CV's word ingewag vir Nikon Scope
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope
Piet
Ek bly in Windhoek, maar het n amper onuitputbare bron van Jakkals roep/skiet geleenthede binne n halfuur se ry van my af. Ek roep Jakkalse sedert 1997 en het van toe tot nou met n wye verskeidenheid teleskope gewerk. Handelsname sluit die volgende in, Tasco, Weaver, Lynx, Leopold, Swarofski, Zeiss, Rudolf, Smit&Bender, Redfield, en nog so een of twee wat ek die naam nie meer kan of wil onthou nie. My Jakkalsroep credentials sluit kursusse deur van die beste leermeesters in die bedryf in, Oom Peter, Tewis en sy pel, Dr Jaracal homself, 2X, en dan laaste maar nie die minste nie, Sir Taf, langs die vure van St Nowhere en Myl 108, waar ek persoonlik reken die meeste tips en inligting gegee word, vir die wat bereid is om te luister.
Ek is ook deel van n geregistreede nagoes span, Suiwes Oesspan, en oes reeds wild van 1985 af, skiet elke jaar n klompie wild, Springbokke, in die nag, party jare meer en party jare minder, deesdae al meer grootwild, Gemsbokke, Hartbeeste, Kudus, in die dag. Die vooruitsig vir hierdie jaar is so ongeveer 1000 Springbokke en so 250 Grootwild, Gemsbokke en Blouwildebeeste, vir my as skut. Springbokke sal in die nag en Grootwild in die dag geskiet word.....
Soos jy kan sien is dit n redelikke wye spektrum vereistes waaraan my toerusting moet voldoen en gebruik ek ook n redelikke verskeidenheid wapens. Van n 204 Ruger, Jakkalse in oop wereld en Springbokke in die nag, tot n 260 Rem vir grootwild in die dag. Kalibers tussen die begin en die einde sluit die volgende in, 223 Rem, 22-250 Rem, 6mm BR, 243 Win, een van die dae n 243 Ackl, 25-06 en n 25 Ackl, sowel as n 25 Koevoet.
Ek het egter GEEN ondervinding van die Nikon maak nie, maar sien uit daarna om dit met die handelsname soos reeds genoem te vergelyk. Ek kan slegs meld dat hulle hoog aangeskrywe word op die vuurwapen forums in die US, waar ek nie aktief deelneem nie maar aanhou lees aan die magdom inligting daar beskikbaar. Indien my CV jou goedkeuring wegdra onderneem ek om getrou boek te hou van die gebeure in die lewe van die Nikon, en gereeld verslag te doen aan hierdie forum, met sover moontlik fotos as bewys, van ons wedervarings.........
Mooi loop
Francois Marais

- Piet Breedt
- Hero Member

- Posts: 2275
- Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am
Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope
Manne, dit is waarna ek gaan kyk. Hierdie laaste paar CV's is waarna ek soek, en ek moet noem dat ek sterk sal oorleun in die guns van die manne wat ek gereeld op die forum sien post.
Laat hulle inrol. Ek gaan vir Carl Gersbach van Nikon vra om die finale keuse te maak vanaf n kortlys wat ek sal maak. Op daardie manier hou ek dit eerlik en is ek nie bevooroordeeld teen enige een.
Ek wil net noem dat ek gisteraand sommer hier buite op my plot so bietjie die scope onderhande geneem het en in die sprei ligte van my huis en ook my bure en na allerhande goeters gekyk het, en sy beeld was werklik baie goed, en die detail wat ek kon uitmaak was verstommend.

- Gerhard
- Hero Member

- Posts: 7128
- Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm
Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope
Piet,
Ek roep en skiet sedert 2004 jakkalse.
Ek gebruik n 22K Hornet met huidiglik n Burris 3 - 10 x 50 scope op (wat ek by my pa ge hi jack het
) .
Ek roep gereeld in die Bronkhorstpruit en Dullstroom distrikte maar het by meer as net n paar geleenthede in die Ellisras en Dwaalboom distrikte gaan roep.
Ek gebruik reeds vir n ruk Nikon Optics produkte (Range Finder en verkyker) en is baie beindruk met die kwaliteit maar het nog nie geleentheid gehaad om die teleskoope onderhande te kry nie.
Ek het reeds in die verlede internasionale maatskappye verteenwoordig as "Pro Staf Shooter" waar die evalusasie, skryf van verslae en bemarking n groot deel van uitmaak.
Ek het ook reeds n verskeidenheid artikels geskryf wat in plaaslike en internasionale tydskrifte gepubliseer is.
As ek gekies word om die teleskoop te toets sal ek nie net hier op die forum nie maar ook op baie ander forums (SA en internasionaal) my verslae en fotos sit as ook evaluasie artikels skryf vir tydskrifte wat belang sal stel.
Groete,

FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Battlefields of the Escarpment
- Christo Els
- Sr. Member

- Posts: 430
- Joined: Wed Aug 04, 2010 12:33 pm
Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope
Piet ek wil net s? dat ek nie kan deelneem nie. Ek wag nog vir my liksens van die owerheid.
Ek het 'n mater wat baie tevrede is met syne

Champions keep playing until they get it right
303 Lee Metford
222 Sako
243 Brno
Blow Pipe (Pea Shooter)
303 Lee Metford
222 Sako
243 Brno
Blow Pipe (Pea Shooter)
-
Freek
- Hero Member

- Posts: 1941
- Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope
Dag Piet. Jy kan maar my naam ook opsit indien jy nog mense soek. Ek het 'n nuwe Remington .243 SPS Varminter wat ek beplan om vir die toets te gebruik. Sodra SAP en seuns die liksens oorhandig is die Kaap Holands. Intussen tyd sal ek die scope op my huidige jakkals roer mount. Wil graag die kombinasie tesame met die Bosvark Skietstoel toets.
Laat weet maar.
Groete
Freek Senekal
082 878 5208
Laat weet maar.
Groete
Freek Senekal
082 878 5208
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
- PRIVATE RYAN
- Hero Member

- Posts: 544
- Joined: Wed Nov 24, 2010 8:52 am
Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope
Ek het eenkeer my NIKON rangefinder
in die veld verloor, toe kry ek hom
na twee weke. In die twee weke
het dit gesneeu en gereen in
die De Brug area, maar hy het gewerk.
Ek is 'n Nikon fan, as jy die teleskoop
vir my gee sal ek hom toets en vir my arm
vriend Hugo gee, hy sukkel om
die binnekant van die stoor raak
te skiet van 'n rest af met sy Fong Kong
.05 x 1.7-2.3.

Beretta
- Hero Member

- Posts: 2954
- Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm
Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope
Dag Manne
Oom Piet gee daai man nie n Bells nie (jy kan dit ook doen as jy wil)
gee hom n NIKON dit is nou vir Francois . Beter reports en feedback sal jy nie sommer kry nie .Kyk maar net na sy vorige posts
Groete
Beretta
Oom Piet gee daai man nie n Bells nie (jy kan dit ook doen as jy wil)
Groete
Beretta
-
Danie01
- Hero Member

- Posts: 1596
- Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am
Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope
Oom Piet
Dankie vir so n geleentheid wat aan die forum lede gebied word, dit is al klaar n goeie advertensie. ek gaan ook maar n kans vat, mens weet nooit
Ek jag jakkalse in Britstown omgewing in die karoo op ons eie en buurman se plase. Ek jag ook in die Jacobsdal omgewing, waar my ouers bly so af en toe.
Deur die somer jag ek ongediertes en skiet so af en toe op skietbaan. In die winter is dit heeltyd jagtyd, dan jag ek ongediertes, springbokke, koedoes en gemsbokke. Al hierdie jagte is op ons eie grond en ek sal diet gereeld en meer kan doen as dit so versoek word. So daar is vr my baie geleentheid om te jag as dit nodig is.
Tans het ek die lynx 2.5 - 10 x 56 IR op my .243. My pa het die 2.5 - 10 x 50 Vortex op sy .243. Ek sal ook n goeie vergelyking kan maak tussen die 3 teleskope in die nag sowel as in die dag op verskillende terreine in karoo en in vrystaat. Ek skiet nou al so 3jaar met my lynx in dag en nag. In die aand word my 170 lightforce op scope gemount, soos die meeste jagters dit ook doen. In die dag doen ons voorsit jag vir springbokke, uit n skietstoel uit en dan skiet ons gemsbokke vanaf die bakkies af. Koedoes word met voet gejag in die dag en in die nag van bakkie af.
ek het ook onlangs begin herlaai, en sal ook meer akkuraat kan skiet, sou dit n invloed he om die teleskope te toets.
Ek sal dit baie waardeer as ek die kans kry om so teleskoop te toets. ek dink ek het goeie geleentheid om teleskoop op verskillende terreine en verskillende toestande te toets en tevergelyk met ander teleskope in sy klas.
Ek is ook nou op daardie ouderdom, wat baie van my vriende begin om gewere te koop en n teleskoop gaan altyd daarby saam. Ek sal baie van hul kan aanraai, indien Nikon scope goeie koop is, om Nikon te koop.
Groete
Danie Botha
0711743167

Last edited by Danie01 on Thu May 26, 2011 12:57 pm, edited 1 time in total.
- KSV
- Hero Member

- Posts: 1386
- Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am
Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope
Oom Piet,
Gee my ook die geleenthied om my CV op te sit?
Kalahari Sands Varminting (KSV) bestaan nou al van 1999 af. Ek en vriend Songdaug het saam begin jakkals jag.
Het maar so geleer sonder enige hulp. Toe kruis ons paaitjies eendag met Hendrik van Rensburg toe nog by QPS. Kursus toe by hom gaan doen en toe begin ons ernstig toerusting opgradeer. Bakkies het stoele op gekry nuwe ligte, dimmers roepers en nuwer CD's. As 'n ding nie lekker gewerk het nie is hy vervang met iets beters of iets wat werk.
Het al amper ook 'n getroue bywonings sertifikaat vir die Noord Kaap en Namibie vir kursusse bygewoon van Dr Jaracal.
Het al van Tewis en Gary se produkte gebruik en soos reeds genoem, toerusting opgradeer wat nie aan my vereistes en standaarde voldoen het nie.
Ons het dit vir die liefde van die saak gedoen en het feitlik niks teruggemaak vir al die kapitaal wat ons uitgele het nie.
Ek het so bietjie afgeskaal met die geboorte van die kiddies in 2005.
Laasjaar met die Myl 108 trip Namibie toe, met vele gesprekke in Oom Heindrich se bakkie. Het hy en Sir Taffie my oortuig dat man nie die ding verniet kan doen nie. Daar kom te veel fondse uit jou eie sak uit om dit te regverdig om al die kapitaal daarvoor uit te le.
Plaaslik reel ek ook die kursusse vir die persone wat belang stel.
Hierdie jaar het ek weer ernstig begin aandag gee aan probleem dier beheer aangesien ek nou meer tyd op hande het. Sien ek het die vrou lewendig verloor. 'n Voertuig en stoel is aangekoop en ingerig om op my eie te kan uitgaan, slegs 'n drywer is nou nodig. Kan julle glo hier is nou boere wat van ons dienste gebruik begin maak.
Al die parte vir die nuwe wapen is hier ma da is nog nie 'n teleskoop vir hom nie. Die nuwe platform sal dus uiters geskik wees vir toets van die Nikon teleskoop. Die platform sal uitsluitlik gebruik word vir probleem dier beheer en oes. Ek gaan nie 'n kaliber keuse hier noem nie aangesien dit 'n redenasie op sy eie sal uitlok.
Ek het ondervinding van die Lynx 2.5-10 x 56 IR, kon egter glad nie met hom regkom nie. Die kruishaar was te dik vir my persoonlike smaak.
As ek 'n produk gebruik en daarin glo kan jy verwag dat ek die produk hoog gaan aanskryf en sal adverteer (word of mouth). Het al 'n paar manne gehelp met hulle Foxpro Spitfires en ek verkoop nie eers die produk nie. Het net goeie vertroue in die Foxpro produkte.
Ek is ook in die proses om 'n wapen winkel hier by ons op te rig en sal dan ook goeie geleentheid he om die produk te adverteer.
Maak mooi!
Hein

Last edited by KSV on Thu May 26, 2011 11:31 am, edited 1 time in total.
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
- Geno
- Administrator

- Posts: 13662
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope
Hein,
Daai scope sal mooi werk op jou nuwe

Hein het my klaar vertel watse kaliber dit is, en ek dink hy sal great werk, beide vir jakkals en baan skiet!
Oom Piet,
Jy kan daai scope met 'n geruste hart vir KSV gee om te toets, hy sal julle nie teleurstel nie.
Groete,
Eugene

Goed, beter, 6millimeter!
- KSV
- Hero Member

- Posts: 1386
- Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am
Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope
Eugene,
Dis nie vir daai een nie.
Dis vir daai vinnige nommertjie met die klein gaatjie. Nee nie die 204 nie groter!
Maak mooi!
Hein
Dis nie vir daai een nie.
Dis vir daai vinnige nommertjie met die klein gaatjie. Nee nie die 204 nie groter!
Maak mooi!
Hein
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
- Geno
- Administrator

- Posts: 13662
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
- KSV
- Hero Member

- Posts: 1386
- Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am
Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope
Daai een ja!
Vinnige sexsie nommertjie daai, jong.
Maak mooi!
Vinnige sexsie nommertjie daai, jong.
Maak mooi!
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
- erx
- Sr. Member

- Posts: 419
- Joined: Thu Jan 13, 2011 9:36 pm
Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope
Hy lyk darem op 'n haar soos my Lynx 2.5-10x56 IR, selfs die IR se aansit knoppie en die fokus ring.
Groete
erx
Groete
erx
- Monrique (SJ)
- Hero Member

- Posts: 2296
- Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am
Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope
Piet
Wanneer word die ''wenner'' aangewys??
Groetnis
Wanneer word die ''wenner'' aangewys??
Groetnis
- KSV
- Hero Member

- Posts: 1386
- Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am
Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope
Hier is die een deel van die platform wat ek gaan gebruik.
[img width=560 height=420]http://i351.photobucket.com/albums/q467 ... Pepper.jpg[/img]
Maak mooi!
Hein
[img width=560 height=420]http://i351.photobucket.com/albums/q467 ... Pepper.jpg[/img]
Maak mooi!
Hein
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope
Mastag Hein mooi stukkie gereedskap wat jy daar beet het.
Dink jy nie hy gaan te veel shine in jou oog nie, ek het donkerbrille as dit die geval is.
Blok.

"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
-
Danie01
- Hero Member

- Posts: 1596
- Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am
Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope
Oom Piet
Ek wil net bylas by my cv dat ek nie die grootste kenner op hierdie gebied is nie, ek is maar net n gewone jagter met gemiddelde kennis.
dit kan my poging tot toets negatief beinvloed, maar ek moes net n cv stuur want dit kan net lekker wees om so iets te toets.
My eerlike opinie is om die akuraatse uitslag te kry is om dit vir iemand te gee wat al baie teleskope getoets of gebruik het en wat elke dag jag vir sy brood en botter!
Groete
Danie
Ek wil net bylas by my cv dat ek nie die grootste kenner op hierdie gebied is nie, ek is maar net n gewone jagter met gemiddelde kennis.
dit kan my poging tot toets negatief beinvloed, maar ek moes net n cv stuur want dit kan net lekker wees om so iets te toets.
My eerlike opinie is om die akuraatse uitslag te kry is om dit vir iemand te gee wat al baie teleskope getoets of gebruik het en wat elke dag jag vir sy brood en botter!
Groete
Danie
- KSV
- Hero Member

- Posts: 1386
- Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am
Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope
Blok,
Cool! Sal hom dra as die maan vol is?
Maak mooi!
Hein
Cool! Sal hom dra as die maan vol is?
Maak mooi!
Hein
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope
Hein
Ook maar dikvellig met my skimp ne.

Blok
Ook maar dikvellig met my skimp ne.
Blok
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
- KSV
- Hero Member

- Posts: 1386
- Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am
Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope
Blok,
Leen da so R1600 bokke dan reel ons enetjie vir jou ook, hehe!
Maak mooi!
Leen da so R1600 bokke dan reel ons enetjie vir jou ook, hehe!
Maak mooi!
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
- Piet Breedt
- Hero Member

- Posts: 2275
- Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am
Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope
Dankie manne, hier was so paar mooi CV's. Ons wil graag die scope vir iemand gee wat hom behoorlik sal toets en ook hom sal geniet. Dit help nie ons gee hom vir iemand met n Zeiss of Swarovski nie, hy gaan hom beslis nie afhaal en die een op sit nie. Die mark wat Nikon teiken is die gemiddelde man/jagter wat baie goeie waarde vir geld wil koop, en nie noodwendig die heel beste en duurste scope soek nie. Meeste van ons val in daardie kategorie. Nikon maak baie goeie produkte teen n bekostigbare prys, en wat die werk kan doen, met bo gemiddelde helderheid.
Ons sal seker voor die einde van die week n beslissing maak, en iemand se dag so bietjie opkikker. Dit gaan maar neuk as ek na al die mooi CV's kyk.
Ons sal seker voor die einde van die week n beslissing maak, en iemand se dag so bietjie opkikker. Dit gaan maar neuk as ek na al die mooi CV's kyk.
-
Freek
- Hero Member

- Posts: 1941
- Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope
Piet...jy moet nou nie dat ek met jou sukkel nie. Ek is "due" vir 'n upgrade op my jakkals/bosvark roer, hier is julle kans - gebruik hom. 
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
- Monrique (SJ)
- Hero Member

- Posts: 2296
- Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am
Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope
Piet
Na aanleiding wat jy gese het, m.b.t. die persoon wat die scope moet toets dink ek dat Boertjie net die regte ou is vir die job.
Die man se Lynx is hoeka moeg, soos ek kon aflei uit vorige posts, dit val mos in die gemiddelde jagter se pakket en kan dalk net n geskenkie op die regte tyd wees om goeie toetse te doen!
Groetnis
Na aanleiding wat jy gese het, m.b.t. die persoon wat die scope moet toets dink ek dat Boertjie net die regte ou is vir die job.
Die man se Lynx is hoeka moeg, soos ek kon aflei uit vorige posts, dit val mos in die gemiddelde jagter se pakket en kan dalk net n geskenkie op die regte tyd wees om goeie toetse te doen!
Groetnis
- Francois Marais
- Administrator

- Posts: 4042
- Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm
Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope
Piet

Mooi loop
Francois
Sal maar moet gedoen word as n man daardie scopie wil toets op n roer wat jy weet skiet op n tiekie en wil bewys die Nikon staan nie terug vir die groot kanonne nie.....Dit help nie ons gee hom vir iemand met n Zeiss of Swarovski nie, hy gaan hom beslis nie afhaal en die een op sit nie. Die mark wat Nikon teiken is die gemiddelde man/jagter wat baie goeie waarde vir geld wil koop, en nie noodwendig die heel beste en duurste scope soek nie.
Mooi loop
Francois