Hallo Manne
Wat GvA se van die blesbokke is ook basie my eie ondervinding. As die ram getalle te hoog raak neem die aanwas drasties af. Hou ook in gedagte dat indien die dominante ram uitgeskop word deur n nuwe een hy die aanwas ook sal doodmaak. Dit het een jaar met ons gebeur en selfs ook ander diere verloor vanwee hierdie optrede. Hy maak selfs eland kalfies dood!
Ek is lief om hom te hardloop op 1 op 20/25 ooie maar nie laer as 1 op 18 nie.
Met die gemsbokke hardloop ons 1 op 5 en nie laer as 1 op 3 nie. Ek dink al klaar dit is te laag.
Met betrekking tot watter dier uitgeskiet moet word is my filosofie enige een. Natuurlik raak mens ontslae van die swakkeres as jy kan maar met die normale jag moet jy maar so bietjie die natuur sy gang laat gaan. Onhou as jy die dominante tropbul/ram los word dalk net sy geen oorgedra en nie die hele genepoel van die ander bulle/ramme nie. As ons diere vervang doen ons dit gewoonlik in teeltopverband en nie net manlike dier nie. Het nou al heelwat gelees hieroor en dit blyk die beste en sekerste manier dat die genepoel gesond gehou word.
Hierdie is n helse interressante en verskriklike ingewikkelde area met baie wyduiteenlopende gedagte velde maar hierdie wat ek bo noem werk huidig die beste vir ons. Glo my ons het al baie toese gedop in hierdie verband!
Groetnis
Wout
Wild-Ratio = Bulle vs Koeie
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7559
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Wild-Ratio = Bulle vs Koeie
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
