kry. Picatinny rails enscope ringe is ook makliker bekombaar. Spaar vere ens. is ook meer beskikbaar.

Persoonlik sou ek n Rem700 kies, maar dis maar ek.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: 260 Rem AI

Post by Francois Marais »

Armand

Party van die RSA aksies is baie sag, ek sou ook met n Remington gaan, ook oor sy "spares" van n kolf tot n sneller net soveel maklikker bekombaar is....

My 2c....

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3530
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: 260 Rem AI

Post by Armand Steenkamp »

Man ja, my kop se ook Rem 700. Maar as dit my keuse was weet ek sal ek maar n RSA vat, hy groei op jou man!
Groetnis
Rudi_van_Niekerk
Newbie
Newbie
Posts: 8
Joined: Sat Feb 09, 2013 4:53 pm

Re: 260 Rem AI

Post by Rudi_van_Niekerk »

Dagse manne! Ek is nou op soek na 6.5mm Broughton Medium Palma loop vir 260 Rem. 1 in 8 of 1 in 8.5 twist. Kan enige iemand help met verwysing waar ek in die hande kan kry?

Safari & Outdoor op Stellenbosch het `n Krieger en Broughton loop beskikbaar vir 6.5mm maar net in ligte en heavy palma profiel...
User avatar
WitWillem (Charl)
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 416
Joined: Fri Jul 06, 2012 3:42 pm

Re: 260 Rem AI

Post by WitWillem (Charl) »

Vat daai krieger !!!
User avatar
Craig44
Newbie
Newbie
Posts: 45
Joined: Wed Jul 18, 2012 10:01 pm

Re: 260 Rem AI begin lading

Post by Craig44 »

Naand Arnold,
Ek het onlangs my nuwe 260 AI gekry.
Kan jy my asb n begin lading (S365) voorstel vir die volgende:
1. 140gn VLD Hunting
2. Lapua fireformed H2O cap 56.2gn
3. CCI 200 primers
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: 260 Rem AI

Post by tripodmvr »

Begin 41gr en begin katvoet loop teen 2800vps. Die hoogste node is gewoonlik om en by daardie spoed met 'n 24 duim loop. Jy het nie looplengte genoem nie.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
User avatar
Craig44
Newbie
Newbie
Posts: 45
Joined: Wed Jul 18, 2012 10:01 pm

Re: 260 Rem AI

Post by Craig44 »

Dankie Baie.
Dis n 28" loop met n suppressor
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: 260 Rem AI

Post by Arnold »

Nodespoed met daai loop en n 140gr is rondom 2860fps.

Die lot S365, jou totale patroon lengte en hoe naby jy aan die lands wegspring gaan n invloed hê op jou lading.

41gr is n goeie wegspring en ek skat jy gaan n lading tussen 42 en 43gr kry.

Ek sit egter by die see en drink Rum en Raspberry so het nie data nie. Laai veilig!
Post Reply