Page 2 of 2
Re: Wie jag waar die jaar?
Posted: Sat Apr 16, 2011 10:35 pm
by Cobus(Cobb)
16 Junie, Bray omgewing...
rooibok, koedoe, vark as daar is...
Re: Wie jag waar die jaar?
Posted: Sun Apr 17, 2011 7:53 am
by GreyGhostGear
JPS wrote:
Simpel vraag: Is daai Kameelperd vleis bruikbaar? Of is dit maar perd?
Ek het al gestreepte Donkie geeet, nie 100% na my smaak nie maar doenbaar (Fillet gebraai, het baie sout gesoek vleis is soeterig).
Weet Glad nie van Kameelperd nie?
Groete
JP
Hi JP,
Ons het hier in die laat 80's of vroeg 90's (kan nou nie presies onthou nie, was nog laaitie) 'n Kameelperd op 'n spit gebraai in Lichtenburg. Dit was vir fondsinsameling vir die destydse Afrikaner klub. 'n Vriend van my se pa-hulle het die spit gebou en die Kameelperd gebraai. Ek dink hy het 24 uur gebraai op die spit ('n m%$RSE spit obviously). Die vleis was lekker as ek reg onthou want alles is genuttig! Ek onthou ook die greenies het buite by die skougronde se hekke betoog en als!
Re: Wie jag waar die jaar?
Posted: Sun Apr 17, 2011 4:39 pm
by spekieries
Gerhard
Ja ek het 'n paar foro's, maar ek kry dit nie van photobucket afgelaai om op die reply op te laai nie. Die Ph, Danie Massyn van Pietersburg het al die vleis gevat. Hy verkoop dit teen 11 kg aan 'n slagter. Op sy facebook is daar 'n paar fotos en dit is ook waar die gewig op geskryf is. Soos ek ges? het, ek het nie die vleis geproe nie, maar ek verstaan dit is heel bruikbaar veral vir biltong en dro?wors. Die ou lang nek het darem 'n gesplete hoef en is nie heeltemal perd nie. Hy het mooi wit vet nie soos 'n gestreepte donkie nie, sy vleis is ook mooi diep rooi soos wildsvleis wat ons ken.
Groete
Spekieries
NS: Ek sukkel met die Photobucket ding. Kan dit Adobe reader wees wat nie opgegradeer is nie ?
Re: Wie jag waar die jaar?
Posted: Sun Apr 17, 2011 4:39 pm
by Zillen
Gaan van 1 tot 4 Mei in Beaufort-Wes omgewing jag, wil graag 'n takbok ram, blesbok en springbok jag. Dan is ek weer die 31 Mei tot 4 Junie in Namibie vir 'n mooi gemsbok en miskien 'n springbok of twee.
Wil ook baie graag kyk of ek nie in die Oos-Kaap 'n mooi koedoe bul kan kry nie.
Kan nie wag nie!
Re: Wie jag waar die jaar?
Posted: Thu Apr 21, 2011 11:53 am
by PITSMIT
junie maand = kudu en springbok in steytlerville distrik
takbokke in klipplaat distrik
vlakvarke te fort brown distrik
juliemaand= rooibok en kudus weer in steytlerville distrik
ribbok in burgersdorp distrik
augustus= rooibok en blesbok te glenconner distrik
Re: Wie jag waar die jaar?
Posted: Thu Apr 21, 2011 1:11 pm
by Zillen
Pitsmit
Ek wil ook graag hierdie winter 'n koedoe in die Oos-Kaap jag. Wat kan ek verwag om te betaal?
Ek sal dit waardeer indien jy vir my 'n idee kan gee.
Dankie
Zillen
Re: Wie jag waar die jaar?
Posted: Thu Apr 21, 2011 4:15 pm
by SmitH
Zillen
Dit hang af as wat jy wil skiet. vir biltong gaan jy so R17 en op per kg betaal en vir die lang horing menere weet jy mos nie goedkoop nie
SmitH
Re: Wie jag waar die jaar?
Posted: Thu Apr 21, 2011 7:52 pm
by Zillen
SmitH
Baie dankie, ek skiet maar vir die pot.
Zillen
Re: Wie jag waar die jaar?
Posted: Fri Apr 22, 2011 3:04 pm
by PITSMIT
dagse zillen
jong ek gaan nou lelik br?g en s? ek betaal glad nie vir die wild wat ek skiet nie dis alles vriende van my wat my nooi saam met wie ek al jare aankom en baie doen deur die jaar en dan onthou hulle my met jagtyd. skuus ek br?g so maar wat ek wil s? is dat ek nie betaal vir wild nie so ek kan nie s? wie vra hoeveel vir wat nie. pasop net vir ho?r pryse die jaar omdat die uitvoer mark geval het met die bek en klou seer in die land so die binnelandse ou gaan nou meer vir n bok betaal omdat die boere hulle wild moet verkoop. daai prys van R17/kg klink omtrent reg en dis v?r beter om per kg te skiet want as jy n "flatrate" betaal is party manne skelm en vat jou maar na die klein goedjies toe hulle weet mos nou wat loop waar op sy plaas. as jy n trofee bul wil skiet kan jy nogal uithaal vir een dit hang net af of die ou omhein is of nie want die ouens met oop veld vra minder omdat hulle jou nie een kan waarborg nie. die ou wat omhein is kan want hulle is daar en hy weet dit. so as jy kan gaan skiet by n ou wat oop veld het maar sorg dat hy berge of genoeg bosklowe op sy grong het dan is jy verseker van groot goed. of as jy wil kan jy in paterson of somerset-oos distrikte gaan jag. daai omgewings is bekend vir mooi koedoes omdat die bio diversiteit van die veld daar uitstekend is vir kudu se kind met al die soort plantspesies wat daar is om te eet. daar word meer as gereeld kudus van 165kg= daar geskiet jaarliks.
sterkte met jou jag
pitsmit
Re: Wie jag waar die jaar?
Posted: Fri Apr 22, 2011 5:03 pm
by Zillen
Pitsmit
Dankie vir die inligting. Ek gaan beslis probeer om iets te reel daar by Paterson of Somerset-Oos.
Groete,
Zillen
Re: Wie jag waar die jaar?
Posted: Tue May 03, 2011 5:00 pm
by JACQUES BOTHA
Piet
Lyk so of jy die kruppel250 lat werk het . wat hang daar agter dei bok se kop uit?
Re: Wie jag waar die jaar?
Posted: Tue May 03, 2011 5:02 pm
by JACQUES BOTHA
Die gewere is ge-olie
wielewaps
Jy moet net nie daai olie op die scope mounts laat kom nie, dan raak hulle los..
Die geweer was geolie....moet ons nie bietjie gaan olie intap nie?
JB
Re: Wie jag waar die jaar?
Posted: Tue May 03, 2011 8:54 pm
by Wielie Waps
JB
Daai scope mounts was net so bietjie losserig , maar ek kon dit uitsort.Ongelukkig moes ek dat iemand anders my kwota bokke skiet.
So die les is: As daar iets losserig op 'n jagtrip is moet dit nie iets aan jou geweer wees nie.
Nou is als ge-olie en ge-wax
Re: Wie jag waar die jaar?
Posted: Mon May 16, 2011 10:18 pm
by Ponkie
MJK wrote:
Ek en my 2 oudste seuns wil hier teen die 16e Junie draai gaan maak in Willowmore distrik - koedoes vir pa, Rooibokke/ springbokke vir die jounger geslag
MJK
Gee my 'n lui as Oom-hulle deur die groot stad Willow gaan! Dan kom ek bietjie in dorp toe en ons vat 'n soetwyntjie by die Royal Hotelk voordat julle gaan jag.
By wie gaan julle jag? Daar is nie baie manne wat rooibokke het nie. Ek kan hulle amper op een hand tel.
Groetnis
Ponkie
Re: Wie jag waar die jaar?
Posted: Mon May 16, 2011 10:23 pm
by henslin
Naand Piet-Skiet
As ek mag vra waar langs die rivier en PM my asb. met hul pryslys. Shelldrake ?
Groete
Hannes
Re: Wie jag waar die jaar?
Posted: Tue May 17, 2011 1:29 pm
by grumpy
Ek ry Vrydag anderkant Zeerust. R500 Rooibok ooi en R 2000 Koedoe koei. Baaaiiieeee biltong wat huis toe kom!
Re: Wie jag waar die jaar?
Posted: Thu May 26, 2011 4:50 pm
by GERT vd M
Gaan maar weer Alldays se kant toe. matoppi, vredenoord. 7-12 junie
Re: Wie jag waar die jaar?
Posted: Sat May 28, 2011 2:06 pm
by Chris101
Ek begin die 6 de daar buite Upington en eindig so die 16 de in suide van nam.
Tot die 23 ste weer in suid vir so week dan is alles seker weer veby .
Dankie tog
101