Page 2 of 2
Re: Bobbejaan probleem raad gesoek
Posted: Thu Feb 05, 2015 11:38 am
by OupaZA
Eks baie bly jy kan 'n paar skelems plat trek!!
Dit klink na grooooott pret!
kom ons hoop hule bly weg.... (of nie hehe

)
Re: Bobbejaan probleem raad gesoek
Posted: Thu Feb 05, 2015 12:55 pm
by win270
Goed gedoen, klink dit my!! Onthou, Kees hou nou bosberaad en sal een of ander tyd weer toeslaan. Skiet hulle sonder om vrae te vra.

Re: Bobbejaan probleem raad gesoek
Posted: Thu Feb 05, 2015 2:17 pm
by dawiec
Dankie manne...dis darem nou dag 3 en die kese is nog steeds nie te sien nie...ek hoop vir hul part hul bly weg...

Re: Bobbejaan probleem raad gesoek
Posted: Thu Feb 05, 2015 4:59 pm
by Gawie(13mm)
Laat dit vir hulle 'n les wees.
Ek is seker daarvan dat die manne in die wingerde ook sommer vinniger pars.

Re: Bobbejaan probleem raad gesoek
Posted: Sat Mar 21, 2015 6:26 am
by 5079fpw086
Ek soek planne om bobbejaan hokke te bou. Die goed vreet my op. Is daar dalk iemand wat kan help.
Re: Bobbejaan probleem raad gesoek
Posted: Sat Mar 21, 2015 7:27 pm
by Bakkies303
In hierdie week se afrikaanse landbou tydskrif is daar 'n artikel oor verskuifbare bobbejaan hokke. Miskien kan jy daar iets kry wat jou help. Die persoon se sel nommer is ook daar.
Re: Bobbejaan probleem raad gesoek
Posted: Wed Mar 25, 2015 7:18 pm
by 5079fpw086
Dankie Bakkies. Maar watter tydskrif is dit. Landbouweekblad
Re: Bobbejaan probleem raad gesoek
Posted: Wed Mar 25, 2015 9:21 pm
by Bakkies303
Ja. Ek het net nie geweet of ek die tydskrif se naam mag noem nie. Jy sal net vinnig moet speel, die nuwe een is al te koop. Jy moet 20 Maart 2015 se een koop. Laat weet my of jy regkom.
Re: Bobbejaan probleem raad gesoek
Posted: Thu Mar 26, 2015 8:28 am
by vriell
Baasvark wrote:Ek het nog nooit bob se kind geskiet nie - so is nie 'n kenner nie.
Maar ek weet hulle het besonderse goeie sig. Die manne wat al geskiet het is geneig om te se skiet die brandwag of leier maar eerste uit.
Soos ek al op tv gesien het is daar gewoontlik 1 alpha mannetjie en dan so 2 of 3 senior mannetjies. Ek sal dink dat hulle moet eerste waai. Hulle regeer en beskerm die trop.
Mens moet dalk net 2 of 3 keer gaan en kyk waar is die brandwag se verskillende uitkyk punte. Dan kan jy beter beplan.
Wel, dis hoe ek dit sou aanpak.
+ 100 !!