Page 2 of 2
Re: Nuwe Ruger Precision Rifle
Posted: Thu Aug 13, 2015 2:10 pm
by Wouter Roets
Kaptein
Het jy toe teruggedraai huis toe Vrydag met die sonde met die bure? Ek het uitgekyk Saterdag by die skietdag, maar nie n nuwe gesig gesien nie. Dit is nou wragig tyd dat ons mekaar van aangesig na aangesig ontmoet. Skree asb bietjie as jy jou kar se neus weer wes draai dan kom kuier julle bietjie vir my.
Geluk Willem! Ek het vir Johan Jr gewaarsku daar kan dalk n oproep of twee kom.

Ek dink hierdie roertjie gaan ons bitter baie plesier verskaf.
Groetnis
Wouter
Re: Nuwe Ruger Precision Rifle
Posted: Thu Aug 13, 2015 2:14 pm
by Capt. Yoda
Wouter ja ek was 7uur weer terug in die stad van liefde en vreugde
Ek hoop julle manne kry jul roere dam vinnig!
Re: Nuwe Ruger Precision Rifle
Posted: Thu Aug 13, 2015 8:44 pm
by WitWillem (Charl)
Ja Johan Jnr gaan nou gereeld oproepe kry oor wanneer daardie besending land! 2 van die 5 kom Kaap toe!
Re: Nuwe Ruger Precision Rifle
Posted: Sun Nov 08, 2015 11:00 pm
by Gian_dP
Het die gewere al in SA aangekom?
Re: Nuwe Ruger Precision Rifle
Posted: Tue Jun 05, 2018 4:30 pm
by Smitstertjies
Het iemand al bietjie terugvoer oor hoe hierdie roere skiet?
Re: Nuwe Ruger Precision Rifle
Posted: Tue Jun 05, 2018 9:17 pm
by Wouter Roets
Hallo Martin
Ek het nou net so kort rukkie terug my tweede een gekoop in n 6mm Creedmoor. Ek moet bieg ek het nog nie naastenby genoeg die 6.5 Creedmoor geskiet om oordentlike teugvoering te gee nie. Kom ek deel wat ek wel al ondervind het.
Die setup het natuurlik al klaar al die bells and whistles wat jy nodig het met so n tipe geweer. So dit is belaglik maklik om al jou goodies te monteer en te laat werk. n Mens vergeet soms al die tyd, moeite en geld wat dit verg om hierdie reg te kry in n geweer wat nie met al die standaard spesifikasie goed uitkom nie. Ek moet ook darem byvoeg dat ek ook heel in my noppies is met hierdie komponente en hulle hoef glad nie terug te staan vir van die goed wat ek al op aansienlike duurder gewere gesien het nie. Alles stel en werk soos dit moet en daar is verseker n gevoel van kwaliteid. Tyd sal natuurlik leer of hierdie wel so is.
Nou kom ons praat van hoe hy skiet. Die geweer was nog by Fishers en Shooters terwyl ek gewag het vir my lisensie toe my neskuurigheid die oorhand gekry het. Ek het eerstens besluit ek gaan nie die loop inbreek wat my normale modus operandi is nie agv die tyd en logistiek daaraan verbonde met die geweer wat nog by die handelaar is. Ek het QL geraadpleeg en n lading gelaai wat my so 54 000psi sou gee. Hierdie was om te toets of die lott S365 wat ek heelwat gebruik het sou optree soos hy moes. Tweedens het ek n TPL met die Berger 140gr Hybrids gekies wat regop die nommer was van idiale teoretiese TPL vir die koeel en rondte. Maw die skag en bootstert interseksie gelyk aan die nek en skouer interseksie van die dop. Dit het ook darem nog met so 1,5mm spasie gelos in die 10 skoot magesyn. Ek het regtig niks aan die Nosler Costom doppe gedoen behalwe om hulle te prime, poeier te gooi en koeels te seat nie. Ek het toe twee van elke rondtes gelaai rondom QL se voorspelling waar my node sou wees van 2805ft/sek. Dit was altesaam 10 rondtes. Twee van die toetslading om te sien hoe die kombinasie brand en 8 van laer as die voorgestelde spoed en die die laaste twee reg op die voorgestelde lading.
Nou die geweer met n silencer op skiet soos n droom. Deurvolg is great met n mooi klein vertikale hop nadat die skoot loop. Die eerste twee skote se gemiddelde spoed was reg op die nommer wat ek verwag het wat my natuurlik die vertroue gegee het om die ladings te skiet wat naby die node sou wees asook baie naby aan die maksimum druk. Die laagste lading van die het al klaar gewys ek is in die nodeband en die res tot by die laaste lading wat toe perfek op die nodespoed was se POI en groepring het basies net so gebly. Daai 8 ladings se gesamentlike groepering was nie meer as 15mm nie en verblywend is dat die ES vir elke twee ladings nie een keer meer as 15ft/sek was nie. Nou dit met virgin doppe en geen TPL verstelling nie! Not bad at all!
Ek het huis toe gegaan en n lading 0.2gr onder die laaste lading gaan laai en na seker so week dit weer gaan skiet. Onthou die geweer is toe nog glad nie skoon gemaak nie. Voor die volgende skiet sessie het ek hom toe oordentlik skoongemaak en sonder om n fouler te skiet het ek 5 rondetes in 8mm ingejaag met n ES van 11ft/sek. Praat van die perfekte begin vir die roer.
Ek het daai aand daai einste lading in die oorblywende 50 rondtes gelaai en toe met die nodige selfbeheersing gewag vir my lisensie. Ek lieg ek het geen selfbeheersing aan die dag gele nie! Ek het eenvoudig soos n brombeer met verskeie ingroei balhare die meeste van my tyd in my onthaalkamer deurgebring. Okey dit daar gelaat.
Ek het slap gele en eers n hele ruk nadat ek my lisensie gekry het die RPR se bene gaan rek. Dit was op die plaas en nie die idiale plek vir ver skiet nie. Mirage met die warm sand is n absolute nagmerrie. Die plaas is ook nog platter as my gat so 500m raak n moeilike skoot. Om alles te kroon het ek net 12cm ghongs daar wat gemaak is vir ander tipe oefeninge. Wel ek het drie skote geskiet om die geweer mooi te zero op 100m en toe drie gongs uitgepak op 300m, 450m en 600m. Met getuinenise het die 300m en 450m gongs gelui met die eerste skoot. Die eerste windgat skoot op 600m was mis. Met n bietjie kopkrap het ek gesien die 300m gong was in die boonste helfte getref. Met die het ek twee klieks afgekom en toe swaai daai 600m gong met die volgende skoot. Ek het gedink dit was n absolute poks, maar nommer 3 en 4 het presies dieselfde resutate gelewer. Selfs my twee seuns en n pel wat nog nooit n skoot anderkant 250m gevat het nie het met reelmaat die 300m en 450m gongs laat swaai.
Ek het 5 rondtes oor gehou om iets op n belaglike afstand te klits wat nie gebeur het nie en dit is my storie tot dusver met die kombinasie. Ek is teregtelik skaam om te se dit is die ekstend van my ervaring met die geweer, maar ek is van plan om dit reg te stel in die nabye toekoms. Hopelik saam met sy 6mm boetie.
Nou goed kom ons wees eerlik en se daar is beter LR roere daar buite. Roere waarvan die kamer met n spesifieke reamer gesny is en elke denkbare ding gedoen is om die roer perfek te kry. Die Ruger PR is dit nie, maar kom ons wees eerlik hy is damb naby daaraan en dit nog teen n fraksie van die prys. Die meeste goed is getiek wat n mens verwag op so n roer so ek weet eerlikwaar nie wat n mens nog kort nie. Daar is seker beter lope, of beter dat, maar as n geheel paket tiek hy bleddie baie boksies.
Groetnis
Wout
Re: Nuwe Ruger Precision Rifle
Posted: Wed Jun 06, 2018 7:17 am
by Capt. Yoda
2 Creedmoors!!!
https://vignette.wikia.nocookie.net/dragonball/images/a/a6/Omg-face-3.jpg/revision/latest?cb=20111202071438
Re: Nuwe Ruger Precision Rifle
Posted: Wed Jun 06, 2018 7:54 am
by Wouter Roets
3 Kaptein! Fokus!
Re: Nuwe Ruger Precision Rifle
Posted: Wed Jun 06, 2018 8:01 am
by Capt. Yoda
3 Times a sniper!
Re: Nuwe Ruger Precision Rifle
Posted: Wed Jun 06, 2018 8:23 am
by Wouter Roets
Cappy
Lyk my jy sal top spesialis behandeling moet kry om oor jou Creedmoor sindroom te kom. Of makliker en goedkoper, koop net een.

Hel as n man wat dink n 30-06 in n Sako met n houtkolf is die Alpha en Omega in LR skiet dan imagine wat daai persoon sal regkry met n oordentlike geweer/kaliber kombinasie.
Re: Nuwe Ruger Precision Rifle
Posted: Wed Jun 06, 2018 9:17 am
by Smitstertjies
Wouter baie dankie vir jou omvattende en insiggewende antwoord. Ons weet die Ruger bloed (lees : "vooroordeel"

) loop dik deur jou are, maar die feit dat jy nog so outjie aangeskaf het beteken seer sekerlik baie.
Ek stuur jou skrywe aan n pel van my wat in so outjie belangstel. Dit sal sekerlik hom in die regte rigting stuur.
Weereens dankie en groetnis
Martin
Re: Nuwe Ruger Precision Rifle
Posted: Wed Jun 06, 2018 9:34 am
by Capt. Yoda
Wouter Roets wrote:Cappy
Lyk my jy sal top spesialis behandeling moet kry om oor jou Creedmoor sindroom te kom. Of makliker en goedkoper, koop net een.

Hel as n man wat dink n 30-06 in n Sako met n houtkolf is die Alpha en Omega in LR skiet dan imagine wat daai persoon sal regkry met n oordentlike geweer/kaliber kombinasie.
Jong Wout jy het mos n lekker plek vir n "the proof and it being in the pudding", ek het taamlik tyd jy moet net skree as jy n demo wil he op 1000m met n regte 6mm. Sal die 06 ook saam vat net vir jou en daai tacktical sniper gunne
Re: Nuwe Ruger Precision Rifle
Posted: Wed Jun 06, 2018 9:55 am
by Wouter Roets
Martin
Plesier ou maat, jou pel sal nie spyt wees om te bele in so n roertjie nie. Die ander opsie vir hom is Howa se weergawe van die RPR wat ook nie n slegte keuse is nie.
Cappie ek is nou juis oppad die kant toe. Jy weet mos daai is nie jou tipe plek nie. Daar gebruik ons kalibers wat se koeels meer weeg as een van jou verskiet rondtes. Kan nie belowe ek gaan aan jou dink vannaand daar langs die kameelvuur en staanrib nie, maar ek sal tog probeer...
Cheers boys ek moet nou gaan pak en padvat.
Re: Nuwe Ruger Precision Rifle
Posted: Wed Jun 06, 2018 9:57 am
by Capt. Yoda
Ek sms jou eder met die volgende sin....