Moderne 270 gewere kan druk tot 65K veilig weerstaan. Ek dink dit is die SAAMI waarde.muismaree wrote:Bietjie van topic af, maar as julle werk op QL, kies julle SAAMI of CIP? My geweer is 'n Sako, weet nie of dit enigsins betrekking het op watter standaard ek moet kies nie?
270 vir Gemsbok, koeël keuse?
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 270 vir Gemsbok, koeël keuse?
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
dehacked
- Hero Member

- Posts: 790
- Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am
Re: 270 vir Gemsbok, koeël keuse?
Wouter waar sal my spoed min of meer moet wees vir 'n 22 duim loop met 130gr spartans? Ek laai tans 53.3gr S365 Lot76 en hulle groep baie mooi maar wat se spoed ek kry ens weet ek nie. Laastens siende dat Somchem 54gr as die maks voorskryf neem ek aan ek is in elkgeval naby die hoogste veilige node.Wouter Roets wrote:Muismaree
Ek het gou gaan loer en met n 130gr Barnes sal jy n nodespoed van 3140ft/sek slaan teen net oor die 61 000psi as S365 brand soos hy moet. Dis rapsie aan die hoe kant maar die kaliber/komponente sal dit kan hanteer. Dopvulling is uitstekend so alles en alles nie n slegte teoretiese lading nie. Hierdie lading sal meer as voldoende wees vir jou aplikasie. Die 140gr barnes se nodespoed is net onder die 2900ft/sek so daar is n taamlike verskil in soed sowel as energie. As n mens na hierdie node kyk sal die 150gr beter werk.
n 140gr mono koeel behoort nog mooi in n 1:10 spiraat loop te werk mits jou trompspoed nie te laag raak nie. Hierdie geld vir n 150gr koeel ook, maar jy begin op die grens raak van stabilisering.
Groetnis
Wouter
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
-
henning
- Hero Member

- Posts: 1315
- Joined: Tue Nov 12, 2013 9:15 am
Re: 270 vir Gemsbok, koeël keuse?
Ek vermoed die enigste rede hoekom daar gese word om nekskoot te vermy is omdat n Gemsbok se nekwerwels sit nie op dieselfde plek as meeste ander bokke met die gevolg dat jy kan n fout maak as jy nie sy anatomie ken nie.mva2912 wrote:More menere,
Soos julle kan sien is ek baie nuut hier en het nog baaaie om te leer! Het self 'n .270 WSM en het onlangs so boksie van Barnes se VOR-TX (140g) aangeskaf. Het nog nie veld toe gegaan met dit nie.
Twee vrae:
1) Enige iemand ondervinding met die?
2) Lees hierbo dat nekskoot vermy moet word. Rede?
Lekker dag!
M
Groete
Henning
300 WSM Savage
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
303 Lee-Enfield
Dbl 12 g Belguim
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7560
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: 270 vir Gemsbok, koeël keuse?
Dehacked
Ek glo jou spoed moet hier by die 2940ft/sek wees met daai lading om op n node te wees. Jou drukvlakke is hier om en by 52 000psi wat ver van maksimum is. Hierdie is wel jou hoogste nodespoed met die gewig koeel en jou looplengte.
Groetnis
Wouter
Ek glo jou spoed moet hier by die 2940ft/sek wees met daai lading om op n node te wees. Jou drukvlakke is hier om en by 52 000psi wat ver van maksimum is. Hierdie is wel jou hoogste nodespoed met die gewig koeel en jou looplengte.
Groetnis
Wouter
-
dehacked
- Hero Member

- Posts: 790
- Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am
Re: 270 vir Gemsbok, koeël keuse?
Dankie Wouter. Is dit dan 'n korrekte aanname om eerder na 140/150gr te beweeg om die kaliber meer optimaal te benut?
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: 270 vir Gemsbok, koeël keuse?
Gebruik liewers 130 mono wat akkuraat skiet as 140-150 wat nie stabiliseer nie.dehacked wrote:Dankie Wouter. Is dit dan 'n korrekte aanname om eerder na 140/150gr te beweeg om die kaliber meer optimaal te benut?
In loodkern is die 140 'n wenner.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
- Piet Pille
- Hero Member

- Posts: 2092
- Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm
Re: 270 vir Gemsbok, koeël keuse?
As jy goeie groeperings met 'n 130gr Rhino solid Shank kan kry belowe ek jou hy skiet ook 'n gemsbok laat hy poep.
Dis ook 'n handige alternatief waar magasynkaslengte jou TPL beperk met ander mono's (omdat hy 'n stomp koeelpunt het)
Dis ook 'n handige alternatief waar magasynkaslengte jou TPL beperk met ander mono's (omdat hy 'n stomp koeelpunt het)
-
dehacked
- Hero Member

- Posts: 790
- Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am
Re: 270 vir Gemsbok, koeël keuse?
Manne ons het die draad nou goed gekaap maar ek glo tog dit sal van belang wees vir almal wat 270 met ons kruit skiet. Ek kry tans amper half moa met 130 spartans so ek het niks om oor te kla. Ek kry ook moa met 130 sst en bietjie slegter met 110 vmax. My probleem is hoekom skiet 'n 270 teen 308 spoed... Dan kon jy mos 308 gekoop het. Die oorsaak bleik ons somchem kruit te wees vandaar my vraag of 'n swaarder punt nie dalk meer optimale resultate vir die kaliber kan lewer nie. Dus kan 'n mens met 'n swaarder punt teen binne spec druk 'n node wat meer energie lewer kry. Terloops die spartans maak mooi vir lyf skote maar ek voel nou reg om die jaar die springbokke kopskote te looi en daar het lood 'n voordeel. Ps. Het nou ook 140 sst gekry om te toets.
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
-
Ockert1992
- Hero Member

- Posts: 827
- Joined: Wed Mar 13, 2013 7:35 pm
Re: 270 vir Gemsbok, koeël keuse?
Dehacked, die grootste probleem om hoër spoed te kry is sy 22 duim loop. Met die korter loop kan jy nie die veilige druk vlakke die boonste node haal nie. Ek skiet ook 130 gr teen +- 2940 vps uit 'n 22 duim. Dan loop hy mooi en groepeer. Ek het nog nie ander gewigte getoets nie, maar 'n goeie 130gr op die regte plek gaan 'n gemsboks neer sit.
Ek het die jaar met myne met 130gr SST 'n Zebra geskiet. Net agter die blad. Hy het nie vêr gekom nie.
Ek het die jaar met myne met 130gr SST 'n Zebra geskiet. Net agter die blad. Hy het nie vêr gekom nie.
- muismaree
- Full Member

- Posts: 200
- Joined: Tue May 29, 2012 2:34 pm
Re: 270 vir Gemsbok, koeël keuse?
Myne het darem 'n 24 duim loop, so 'n 130 Gr NBT loop bietjie oor die 3000 fps, dan is dinge nog heel kalm wat druk betref. Dehacked, jy moet kom kyk wat maak 'n 130 gr met 'n springbok se kop... Mens kan nie eintlik ander as om hulle in die kop te skiet nie, daar bly boggerol oor as jy hom met die 270 op die blad skiet!
-
Ockert1992
- Hero Member

- Posts: 827
- Joined: Wed Mar 13, 2013 7:35 pm
Re: 270 vir Gemsbok, koeël keuse?
Ek stem 100% saam met jou! Ek het op die harde manier geleer....was nou wel 'n kwesbok...blaaie en ribbes was een pappery...muismaree wrote:Mens kan nie eintlik ander as om hulle in die kop te skiet nie, daar bly boggerol oor as jy hom met die 270 op die blad skiet!
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7560
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: 270 vir Gemsbok, koeël keuse?
Manne
Koeelkonstuksie speel n enorme rol of jy n bok in die blad kan kap of nie. Maar ja dit sal verseker n groot Nee-Nee wees deur n konvensionele loodkern koeel vir die werk te wil gebruik.
Dehacked die eerste ding wat ek doen met koeelkeuse is te kyk hoe goed hy werk met my spesifieke looplengte en nodespoed. My kreteria is gewoonlik dopvulling van 97-103% en drukvlakke van 55 000 na 60 000psi. Ontbranding probeer n mens ook so naby as moontlik aan 100% kry. Natuurlik moet die koeel ook kan stabiliseer in jou loop. n SF syfer van nie laer as 1,5 is vir my verkieslik vir n jag doeleindes. soms moet n mens n kompromie aangaan met die syfers maar ek prober oor die algemeen nie ver weg te beweeg van hierdie "Idiale teoretiese lading" nie.

Wouter, 'n vraag uit my onkunde; hoe werk mens die SF syfer va 'n koeel uit?
Ek het ook al 'n taktiese foutjie begaan deur 'n blesbok op die blad te skiet met 'n NBT. Die bok was bitter gou dood, maar die blaaie was toast. Dus skiet ek met ballistic tips net vir die kop met die 270. Ek wil nie windgat klink nie, dit is darem my eie bokke, ek het gewoonlik baie tyd en ek skiet sommer uit die bakkie uit.. Dit is een van die hoof redes hoekom ek die draad begin het, want die gemsbok wat beplan word sal in heel ander omstandighede geskiet word, dus sal ek maar om seker te wees vir die blad skiet. Dus die behoefte vir 'n premium koeel.

Gaan Google ballistic of bullet stabilisation factor/calculator - die meeste koeël vervaardigers het een.
Gaan Google ballistic of bullet stabilisation factor/calculator - die meeste koeël vervaardigers het een.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
dehacked
- Hero Member

- Posts: 790
- Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am
Re: 270 vir Gemsbok, koeël keuse?
Muis, ek het darem al 'n paar bokkie se kop versop laas jaar met SST, VMAX en gewone PMP. Ek stem lyf skote met lood punte laat maar min eetvleis oor. Ek het ook sommer 'n springbok op die blad geskiet met die Spartan mono om te sien hoe dit werk en die fotos hier iewers geplaas. Die skade is redelik minimaal. Ek gaan hulle die jaar gebruik vir 'n Kudu en Gemsbok as dinge reg uitwerk.muismaree wrote:Myne het darem 'n 24 duim loop, so 'n 130 Gr NBT loop bietjie oor die 3000 fps, dan is dinge nog heel kalm wat druk betref. Dehacked, jy moet kom kyk wat maak 'n 130 gr met 'n springbok se kop... Mens kan nie eintlik ander as om hulle in die kop te skiet nie, daar bly boggerol oor as jy hom met die 270 op die blad skiet!
Die probleem met die mono's soos die manne sê is as jy kop skiet en dit is 'n marginale skoot gaan jou bok dalk wegkom. Daarinteen sal 'n sagte lood punt baie meer skade aanrig en kanse is beter jou bok val. Ek sal graag wil sien dat iemand 'n mono punt uitbring waarvan die voorste deel ook half "ontplof" sodat jy die beste van beide werelde het. Dalk 'n geleentheid vir die KRIEK man?
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
- AFRICAN LEADWOOD
- Sr. Member

- Posts: 297
- Joined: Mon Jan 20, 2014 9:04 am
Re: 270 vir Gemsbok, koeël keuse?
"Die beste van beide werelde" - Ek glo dit is wat die solide skag ontwerpe met die lood kern jou bied. Maar die meeste beter soliede skag ontwerpe het 'n gebinde lood kern, so die voorste deel sal nie "ontplof" of disintegreer nie. Maar met goeie ontwerpe kry jy wel 'n groot frontale area wat sorg vir 'n breë wondkanaal, met 'n agter skag wat verhoed dat die koeël ooit te veel uitsit ("overexpand" en wat ook ander algemene probeleme uitskakel).muismaree wrote: Ek sal graag wil sien dat iemand 'n mono punt uitbring waarvan die voorste deel ook half "ontplof" sodat jy die beste van beide werelde het. Dalk 'n geleentheid vir die KRIEK man?
'n Ontwerp waarvan die agterste deel veronderstel is om heel te bly en wat die neus verloor is die Nosler Partition. Ek hou in die algemeen nie van ontwerpe wat soveel gewig verloor nie (seker dikwels 40%) maar dit voldoen byna aan jou vereistes soos jy dit beskryf en is baie effektief mits jy dit binne die beperkings van die ontwerp toepas. Die oorblywende deel van die NP is gewoonlik 'n silider wat net kaliber deursnee is. dit penetreer dikwels baie goed (al het dit realtief min gewig), maar die wondkanaal is relatief klein teen ontwerpe met groot "mushrooms". Daar is 'n argument oor waar die NP sy neus verloor in die penetrasie proses, wat die gesprek rondom die wondkanaal aanraak, maar dit is seker nie nou relevant vir die gesprek nie.
- AFRICAN LEADWOOD
- Sr. Member

- Posts: 297
- Joined: Mon Jan 20, 2014 9:04 am
Re: 270 vir Gemsbok, koeël keuse?
Muismaree
Mag ek vra wanneer word die bok gejag?
Mag ek vra wanneer word die bok gejag?
- muismaree
- Full Member

- Posts: 200
- Joined: Tue May 29, 2012 2:34 pm
Re: 270 vir Gemsbok, koeël keuse?
AL, hopenlik nog voor strooptyd! Een of ander tyd in die herfs, wag net vir my neef om klaar te reël. Ek sal maar intussen die koeëls gaan toets op 'n blesbok of 2.
-
dehacked
- Hero Member

- Posts: 790
- Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am
Re: 270 vir Gemsbok, koeël keuse?
Blesbok is van die lekkerste vleis wat ek nog geëet het. Geniet hom man.
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: 270 vir Gemsbok, koeël keuse?
Ek stem hier met jou saam. In daardie opsig is die Swift A-frame 'n baie beter koeël as Nosler Partition omrede die voorste deel van die koeël 'n gebonde loodkern bevat, anders as die NPAFRICAN LEADWOOD wrote:"Die beste van beide werelde" - Ek glo dit is wat die solide skag ontwerpe met die lood kern jou bied. Maar die meeste beter soliede skag ontwerpe het 'n gebinde lood kern, so die voorste deel sal nie "ontplof" of disintegreer nie. Maar met goeie ontwerpe kry jy wel 'n groot frontale area wat sorg vir 'n breë wondkanaal, met 'n agter skag wat verhoed dat die koeël ooit te veel uitsit ("overexpand" en wat ook ander algemene probeleme uitskakel).muismaree wrote: Ek sal graag wil sien dat iemand 'n mono punt uitbring waarvan die voorste deel ook half "ontplof" sodat jy die beste van beide werelde het. Dalk 'n geleentheid vir die KRIEK man?
'n Ontwerp waarvan die agterste deel veronderstel is om heel te bly en wat die neus verloor is die Nosler Partition. Ek hou in die algemeen nie van ontwerpe wat soveel gewig verloor nie (seker dikwels 40%) maar dit voldoen byna aan jou vereistes soos jy dit beskryf en is baie effektief mits jy dit binne die beperkings van die ontwerp toepas. Die oorblywende deel van die NP is gewoonlik 'n silider wat net kaliber deursnee is. dit penetreer dikwels baie goed (al het dit realtief min gewig), maar die wondkanaal is relatief klein teen ontwerpe met groot "mushrooms". Daar is 'n argument oor waar die NP sy neus verloor in die penetrasie proses, wat die gesprek rondom die wondkanaal aanraak, maar dit is seker nie nou relevant vir die gesprek nie.
Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)
-
Stefan Fourie
- Sr. Member

- Posts: 334
- Joined: Fri Nov 01, 2013 7:28 am
Re: 270 vir Gemsbok, koeël keuse?
Ek skiet alles, dassie en kat tot kudu, met Sierra GameKing 140gr HPBT.
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7560
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: 270 vir Gemsbok, koeël keuse?
JeanJean Marais wrote:Ek stem hier met jou saam. In daardie opsig is die Swift A-frame 'n baie beter koeël as Nosler Partition omrede die voorste deel van die koeël 'n gebonde loodkern bevat, anders as die NPAFRICAN LEADWOOD wrote:"Die beste van beide werelde" - Ek glo dit is wat die solide skag ontwerpe met die lood kern jou bied. Maar die meeste beter soliede skag ontwerpe het 'n gebinde lood kern, so die voorste deel sal nie "ontplof" of disintegreer nie. Maar met goeie ontwerpe kry jy wel 'n groot frontale area wat sorg vir 'n breë wondkanaal, met 'n agter skag wat verhoed dat die koeël ooit te veel uitsit ("overexpand" en wat ook ander algemene probeleme uitskakel).muismaree wrote: Ek sal graag wil sien dat iemand 'n mono punt uitbring waarvan die voorste deel ook half "ontplof" sodat jy die beste van beide werelde het. Dalk 'n geleentheid vir die KRIEK man?
'n Ontwerp waarvan die agterste deel veronderstel is om heel te bly en wat die neus verloor is die Nosler Partition. Ek hou in die algemeen nie van ontwerpe wat soveel gewig verloor nie (seker dikwels 40%) maar dit voldoen byna aan jou vereistes soos jy dit beskryf en is baie effektief mits jy dit binne die beperkings van die ontwerp toepas. Die oorblywende deel van die NP is gewoonlik 'n silider wat net kaliber deursnee is. dit penetreer dikwels baie goed (al het dit realtief min gewig), maar die wondkanaal is relatief klein teen ontwerpe met groot "mushrooms". Daar is 'n argument oor waar die NP sy neus verloor in die penetrasie proses, wat die gesprek rondom die wondkanaal aanraak, maar dit is seker nie nou relevant vir die gesprek nie.
Wim(African Leadwood) is die invoerder van North Fork Bullets so ek glo hy sal eerder dit wil voorstel as Swift A Frames.
Groetnis
Wout
- AFRICAN LEADWOOD
- Sr. Member

- Posts: 297
- Joined: Mon Jan 20, 2014 9:04 am
Re: 270 vir Gemsbok, koeël keuse?
Dankie Wouter.
Ja, ek probeer sover moontlik onpartydig bly. Maar dit is bitter moeilik!
Wim
Ja, ek probeer sover moontlik onpartydig bly. Maar dit is bitter moeilik!
Wim
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7560
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: 270 vir Gemsbok, koeël keuse?
Wim
Ek kan dink ja! Wanneer maak julle nou n soft in 505 man? Praat asb bietjie harder met daai manne. 600gr gaan baie mooi werk.
Groetnis
Wout
Ek kan dink ja! Wanneer maak julle nou n soft in 505 man? Praat asb bietjie harder met daai manne. 600gr gaan baie mooi werk.
Groetnis
Wout
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2155
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: 270 vir Gemsbok, koeël keuse?
Ek het North Fork-koeëls verlede jaar gebruik en kan getuig dat hulle uitstekend werk. Vleisskade is beslis minder as met konvensionele loodkernkoeëls en die North Forks was ontsettend akkuraat uit my .30-06. Ek was ook gelukkig. Geen ladingontwikkeling. Soos 'n regte kruitgooier net kruit gegooi gelaai en laat waai. Johannes Schoeman was by toe ek met die .30-06 op 200m 'n fraai groepering geskiet het met die North Forks.
Mooi loop
Mooi loop