Het jy dit by ernstige LA skuts gesien, of by die 3 bokke hoog, 1 bok regs manne? Die rede waarom ek dit vra, is omdat bokke op lang afstande, waar hulle nie van die jagter bewus is nie, baie anders reageer as op kort afstande waar hulle van die jagter bewus is en die skoot hoor. Ek het dit nie net gesien nie, maar self ervaar na 'n swak skoot op 700y, waar die bok skaars 10y beweeg het en ek onmiddellik weer 'n skoot kon kry. Dit gebeur nie op 60 m met 'n 470 in die pens of brisket nie.....470rigby wrote:Mbt die skootafstand, nee, kwes is kwes, maar glo my jy kwes BAIE makliker op die ver afstand
Nuwe langste skoot.
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Nuwe langste skoot.
Aim small, miss small
- Ferdi Bam
- Sr. Member

- Posts: 358
- Joined: Fri Mar 08, 2013 8:40 am
Re: Nuwe langste skoot.
Eugene,
Ek het hierdie jaar dieselfde ervaring gehad met bokke waarna geskiet word oor n lang afstand. In my blesbok trop was daar n wegbreekgroep wat my getreiter het. Een ooi het die moleste veroorsaak en telkens met so klompie weggebreek en dan mal geword. Drade kon hulle dan nie keer nie. Genoeg was genoeg. Ek het bo-op n knoets stelling ingeneem, sandsakkies op my bakkie se bonnet gesit terwyl hulle doer onder rondgestaan het, 3 skote misgeskiet en my merk gekry. Hulle was nie baie onsteld gewees oor die skote nie. Een wat ek ook gekwes het het net so paar tree wegbeweeg en weer gaan staan.
Wat ek hier probeer sê is dat dit dit wil my voorkom asof bokke n bepaalde veiligheids area het wat hulle self bepaal. As n skoot binne daardie area klap skrik hulle en hardloop weg. Dit lyk asof Nico min of meer dieselfde ervaring gehad het met sy ver skoot. Die langafstand jagter kan hierdie situasie tot sy voordeel gebruik.
Groete
Ferdi Bam

Oë op die pad, hande op die stuur, FOKUS!
- Ben
- Hero Member

- Posts: 908
- Joined: Thu Mar 26, 2015 7:18 am
Re: Nuwe langste skoot.
Baie mooi skoot Nico! Eendag as ek groot is! Hoop jy het daai screenshot laat raam!
"Failure is NOT an Option"
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Nuwe langste skoot.
Dankie vir die waarheid! Ek het 2 weke terug by Nico, 'n koedoe koei op 327y geskiet. Met haar wegspring na die skoot, het die bul agter die bos uitgekom, 5y geloop en mooi plankdwars gaan staan, totaal onbewus van ons. Ek het 3 minute gevat om te beplan en te oorweeg en hom toe ook geskiet. Na die skoot op die bul, het die ander kleiner bulletjie en nog 'n koei, ook agter die bos uitgekom en lank genoeg gestaan om ook nog skote te bied, alhoewel ons nie nog wou skiet nie. En dit was maar op 300m, nie eers op 500m of verder nie....Ferdi Bam wrote:Eugene,
Ek het hierdie jaar dieselfde ervaring gehad met bokke waarna geskiet word oor n lang afstand. In my blesbok trop was daar n wegbreekgroep wat my getreiter het. Een ooi het die moleste veroorsaak en telkens met so klompie weggebreek en dan mal geword. Drade kon hulle dan nie keer nie. Genoeg was genoeg. Ek het bo-op n knoets stelling ingeneem, sandsakkies op my bakkie se bonnet gesit terwyl hulle doer onder rondgestaan het, 3 skote misgeskiet en my merk gekry. Hulle was nie baie onsteld gewees oor die skote nie. Een wat ek ook gekwes het het net so paar tree wegbeweeg en weer gaan staan.
Wat ek hier probeer sê is dat dit dit wil my voorkom asof bokke n bepaalde veiligheids area het wat hulle self bepaal. As n skoot binne daardie area klap skrik hulle en hardloop weg. Dit lyk asof Nico min of meer dieselfde ervaring gehad het met sy ver skoot. Die langafstand jagter kan hierdie situasie tot sy voordeel gebruik.
Groete
Ferdi Bam
Alhoewel elke LA skut dus daarna strewe om een-skoot-doodskote te skiet, gee LA jag jou beslis meer kans om 'n fout reg te stel, as byvoorbeeld op korter afstande.
Aim small, miss small
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Nuwe langste skoot.
Nico my vriend weereens geluk met 'n besonderse mylpaal !
Ek moet eerstens om verskoning vra dat ek nou nog nie vir jou die regte "screen shot" van die verstellings van daai skoot gestuur het nie. Skuus daarvoor maar ek kan beaam dat die data op die wind spoed en rigting nie korrek is nie.
Ek wil met jou verskil dat jy nie n "first round hit" op die rooibok wil eis nie, vir my was dit 'n totaal nuwe skoot op 'n heel nuwe afstand en op 'n nuwe spesie {Dus die teiken verhouding is heeltemal anders as met jou eerste skoot} Maar dit daar gelaat en respekteer ek absoluut jou gerdag daai dag. Soos jy sê jy het jou fout op die eerste skoot perfek kon waarneem deur dat jy goeie gesonde skiet form het wat net kom deur dedikasie en hope en hope oefening, dis iets wat baie min manne kan sê. Of mens jou verstelling doen deur af te mik op jou kruis of deur die vertselling te doen op jou turrets is vir my persoonlik irrelevant want 'n MOA bly 'n MOA en belangrikste is dat jy weet hoeveel om te korregeer en nie hoe jy korregeer nie.
Dit was 'n skoot van 'n leeftyd oor twee klowe met heel verskillinde kondisies, vir jou om dit alles te kon "sien" en proseseer is steeds vir my onwerklik. Hier in die Vrystaat is alles een groot kloof en dus is dit baie makliker om kondisies op te som maar in daai berge by julle is dit 'n hele ander spelletjie. Ek sal maar eers bietjie kom oefen daar voor ek so skoot self aanpak
Om net gou iets te noem oor kwes bokke en lang afstand jag. Die van julle wat werklike ondervinding het daarmee sal waargeneem het dat die dier geen benul het van waar die lang afstand skoot kom nie en dus die absolute teenoorgestelde gedrag toon as wanneer hulle op nader afstande gejag word. 'n Dier sal bitter selde verder as 30m beweeg voor hy weer stilstaan en probeer waarneem wat aangaan. Tagtig persent van die tyd beweeg die dier glad nie eers nie. Dus as jy 'n dier kwes op lang afstand het jy 'n baie baie beter kans om hom dan n opvolg dood skoot te gee as waneer jy op 'n kort afstand die dier heeltemal verwilder met die harde knal van die skoot en jou raasende voete soos jy agter hom aan hardloop in die bos. Hierdie diere beweeg baie maklik etlike honderde meters voor jy hulle weer gewaar en 'n hoë persentasie van die tyd word hulle so verwilder deur die opvolg dat mens hulle nooit weer sien nie. Met die skoot wat Nico op die Koedoe gemis het, het hy letterlik vyf meter beweeg en weer gaan staan. Die res van die trop en ander wild in die omgewing het geen reaksie getoon op die skoot nie. Ek het al youtube videos gesien van diere wat anderkant 1000m geskiet is en aanhou wei het sonder dat hulle besef het hulle is fataal gewond.
So ja ek wil asseblief nie 'n debat uilok op Nico se topic nie maar ek dink ons moet almal mekaar 'n kolletjie onder die son gun en as iets jou nie geval nie hou maar eerder verby. Net soos Nico neem ek met rede nie deel aan die boogskiet gesprekke nie maar ek sal nooit hulle afdeling probeer beswader met my eie opinies nie.
Die somer moet ons tog probeer om 'n paar sitbokke bymekaar maak asseblief Nico
Weereens BAIE geluk !

" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
- Nico Harris
- Hero Member

- Posts: 2474
- Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm
Re: Nuwe langste skoot.
Dankie mater! Jy WEET ons gan!!
- mossie
- Sr. Member

- Posts: 375
- Joined: Thu May 21, 2009 2:10 pm
Re: Nuwe langste skoot.
Nou het die skut en geweer-eienaar dit mos mooi verduidelik. NEDERIG en BETROUBAAR is my opinie!!
as jy mis, probeer net weer!!!!!!
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7559
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Nuwe langste skoot.
Nico
Soos al reeds vir jou gese baie geluk ou maat met n great skoot en bok!
Nico vergun my asb om hierdie draad nog verder te high jack maar deels van my skrywe gaan om vir julle manne wat hierdie kuns beoefen n pluimpie te gee.
Ek was nooit eintlik vertroud met ultra lang afstand jag nie. Verseker het ek en was ek al by in my lewe met n paar lang skote, maar oor die algemeen kon dit eerder toegeskryf word aan n gelukskoot as een wat met sekerheid geneem was. Toe ek bietjie daarmee te doen kry toe besef ek bitter vining hoeveel toewyding en vermoe daar betrokke is. Ek was een wat n geweer en al die bells and whistles gaan koop het net om agter te kom daai bring jou net mooi niks in die sak sonder oefen, oefen en nogmaals oefen nie. Vir daai rede het ek my langafstand geweer verkoop.
Ek was ook een wat maar baie skepties was oor lang afstand jag en ek moet ook eerlik wees dat my teenkanting gekom het van totale onkunde op die gebied. Deur n bietjie daarmee te doen te gekry het is ek nou een van die eerstes wat n persoon wat dit reg doen op die skouer te klop en gelukwens. Persoonlik dink ek as die algemene jagter net n tiende van die tyd insit wat julle manne insit dan sal daar verseker 80% minder gekweste diere na jagtogte rondloop en ly.
Weereens Bravo op n puik skoot en die manier hoe jy jouself gedra. Jy is ook een van die manne wat ek bitter graag van aangesig tot aangesig wil ontmoet.
Groetnis
Wout

Dankie Wouter.
Dit verbaas my altyd om te sien hoe gunstig boere/plaas eienaars en bestuurder is vir lang afstand skiet as hulle sien hoe goed dit KAN werk as dit die "Real Deal" is so te se en nie n klomp cowboys nie.
Die jagters by my het die reg om die bok wat hy skiet op die afstand te skiet wat hy wil. Mits hy n gong met dieselfde grote as die bok wat hy wil skiet se "vitals" op dieselfde afstand kan raak skiet( tenminste 3 keer). So hy bepaal die skoot afstand en hy bepaal of hy so ver mag skiet of nie. As hy nie raak skiet nie kom die gong nader tot op n afstand wat hy hom elke keer kan raak skiet.

Thunderhead
- Hero Member

- Posts: 512
- Joined: Mon Jun 16, 2014 8:54 am
Re: Nuwe langste skoot.
We have had this discussion plent with bow hunting. How far is too far. In the end it comes down to trigger time. If you practise and can consistently hit a animals vitals then it is not too far. If you taking a chance and hoping to hit the animal that is were I would have a problem. My furthest shot is 500m with my 308. When I made the shot I had no doubt I would hit my mark because I had practised at that range and further. Recently with my 45 70 double I would not shoot past 50 because I was not sure what the gun was doing further. I passed up many oppotunities further but eventually shot a eland at 40. No substitute for practise.
- Eduard Venter
- Hero Member

- Posts: 1491
- Joined: Wed Nov 26, 2014 12:40 pm
Re: Nuwe langste skoot.
825m is baie wyd. Baie geluk. Hier by ons in die bosveld is ons gewoond aan 40-100m skote haha. Het darem noudiedag n jakkals op 300m geskiet.
- Smitstertjies
- Hero Member

- Posts: 1988
- Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Re: Nuwe langste skoot.
Ek wil graag gou by Nico en die manne hoor.Ek is besig om bietjie meer met die langafstand jag vertroud te raak.
Ons het laasweek SWB en BWB tot so 500m gejag. Ons probleem wat ons gehad het was die rangefinders. Ek het n Busnell ARC1300 gebruik en my vriend n Leica1600B. Die verste wat ons albei gerange het op SWB of blesbok was ongeveer 550 meter onder gunstige omstandighede. Wat gebruik julle om so ver te range?

416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13586
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Nuwe langste skoot.
As jy regtig gemaklik LR wil jag kry vir jou een van Gunworks se g7 br2 rangefinders!
Pinkes hier op die forum het een en daar is nie n ander RF in sy klas nie.Range n bees op 1800m, tarentale op 700m sonder n pein en daar is baie ander belangrikke feature wat hy ook het
http://www.gseven.com/products/G7-BR2
http://www.bestrangefinderreviewsguide. ... ngefinder/

A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Smitstertjies
- Hero Member

- Posts: 1988
- Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Re: Nuwe langste skoot.
Ludwig, wat my egter verbaas het is dat die Bushnell by die Leica gebly het met elke range. Hulle het maar so 1 meter verskil op n slag. Die Leica se optics was beter maar die Bushnell het prakties makliker gerange.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
- Frikkie Coetzee
- Hero Member

- Posts: 2151
- Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm
Re: Nuwe langste skoot.
Capt. Oblivious
Het jy al gekyk na die Vectronix se produkte? Daar is die menere
Het jy al gekyk na die Vectronix se produkte? Daar is die menere
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13586
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Nuwe langste skoot.
Nee daai het ek nog net van gelees Gromit, ek weet nie eers of mens hul nog kan koop nie maar vir alles wat jy kry in daai G7 is dit regtig n bulGromit wrote:Capt. Oblivious
Het jy al gekyk na die Vectronix se produkte? Daar is die menere
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Nico Harris
- Hero Member

- Posts: 2474
- Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm
Re: Nuwe langste skoot.
Ek het al beeste in grasveld met my leica op 1300yds gerange en pine bome tot op 1800yds vroeg in die oggend. Ek gebruik n sand sakkie om die rf op te rus as ek range.
Groete
Nico
Groete
Nico
- Frikkie Coetzee
- Hero Member

- Posts: 2151
- Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm
Re: Nuwe langste skoot.
nicoNico Harris wrote:Ek het al beeste in grasveld met my leica op 1300yds gerange en pine bome tot op 1800yds vroeg in die oggend. Ek gebruik n sand sakkie om die rf op te rus as ek range.
Groete
Nico
Daar leer ek nou twee dinge van jou af. Die sand sakkie idee en in n vroere post jou en Wouter se gesprek oor hoe jy wind lees en stel.
Ek like dit.
- Smitstertjies
- Hero Member

- Posts: 1988
- Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am
Re: Nuwe langste skoot.
Nico, ek dink ons fout was om bo van n bakkie af te range. Glad nie steady nie. Soos Gromit se, die sandsakkie idee klink goed.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
- Nico Harris
- Hero Member

- Posts: 2474
- Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm
Re: Nuwe langste skoot.
So leer ons maar by mekaar
Die wind lees bly maar n bliksim. Ek skiet gereeld na klippe en miershope op afstand oor 500yds om jag kondisies te simuleer. Omdat ek n silncer op het pla dit nie die wild of buurman nie.

Ek het n klomp gongs, geen buurman om te pla nie en te min tyd!
Ek probeer baie skiet en oefen. Omstandighede die laaste paar weke was net so erg dat ek nie kon skiet nie. Wind was so paar Saterdae terug 16.5 mps. Dit is meer as 60 km per uur!!!!
Dis malligheid.
Die week voor dit was dit ysig koud en renerig. Ek praat van 1 graad koud met n 6 mps wind en ysreen.
Misluk!
Laas Saterdag het ek jagters gehad. Kon darem n kwes koedoe skiet op 692 m. Tel seker nie regtig nie. My eie beste die jagseisoen is swb op 614 m en koedoe op 587 m. Springbok op 460m.

Daai is almal baie mooi skote!