Page 2 of 3

Re: 2015 MP Gong skietdag

Posted: Tue Oct 06, 2015 9:47 am
by Geno
Thanks Schalk.
Nee, ek gaan met die 6Dasher skiet. Die .204 is deesdae Lila se roertjie.
Ek kan my huidige jakkalslading van 58gr V-Max teen 3810fps met impakspoed van 1145fps en energie van 169 ft/lb gebruik.
Of ek moet net gou klompie 75gr V-Max teen 3520fps laai wat impakspoed van 1525fps en energie van 388ft/lb het.

Sal seker op die 75's besluit omrede die 58's teen 660m trans-sonies is, en dit maar taai en onvoorspelbaar raak dan.

Re: 2015 MP Gong skietdag

Posted: Tue Oct 06, 2015 9:57 am
by swc-tr
My ondervinding - skiet die koeel met die hoogste BC wat goeie akkuraatheid lewer.
Om die raakskote te hoor is nie 'n problem nie, om die wind raak te raai ja.

Re: 2015 MP Gong skietdag

Posted: Wed Oct 07, 2015 4:36 pm
by Marc
Laas jaar het n Span uit die Noord Kaap ons Gautengers kom stil skiet met n 22.250 Geno

Re: 2015 MP Gong skietdag

Posted: Thu Oct 08, 2015 9:21 am
by Ferdi Bam
Daar het laasjaar n skut met n 6mm Dasher langs my geskiet. Om te sien of die gong raakgeskiet is was nie n probleem nie.
Die "lekker" van die dag is dat die wind op die baan n gelykmaker is ten spyte van die kaliber. Ek sou eerder daarop fokus.

Groete

Ferdi Bam

Re: 2015 MP Gong skietdag

Posted: Thu Oct 08, 2015 10:25 am
by swc-tr
Marc wrote:Laas jaar het n Span uit die Noord Kaap ons Gautengers kom stil skiet met n 22.250 Geno
Die wenspan van Noordkaap het met 'n .260Rem en .300WM geskiet.
Johan Heymans was 5de individueel met sy .22-250.

Re: 2015 MP Gong skietdag

Posted: Wed Oct 21, 2015 12:26 pm
by swc-tr
Agv kansellasies, is daar nou plek beskikbaar vir 2x spanne.
Kontak my asb om te bespreek.

Re: 2015 MP Gong skietdag

Posted: Wed Oct 21, 2015 12:34 pm
by Rasmus
Hou gou een plek asb Schalk. Ek laat weet jou spoedig

Re: 2015 MP Gong skietdag

Posted: Wed Oct 21, 2015 12:39 pm
by swc-tr
Rasmus wrote:Hou gou een plek asb Schalk. Ek laat weet jou spoedig
Maak so.

Re: 2015 MP Gong skietdag

Posted: Wed Oct 21, 2015 2:47 pm
by Rasmus
Dankie Schalk

Kerels die plek is weer beskikbaar. Die manne kan nie saam skiet nie.

Groete

Rasmus

Re: 2015 MP Gong skietdag

Posted: Wed Oct 21, 2015 8:38 pm
by Rudi Fischer
Rasmus
Ek stel belong.
Sal more oggend kontak en betaal.

Re: 2015 MP Gong skietdag

Posted: Thu Oct 22, 2015 7:21 am
by swc-tr
Rudi Fischer wrote:Rasmus
Ek stel belong.
Sal more oggend kontak en betaal.
Rudi, jy kan die vorms vir my stuur.
Dankie, Schalk

Re: 2015 MP Gong skietdag

Posted: Thu Oct 22, 2015 7:26 am
by Rudi Fischer
sal so maak

Re: 2015 MP Gong skietdag

Posted: Mon Oct 26, 2015 11:13 am
by swc-tr
Pino van Target Zero gaan ook Saterdag by die gongskiet wees, om sy remote kamera stelsel te demonstreer.

Re: 2015 MP Gong skietdag

Posted: Thu Oct 29, 2015 8:49 am
by swc-tr
Die tyd raak nou min. ;)

Terloops, daar was 2x spanne wat onttrek het, indien iemand nog wil inskryf op die laat stadium, doen so asb.
Sien julle Saterdag.

Re: 2015 MP Gong skietdag

Posted: Thu Oct 29, 2015 8:53 am
by Ben
Sien uit! Sterkte aan almal!
O ja, kon julle toe regkom met n skerm v die Rugby!

Re: 2015 MP Gong skietdag

Posted: Thu Oct 29, 2015 9:05 am
by Geno
Manne,
G&G se span moet dringend by 'n klient uitkom om jakkalse te skiet die naweek.
Dus is ons span se plek (met 2x ekstra braaipakke) beskikbaar vir wie ookal daarin belangstel.
Ons het reeds inskrywing betaal, so wie dit soek kan verniet gaan deelneem.

Groete
Eugene

Re: 2015 MP Gong skietdag

Posted: Thu Oct 29, 2015 9:30 am
by swc-tr
BenR wrote: O ja, kon julle toe regkom met n skerm v die Rugby!
Ons glo so.

Re: 2015 MP Gong skietdag

Posted: Thu Oct 29, 2015 10:15 am
by Ben
Great!

Re: 2015 MP Gong skietdag

Posted: Thu Oct 29, 2015 10:24 am
by Geno
Schalk,

Hein22 se vriende gaan in G&G se plek skiet.


Groete
Eugene

Re: 2015 MP Gong skietdag

Posted: Thu Oct 29, 2015 10:27 am
by Hein22
Thanks Geno! Baie nice van julle, ek gaan binnekort nog 'n kolf by jou bestel. Sal laat weet sodra ek reg is.

Groete,
Hein

Re: 2015 MP Gong skietdag

Posted: Thu Oct 29, 2015 10:29 am
by Nickvn
Ek sien julle het ook genoeg wind gereel vir Saterdag........ outch.

Re: 2015 MP Gong skietdag

Posted: Thu Oct 29, 2015 10:32 am
by swc-tr
Geno wrote:Schalk,

Hein22 se vriende gaan in G&G se plek skiet.


Groete
Eugene
Dankie, maak so.

Re: 2015 MP Gong skietdag

Posted: Thu Oct 29, 2015 12:41 pm
by Rooivalk1
Kan nie wag vir die storie nie, baie opgewonde ! Nickvn wat het jy gehoor gaan die wind doen ? Ek en die gevreesde Slapskieter het vanoggend net gou weer zeros gaan check; ons hoop maar daai baan skiet soos Piet Joubert want ons gaan maar baie staatmaak op die zeros wat ons daar gebruik het in die Sudami Langafstand Kompetisie.

Re: 2015 MP Gong skietdag

Posted: Thu Oct 29, 2015 1:01 pm
by swc-tr
Rooivalk1 wrote:Kan nie wag vir die storie nie, baie opgewonde ! Nickvn wat het jy gehoor gaan die wind doen ? Ek en die gevreesde Slapskieter het vanoggend net gou weer zeros gaan check; ons hoop maar daai baan skiet soos Piet Joubert want ons gaan maar baie staatmaak op die zeros wat ons daar gebruik het in die Sudami Langafstand Kompetisie.
Doornkop is nie Piet Joubert nie!
Hier waai die wind nooit nie..... >:D

Re: 2015 MP Gong skietdag

Posted: Thu Oct 29, 2015 7:56 pm
by Fritz
Ek sien ook nou baie uit!