Nuwe Bande vir Hilux

User avatar
Cornelius
Full Member
Full Member
Posts: 145
Joined: Tue Apr 03, 2012 1:33 pm

Re: Nuwe Bande vir Hilux

Post by Cornelius »

Ludwig

Ek is bly jy het die vraag gevra ek moet ook my Grabbers vervang en wil nie weer Grabbers opsit nie. Kyk gerus na die video indien jy nie dalk alreeds het

https://youtu.be/ekGqQrtIWEg

Groete
Cornelius
User avatar
Johan JvR
Hero Member
Hero Member
Posts: 617
Joined: Mon May 16, 2011 10:06 am

Re: Nuwe Bande vir Hilux

Post by Johan JvR »

Ludwig ek het BF AT op my Hilux en was agterna baie spyt oor my besluit. Laasjaar amper die bakkie gerol op nat teerpad tussen Badplaas en Machadodorp toe ek skielik moes rem vir 'n draai. Toe hy begin gly toe hou hy net aan..

My volgende koop sal Michelin wees. Maar hulle pryse is ook maar styf.

Sterkte met die besluit
User avatar
Jaco vdW
Hero Member
Hero Member
Posts: 723
Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm

Re: Nuwe Bande vir Hilux

Post by Jaco vdW »

Ludwig
Ek sien niemand het nog kommentaar gelewer op die Hankook Dynapro ATM nie. Ek het n stel op my Hilux. Hulle het nou so 40k km op, en lyk gereed vir nog 40k. Ek is hoogs tevrede met hulle. Raas glad nie op teer, nog nooit gegly op nat teer, en sover baie goed oor n verskeidenheid van grond/klippe/ens.
Vir hulle prys dink ek hulle verteenwoordig baie goeie waarde.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Nuwe Bande vir Hilux

Post by PWV »

Ludwig
Sal graag wil verneem wat die uiteinde van jou navorsing is.
Groetnis
PWV
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Nuwe Bande vir Hilux

Post by cassie_calvinia »

het verkeerd gese, myne was die hts.
hier na 'n oue gekyk.
maar, was baie goed
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
dsmerrills
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 250
Joined: Sun Jan 05, 2014 1:04 pm

Re: Nuwe Bande vir Hilux

Post by dsmerrills »

I would get the Cooper Discover, very nice tyres just cant remember where i read a article about the top 10 AT tyres and they placed if not on top then in the top 3.

The problem with BF is that they have not changed there tread or technology (old technology) unlike the other tyre manufacturers and to pay R3000 to R3500 is crazy with much better and cheaper tyres available.
Glock 19 Gen 4
Brno .22LR
Brno .308Win
Brno .375H&H
Custom .404 Jeffrey
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3990
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Nuwe Bande vir Hilux

Post by tau »

Ludwig wrote:Dankie vir almal se raad en advies. Toe ek vanoggend die vraag gevra het, was ek 90% oortuig op die Geolandars en nou is ek 10 keer meer deurmekaar as voor ek die vraag gevra het.... ;D Ek het nou baie reviews gaan lees oor al die bande wat hier bespreek is en tesame met daai WegRy se bande toets lyk dit vir my asof die Grabber AT bande nogals uitstaan. Ja, hulle doen nie goed in erge modder en sneeu nie en mens kan dit verwag van 'n all terrain band, maar op alle ander gebiede blyk dit nie asof daar 'n AT band is wat hulle in die geheel kan klop nie. Het enigiemand ervaring van die General Grabber AT bande? Soos ek die storie lees kan mens hulle geensins vergelyk met die Grabber AW bande nie.
PING Jacko. Hoeveel het General jou betaal?
Moet nooit 'n goeie storie met te veel waarheid vernietig nie!!!
The Tool from Toolbag.
User avatar
Jaco vdW
Hero Member
Hero Member
Posts: 723
Joined: Wed Mar 27, 2013 3:12 pm

Re: Nuwe Bande vir Hilux

Post by Jaco vdW »

Ludwig, ek het R1800 betaal vir 15 duim bande by TWT. Hulle het redelik gereeld uitverkopings op 15" en groter.
Bakkies303
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 360
Joined: Wed Mar 11, 2015 9:27 pm

Re: Nuwe Bande vir Hilux

Post by Bakkies303 »

Ek het General Grabbers AT op my Toyota en is baie tevrede met hulle. Ek ry so 60 000 km 'n jaar waarvan ten minste elke 2de naweek grondpad is. So 2 maande terug 1ste keer een verloor, maar hy moes in elk geval vervang word. Het wel gevind hy sukkel met grip as jy hom te hard opblaas. Ek hou my druk by 2.5 bar maks, soms nog sagter.
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Nuwe Bande vir Hilux

Post by joe rocket »

Ek het ook grabber all terrain bande op my bakkie, hanteer baie goed op n nat teerpad en nat grondpad weet net nie hoeveel kilometers gaan ek kry nie. My vorige stel continental world class 4x4 het ek 90 000km gekry.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
Sako75
Hero Member
Hero Member
Posts: 1230
Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm

Re: Nuwe Bande vir Hilux

Post by Sako75 »

Ek gooi ook maar 'n klip in die bos.

Ek het pas 100,000km gehaal op my Hilux se oorspronklike Bridgestone Dueler 694's. Ek is nie 'n kenner op bande nie maar ek sal waarskynlik weer sulkes opsit.
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Nuwe Bande vir Hilux

Post by joe rocket »

Onthou band druk en wielsporing en druk speel n rol hoe lank bande hou.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Nuwe Bande vir Hilux

Post by cassie_calvinia »

ek ry nooit 'n tyre harder as 1.8bar nie.
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1893
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Nuwe Bande vir Hilux

Post by Ratel »

Ludwig wrote:My 2010 Hilux 2.7 DC het nou 53000km op die klok en die bande waarmee hy uitgekom het, Generals, is nou moeg. Voor ek op vakansie gaan einde van die maand moet ek nuwe bande laat opsit, maar ek het ongelukkig nie die budget vir BF Goodridge nie, so moet dit asseblief nie voorstel nie. Ek kyk tans na die Yokohama Geolanders. Weet nog nie of ek die ATS of HTS moet kies nie. Beide is so rondom R2200 'n band. Die grootte is 265/70 R16. Een verkoops persoon het my ook die Achilles Desert Hawk AT bande aanbeveel. Word glo deur Yokohama vervaardig maar is so R250 per band goedkoper as die Geolanders. Is daar ander opsies waarna ek moet kyk in hierdie prysklas? Ek ry gemiddeld 90% teerpad en 10% grondpad.
Ludwig
Ek het twee weke terug 4 BFG A/T opgesit vir R2200 'n band vir 265/70X16. My vorige stel BFG A/Thet op 100 000 gestaan en ek sou maklik nog 30 000km kon doen maar het hulle geruil. Ek ry meestal ook maar teerpad en het nooit 'n probleem met die BFG gehad nie. Hulle sywande is vir my lekker sterk(3ply)
Maak 'n verskil
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1893
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Nuwe Bande vir Hilux

Post by Ratel »

Ludwig
Ek het by Renata in Rustenburg gekoop. PM my met jou band groote dan kry ek vir jou 'n prys.
Maak 'n verskil
User avatar
Frikkie Coetzee
Hero Member
Hero Member
Posts: 2151
Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm

Re: Nuwe Bande vir Hilux

Post by Frikkie Coetzee »

Ludwig. Hulle eet jou teen daai pryse. Hier by ons is daai bande baie goedkoper as die pryse wat mense jou gee..
Bel Bloemfontein toe ook om pryse te hoor. Hulle pryse is ook goed. Jy ry mos binnekort daardeur.
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1893
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Nuwe Bande vir Hilux

Post by Ratel »

Ludwig wrote:Ratel, selfde grootte as die wat jy gekry het. 265/70 R16
Ludwig
Het nou met Jhaid by Renata gepraat. Hy se die beste prys wat hy nou kan doen is R2550 per band. Ek vermoed hy het my verkeerdelik vir 'n 245/70 16 geprys en nie 'n 265 nie.
Maak 'n verskil
User avatar
Ratel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1893
Joined: Wed Mar 27, 2013 4:50 pm

Re: Nuwe Bande vir Hilux

Post by Ratel »

Plesier. Ek hoop ek spel die ou se naam reg. Dis maar 'n volksvreemde naam. Vra vir die ou wie die bike ry. Hy is die enigste een onder die klomp wie bike ry. Skreeu maar as ek moet help. Ek dink as ek reg onthou vra hulle R25 per band vir die ballanseer en opsit.
Maak 'n verskil
User avatar
Phillip
Full Member
Full Member
Posts: 102
Joined: Fri Apr 26, 2013 3:34 pm

Re: Nuwe Bande vir Hilux

Post by Phillip »

Hallo Ludwig!

Watter bande het jy toe vir jou gekry? Ek sal ook binne die volgende week nuwe bande moet opsit op my Hilux.

Groete
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Nuwe Bande vir Hilux

Post by Chevvy SS »

Philip, koop GOMbande. Dit keer dat Hiluxe nie van die pad af spring nie.
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Nuwe Bande vir Hilux

Post by Stefan764 »

Jy moes maar die BF's opgesit het ou Ludwig dan was die Hilux dalk nog met ons hehe
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
Apie
Hero Member
Hero Member
Posts: 3079
Joined: Sun Nov 30, 2014 7:53 pm

Re: Nuwe Bande vir Hilux

Post by Apie »

Ek was altyd n BF aanhanger maar daar is baie ander bande wat goed doen!
Pirelli Scorpion ATR gee mooi kilos
Michilen se m/s of so iets duur maar gee baaaiiiieee kilos
Firestone Destinations kom nou in klomp grootes uit en hulle gee goeie kilos(myne 6 maande terug opgesit vir R1650 stuk 265/65 R 17
User avatar
Gernie
Hero Member
Hero Member
Posts: 771
Joined: Tue Apr 07, 2009 4:24 pm

Re: Nuwe Bande vir Hilux

Post by Gernie »

My BF's nou 123 000 km op en moet ook vervang word. Ek ry amper net teerpad en redelik rustig. Kan hulle nou vervang vir R1750 elk.
As daar nie lood in die lug is nie, kan die bokke nie val nie...
User avatar
Rooster1089
Full Member
Full Member
Posts: 182
Joined: Thu Feb 14, 2013 1:57 pm

Re: Nuwe Bande vir Hilux

Post by Rooster1089 »

Ek het so maand terug vir my Hilux Hankook Dynapro ATM bande opgesit, al die jare nog met BF's gegaan maar die prys raak nie bietjie rof, ek ry so 70% teerpad en so 30% lekker rowwe klip grondpad. Ek moet se die Hankooks was 'n baie baie goeie koop gewees en nog geen probleme opgetel nie.

Groete
.270 Howa
12 br Baikal
12 br O/U Webley & Scott
bush hat
Full Member
Full Member
Posts: 186
Joined: Mon Jul 15, 2013 3:15 pm

Re: Nuwe Bande vir Hilux

Post by bush hat »

Ludwig,

Ek gebruik die Geolanders maar wel die M+S al vir jare....twee Pajeros en nou die Fortuner 4x4 in Mosambiek se sand, onder andere !
Ek reken bogenoemde toets vergelyk nie appels met appels nie !

Sou hulle die Geolanders M+S met traksie en klim in sand vergelyk het, reken ek hul sou baaaaie beter, selfs moontlik heelbo geeindig het !

Maar dit is hoe "toetse" soms werk ....

Kry die Geolanders M+S as jy sand wil ry en so wil vergelyk. Na my beskeie mening oor die jare is hulle puik vir teer en sand en het my 70000 km plus rygenot verskaf !

Net my mening....
Post Reply