Page 2 of 2
Re: Wanneer laas was jy op die skietbaan?
Posted: Thu Feb 19, 2015 1:11 pm
by Beer (Christo)
Ja nee, dis laag Geno
Ek sal graag eerder sulke teikens wil skiet, maar dis my punt. Jy gaan nie erkenning kry vir dit nie.
Dis soos as ek by die S&O DGS gaan deelneem, dis mos sportskiet aktiwiteit, maar tel nie vir sportskiet status nie. Go figure!
Maaaar, daar is nog vir my meer voordele as nadele om by hulle betrokke te wees.....
Die skiet tabelle het beslis my my skiet resultate verbeter...
Re: Wanneer laas was jy op die skietbaan?
Posted: Thu Feb 19, 2015 2:28 pm
by NetEk
VdWalt wrote:Ek sal ook Saterdag daar wees. Ek sal eers kyk hoe die skiet gaan voor ek groet. As dit
slegs is sal ek net weg sluip.....
Jy hoef nie weg te sluip nie ek bring die 2 kleintjies so ek dink ons papiere gaan woes lyk.
Re: Wanneer laas was jy op die skietbaan?
Posted: Thu Feb 19, 2015 9:13 pm
by Rudi Fischer
Was vandag op die baan.
Re: Wanneer laas was jy op die skietbaan?
Posted: Fri Feb 20, 2015 11:38 am
by FCLoretz
458Exp wrote:Was vandag op die baan.
Fotos of ek glo jou nie

Re: Wanneer laas was jy op die skietbaan?
Posted: Tue Feb 24, 2015 3:08 pm
by NetEk
Nadat ek en die 7X64 lank met mekaar gesels het saterdag het ons besluit sy sal vir my onder 2 duim groepeer as ek nie oor 75m skiet nie en wag dat die loop afkoel na 3 skote. Anders gaan sy vir my string en rond weerlig.
Moet by sĂȘ ek was so trots op my meisiekind (8 jaar oud) tweede keer op die skietbaan in haar lewe en sit haar 4rd tot 6 de skoot binne 2 duim blokkie met die Hornet. Die eerste 3 was bietjie wyer maar sy het gesukkel om die dubbel sneller te verstaan. (ek kan dit nie eers elkedag regkry nie).
Re: Wanneer laas was jy op die skietbaan?
Posted: Tue Feb 24, 2015 3:24 pm
by VdWalt
Ek het weens die mislike weer nie Saterdag gegaan nie. Ek het wel Sondag my rooibok van die
stokke af gaan skiet. Agt uur die oggend was die baan vol en half nege het die manne begin
tou staan. Gelukkig het ek gegaan want die eerste 3 skote was nie presies waar ek hulle wou gehad
het nie, te ver voor op die bok. Die res het darem mooi op die blad ingekom.
Ek sal more sien of die oefening gehelp het.
Re: Wanneer laas was jy op die skietbaan?
Posted: Wed Feb 25, 2015 4:05 pm
by NetEk
VdWalt wrote:Ek het weens die mislike weer nie Saterdag gegaan nie. Ek het wel Sondag my rooibok van die
stokke af gaan skiet. Agt uur die oggend was die baan vol en half nege het die manne begin
tou staan. Gelukkig het ek gegaan want die eerste 3 skote was nie presies waar ek hulle wou gehad
het nie, te ver voor op die bok. Die res het darem mooi op die blad ingekom.
Ek sal more sien of die oefening gehelp het.
Jy sal maar moet kiekies op sit anders gaan die manne jou nie glo nie.
Re: Wanneer laas was jy op die skietbaan?
Posted: Wed Feb 25, 2015 4:58 pm
by VdWalt
Het jy al gesien watse groepe die manne skiet! Daar is nie 'n manier wat ek my rooibok teiken hier opsit nie. Ek sal 'n foto van die blesbok se biltong opsit om te wys dat die oefening gewerk het.
Re: Wanneer laas was jy op die skietbaan?
Posted: Wed Feb 25, 2015 4:59 pm
by 413-Jeffry
Wat is julle siening oor manne/manine wat buite SA werk of "weg van die huis af" werk en nie die dae kan by woon nie. BV as jy net elke 3 maande vir 2 weke by die huis kan wees? Ja jy het twee of dalk drie naweke waar jy kan gaan skiet. Maar jy wil daai tyd gebruik om saam met vriende en familie te kuier want hulle werk deur die week... Maar jy het baie tyd tussen 08h00 en 17h00 deur die week om te gaan skiet. Hoe gemaak as so persoon sy toegewyde status wil verkry?
Re: Wanneer laas was jy op die skietbaan?
Posted: Wed Feb 25, 2015 5:43 pm
by tripodmvr
SA Jagters het begrip vir buitengewone omstandighede en sulke persone kan hul status behou deur 'n spesifieke vorm in te vul waarin verklaar word dat hulle nie skiete kon bywoon nie.