JAGKLUB
- Kruger
- Sr. Member

- Posts: 438
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:17 pm
Re: JAGKLUB
Wiljak jou idee van 'n sekere prys per nag wat X aantal jakkalse insluit en waarna die betrokke boer meer moet betaal gaan nie werk nie. Gestel twee bure is beide lid van die klub en laat by hulle jag. 'n Jakkals word oor die grens of op die grens geskiet en buurman 1 is onmiddelik ongelukkig want hy moet steeds sy buurman se jakkals betaal. Die enigste wyse waarop 'n klub kan werk is waar daar 'n heffing per hektaar betaal word en uit 'n sentrale fonds bestuur word. Alle betalings moet vanuit hierdie fonds gedoen word, onafhanklik van waar in die klubarea die jakkals geskiet word.
Die enigste probleem egter is, soos reeds hierbo genoem, om almal te oortuig om deel te vorm van so 'n klub. Soos alles in die lewe sal dit goed werk indien almal saamstaan en bydra, maar dit was in die verlede in die meeste van die gevalle die oorsaak van die ontbinding van klubs. Ek weet nie of julle ouens al munisipale belasting betaal in julle onderskeie distrikte nie. Al wanneer dit kan werk sou wees wanneer hierdie bydrae sou deel vorm van hierdie belasting wat almal dan sal verplig om dit te betaal, maar ons weet ook hoeveel stof so 'n reeling sal opskop, so ek wil dit nie eers voorstel nie. Een van die ander probleme gaan wees dat die wat nie vrywilliglik wil deel word van so 'n reeling nie en dan op welke wyse gedwing gaan word om deel te vorm, iets anders gaan kry om te kla. Daar gaan bv. gese word almal betaal ewe veel per hektaar, maar daar word nie ewe veel by almal gejag nie, of iets dergliks. Party plase is net moeiliker of bloot onmoontlik om op te jag en daardie ouens gaan moan, want hulle betaal ewe veel, maar daar word elders gejag met hulle geld. Die hele situasie is maar moeilik en geen klub kan dit regtig 100% aanspreek nie.
Eers as almal ewe veel skade lei sal hulle wil saamstaan, voeg hierby wildplase, SANparke en naweekboere wat elders inkomste verkry en kyk dan hoe moeilik dit raak om almal te oortuig om deel te vorm en baie belangrik....DEEL TE BLY van so 'n klub. Sterkte.

Winners never quit - Quitters never win.
- Yalair
- Hero Member

- Posts: 917
- Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm
Re: JAGKLUB
Kruger
'n Fonds waaruit 'n spesifieke area se jakkalse betaal word sal beste werk. Het 4 boere by wie ek skiet buurmanne en ongeag waar die jakkie geskiet word, aan die einde van die jag tel hulle die jakkalse bymekaar en elke ou betaal 1/4 en almal is gelukkig, en daar was nog nooit onegigheid onder hulle nie.

- WillJak
- Hero Member

- Posts: 718
- Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm
Re: JAGKLUB
Kruger, ek sien wat jy se - dis hoekom ek ook genoem het die idee is maar baie rof en moet sekerlik geskaaf word. Maar aan die einde van die dag gaan dit maar oor die samewerking soos jy en talle ander al genoem het.
Aan die ander kant het van die klubs al gewerk en is daar steeds die wat werk, so daar moet tog erens 'n oplossing wees.....
Al wat ek weet is dat ek nou nie meer weet nie.....

If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
-
Ambessa
Re: JAGKLUB
Hallo Kruger / Willjak
Wat is die hoof of belangeikste redes waarom die suksesvolle klubs uiteindelik ook doodgeloop het...?
Is daar 'n gemene deler?

LMB
- Sr. Member

- Posts: 309
- Joined: Sat Jan 03, 2009 4:59 pm
Re: JAGKLUB
Ambessa
By ons was dit die weiering van betaling. Ek dink dit is oral die geval.
Die verskil was dat jy toe miskien 10 lammers in 5 jaar verloor het, ook net op seker plase, die wat nader aan die berge en reservate, mindere mate riviere, was. So die boer wou nie betaal om die plaas wat naby die probleem is te help om die probleem te beheer nie. Die boer het dan nooit enige skade nie, so hoekom bydra?
Die ander rede, wat ek dink meer as verskoning gebruik is, is die feit dat daar velle ingegee is vir betaling wat kom vanuit `n gebied waar daar nie `n klub is of die vergoeding nie dieselfde werk.
Ek weet van gevalle waar boere wat teen `n reservaat bly ges? het hy gaan maar saam met die probleem probeer boer, so hy sien nie hoekom boere mekaar moet help, elkeen vir homself. Vandag, seker 15-20 jr later kan hy nog nie met skaap boer op sy plaas.
Die boer wat die hulp aangevra het, boer nog steeds met skaap!!!
Lukas

Ambessa, ek dink Lukas slaan die spyker op die kop - noem dit weier om te betaal, uitbuiting van die stelsel, gebrek aan belangstelling of gebrek aan samewerking - dit bly maar die hoof oorsaak.
Maar ek dink die heel eerste en grootste probleem het gekom toe die subsidies van staatswee weggeval het....
Maar ek dink die heel eerste en grootste probleem het gekom toe die subsidies van staatswee weggeval het....
If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
- WillJak
- Hero Member

- Posts: 718
- Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm
Re: JAGKLUB
Hierdie is so bietjie meer tong in die kies - iemand merk die ander dag op dat boere makliker 'n ding by die ko-operasie koop - want dan kan hy hom betaal as hy sy wol/oes ens tjek kry.
Lukas, is dit miskien die oplossing? - ons trek die ko-operasies in sodat die boere hulle jakkalse op rekening by die ko-operasie kan koop?

Lukas, is dit miskien die oplossing? - ons trek die ko-operasies in sodat die boere hulle jakkalse op rekening by die ko-operasie kan koop?
If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
-
Ambessa
Re: JAGKLUB
Hallo Willjak
Nou te rustig hier op die forum... ...my gedagtes is ook eers op... ... nou is dit ligte uit.
Ambessa
Die ouens moet weet, die staat sal baie dinge doen maar beslis nooit weer subsidies betaal nie (tensy dit onder 'n ander naam verskuil word).WillJak wrote:... slaan die spyker op die kop - noem dit weier om te betaal, uitbuiting van die stelsel, gebrek aan belangstelling of gebrek aan samewerking - dit bly maar die hoof oorsaak.
Maar ek dink die heel eerste en grootste probleem het gekom toe die subsidies van staatswee weggeval het....
Nou te rustig hier op die forum... ...my gedagtes is ook eers op... ... nou is dit ligte uit.
Ambessa
- JACQUES BOTHA
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am
Re: JAGKLUB
BETAAL OF PAY AS YOU GO!
MY KLIENTE BETAAL MY OOK NIE DADELIK NIE. WANT HULLE SIEN NIE MEER KANS VIR DIE KOUE NAGTE OF LANG NAGTE IN DIE VELD NIE...
SO NOU NE DAN LAAT SLAG HULLE LAMMERS OF BEES EN DAN LAAI EK SOMMER DIE GELD OP BY DIE SLAGPALE EN NEEM DIT UIT PLAAS TOE AS EK KOM JAKKALSE JAG, EK KRY DAN MY GELD EN GEE DIE KLEINGELD TERUG VIR HOM...DIE ANDER KOM SO NOU EN DAN IN STAD TOE EN DAN LAAI HULLE SOMMER DIE GELD BY DIE KO-OP AF OF BY GEWEERWINKEL (NIE SKIETWINKEL) AF EN EK TEL DIT NET OP..DIE ANDER BETAAL SOOS HULLE GELD KRY....AS DAAR GEVANG WORD EN HY BEL SE HY NET KOM ASB VROEG DAT JY VIR N SLAG KAN BETALING KRY...
MAAR ONTHOU EK DOEN DIT NIE VOLTYDS NIE EN HET NIE DUISENDE BOERE WAT EK BEDIEN NIE...HET MYSELF BEPERK TOT 15 BOERE....
EN MET EPRM OUENS IS DIT NIE PRAKTIES HAALBAAR NIE WANT EK SAL OOK KLA AS DIE UV MY NIE BETYDS BETAAL NIE...OF GLAD NIE BETAAL NIE..

Shoot straight and tell the truth!
-
tafjak
Re: JAGKLUB
Julle kan s? wat julle wil, die oorlog is aan die gang/begin en die die tyd is ryp.
Ek het hierdie jaar al 11jakkalse (van die jakkalse is oor die grens geskiet vanaf sy grond) en 3katte op 2500hektaar (sy plaas grootte) by hom geskiet en hulle vreet nogsteeds. Julle kan seker wees dat die prentjie rondom suinig-, inhalig-, vrekkerig- en parmantigheid baie vinnig gaan verdwyn. Geharde boere in die geval sal moet toegee, anders is dit koebaai!
Ek kan nie meer so rondjaag in my gebied waar ek jag nie en het iemand in die gestalte van Tomcat gevra om te kom help. Ons is op die oomblik in 'n gebied waar jakkalse baie moeilik geskiet word a.g.v. moeilike tereine. Hy het my wakker gemaak met 'n briljante idee en ek kan nie sien hoekom dit nie sal werk nie. Sal dit doen en later voortsel aan julle.
Verder word jagdae vooraf by ons gekoop om beplande aksies volgens plan te laat loop. Die eerste kontrak is gesluit en sal ook sommer as proeflopie dien. Die kontrak werk as volg; Boere in sekere gebied (plase almal aangrensend) koop 70 jagdae per jaar wat dan opgedeel word in 2 om dan die jakkalse op die regte tye van die jaar te jag om die effektieweteit daarvan maksimaal te benut.
Groetnis
Taffie
Jakkalse vreet op die oomblik die manne van hulle grond. Ek en Tomcat het by 'n man gejag waar ek in die voorafgaande 5jaar baie min jakkalse geskiet het omdat hy van (na my mening) die bes versorgde plase het in die sin dat alle heinings nuut en reg is. Elke dag lammery persoonlik nagaan, hy lam slegs 300 ooie op 'n slag en het ook minimale skade a.g.v. probleemdiere gehad (in die omgewing van 3%) in die voorafgaande jare.Julle is nou besig met die ou boere nasie wat net saamstaan as daar rerig oorlog is.
Ek het hierdie jaar al 11jakkalse (van die jakkalse is oor die grens geskiet vanaf sy grond) en 3katte op 2500hektaar (sy plaas grootte) by hom geskiet en hulle vreet nogsteeds. Julle kan seker wees dat die prentjie rondom suinig-, inhalig-, vrekkerig- en parmantigheid baie vinnig gaan verdwyn. Geharde boere in die geval sal moet toegee, anders is dit koebaai!
Ek kan nie meer so rondjaag in my gebied waar ek jag nie en het iemand in die gestalte van Tomcat gevra om te kom help. Ons is op die oomblik in 'n gebied waar jakkalse baie moeilik geskiet word a.g.v. moeilike tereine. Hy het my wakker gemaak met 'n briljante idee en ek kan nie sien hoekom dit nie sal werk nie. Sal dit doen en later voortsel aan julle.
Verder word jagdae vooraf by ons gekoop om beplande aksies volgens plan te laat loop. Die eerste kontrak is gesluit en sal ook sommer as proeflopie dien. Die kontrak werk as volg; Boere in sekere gebied (plase almal aangrensend) koop 70 jagdae per jaar wat dan opgedeel word in 2 om dan die jakkalse op die regte tye van die jaar te jag om die effektieweteit daarvan maksimaal te benut.
Groetnis
Taffie
-
Ja3
- Sr. Member

- Posts: 431
- Joined: Mon May 04, 2009 10:24 am
Re: JAGKLUB
Hoor hoor.
As julle my koordinate kan gee dan hou ek daai Ackley so teen 80grade. Julle kan net per sms laat weet of dit raak was.
Op 'n ernstiger noot.
Dit klink na 'n goeie roete. Ek hoop werklik julle het sukses Taffie, en glo dit sal goed gaan.
The winds of change..
As julle my koordinate kan gee dan hou ek daai Ackley so teen 80grade. Julle kan net per sms laat weet of dit raak was.
Op 'n ernstiger noot.
Dit klink na 'n goeie roete. Ek hoop werklik julle het sukses Taffie, en glo dit sal goed gaan.
The winds of change..
-
LMB
- Sr. Member

- Posts: 309
- Joined: Sat Jan 03, 2009 4:59 pm
Re: JAGKLUB
(Lukas, is dit miskien die oplossing? - ons trek die ko-operasies in sodat die boere hulle jakkalse op rekening by die ko-operasie kan koop)
Ek glo dit kan werk. Dit sal die rol wat die ou afdelingsraad of SDR vervul het met die vorige klubs.
Goeie voorstel, dink ek, maar dit sal eers kan werk as die klub distriksvlak bereik het, maw as die hele distrik se boer betrokke is.
Tans is dit nie die geval nie, die lbv stel tans nie eers belang om daarna te kyk nie!
Dit bly vir my die beter opsie dat die klub die jagters betaal, of die betaling reel tesame met die ko?p.
(Boere in sekere gebied (plase almal aangrensend) koop 70 jagdae per jaar wat dan opgedeel word in 2 om dan die jakkalse op die regte tye van die jaar te jag om die effektieweteit daarvan maksimaal te benut.[)
Dit wat jy doen, Taffie, is deels hoe ek die funksionering van die jagklub sien. Dit gaan eintlik maar oor die koordinering en samewerking. Dit wat daaruit voortspruit kan net `n wenner wees. Veral as die idees uitgeruil word, soos nou.
Ek moet nog met die persoon van Calvinia praat. Sal laat weet.

Lukas, Wiljak en almal, ek is nie negatief oor die idee nie, maar in die verlede was dit altyd 'n probleem wanneer jakkalse betaal moet word wat klaar geskiet is. Die ander probleem sou wees wie gaan pa staan vir die rekening by die Koop. Hulle gaan nie net 'n rekening toestaan indien 'n ander persoon of instansie nie as borg gaan optree nie. Indien die betrokke boer dan weier om te betaal, wat dan? Hy het reeds die voordeel geniet, want die jakkals is lankal dood.
Probleem met enige klub is deelname. Dis soos versekering wat jy uitneem, probleem is indien almal eis (dus saamwerk om die goed dood te maak) is daar geen voordeel in 'n klub nie, want wat ek inbetaal gaan ek weer terugkry. Al voordeel in 'n klub is dat jy moontlik mense kan betrek wat andersins nie betrokke sou raak met ongedierte beheer nie, wat dan kan help om ander te subsideer. Waar almal saamwerk en jakkalse doodmaak is daar absoluut geen voordeel daaraan nie, want geen klub kan fondse genereer uit ander bronne as sy lede nie. Die lede betaal dan op die ou end tog elke sent self.
Indien die fondse, gebasseer op 'n tarief per hektaar, aan die begin van elke jaar ingesamel kan word en as 'n sentrale fonds bestuur word waaruit alle betalings gemaak word, is daar beslis voordele bo die Koop idee. Indien die fonds uitgeput is voor die aanvang van die nuwe jaar kan 'n tweede rondte betaling vereis word. Daar mag nadele ook wees en ek s? beslis nie hierdie metode sal die alfa en omega wees nie. Die idee is tog om almal aan te spoor om resultate op hulle grond te verkry. Gestel ek as boer in die groep betaal in Januarie my R2500 (bereken per hektaar). Dan het ek die keuse om heeljaar stil te sit en niks verder te doen aan my ongediertes nie, of ek kan my vinger uit my ... uit trek en 6 jakkalse doodmaak in die eerste maand en sodoende dadelik meer as my bydrae terugkry. Almal dra dus by tot die fonds en die wat werklik moeite doen word daarvoor beloon. Die ou wat dan besluit om heeljaar stil te sit en op ander se rug te ry het dan net homself om te blameer indien hy geen velle inhandig nie en dus geen vergoeding ontvang nie. Dit sal waarskynlik dieselde ou wees wat onder huidige omstandighede ook nie sy vinger trek nie, maar nou subsideer hy minstens die wat wel probeer. Alles klink baie maklik, maar die probleem kom by wie so 'n fonds sal administreer en hoe oortuig jy almal om deel te word daarvan. Die volgende probleem kom die jaar daarna. Dan voel Piet hy is ingedoen, want hy moes betaal en hy het niks teruggekry nie. Onmiddelik onttrek hy en alles val plat.
Bottom line is, as jy 'n klub wil bedryf, kry eers die geld en maak dan die jakkalse dood. Ek weet van verskeie klubs waar mense lid was daarvan totdat hy moes betaal en dan onttrek hy skielik, of hy betaal net eenvoudig nie, maar bly belowe hy gaan volgende week/maand betaal. Op die ou end vereis die Koop betaling en die wat wel vinger getrek het vir daardie rekening ook pa staan en dus die een wat niks wil doen nie ook nog subsideer. Laat daai tipe eerder die wat wil moeite doen subsideer.
Persoonlik voel ek eerder almal moet bewus gemaak word van hul verantwoordelikhede as buurman en self verantwoordelikheid aanvaar vir ongedierte beheer, beide fisies en finansieel. Party van ons doen moeite en skiet deur die winter in die koue ons jakkalse, maar Piet wat niks wil doen nie sit en slaap en Februarie wanneer daai jong jakkalse hom opvreet word my bydrae in die klub gebruik om Taffie te betaal om hulle te kom vrekskiet. Die res van ons wat moeite gedoen het, het in die winter al die reun en teef geskiet. Hy word vergoed vir 8 jakkalse en ons wat moeite gedoen het vir 2. Groete en sterkte met die idees. Iewers sal 'n oplossing wees.

Om by die probleme van party doen die werk, en ander ry saam verby te kom het ek die volgende in gedagte gehad.
Almal betaal hul heffing, daar word van nagjagters, slagyster stellers, en as dit kan, `n stel goeie honde gebruik. Die gebruik van die metodes word deur die klub betaal en aangewend waar probleme aangemeld word.
As ek dus weet die jakkals Antwoord by buurman, laat weet ek die jagters en die regte persoon kom spreek die probleem aan. Sodoende word die probleem aangespreek deur mense wat weet hoe. Die man wat self iets by wil doen, kan daarmee voortgaan, maar die man wat nie wil nie, sal minder van `n probleem wees, want die nagjagter moet sommer daar ingaan as daat probleme opgemerk word of as standaard reling sommer sekere aantal nagte per jaar daar gaan roep, so ook die honde.
Op die manier kan daar ook verseker word dat optredes op die regte tye plaasvind soos wat manne met ondervinding aanbeveel. Tydige optrede en voorkomend.
Ek weet, dis seker makliker ges? as gedoen, maar iewers moet ons begin as ons langer wil skaap boer.
Om die onwillige boere betrokke te kry, moet ons die Gemene Reg gebruik. Of die manne sal skrik daarvoor weet ek nie, maar georganiseerd landbou moet eintlik betrokke raak en help om so `n toets saak te kry as dit moet. Dit is dalk iets waaraan meer aandag gegee moet word dat die wet aangepas kan word soos versoek deur die Probleemdier forum.

Kruger, Lukas, ek sien wat julle se tov probleme en oplossings by die klubs, en het nog so een of twee "probleempies" om in te voeg - Kruger, die ou wat probeer en sy eie jakkalse doodmaak het 'n voordeel en ek het geen probleem met hom nie, waar dit begin neuk is die ou wat probeer en dit nie regkry nie - en nou is daai jakkalse verskelm en ek of een van die ander manne moet hulle kom probeer jag. Die ander ding wat ek al gesien neuk het, en ek dink dis ook al genoem, die een man betaal vir 4000 ha, die ander man vir 7000 - en nou gebeur die dat ons meer jakkalse op die 4000 skiet as op die 7000 - nou voel die groter man hy subsidieer die kleiner een.....
Op 'n meer positiewe noot, ek dink tog hier kom vooruitgang en goeie gedagtes - en ook op die ander 2 onderwerpe (Uit die jagter en boer se perspektief) - en ek het so gevoel ons gaan dalk werkbare oplossings kry - of ten minste mekaar se benaderings, probleme ens beter verstaan en beter verstandhoudings en samewerking kweek.
Op 'n meer positiewe noot, ek dink tog hier kom vooruitgang en goeie gedagtes - en ook op die ander 2 onderwerpe (Uit die jagter en boer se perspektief) - en ek het so gevoel ons gaan dalk werkbare oplossings kry - of ten minste mekaar se benaderings, probleme ens beter verstaan en beter verstandhoudings en samewerking kweek.
If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
-
Ambessa
Re: JAGKLUB
Hallo Tafjak
Waar in ander briewe na "versekering" verwys is, was die bedoeling eintlik dat die impak van roofdiere deurlopend met optrede verminder moet word. Hoe die "vergoeding" of "insentief" gaan/moet/kan werk moet nog bedink word (veral as na al die probleme rondom nie-deelname of -betaling gekyk word). Sodra die stelsel loop sal daar wel sekere jare wees wat die probleem minder gaan wees, andere jare weer meer (die redes daarvoor moet nog nagevors word). Soms mag buurmanne se pobleem oorspoel, maar daar sal jaarliks met goeie beplanning 'n plan met aksies in werking moet wees!
Ambessa
Ek is bly jy haal hierdie voorbeeld aan. Dit wys net dat daar nie op die louere gerus kan word nie.tafjak wrote:Jakkalse vreet op die oomblik die manne van hulle grond... ...die bes versorgde plase het in die sin dat alle heinings nuut en reg is. Elke dag lammery persoonlik nagaan, hy lam slegs 300 ooie op 'n slag en het ook minimale skade a.g.v. probleemdiere gehad (in die omgewing van 3%) in die voorafgaande jare.
Verder word jagdae vooraf by ons gekoop om beplande aksies volgens plan te laat loop. Die eerste kontrak is gesluit en sal ook sommer as proeflopie dien. Die kontrak werk as volg; Boere in sekere gebied (plase almal aangrensend) koop 70 jagdae per jaar wat dan opgedeel word in 2 om dan die jakkalse op die regte tye van die jaar te jag om die effektieweteit daarvan maksimaal te benut.
Waar in ander briewe na "versekering" verwys is, was die bedoeling eintlik dat die impak van roofdiere deurlopend met optrede verminder moet word. Hoe die "vergoeding" of "insentief" gaan/moet/kan werk moet nog bedink word (veral as na al die probleme rondom nie-deelname of -betaling gekyk word). Sodra die stelsel loop sal daar wel sekere jare wees wat die probleem minder gaan wees, andere jare weer meer (die redes daarvoor moet nog nagevors word). Soms mag buurmanne se pobleem oorspoel, maar daar sal jaarliks met goeie beplanning 'n plan met aksies in werking moet wees!
Ambessa
-
Ambessa
Re: JAGKLUB
Hallo Kruger
Dit is duidelik daar daar 'n werkbare metode gekry moet word om die "vergoeding" of "insentief" of wat ook al dit genoem word, te laat werk. Dit beteken ook dat diegene wat buite die stelsel staan (of wil staan) baie vinnig oorreed moet word of self sal ervaar dat dit oor die langtermyn beter is om wel aan die stelsel deel te neem...

Halo LMB
Ons moet 'n praktiese en werkbare oplossing kry om die "vergoeding" of "insentief" te laat werk... dit moet 'n wen-wen vir alle partye wees...
Ambessa
Ons moet 'n praktiese en werkbare oplossing kry om die "vergoeding" of "insentief" te laat werk... dit moet 'n wen-wen vir alle partye wees...
Ambessa
- Kruger
- Sr. Member

- Posts: 438
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:17 pm
Re: JAGKLUB
Lukas ek sien wat jy bedoel, maar persoonlik stem ek nie daarmee saam nie. Dis tyd dat almal hul verantwoordelikheid besef en self begin optree. Dis soos die ou storie van gee 'n man 'n vis vs leer hom om vis te vang. Solank ons ander ouens se jakkalse vir hulle gaan doodmaak of laat doodmaak sal hulle self niks daaraan doen nie. Indien die gemene reg as hefboom gebruik kan word om hulle te oortuig, soveel beter. Ons moet ophou om te probeer insentiewe soek. Dis tog voor die handliggend - jou insentief is beter aanteel, groter inkomste en as dit baaaie goed gaan maak jy dalk 'n wins.
Die vraag is egter hoe moet hulle oortuig word om wakker te skrik. Wel in die geval van 'n klub is dit maar dieselfde storie - hoe moet hulle oortuig word om deel te neem. Ek sou eerder daardie energie spandeer om hulle te probeer oorreed om self die situasie aan te spreek eerder as op klubvlak. Daarmee bedoel ek nie almal moet self in persoon begin jakkalsroep en honde aanhou nie, maar elke boer kan tog self 'n telefoon optel en reel dat iemand by hom kom skiet of jag. Waarom moet net sekeres in 'n distrik daardie verantwoordelikheid op hulle neem? As hy kan bel en reel vir skeerders kan hy tog reel vir jagters ook. Die punt is net hy moet oorreed, bewys, "gedwing" word op welke wyse ookal om self verantwoordelikheid te neem en dit te begin doen.
Die vraag is egter hoe moet hulle oortuig word om wakker te skrik. Wel in die geval van 'n klub is dit maar dieselfde storie - hoe moet hulle oortuig word om deel te neem. Ek sou eerder daardie energie spandeer om hulle te probeer oorreed om self die situasie aan te spreek eerder as op klubvlak. Daarmee bedoel ek nie almal moet self in persoon begin jakkalsroep en honde aanhou nie, maar elke boer kan tog self 'n telefoon optel en reel dat iemand by hom kom skiet of jag. Waarom moet net sekeres in 'n distrik daardie verantwoordelikheid op hulle neem? As hy kan bel en reel vir skeerders kan hy tog reel vir jagters ook. Die punt is net hy moet oorreed, bewys, "gedwing" word op welke wyse ookal om self verantwoordelikheid te neem en dit te begin doen.
Winners never quit - Quitters never win.
- WillJak
- Hero Member

- Posts: 718
- Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm
Re: JAGKLUB
Kruger, ek sien jou punt oor elke ou se eie verantwoordelikheid, en dit sal die ideaal wees - maar ek glo ook steeds dat die manne meer effektief beheer kan toepas in groepe - eerstens word die jakkalse beter beheer want ek kan langsaan toegang kry ens, en tweedens kan ek die ouens beter diens en selfs beter pryse gee as dit oor 'n groter area en meer dae gejag word - daar is dalk een of twee dae slegte weer tussenin, ens.
If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
- Kruger
- Sr. Member

- Posts: 438
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:17 pm
Re: JAGKLUB
Wiljak dalk druk ek myself verkeerd uit. Ek het geen probleem daarmee indien bure of 'n groep boere 'n poging koordineer nie, of 'n jagter bespreek wat van plaas tot plaas beweeg nie. My punt is bloot dat elke individu steeds persoonlik aanspreeklik bly vir sy rekening en nie slegs op gekoordineerde pogings moet staatmaak nie. Dis my jakkalse en ek is vir hulle verantwoordelik tipe van ding.
Winners never quit - Quitters never win.
-
LMB
- Sr. Member

- Posts: 309
- Joined: Sat Jan 03, 2009 4:59 pm
Re: JAGKLUB
Ek het nou lank met Hennie van Calvinia gepraat.
Hulle het so 54 lede en dek 400 000ha of bietjie meer. So 4 boere is nie lid.
Die heffing is 20c/ha. Elke ou jag self, of laat self jag op sy koste en kry R400 vir Jakkals vel en R250 vir Rooikat vel.
Daar is boere wat in groepe saam jagters het en die metodes gebruik is slagysters en nagjag.
Hulle het ook nog baie jakkalse, maar hulle doen darem saam iets daaraan.
Daar ismetodes ontwikkel om die ingee van velle uit ander distrikte aan te spreek.
Dit is dan basies soos Kruger voorstel. Elke ou aanvaar verantwoordelikheid, maar almal dra gesamentlik by sodat die jagter dan maar op sy plaas kan vang of ek kan dan maar moeite doen om die buurman se jakkals te vang, ek kry darem iets daarvoor, as ek nie gif gebruik het nie, want dan kry ek nie die vel nie.

Aangeheg is aanhalings uit `n webbladsy van `n SA prokureurs firma. Met die probleemdier vergadering in die Baai het `n prokureur voorgetstel dat die reg deel gemaak word van `n wet wat dit makliker maak om dit te gebruik. Ek hoop nie die voorstel gaan verlore nie. Tans gaan dit op hofkostes uitloop, maar ek hoop dat as `n groep bure `n boer met die reg dreig dit dalk genoeg kan wees om hom betrokke te maak. Anders voel ek georganiseerde landbou kan ons maar help om so `n toets saak te begin, sommer teen natuurbewaring!!.
Wat s? julle??
The actions of my neighbour are interfering with my enjoyment of my property. What are the general principals applying to the doctrine of nuisance?
Property Rights: My Neighbor is a Nuisance
This article has been written for Americans but applies equally to South Africans.
At the risk of oversimplification, this doctrine is generally raised when a neighboring property owner is acting in a manner that can be described as a nuisance.
The Law of Nuisance
The plaintiff is basically saying to the defendant, "Your action is interfering with my enjoyment of my property; therefore, you must stop acting in that manner."
There are two basic types of nuisance suits. These are private and public nuisance actions. A private nuisance means there has been a loss of the use or enjoyment of property without an actual physical invasion of that property.
No matter what the type of nuisance, to be subject to injunctive relief, the interference with the property must be substantial and continuous. In the above example, an occasional failure to clean out the kennels in a timely manner probably will not be sufficient to require injunctive relief. Relief that is injunctive in nature generally requires the defendant to take some specific actions to minimize the negative effect of its operations on the plaintiff, from limiting the hours of the action to placing an all out prohibition on the negative action. In constructing its relief, however, most courts will attempt to balance the relative hardships to both of the parties involved in the action. Especially where an ongoing business, as opposed to an individual, is the defendant in the action, the court will try to minimize the economic impact on the business.
In deciding nuisance disputes, several factors influence courts. First, courts will look at the location in which the alleged nuisance is occurring and any applicable zoning restrictions that may apply to that area. For instance, a court may be less likely to place restrictions on a livestock feedlot located in a rural area than on one located at the edge of urban sprawl. On the other hand, no matter how rural, if the feedlot is located in a "residential" zone, a court may be more likely to allow injunctive or other relief. At the same time, the fact that an activity is located in area that is zoned for that type of operation does not mean that it cannot be found to constitute a nuisance. For example, an area may be zoned to allow a mixture of residential and commercial building, and, a court might still find that an "all night" gas station creates a nuisance for the residential property owners in the area.
There are some other points to consider if you are thinking about bringing a nuisance action. First, a mere fear of future injury will not merit injunctive relief. Further, usually pure aesthetic considerations, such as the "look" of a funeral home in a residential area, will not rise to the level of a nuisance. Finally, where a person specifically purchases property knowing that a given operation is located nearby, the "moving to the nuisance" doctrine will usually prohibit injunctive relief. In this manner, if a person moves into a house located next to a baseball field, this doctrine may prohibit the person from seeking relief from the bright lights and noise.
Conclusion
It is not pleasant to be on either side of a nuisance suit. Unpleasant disputes between neighboring property owners can turn into even more unpleasant and emotionally draining lawsuits. Above all else, our country seems to value the right of people to the peaceful, uninterrupted enjoyment of their property. An attorney experienced in property disputes can help ease the strain of such disputes and either help you negotiate a workable solution with your neighbors or make sure that your rights are adequately protected in any lawsuits that might arise.

Hallo LMB
Kyk na jou "my messages".
Ons moet hierdie ouens se suksesse uitvind (natuurlik met erkenning) en dit elders dupliseer.
Ambessa
Kyk na jou "my messages".
Ons moet hierdie ouens se suksesse uitvind (natuurlik met erkenning) en dit elders dupliseer.
Ambessa
-
LMB
- Sr. Member

- Posts: 309
- Joined: Sat Jan 03, 2009 4:59 pm
Re: JAGKLUB
Wat is die basiese verskil tussen die jagklub deur boere gestig en Oranje jag, is dit maar dat Oranje jag `n gerigestreerde organisasie is.Caller wrote: Lukas
Ek weet nie in watter Provinsie jy is nie, maar in die Vrystaat is hierdie klubs nog nooit gestop nie. Of verwys jy na organisasies soos Oranjejag. Hulle was nie klubs nie, maar Artikel 21 Organisasies of jag organisasies. Die jakkalsklubs wat deur boere gestig is, kom en gaan maar soos dit nodig is.
In die Vrystaat bestaan daar nie wetgewing wat die tipe klubs beheer nie, buiten dat Natuurbewaring dit monitor. Die gewone wetgewing soos vir indevidue, geld vir elke lid van die jakkalsklub.
Caller
Lukas