Page 2 of 2
Re: Min belangstelling by ALRHA se skietdae?
Posted: Mon Aug 17, 2015 6:19 pm
by Frikkie Coetzee
Eugene. As dit net jie so ver was vir my nie. ......
Re: Min belangstelling by ALRHA se skietdae?
Posted: Mon Aug 17, 2015 6:38 pm
by Cobus(Cobb)
Ek het die naweek maar my eerste gong op 500m gelui, so ek weet nog bokkrol, my kit is te skraal om dit reg te doen.....maar, ek dink daar het n gogga gebyt....
Ek mag dalkies ook deurry , al is dit om laaste te kom, hopelik te leer en vuur te maak of iets...
Re: Min belangstelling by ALRHA se skietdae?
Posted: Mon Aug 17, 2015 7:43 pm
by Rudi Fischer
Ongelukkig het ek n ongeluk volle jaar gehad en nou moes ek twee weke terug n skouer is operasie gekry het en mag vir die res van die jaar nie skiet nie, anders was ek by elke shoot.
Re: Min belangstelling by ALRHA se skietdae?
Posted: Mon Aug 17, 2015 8:17 pm
by Banzo
Ludwig wrote:Rolf, indien jy meer inligting verlang, kan jy gerus ons forum besoek:
http://www.africanlrhunters.co.za. Al die inligting en reels rondom ons kompetisies is in die oop (gratis) gedeelte van die forum en die manne sal graag jou vrae hier rondom beantwoord.
Ek het 'n ruk terug op julle blad afgekom en gedink dit kan nou lekker wees. Kon nie verder inligting kry nie want dit kort 'n login en toe net daar opgehou.
Ek het nounet weer probeer en kan glad nie op enige plek inkom nie.
Is iets fout of is dit net ek?
Re: Min belangstelling by ALRHA se skietdae?
Posted: Mon Aug 17, 2015 8:38 pm
by Suikermuis
Goeiedag
Sal werklik baie graag julle skietdae wil bywoon, maar die manne is reg, nader aan die groter stede is die mense en fasiliteite meer. Upington omgewing is dus waarskynlik nie vinnig op die lys van moontlike venues nie.

Re: Min belangstelling by ALRHA se skietdae?
Posted: Mon Aug 17, 2015 9:19 pm
by Jaco v Zyl
Ek het ook my eerste alhra skiet op Bothaville bygewoon.Ek kan getuig dat die dag goed gereel was en daar niks fout was met die baan nie.Ek het die dag geniet en sal dit graag in die toekoms weer wil bywoon.Soos reeds deur baie genoem is die afstand na skiet ook vir my n probleem.Ander probleem wat ek ook dink is dat baie min mense van alhra weet.Ons bv is n redelike aktiewe skiet gemeenskap en ek is die enigste een wat van alhra weet.Ek het dit ook per toeval raakgelees op jaracal(en ek weet ook net van 3 persone in ons omgewing wat aktief is op jaracal).
Ek wil ook graag weet hoekom alhra besluit het op 450,550 en 650 meter intervalle ipv 400,500 en 600 byvoorbeeld?
Ek al gedink moet jul nader om n skiet hier by ons te probeer,maar die bane in ons omgewing het almal 100m skietwal intervalle en jy gan nie tussen hulle op bv 450 kan skiet nie.
Ek hoop van harte jul kan Alhra van krag tot krag dryf.
Sterkte
jaco
Re: Min belangstelling by ALRHA se skietdae?
Posted: Tue Aug 18, 2015 7:50 am
by Eugene
Manne, baie dankie! Dit blyk dat die grootste probleem maar beskikbare tyd is en dan ook die afstand na die skietdae toe. Soos Ludwig ook verduidelik het, is beskikbare bane ons groot probleem. Daar is nie baie bane wat 1000m+ is nie en dan is die ander probleem ook dat sekere bane net die baan vir ons sal uitboek teen 'n sekere bedrag. As daar dus te min mense opdaag, moet ons die verskil uit ALRHA se fondse dek, wat nie ideaal is nie....
Wat die pryse betref, moet julle ingedagte hou dat pryse net van borge en skenkings afkomstig is. Met die heersende ekonomiese toestande is baie min instansies gretig om net links en regs pryse te skenk en verwag hulle blootstelling. Hoe groter die opkoms, hoe groter die blootstelling en hoe beter is die pryse. Ek kan ook net vir Safari & Outdoor hier bedank vir hulle bydrae en borg van ons skietdae!
Enige iemand wat graag inligting oor ons skietdae wil hê, kan 'n e-pos stuur na eugene[at]africanlrhunters dot co.za en dan sit ek jou op ons e-pos lys en kan jy al die nodige inligting per e-pos ontvang.
Re: Min belangstelling by ALRHA se skietdae?
Posted: Tue Aug 18, 2015 8:05 am
by henried
Dis harde werk om 'n nuwe ding van die grond te kry, ek dink julle sal dit maak werk, julle het 'n mooi sponsor.
Ek wil darm net kridiet vir julle gee, ek praat nie op julle forum nie, maar stuur maklik 'n PM aan lede as ek iets wil weet.
Nadat Fritz my meer vertel het van sy 30-06, is ek sommer opgewond. Dan is die 223 ook op pad...
Ek sal baie graag wil leer, wat dit voel vir my as ek julle tegnieke kan leer, ek beter sal kan skiet. Ek wil baie graag 300m met my 30-06 goed kan skiet, met die 223 so 400m. Ek was regtig onder die indruk julle events is ernstig, nie geweet van nie- kompeterende been nie.
Re: Min belangstelling by ALRHA se skietdae?
Posted: Tue Aug 18, 2015 8:23 am
by Ratel
Hugo wrote:Hoe lank is waterval se baan? Weet iemand?
1000 yards.
Re: Min belangstelling by ALRHA se skietdae?
Posted: Tue Aug 18, 2015 8:49 am
by Cobus(Cobb)
SO.....Wanneer is die volgende een???en Waar??
Re: Min belangstelling by ALRHA se skietdae?
Posted: Tue Aug 18, 2015 12:29 pm
by Stefan764
Hallo Ludwig en Eugene
Ek het opgelet dat n hele paar van julle skietdae met SAJSV (veldskiet) datums gebots het. Veldskiet is n sport wat teen n enorme tempo groei met bitter baie belangsteling landwyd.
Dalk ook n rede?
Groete
Re: Min belangstelling by ALRHA se skietdae?
Posted: Tue Aug 18, 2015 12:37 pm
by cassie_calvinia
moet dit 'n geakriditeerde baan wees?
is daar nie erns 'n plaas om lekker baan te bou nie?
as julle wil calvinia toe ry, my baan loop van 25m-1000m...

(ek trek darm al by die 50m gong)
Re: Min belangstelling by ALRHA se skietdae?
Posted: Tue Aug 18, 2015 12:47 pm
by Pvdw
Hallo Ludwig en Eugene
Ek het opgelet dat n hele paar van julle skietdae met SAJSV (veldskiet) datums gebots het. Veldskiet is n sport wat teen n enorme tempo groei met bitter baie belangsteling landwyd.
Dalk ook n rede?
5 September is juis so 'n datum.
Re: Min belangstelling by ALRHA se skietdae?
Posted: Tue Aug 18, 2015 12:48 pm
by Eugene
Stefan764 wrote:Hallo Ludwig en Eugene
Ek het opgelet dat n hele paar van julle skietdae met SAJSV (veldskiet) datums gebots het. Veldskiet is n sport wat teen n enorme tempo groei met bitter baie belangsteling landwyd.
Dalk ook n rede?
Groete
Stefan, dit is wel so. Ons het probeer om in November 2014 vir ons jaarbeplanning vir 2015, die belangrikste skietdae van ander verenigings in ag te neem. Ons het ongelukkig nie betyds terugvoer van SA Jagters ontvang nie. As jy of iemand anders, dalk 'n program vir 2016 vir ons kan aanstuur, sal ons probeer om dit hierdie jaar in ag te neem met volgende jaar se beplanning. 'n Mens moet ook maar aanvaar dat dit onmoontlik gaan wees om datums te kies wat almal gaan pas....
Cassie, dit klink my ons kort 'n plaas met 'n lekker lang baan, goeie fasiliteite wat ons enige tyd verniet kan gebruik en dan binne 100km van Gauteng af!

Ek soek optimisties voort!

Re: Min belangstelling by ALRHA se skietdae?
Posted: Tue Aug 18, 2015 1:30 pm
by Arnold
Ludwig wrote:Stefan764 wrote:Hallo Ludwig en Eugene
Ek het opgelet dat n hele paar van julle skietdae met SAJSV (veldskiet) datums gebots het. Veldskiet is n sport wat teen n enorme tempo groei met bitter baie belangsteling landwyd.
Dalk ook n rede?
Groete
Soos Eugene sê, ons het regtig tydens ons jaar beplanning probeer om belangrike datums in ag te neem, maar baie organisasies se datums was nog nie uit ten tye ons ons beplanning gedoen het nie. Ons sal beslis poog om hierdie datums by die betrokke partye te kry voor ons 2016 se beplanning doen.
Ek het dieselfde ondervind en het toe maar gewag tot die datums beskikbaar was voor ek die XSSSA datums vasgemaak het. Tog kan mens nie almal tevrede stel nie en daar gaan botsings wees. Wat ek gedoen het is om die datums so op te stel dat dit die gereelde skuts sou pas ...
Re: Min belangstelling by ALRHA se skietdae?
Posted: Tue Aug 18, 2015 10:17 pm
by JPS
Manne baie dankie vir al julle terugvoer, soos genoem neem ons dit regtig tot hart en wil graag voortbou op lekker skiet dae en die sport daardeur te groei.
Arnold, op jou vraag oor hoeveelheid F klas skuts. Ek kan nie sê hoeveel F klas skuts daar op die oomblik in kom ons se Gauteng en Noordwes is nie, ek weet wel van Super league skiet dat daar 'n baie kleiner hoeveelheid F klas skuts is as TR skuts hierbo teenoor Wes kaap bv. Wat ek wel weet of glo eerder is dat geeneen van die huidige Fklas skuts die skietdae bywoon nie. Daar is juis 'n redelike aanvraag op manne gedoen om te kom en F ope te kom skiet, 'n paar van ons gaan dit volgende jaar probeer en aansluit by die Bisley union van SA. Hopenlik sal dit ook metter tyd maak dat ons bande kan smee om kompetiesies dan op die bane te kan hou, oftewel ons sal aanhou probeer.
Alhoewel mens nie almal kan akkomodeer nie wil ons graag seker maak dat manne wat belang stel in die sport met vrymoedigheid kan kom saam skiet sonder dat hulle geintimideerd hoef te voel en hopenlik leer by die manne by van die ander manne wat dit nou al so ruk lank beoefen en dan ook sommer sien dat om te begin is spesialis roere ens. Nie voor vereiste is nie. Trek van snellers op langer afstande is die eerste vereiste. Die dat ons die nie kompeteerende klas ingebring het, 338 gewere (met KD) toelaat nou en nog so paar ander veranderinge is al aangebring om meer mense aan te moedig om te skiet.
Stefan, soos genoem hierbo het ons probeer om die ander vereenigings in ag te neem, daar is spesifiek verneem na skietdae datums voor ons datums vasgemaak is. Ons het ook gevind dit help nie om datums nie vas te maak nie en dan het manne ander dinge beplan vir wanneer jy wil skiet nie. Dit lyk wel of ons denke en die jag skiet vereeniging dieselfde was want soos ons gesels het is omtrent al ons skiet dae en die JSV se skiet dae dieselfde. Ek sit in presies dieselfde booitjie wou graag al bv. Die limpopo ope en ook Gauteng ope skiet maar dan skiet ons weer.... Jou ope uitnodiging na ons skiet dae staan nog steeds vir waneer ons dalk nie op dieselfde dag skiet nie, ek hoor daai 6XC is witwarm.
Dankie weereens vir almal se bydrae hier en ook vir die manne wat laat weet het van skietbane wat moontlik gebruik kan word via pm en hier.
Groete
Jan
Re: Min belangstelling by ALRHA se skietdae?
Posted: Wed Aug 19, 2015 7:32 am
by vanderlindedj
Eugene moenie jou kop te vinnig breek oor nog min manne by ALRHA shoots nie, ons gaan nog baie groei en die manne sal sien hoe lekker ons tipe skiet is. Dit is nie alle manne nie maar vir my is ALRHA shoots en Super League no1 op my lysie van skietdae
Ons moet maar net, soos op ons vergadering bespreek, almal soveel moontlik lede werf en pelle nooi na skietdae.
Ek weet na die laaste shoot hier by my is die omgewing se Locals baie opgewonde en ek wil al begin Aansoek vorms uitstuur
Gee net kans...
Re: Min belangstelling by ALRHA se skietdae?
Posted: Wed Aug 19, 2015 9:19 am
by LoopSoosStroop
Sal graag 'n skiet wil bywoon. Het 'n 7 mm RM in die pyplyn wat sal werk.
Re: Min belangstelling by ALRHA se skietdae?
Posted: Wed Aug 19, 2015 9:41 am
by Eugene
DJ, dankie my vriend!
Hierdie topic het maar hoofsaaklik ten doel om uit te vind of daar redes is waarom meer mense nie die skietdae bywoon nie en of ons iets kan verander om dit moontlik te maak vir meer mense om te kan bywoon. Ons wil graag hierdie tipe sport uitbrei en die lekker daarvan met so veel as moontlik mense deel.
Ongelukkig kan ons nie veel aan tyd en afstand doen nie, maar daar is ander punte waarop ons meer kan ag slaan.
Re: Min belangstelling by ALRHA se skietdae?
Posted: Wed Aug 19, 2015 12:11 pm
by Fritz
Hoeveel skuts kan akkomodeer word op een dag? Dis mos 24?
Re: Min belangstelling by ALRHA se skietdae?
Posted: Wed Aug 19, 2015 2:33 pm
by Fritz
Ludwig wrote:Fritz, huidiglik sal ons maklik 32 skuts en met goeie beplanning, 40 skuts kan akkomodeer op 'n LRV shoot.
Ek sien. En ons kom by so 20-24 skuts huidiglik. So daar is nog plek vir 'n hele paar manne. Ek dink die kompetisie is nog jonk, en ALRHA groei nog. Die woord moet net uitkom.
Re: Min belangstelling by ALRHA se skietdae?
Posted: Wed Aug 19, 2015 2:36 pm
by Fritz
Die LRV kompetisie is in my opinie 'n baie goeie toets (en leerskool) vir die persoon wat graag verder afstande wil begin skiet. Dit is ook juis die afstande waarin ek gemaklik voel om skote in die jagveld te vat.
Re: Min belangstelling by ALRHA se skietdae?
Posted: Mon Aug 24, 2015 5:11 pm
by OU VOORSLAG
Sal self ook so n dag bywoon, maar die kilos gaan my dood maak om in petoria uitkom.