Nosler CC Doppe, wat is julle opinie ?

Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2161
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Nosler CC Doppe, wat is julle opinie ?

Post by Koos Barnard »

Dankie vir die info Ludwig
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2161
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Nosler CC Doppe, wat is julle opinie ?

Post by Koos Barnard »

Wat ek kan byvoeg is dat ek met Noslerdoppe in die verlede gouer druk gekry het as met ander doppe - duidelik kleiner interne volume. Maar ek het Nosler lanklaas gebruik. Is tans besig om met Norma te laai vir my .30-06 en vir jagdoeleindes lyk die resultate heel goed.
Mooi loop
Joe308
Full Member
Full Member
Posts: 228
Joined: Sun Jun 23, 2013 12:11 pm

Re: Nosler CC Doppe, wat is julle opinie ?

Post by Joe308 »

Cassie - ek stem saam ek het al slegte lotte Lapuas en Norma's gehad. Norma, Lapua, Nosler - almal goed.

Nosler is goeie doppe - redelike dik wande, almal binne 1gr in gewig van mekaar. Kan net goed praat van die doppe.
Norma maak die doppe vir Nosler. Doen maar 'n soek op die web.

Ps: daar is ouens wat op die hoogste vlak skiet met Winchester doppe. Jy moet hulle net per gewig sorteer andersins het jy probleme.... So loop dit maar...
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Nosler CC Doppe, wat is julle opinie ?

Post by cassie_calvinia »

joe, Ludwig sal se sorter volgens volume, nie gewig...maar daai gesprek is al hol gery.
maar ja, mens moet sorter, maak nou nie saak hoe nie
HOU HOM DAAI DIKTE
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Nosler CC Doppe, wat is julle opinie ?

Post by Carl »

Koos Barnard wrote:Wat ek kan byvoeg is dat ek met Noslerdoppe in die verlede gouer druk gekry het as met ander doppe - duidelik kleiner interne volume.
Ek het 2 lotte vir die 30-06 en spoed is aansienlik hoër tussen die 2. 70.4gr vs 67.9 H2O gewig. Ek het gelukkig opgemerk dat die lae volume doppe se kopstempel ander skrif op het as die groot vol lot. Skrif is kleiner ;) Die doppe was wel in dieselfde winkel gekoop. Seker verskillende fabrieke
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Nosler CC Doppe, wat is julle opinie ?

Post by cassie_calvinia »

Wil vir my ook begin lyk asof Nosler meer as 1 fabriek gebruik om hulle doppe vir hulle te maak. Dit sal baie dinge verduidelik.
Ludwig, dan sal dit my ook laat 2 keer dink oor nosler dope...
HOU HOM DAAI DIKTE
Koos Barnard
Hero Member
Hero Member
Posts: 2161
Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am

Re: Nosler CC Doppe, wat is julle opinie ?

Post by Koos Barnard »

Ludwig
Dis wat ek so 'n paar jaar gelede ervaar het toe die heel eerste Noslerdoppe uitgekom het. Of dit steeds so is weet ek nie want ek het nooit weer Noslerdoppe gebruik nie. Sal eers weer beide moet gebruik om te sien wat deesdae die omstandighede is.

Terloops wanneer ek sorteer, gee ek veel meer aandag aan hoe reguit die dop van die fabriek af kom en die nekwanddikte, gewig of volume pla my nie so baie nie. Maar onthou ek laai vir jag, nie langafstandskiet nie, en skiet selde verder as 300m na wild.
Mooi loop
User avatar
Calie Nolte
Newbie
Newbie
Posts: 9
Joined: Thu Jul 09, 2015 9:14 am

Re: Nosler CC Doppe, wat is julle opinie ?

Post by Calie Nolte »

More almal. Ek het n tydjie trug vir my 22-250 Norma doppe gekoop. Ek het so 1300 vir een pak betaal.. juis hoekom ek Norma gekies het was omdat Nosler doppe duurder was... maar weer eens dit verskil van plek tot plek
22-250 rem Tikka,25-06 rem Marlin,308 win Musgrave RSA,300 win mag CZ550
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Nosler CC Doppe, wat is julle opinie ?

Post by cassie_calvinia »

daai norma het net baie baie voorbereiding nodig
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Nosler CC Doppe, wat is julle opinie ?

Post by Piet Breedt »

Ek het Nosler doppe vir my .25 06 gebruik, en was baie tevrede met hulle. Ek het wel gevind dat hulle nie so lank hou as Winchester of Remington doppe met dieselfde lading nie. Hulle primer pockets rek gouer en die nekke kraak ook vinniger. Dit was voor ek n anneal masjien gehad het
User avatar
Calie Nolte
Newbie
Newbie
Posts: 9
Joined: Thu Jul 09, 2015 9:14 am

Re: Nosler CC Doppe, wat is julle opinie ?

Post by Calie Nolte »

Dankie oom Cassie dat oom dt noem . EK is maar nog n newbie as dt kom by herlaai. Kan oom hul dalk vir my raad gee op daai voorbereiding?
22-250 rem Tikka,25-06 rem Marlin,308 win Musgrave RSA,300 win mag CZ550
Post Reply