Page 2 of 2

Re: Sa Jagters ledegeld sonder tydskrif?

Posted: Sun Mar 13, 2016 10:37 am
by GERT vd M
Wouter Roets wrote:Julian

Ek dink glad nie jy hoef jouself enigsins te verduidelik nie. As jy vir watter rede ook al daai opsie soek dan moet dit beskikbaar wees. As die boek n bonus was vir dieselfde prys as wat ander kompeterende instansies se ledegeld beloop het het jy mos nie n probleem gehad nie, maar jy betaal vir daai produk en dus voel ek dit moet jou keuse wees of jy hom wil he of nie.

Groetnis
Wouter
Ek dink Julian en Wouter het dit goed opgesom . Dit kos my amper R800 / jaar om toegewyde status te behou en sodoende my meer as 4 vuurwapens te behou.
Hoeveel van ons koop elke jaar n nuwe Hi Lux ens. Ek soek nie die tydskrif nie, so daar is nie plek vir my by SAJWV nie
Groete
Gert

Re: Sa Jagters ledegeld sonder tydskrif?

Posted: Mon Mar 14, 2016 2:33 pm
by ROBBIE1
Manne ek ken nie NSA en al die ander instansies nie, my meming is as volg:

1. Om elders n se te he, moet jy in n groep verband verteenwoordig word, SAJagter doen dit vir ons;
2. Ag die tydskrif as n "pasella" wat die vereniging vir ons gee;
3. Wat doen jy met R66.67 per maand? Dis 6 biere of 1 en 1/2 pakkie sigarette of 3 2lt coke!!! Dis werklik nie baie geld nie vir dit wat die vereniging vir ons doen, dink ek dis baie billik in teendeel.

Ek gee die afgelope 2 jaar alle SA Jagters lede 5% korting op wildsbewerking, en hiers manne wat my al gese het dat hy 2 jaar se ledegeld gespaar het net op my afslag!!

Oom Gert, SA Jagters het ook n pensionaris tarief van R310 maar dit is ongelukkig van 65 af eers. My dogter is nou 18j, ook toegewyde status, maar n student, haar ledegeld is ook maar iets soos R280 ek dink.

Wat belangrik is, is dat mens nie die verenigings wat namens ons moet praat, verswak omdat ons nie bereid is om n paar rand n maand af te staan nie. MAAR, as die nuwe wette ons begin druk, kla en kla ons ons dood, en vat die regering ons wapens links en regs!

Elke man moet seker maar besluit wat is belangrik vir jouself en jou mede burgers.

My 2c.

Re: Sa Jagters ledegeld sonder tydskrif?

Posted: Mon Mar 14, 2016 2:44 pm
by Koos Barnard
Lede kry die tydskrif teen 50% korting. So die bedrag wat jy minder sal betaal per maand, sou jy nie die tydskrif kry nie, gaan nie R36.50 wees nie, maar die helfte daarvan.
Mooi loop

Re: Sa Jagters ledegeld sonder tydskrif?

Posted: Mon Mar 14, 2016 3:24 pm
by 243Songdaug
Ek sal maar my volgehoue ondersteuning aan SA Jagters toesê. Die Vereniging doen net goed vir my en ander skuts/jagters - selfs vir die wat nie lid is van hom nie.

Ek weet nie van enige ander vereniging wat vir nuwe takke geld beskikbaar stel om 'n skietbaan op die been te kry nie. Min ander verenigings spandeer soveel geld aan opleidings materiaal soos SA Jagters. Om 'n vereniging van hierdie formaat te bedryf kos geld. Ons betaal nie net vir die voorreg/reg om aan 'n vereniging te behoort nie, ons betaal hulle om ons jag/skiet sport te bevorder, te bemark en deur Opleiding te verseker dat my kinders ook eendag sal kan jag.

Gert, dit staan enigeen vry om hom te vereenseldig met wie hy verkies, SA Jagters doen baie vir my, so ek bly - dit sal hartseer wees om 'n lid te verloor, maar dis beter om 'n lid te verloor en hys gelukkig elders as om met met lid te sit wat siels ongelukkig is.

Ek wens jou voorspoed toe en wil ook die deur oop los - as jy weer in die toekoms jou ondersteuning agter SA Jagters wil ingooi is ek seker sal jy welkom wees.

Jaco G

Re: Sa Jagters ledegeld sonder tydskrif?

Posted: Mon Mar 14, 2016 8:51 pm
by Diesel Dog
Die draad is hoekom ek nie aan n kerk behoort nie,nes alles mooi loop dan is een broer beswaard en as jy jou kom kry dan stig hulle af.

DD

Re: Sa Jagters ledegeld sonder tydskrif?

Posted: Tue Mar 15, 2016 10:38 am
by FCLoretz
243Songdaug wrote:Ek sal maar my volgehoue ondersteuning aan SA Jagters toesê. Die Vereniging doen net goed vir my en ander skuts/jagters - selfs vir die wat nie lid is van hom nie.

Ek weet nie van enige ander vereniging wat vir nuwe takke geld beskikbaar stel om 'n skietbaan op die been te kry nie. Min ander verenigings spandeer soveel geld aan opleidings materiaal soos SA Jagters. Om 'n vereniging van hierdie formaat te bedryf kos geld. Ons betaal nie net vir die voorreg/reg om aan 'n vereniging te behoort nie, ons betaal hulle om ons jag/skiet sport te bevorder, te bemark en deur Opleiding te verseker dat my kinders ook eendag sal kan jag.

Gert, dit staan enigeen vry om hom te vereenseldig met wie hy verkies, SA Jagters doen baie vir my, so ek bly - dit sal hartseer wees om 'n lid te verloor, maar dis beter om 'n lid te verloor en hys gelukkig elders as om met met lid te sit wat siels ongelukkig is.

Ek wens jou voorspoed toe en wil ook die deur oop los - as jy weer in die toekoms jou ondersteuning agter SA Jagters wil ingooi is ek seker sal jy welkom wees.

Jaco G
Ek glo nie enige iemand gaan stry teen hierdie skrywe nie.

Maar, SA Jagters dink tot 'n mate dat alle lede dieselfde is. BV almal wil 'n tydskrif he elke maand. Daar is dan ook die onder 300m debakel wat veroorsaak het dat mense soos Geno en Ludwig sumier hulle lidmaatskap beeindig het.

Ek dink nie SA Jagters neem die belange van individuele lede of minderheids groep lede in ag nie. Hulle doen "blanket" projects.

Re: Sa Jagters ledegeld sonder tydskrif?

Posted: Thu Mar 17, 2016 3:54 pm
by Koos Barnard
Freek ek hoor wat jy se. Maar SA Jagter het ook 'n ooreenkoms met Media24 oor die tydskrifte, so wetlik gesproke is dit vir hulle op hierdie stadium bykans onmoontlik om net eenvoudig tydskrifte te kanselleer en ledegeld te verminder. Onthou dat SA Jagter in 'n 50/50 venootskap deur SA Jagters en Media24 besit word. Ek sê nie SA Jagters is die beste en dat almal daaraan moet behoort nie. Op die oomblik weet ek daar is mense wat ontevrede is oor hul nie die tydskrifte kry nie. Wat ek wel in alle eerlikheid kan sê is dat ons die afgelope week gereel het dat twee persone wat nie hul tydskrifte gekry het nie, se uitstaande tydskrifte na hulle gekoerier is. So as jou tydskrif nie opdaag nie, bel SA jagters (012-808-9300) en praat met Dorothy Ras of Tommy Liversage. Hul sal sorg dat jy die tydskrif kry. Aan die poskantoor kan ons nie veel doen nie.

Freek, daar het uiteinelik iets goeds uit die 300m debakel gekom. Daar is nou 'n langafstandkompetisie waar tot op 700m geskiet word en SA Jagters is meer op vir hierdie tipe ding. Met alle respek, daar was al dikwels tye dat Ludwig sy toys uit die kot gooi as mense nie met hom saamstem nie. Daar is ander op hierdie forum wat nou lekker saam kom skiet op SA Jagters se langafstandkompetisie. Hulle het gekies om nie weg te bly nie maar om eerder 'n positiewe bydrae te maak.
Mooi loop

Re: Sa Jagters ledegeld sonder tydskrif?

Posted: Fri Mar 18, 2016 9:30 am
by 243Songdaug
Dankie Koos - Ek sou dit nie so mooi kon antwoord nie.

Re: Sa Jagters ledegeld sonder tydskrif?

Posted: Fri Mar 18, 2016 1:14 pm
by FCLoretz
Koos Barnard wrote:Freek ek hoor wat jy se. Maar SA Jagter het ook 'n ooreenkoms met Media24 oor die tydskrifte, so wetlik gesproke is dit vir hulle op hierdie stadium bykans onmoontlik om net eenvoudig tydskrifte te kanselleer en ledegeld te verminder. Onthou dat SA Jagter in 'n 50/50 venootskap deur SA Jagters en Media24 besit word. Ek sê nie SA Jagters is die beste en dat almal daaraan moet behoort nie. Op die oomblik weet ek daar is mense wat ontevrede is oor hul nie die tydskrifte kry nie. Wat ek wel in alle eerlikheid kan sê is dat ons die afgelope week gereel het dat twee persone wat nie hul tydskrifte gekry het nie, se uitstaande tydskrifte na hulle gekoerier is. So as jou tydskrif nie opdaag nie, bel SA jagters (012-808-9300) en praat met Dorothy Ras of Tommy Liversage. Hul sal sorg dat jy die tydskrif kry. Aan die poskantoor kan ons nie veel doen nie.

Freek, daar het uiteinelik iets goeds uit die 300m debakel gekom. Daar is nou 'n langafstandkompetisie waar tot op 700m geskiet word en SA Jagters is meer op vir hierdie tipe ding. Met alle respek, daar was al dikwels tye dat Ludwig sy toys uit die kot gooi as mense nie met hom saamstem nie. Daar is ander op hierdie forum wat nou lekker saam kom skiet op SA Jagters se langafstandkompetisie. Hulle het gekies om nie weg te bly nie maar om eerder 'n positiewe bydrae te maak.
Mooi loop
Dankie vir die skrywe Oom Koos.

Hierdie is net vir my 'n gesonde debat.

Ek verstaan die venootskap, dankie vir die verduideliking. Na die 300m debakel an nadat 'n aantal lede hulle misnoe met SA Jagters uitgespreek het, het hulle die 700m kompetisie aan mekaar gesit en 'n platvorm geskep vir skuts wat verder as 300m wil skiet.

Die eintlike punt wat ek hierdeur probeer maak is dat SAJ besluite maak wat hulle lede affekteer sonder dat hulle die lede raadpleeg. BV. as hulle die 300m net bietjie anders benader het, het die debakel 'n groter wen geword vir SAJ.

Ek glo 'n klient wat kla is 'n goeie klient. Dan weet jy waar is jou tekort kominge. 'n Klient wat stil bly kom nooit terug nie.

Re: Sa Jagters ledegeld sonder tydskrif?

Posted: Mon Mar 21, 2016 1:16 pm
by ROBBIE1
17 Maart 2016
Geagte Kollega
SPESIALE NUUSBRIEF: SA JAGTERS BRING NUWE HOFAANSOEK
Ek rig hierdie skrywe aan u om u doelbewus te bereik voordat enige ander rolspelers ingelig raak oor hierdie saak
Die Raad van SA Jagters het die besluit geneem om ‘n nuwe hofaansoek te bring teen die Minster van Polisie ten opsigte van die implementering van die Wet op Vuurwapenbeheer No 60 van 2000. Ek het die dokumentasie vir die Hofaansoek geteken op Dinsdag 15 Maart 2016 en die stukke behoort vandag op 17 Maart 2016 bedien te word op die Staatsprokureur. Dit beteken dat die Minister se regspraktisyn die hofaansoek dan vandag ontvang het.
Aangeheg hierby ‘n kopie van ‘n persverklaring wat ons of laat vanmiddag of môreoggend vroeg sal uitreik waarin die agtergrond tot die aansoek geskets word en waarin ons ook beskryf wat die essensie van die aansoek inhou. Sou u enige vrae hê is u baie welkom ‘n e-pos aan my persoonlik by fredc@sahunt.co.za te rig. Sluit asseblief u SA Jagter lidnommer asook ‘n kontak telefoonnommer in u E-pos boodskap in.
Ek wil tog ook die geleentheid gebruik om op u elkeen ‘n beroep te doen om vir ons ‘n spesiale bydrae te maak tot die regshulpfonds. Ons kan verwag dat hierdie saak ons heelwat gaan kos en omdat ons in beginsel vra dat twee Artikels in die Wet ongrondwetlik verklaar word kan ons verwag dat hierdie saak selfs in die Grondwethof kan gaan draai. Ek vermoed dat die Polisie en die regering nie sommer net so sal aanvaar dat daar fout te vind is met hulle werk nie.
Die regshulpfonds se rekening word gehou by ABSA en die rekeningnommer is 9134305406
Ek wil terselfdertyd ook vra dat u asseblief vir ons inligting moet verskaf indien u nog lisensies hou ingevolge die ou wet (groen kaartjies of in die ID Boekie ingeplak) en nog nie die nuwe lisensies het nie. Ons wil ook graag inligting kry oor hoe ons lede hanteer is met hulle aansoeke om hernuwing deur die Aangewese Vuurwapenbeamptes by die onderskeie polisiestasies. Voltooi asseblief die vraelys wat u hier aanlyn kan kry (http://tracking.sahunt.co.za/public/sur ... m7180d-51h). Lede wat nie die opname aanlyn kan invul nie, kan ‘n e-pos aan info@sahunt.co.za stuur en vir ‘n MS Word formaat vra.
Baie dankie vir u ondersteuning in hierdie verband.
Vriendelike groete
Fred Camphor
HUB