270 vir langafstand groot wild?

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
User avatar
Armand Steenkamp
Hero Member
Hero Member
Posts: 3529
Joined: Fri Jul 16, 2010 8:06 am

Re: 270 vir langafstand groot wild?

Post by Armand Steenkamp »

270 is oor as genoeg keer op keer met 160partitions.Die probleem kom by jou afstand in piet.

Groete armand
Hou die lood ini lug!
Tikka 3006Ackley
Howa 204 ruger
6.5x55Ackley
243Howa Varminter
357Taurus
303Br
.22Norinco
.38 Rossi
577/450 Martini
Brno .22Hornet
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: 270 vir langafstand groot wild?

Post by Christo »

7x64 omdat hy die grootste in kluis is, en ek hom baie laaik.

Gaan nog vir my 'n kanon koop, ek's maar net so bietjie bang vir die skop.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 891
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: 270 vir langafstand groot wild?

Post by KalahariKlong »

Trots is ek darm nou om 'n 7x64 eienaar te wees.  ;D

Kyk manne, my pa skiet 270 en dis al waar in hy glo. Ek moet ook noem dat hy springbok tot eland skiet met daai roer en in die oos kaap koedoes op afstande geskiet het dat my mond oop hang. 243S ek dink amper jy het al n slag saam met die ouman gejag of was dit nou jou pa??

MAAR.. ek moet saam stem met die manne. Jou skoot plasing moet reg wees. As jy jou geweer ken en jy ken jou skoot plasing kan jy hom gebruik.

Natuurlik bied die 7x64 jou net daai bietjie meer maar hulle is so naby aan mekaar dat ek dink dit maar gaan oor persoonlike voorkeur.

Net so vir 'n geselsie.. wat van die 280AI?
Only those who dare to fail greatly can ever achieve greatly
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: 270 vir langafstand groot wild?

Post by Gerhard »

Ek het nie n 270 nie en ek sal nie baie graag op lang afstand (250 meter +) wild wil skiet nie.

As ek jou besluit moes maak oor n kaliber moet man eers kyk wat staan in die kluis wat die mees prakties sou wees dws akkurraat en swaarste punt moontlik op 250 meter.

n Wildebees, eland, gemsbok is almal taai diere wat mens baie mooi moet skiet om daai hand rem op te trek...

As ek die keuse sou maak op kaliber sou ek na 300 H&H, 338 WM en 375 H&H gekyk het.

As ek my lisensie kry vir my 375 H&H sal ek na 220gr punte kyk vir die tipe van jag wat vir jou meer as genoeg " slaan krag" op daai afstand sal gee met nog steeds n redelike plat trajek.

Dit beteken dat ek meer as genoeg penetrasie sal he en nie hoef te bekommer oor groot been wat dalk gebreek moet word as die bok skuins staan nie.

Dit is my opinie en as ek n jagter moes PH sou ek beslus nie n 270 Win verkies het as sy kaliber nie...

Onthou...

Skiet raak en sit hom waar dit saak maak...  ;)
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: 270 vir langafstand groot wild?

Post by 243Songdaug »

Kalahari.

MY pa het verlede jaar saammey jou pa gejag en hy is net vol lof vir jou pa - jou pa ken blykbaar elke laaste bosbok streek in die boek.  As dinge mooi loop ry ek hierdie jaar saammet jou pa en 168 Supremacy Ooskaap toe.

DIe 280 is nog altyd 'n ding wat my aandag aan die gang het - ek soek self 'n 7mm met oemf, maar die belt op die Rem sit my nog af(persoonlike ding).  Op Upington is 'n man wat met 'n 280 skiet en ek moet nogal s? ek smaak die kaliber.

Hoor jy loop haal die naweek jou 7x64?  Dink ek moet my skoonpa omgooi laat hy sy 243 ook by Gerrie loop haal - die arme man wag nou al 5 jaar vir die lisensie.

Groete.
Jaco
Dont tell me, show me......
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 891
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: 270 vir langafstand groot wild?

Post by KalahariKlong »

Nou toe Jaco, hier is mos 'n netjiese 280 wat op die site adverteer word. Koop hom dan nooi jy my vir n paar skote?
Ja ek het gehoor julle manne soek trofee bosbokke. Daai rooies is maar skaars. Kom loer bietjie daai een van my. Ek glo darm ek sal my roer die naweek kry ek bel vir Gerrie more oggend, net jammer ou Clarens is redelik besig so ek sal nog so rukkie moet wag vir my terminator. Die glasse behoort volgende Vrydag by my te wes.
Ons moet plan maak om by mekaar uit te kom. Ek hoor by jou maat jy mag maar 'n lading ontwikkel. Daai 25 06 van hom skiet darm self lekker.
Groete

KK
Only those who dare to fail greatly can ever achieve greatly
User avatar
243Songdaug
Hero Member
Hero Member
Posts: 1713
Joined: Wed Dec 09, 2009 2:03 pm

Re: 270 vir langafstand groot wild?

Post by 243Songdaug »

As ek net die fondse gehad het was die 280 reeds in my kluis!  My dinges jeuk op hierdie stadium eers om vir my 'n 204 Ruger te kry.  (Vroulief het so bietjie home-improvements gedoen en dit het 'n vieslike duik in my finansies gemaak, maar ek moet nogal s? die klein merrie het goeie smaak!)

Ja nee, Clarence is besiger as mens kan glo - ek wag tans vir 'n KD vir 'n 7mm Rem wat ek so 'n tydjie terug bestel het, maar die man se produk is so goed soos hulle kom - ek is bereid om te wag..

Jy is welkom om met my te praat vir die lading ontwikkeling, ek help graag - kos jou 'n paar rand, maar ek glo dis die moeite werd.  Gaan een of ander tyd vir Van Zyl loop haal dan kom loer ek so bietjie na jou trofee.

Mooi aand.
Jaco
Dont tell me, show me......
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 891
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: 270 vir langafstand groot wild?

Post by KalahariKlong »

Ek hoor jou, vrouens se prioriteite verskil mos maar altyd van ons sin. Ons moet so bietjie gesels as julle kom draai ek gaan julle manne se kennis nodig. Dit steek dwars in my krop dat ek 'n .284 sal moet skiet met my roer wat eintlik 'n .285 is so verseker gaan ek "barrel rattle" kry in 'n mate. Ongelukkig is my opsies beperk en sal ek die naweek al my herlaai toerusting in Bloem moet aanskaf. Die jag is al amper op ons en ek moet nog daai roer kry laat hy reguit skiet, maar dis mos groot deel van die lekkerte.
Only those who dare to fail greatly can ever achieve greatly
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: 270 vir langafstand groot wild?

Post by Monrique (SJ) »

KK

Daai glasies behoort seker al Saterdag by jou te wees, of hoe dan???  Maak mooi met daai 7mm!!

Groetnis
KalahariKlong
Hero Member
Hero Member
Posts: 891
Joined: Mon Mar 07, 2011 10:19 am

Re: 270 vir langafstand groot wild?

Post by KalahariKlong »

Ek wag in spanning my vriend, ry die naweek om my roer ook te gaan haal.

Groete
Only those who dare to fail greatly can ever achieve greatly
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: 270 vir langafstand groot wild?

Post by Monrique (SJ) »

KK

Lekker man.  Het jou PM gestuur.

Groetnis
Post Reply