Om terug te kom na die oorspronklike vraag.
Gegewe die kaliber sal sy maks effektiewe skietafstand omtrent (raak subsonies) 1200m wees. Kom ons neem die volgende tipiese ballistiese tabel as voorbeeld:
123 6.5x47 Lapua @ 2930
Zero 100yd 5000' Density Altitude
RANGE ELEV- moa mil | WIND(10) moa mil RANGE
100 0" 0.00 0.0mil | 0" 0.50 0.1mil 100
200 2" 1.25 0.3mil | 2" 1.00 0.3mil 200
300 10" 3.25 0.9mil | 4" 1.50 0.4mil 300
400 23" 5.50 1.6mil | 8" 2.00 0.6mil 400
500 42" 8.00 2.3mil | 13" 2.50 0.7mil 500
600 68" 10.75 3.2mil | 19" 3.00 0.9mil 600
700 102" 14.00 4.0mil | 27" 3.75 1.1mil 700
800 145" 17.25 5.0mil | 36" 4.25 1.2mil 800
900 197" 21.00 6.1mil | 47" 5.00 1.4mil 900
1000 260" 24.75 7.2mil | 59" 5.75 1.6mil 1000
1. Dan het jy 25MOA / 7.2mil nodig vir elevasie met n 100yd zero op 1000yd. Jy benodig n teleskoop met ten minste 50 MOA elevasie verstelling as jy n "zero slope" basis gaan gebruik. Kies verseker n 30mm of groter main tube.
2. Wat jy verkies MOA of Mil maak nie regtig saak nie en is n persoonlike keuse. Ek sal egter mil kies.
3. Soos genoem is die belangrikste dat die reticule en turret verstellings in dieselfde eenheid moet wees.
4. Kies n kruisdraad wat vir jou gaan werk - hou jy bv van die "besige" kersfeesboom tipes met wind en elevasie afmikpunte of soek jy n "skoon" tipe soos n Gen 2 Mildot. Maak net seker dat as jy die reticle wil gebruik vir afstand bepaal dat hy hom daartoe verleen.
5. As jy die regte kruisdraad kies gaan jy geen fout maak om n FFP teleskoop te kies nie. DIt maak alles net soveel makliker (lees vinniger)
6. Kies die beste basisse wat jy kan bekostig - verkieslik n eenstuk picatinny tipe en as nodig 20MOA sloped.
7. Kies die beste ringe wat jy kan bekostig.
8. Gebruik n "Bubble level" op jou teleskoop.
9. Leer die wind lees deur in die wind te skiet.
Soos alles hang dit af van hoeveel jy wil spandeer maar dit maak geen sin om n R5000 teleskoop op n R30 000 geweer te sit nie en as jy nie n budget het nie koop n S&B PMII (soos doomslayer aanbeveel) met die vergroting wat jy van hou (3-27 is awesome), enige kwaliteit staal basis, Spurh ringe (eenstuk), accuracy first bubble level. en n MILDOTMaster...
Ek gebruik n Vortex Viper PST MRAD (EBR-2C) FFP teleskoop in Seekings Precision ringe op n REm 700 300WM en kan verseker vir jou se dat dit werk, dit is n budget scope maar vergelyk met Nightforce se NXS kwaliteit teen die helfte van die prys. en dis in FFP (Nightforce het net die F1 3-15 NXS, ACTAR en BEAST met daardie keuse) Moenie my verkeerd verstaan nie, Nightforce is ongelooflike teleskope en die BEAST is iets uit n ander wereld. As ek eendag bietjie wil opgradeer sal dit egter n Vortex GenII Razor 4.7-27 wees...
Lees hierdie interresante artikels vir BAIE volledige inligting en vergelykings.
http://precisionrifleblog.com/2014/10/2 ... -pros-use/
http://precisionrifleblog.com/2014/09/1 ... s-summary/