Page 2 of 2
Re: Silencer se invloed op lading s en groepering?
Posted: Wed Nov 19, 2014 11:12 am
by Geno
http://i.imgur.com/GQE5gjN.gif
Re: Silencer se invloed op lading s en groepering?
Posted: Sat Jul 04, 2015 11:54 pm
by musgrave270
Naañd manne
My groepering met my dunloop 223 het drasties verswak nadat ek my silencer afgehaal het. Al die mense met wie ek gesels het, het gesê ek moet net bietjie aan my tpl verstel en die probleem sal opgelos word. Ek kon tot dusver geen aanvaarbare groeperings kry met die tpl verstellings nie. Met die silencer op skiet ek gemaklik n duim groepering op 200m maar sonder die silencer wissel dit tussen 3 en 4 duim.
Wat mag dalk n oorsaak van die verskil wees? Soos ek verstaan moet dit nie so wees nie.
Groete
Ruan
Re: Silencer se invloed op lading s en groepering?
Posted: Sun Jul 05, 2015 7:39 pm
by dehacked
Musgrave ek het 2 goed die naweek weer gesien. 1. Supressor lig spoed effens. Het dit gesien oor chrony. 2. Half grein kruit verskil maak my groepe oop van half duim na amper 4 duim. Somtyds is 'n roer net sensitief en is die sweet spot maar klein.
Re: Silencer se invloed op lading s en groepering?
Posted: Sun Jul 05, 2015 9:27 pm
by musgrave270
Baie dankie dehacked
Ek sal dan so bietjie aan my bestaande lading verstel en kyk wat hy maak. Ek het nie die skote oor n chrony geskiet om die spoed te meet nie, maar ek sal dan bietjie kyk
Re: Silencer se invloed op lading s en groepering?
Posted: Mon Jul 06, 2015 7:20 am
by Capt. Yoda
Boys ek weet nie as 10 of 15fps verskil jou so van n tyken af gooi is daar iets anders fout.Jy gaan n gtoter verskil in spoed met 365 kry tussen n 2 dae waar jy eendag in 21grade skiet en die volgende dag in 24grade skiet as .1gr kruit of die "extra" spoed wat n KD veroorsaak.
Musgarve lees weer deur die eertse bladsy van die draat, Wouter en Ludwig verduidelik die goed mooi
Re: Silencer se invloed op lading s en groepering?
Posted: Fri May 25, 2018 4:51 pm
by Dumbluck
Wouter Roets wrote:
So om duidelikheid te kry oor interne balistiek is dat die silencer geen rol kan speel in komponent optrede en drukkurwes binne jou stelsel nie. n Primer se interaksie met die poeier kolom en weer die koeel se graveer proses in die loop kan nie beïnvloed word deur die silencer nie. Barreltime ook nie.
Ek het nou op die draad afgekom deur die een wat vandag begin is.
Ek het nou 'n tyd lank, deur hardkoppig te wees, gespeel met 'n lekker warm lading en 130gr pille in my 260 rem.
Ek het die lading in Januarie geskiet (23grade C) 4 vir spoed en twee <10mm 3skoot groeperings en geen druk tekens nl. swaar slot oopmaak en ejector merke agter op die doppies nie. Ek kom toe April weer by die huis laai toe weer dieselfde lading net om te kyk of hulle dieselfde resultate gee as Januarie. 15x en nog 15 0.1gr hoër en laer.
Ek het ook intussen vir my 'n Oryx suppressor aangeskaf sodat my meisie gemaklik kan saam skiet. Ek skiet toe een oggend (16grade celcius) die ladings en van die eerste skoot af met 0.1 laer as voorheen maak my slot swaar oop en die ejector merk sit op die doppie. Na 'n paar skote besluit ek toe dit is nou die laaste teken dat ek die lading moet los en 140gr teen die regte spoed skiet en gooi die boksie patrone in die bakkie. Nou dat ek die draad lees is ek baie nuuskierig wat sou gebeur het as ek hulle sonder die Oryx sou geskiet het. Ek is seker niks anders het verander behalwe die opskroef van die Oryx nie. Kan die suppressor die ekstra druk veroorsaak het of is dit iets anders?
Ek het nog nie die punte getrek nie en sal 'n toets doen met en sonder die suppressor as ek weer by die huis is. Dalk was dit net per toeval ma ek is nou nuuskierig.