Zeiss HD5 5-25 vs Nightforce SHV 5-20 vs Leupold VX6 4-24
-
Pinkes
- Hero Member

- Posts: 1230
- Joined: Wed Jan 30, 2013 11:04 am
Re: Zeiss HD5 5-25 vs Nightforce SHV 5-20 vs Leupold VX6 4-2
Môre Manne
Ek wil ook net graag my opinie hier deel..
Ekt 2 HD5 5-25 gehad en vir my 300wm n SHV 5-20 met MOAR gekoop.
Nadat ek hulle vergelyk het met mekaar het ek die 2 HD5 verkoop sonder om 2 keer te dink.
Glas gewys was die SHV vir MY duideliker(SHV met my NXS vergelyk en sien geen verskil
tussen die 2). Die turrets van die SHV is lekker styf waarvan ek hou
maar die HD5 se clicks het ek ook geniet. Al wat bq gepla het was die zerostop op die HD5. Jy kan omtrent net 16.5moa verstel dan is die zerostop in die pad. Ek skiet gereel verder as dit so ek moes hom uithaal.Dis waar
die SHV met zeroset weer beter is. Die SHV is swaarder en groter,maar gelukkig pla dit my nie so baie nie.
Ander ding wat my seker die meeste gepla het van die HD5 was sy paralaks. Dit is baie sensitief. En as jy 300m en verder gaan is hy heeltyd op maksimum gedraai,waar dit met die SHV glad nie die geval is nie.En dan is daar die kruishaar. Ekt maandag oggend vroeg 'n vriend gaan uithelp om van sy blesbok ramme minder te maak. Afstande
was tussen 160m-340m gewees. Met die MOAR kruis het ek die afstand geskat en net die moar gebruik(ek sorg dat ek my val van elke geweer ken voordat ek gaan jag). Almal was kopskote.Ek sou verseker dit nie met die HD5 kon gedoen het nie.Sou 'n rangefinder nodig gehad het en dan nog hoop die bokke gee jou genoeg tyd om te skiet as jy so baie skote skiet.
Laastens,as jy die SHV vas hou kan jy sommer voel dis 'n scope wat gebou is om te hou(nie dat ek die goed laat val om te toets nie). Ekt nadat ek al 2 HD5 verkoop het, vir my nog 'n SHV 4-14 gekoop vir my 22-250. Ekt saam 'n vriend gaan jakkalse skiet een aand en hy het die geweer mis gevat en hard op die tralie geval.Kon nie veel sien in die donker nie,maar het die volgende oggend gesien dat hy 3 merke gekry het agv die val. Het daai aand aan 'n
nagskiet gaan deelneem met die geweer wat geval het en sonder om my zero te check het ek die skiet gewen.So hulle hou zero baie goed!
Hier bo is net my opinie en ervaring met die bogenoemde scopes.
Hoop dit help jou in jou keuse.
Groete
P

- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13641
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Zeiss HD5 5-25 vs Nightforce SHV 5-20 vs Leupold VX6 4-2
Sonder om eers daar oor te dink
http://magnumsports.com.au/images/C/Nightforce_mark_pos-2.jpg

A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Swede
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am
Re: Zeiss HD5 5-25 vs Nightforce SHV 5-20 vs Leupold VX6 4-2
Capt. Oblivious wrote:Sonder om eers daar oor te dink
http://magnumsports.com.au/images/C/Nightforce_mark_pos-2.jpg
.... en Capt wat van jou Rudolph?
- Capt. Yoda
- Hero Member

- Posts: 13641
- Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm
Re: Zeiss HD5 5-25 vs Nightforce SHV 5-20 vs Leupold VX6 4-2
Swede wrote:Capt. Oblivious wrote:Sonder om eers daar oor te dink
http://magnumsports.com.au/images/C/Nightforce_mark_pos-2.jpg
.... en Capt wat van jou Rudolph?
Nee nee daai was nie die vraag nie Swede maar ek is dam ook nou nie n man wat net glo alles wat ek het is die beste nie.Ek en Pinkes het al die gesprek gehad en ons het al n paar keer deur die Dolfies,HD, SHV en NXSe saam gekyk op ver afstande...jy kan hom maar vra wat hy gesien het.
My volgende scopes sal ongelukkig ook almal NF wees of as ek die geld het March.
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
- Swede
- Hero Member

- Posts: 2283
- Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am
Re: Zeiss HD5 5-25 vs Nightforce SHV 5-20 vs Leupold VX6 4-2
+1Capt. Oblivious wrote:Swede wrote:Capt. Oblivious wrote:Sonder om eers daar oor te dink
http://magnumsports.com.au/images/C/Nightforce_mark_pos-2.jpg
.... en Capt wat van jou Rudolph?
Nee nee daai was nie die vraag nie Swede maar ek is dam ook nou nie n man wat net glo alles wat ek het is die beste nie.Ek en Pinkes het al die gesprek gehad en ons het al n paar keer deur die Dolfies,HD, SHV en NXSe saam gekyk op ver afstande...jy kan hom maar vra wat hy gesien het.
My volgende scopes sal ongelukkig ook almal NF wees of as ek die geld het March.
-
acssa
- Sr. Member

- Posts: 345
- Joined: Mon Jun 16, 2014 5:50 pm
Re: Zeiss HD5 5-25 vs Nightforce SHV 5-20 vs Leupold VX6 4-2
So verskil almal maar.... ek het n Nightforce BR besit vir 10 jaar...
Ek het nie geweet die SVH kom met Zero stop nie... wat ek wel weet is die Nightforce se beeld lyk meer "crisp" as Zeiss... tot laat na middag dan is Zeiss beter.... die zeiss is ook minder "gepla" met mirage wat ek gesien het... maar dit kan dalk ander redes wees agv Chromoly loop vs Stainless.
As ek dan ook kyk na my broer se stok ou zeiss kyk wat hy van sy 2506 geskuif het na n 338 Win MAG ruger... wat vir een of ander rede skop laat hy hop.... en die scope bly 100%.
My HD5 5-25 Varmint reticle werk perfek tot 450 yards... wat ek self getoets het op die plaas in Namibia... by gese ek ek het nog nie verder getoets nie en ek gebruik n range finder ook. Ek moet ook se met die 243 werk die reticle 100% saam my lading... het tot en met 450 nog nie turret gebruik nie.
Dan kyk n mense na prys relatief tot wat jy kry... Die +-R12500 wat ek elk betaal het was daar niks naby gewees nie volgens my.
Die link se dit ook... Die Zeiss was ook nie eers die een met HD5 glas nie.
http://www.longrangehunting.com/forums/ ... ndex5.html

Pinkes wrote:Môre Manne
Ek wil ook net graag my opinie hier deel..
Ekt 2 HD5 5-25 gehad en vir my 300wm n SHV 5-20 met MOAR gekoop.
Nadat ek hulle vergelyk het met mekaar het ek die 2 HD5 verkoop sonder om 2 keer te dink.
Glas gewys was die SHV vir MY duideliker(SHV met my NXS vergelyk en sien geen verskil
tussen die 2). Die turrets van die SHV is lekker styf waarvan ek hou
maar die HD5 se clicks het ek ook geniet. Al wat bq gepla het was die zerostop op die HD5. Jy kan omtrent net 16.5moa verstel dan is die zerostop in die pad. Ek skiet gereel verder as dit so ek moes hom uithaal.Dis waar
die SHV met zeroset weer beter is. Die SHV is swaarder en groter,maar gelukkig pla dit my nie so baie nie.
Ander ding wat my seker die meeste gepla het van die HD5 was sy paralaks. Dit is baie sensitief. En as jy 300m en verder gaan is hy heeltyd op maksimum gedraai,waar dit met die SHV glad nie die geval is nie.En dan is daar die kruishaar. Ekt maandag oggend vroeg 'n vriend gaan uithelp om van sy blesbok ramme minder te maak. Afstande
was tussen 160m-340m gewees. Met die MOAR kruis het ek die afstand geskat en net die moar gebruik(ek sorg dat ek my val van elke geweer ken voordat ek gaan jag). Almal was kopskote.Ek sou verseker dit nie met die HD5 kon gedoen het nie.Sou 'n rangefinder nodig gehad het en dan nog hoop die bokke gee jou genoeg tyd om te skiet as jy so baie skote skiet.
Laastens,as jy die SHV vas hou kan jy sommer voel dis 'n scope wat gebou is om te hou(nie dat ek die goed laat val om te toets nie). Ekt nadat ek al 2 HD5 verkoop het, vir my nog 'n SHV 4-14 gekoop vir my 22-250. Ekt saam 'n vriend gaan jakkalse skiet een aand en hy het die geweer mis gevat en hard op die tralie geval.Kon nie veel sien in die donker nie,maar het die volgende oggend gesien dat hy 3 merke gekry het agv die val. Het daai aand aan 'n
nagskiet gaan deelneem met die geweer wat geval het en sonder om my zero te check het ek die skiet gewen.So hulle hou zero baie goed!
Hier bo is net my opinie en ervaring met die bogenoemde scopes.
Hoop dit help jou in jou keuse.
Groete
P
- Dries101
- Hero Member

- Posts: 1422
- Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm
Re: Zeiss HD5 5-25 vs Nightforce SHV 5-20 vs Leupold VX6 4-2
Oom Koos- dom vraag maar ek vrae hom- hoekom as julle n scope review doen gebruik julle nie n benchmark tipe sisteem nie. Dis altyd goeie leesstof maar iets soos n "peer" group review of n standaard stel toetse sal mos lekker werk. Dan kan n mens mos oor die jare amper n databasis opbou waarmee mens nuwe mark betreeder kan vergelyk. In eenvoud kan n mens mos n benchmark scope kies in n prysklas en dan n ander scope hersien deur hom met daai een te vergelyk.Koos Barnard wrote:Ek het so twee weke gelede die 5-20x Nightforce begin gebruik. Die een met die jagter-kruishaar. Toets dit vir 'n artikel tot so Maart se kant. Al wat ek kan se is dat Willem die polieste sal moet stuur om hierdie scope uit my kloue terug te kry. Stel soos 'n droom en ek wil my al verbeel hy is effens helderder as die 4-14x maar ek sal nou nie my kop op 'n blok sit nie. In elk geval meer as helder genoeg vir alle SA toestande, dag of nag.
Gaan my nie oor die Leupold of Zeiss uitlaat nie, want ek het hulle nie onlangs getoets nie.
Mooi loop
As n voorbeeld kom ons se daar word besluit dat die Zeiss HD 5 die beste teleskoop is in die R10k-R20K mark segment- dan word die SHV met hom vergelyk in terme van
Funksies
Helderheid
Prys
Gewig
Eye relief ens
En dan op die einde kan jy hom n rating gee uit 5 of so iets. Ek weet What-HiFi gebruik so sisteem en dan bring hulle prys op die einde in en so doende kan jy n R1mil radio met n R10K radio vergelyk in terme van waarde vir geld en nie net funksies vs kostes nie want daar gaan duurder gewoonlik better wees.
In die geval hier bo sal Zeiss bv 5 sterre kry want teen R12500 is dit n great deal vir wat jy kry, maar as hulle pryse nou skielik na R20k toe styg dan mag hy dalk net 4 sterre werd wees want vir daai klas geld is daar better opsies ens.
Anders is dit net n scope review wat nog steeds lekker is om te lees MAAR die meeste van die ouens daar buite sit gewoonlik met die vraag die teleskoop vs n ander een en nie of n spesifieke teleskoop goed is of nie.
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2159
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Zeiss HD5 5-25 vs Nightforce SHV 5-20 vs Leupold VX6 4-2
Dries
Die kort en kragtige antwoord is dat ek dit baie graag so sou wou doen, maar dat ek dadelik baie adverteerders sal verloor. Wanneer ons oor produkte skryf moet ons fyn trap (en nou bloos ek uit verleentheid) want lig jy een produk se swak eienskappe uit sal 'n groot adverteerder wat dalk hierdie produk invoer jou dadelik aanvat en moontlik sy advertensies onttrek. Ongelukkig stel my base nie belang daarin wat die beste produk is nie, hulle kyk na my tydskrif se syfers aan die einde van elke maand.
As julle maar geweet het deur watter probleme ek met adverteerders is pas nadat ek aangestel is by Jagter sal julle verstaan. Omdat ek as brand manager vir Swarovski gewerk het, het 'n paar manne my dadelik aangevat oor ek konsuis net Swarovski sou probeer bemark. Van die manne het summier hul advertensies by Jagter onttrek. Ek is aangesê deur Media 24 om hulle te probeer terugwen. Die syfers moet klop aan die einde van die maand, dis wat tel. Ongelukkig is redakteur-wees nie net stories skryf en jag nie. Ek is onlangs erg oor die kole gehaal deur 'n adverteerder en gedreig dat hy sy advertensies sal stop net omdat ek vergeet het om in 'n artikel te noem dat hy ook 'n sekere produk verkoop.
So, hier in ons klein landjie waar ons 'n paar tydskrifte is en almal om dieselfde grootte koek meeding moet jy uiters versigtig wees om nie direkte vergelykings te doen nie. As iets goed is noem ek dit en as daar iets is waarvan ek nie hou nie sal ek dit ook noem. MAAR, as daar werklik iets swak of verkeerd is met 'n produk of dis uit en uit 'n swak produk volgens ons, sal ek net eenvoudig niks daaroor skryf nie. Laat 'n bietjie julle gedagtes gaan en dink mooi oor watter scopes daar byvoorbeeld al in Jagter geskryf is en watter nie. Ek het al 'n paar produkte aan handelaars teruggestuur vandat ek hier by Jagter is omdat ek nie gemaklik gevoel het om daaroor te skryf nie.
As daar iets aan 'n produk is waarmee ek nie saamstem nie, sal ek dit noem maar 'n mens moet baie versigtig wees want ons kan nie wetenskaplike toetse doen om te bewys A is beter/helderder as B nie. Een voorbeeld: 'n Paar manne het onlangs in 'n baie bekende wapenwinkel vyf verskillende scopes getoets vir helderheid. Een van die big name brands het volgens sommige van die toetsers baie swak gedoen, glad hoegenaamd nie wat van daardie brand verwag word nie. Tog, toe ek iemand anders daarna vra om so 'n toets te doen het hy hierdie spesifieke brand as die beste aangewys (hy besit nie so 'n scope nie). Wie is nou reg en wie is verkeerd?
Wanneer julle sulke toetsartikels lees, lees asb tussen die lyne. Kyk na dinge wat ek NIE sê nie, dit sal jou 'n aanduiding gee of ek dink die scope goed of minder goed is.
Die ideaal sou wees dat ek alle toetsprodukte koop en betaal, dan kan ek mos skryf wat ek wil? Werk ook nie altyd nie, nie as jy van adverteerders afhanklik is nie, want as adverteerder A elke maand twee vol bladsye by my neem (glo my dis baie geld, al kry hy goeie afslag) gaan hy steeds sy advertensie onttrek as ek sy produk goed slegmaak. En wat hulle doen, is dat hulle my base dadelik in die fynste besonderhede inlig hoekom hulle die advertensie onttrek. Dis soos dit is, en ja ek is skaam daaroor, maar kyk gerus na tydskrifte wêreldwyd. Hoeveel artikels lees julle waar daar direkte vergelykings getref word en die goed en sleg duidelik en sonder omhaal uitgelig word. In Amerika kan jy dit doen waar die kompetisie sterk is en adverteerders oor mekaar se voete val om te adverteer. In Suid-Afrika sukkel tydskrifte baie maande om hul advertensie targets te haal. Uit 'n stal van 54 tydskrifte is SA Jagter een van die weiniges wat die afgelope jaar groei getoon het (lesergewys en wins).
Ek sal egter in gedagte hou wat jy voorgestel het Dries en rondom die probleemareas probeer werk. Ek weet egter ook dat sommige lesers nie mal is daaroor om 'n vaste vergelyking en vaste formaat van toetse maand vir maand te lees nie. Guns & Ammo het op 'n stadium sulke vergelykings gedoen baie mense het dit blykbaar boring gevind. En vir die ou wat die artikels moet skryf elke maand is dit hel boring om sulke dooie statistieke op te stel. Maar ek sal dit beslis oorweeg. As baie manne voel dis die beste manier, sal ek kyk wat ek kan doen.
Wat ek hierbo geskryf het is 'n eerlike antwoord sonder bullsh... so ek hoop julle manne sien dit in daardie lig.

Dankie oom Koos vir die antwoord- ek kan sien dat dit moeilik sal wees om presies te se wat jy dink in so artikel goed of sleg. Op die einde van die dag moet die potte kook. Ek verstaan die media industrie goed en was self 8 jaar by naspers- die ouens vat nie strooi nie. Baie geluk dat julle groei getoon het- in die huidige media mark en algemene mark toestande in ag geneem is die NIE n klein mylpaal om te bereik nie. Ek wens ek kon vir jou n oplossing uitdink vir die probleem maar jy is reg die SA mark is baie klein.
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
- tgg
- Sr. Member

- Posts: 278
- Joined: Tue May 20, 2014 2:44 pm
Re: Zeiss HD5 5-25 vs Nightforce SHV 5-20 vs Leupold VX6 4-2
Yes Koos, that is one of the reasons I no longer subscribe to either SA jag or Magnum, the advertiser and not the end user or buyer are in control .
10 advertisers are lying or dictating to 46500 end users .
my personal view
mooi loop
10 advertisers are lying or dictating to 46500 end users .
my personal view
mooi loop
-
Koos Barnard
- Hero Member

- Posts: 2159
- Joined: Fri Feb 11, 2011 10:28 am
Re: Zeiss HD5 5-25 vs Nightforce SHV 5-20 vs Leupold VX6 4-2
Tgg
Dankie vir jou mening. Die tydskrifte bestaan nie net uit toetsverslae oor produkte nie. Geen adverteerder skryf ook aan ons voor wat om te skryf nie. Indien adverteerders dit doen, stuur ek eenvoudig die produk terug sonder om daaroor te skryf. Wat ons beslis nie doen nie, is om swak produkte op te hemel en voor te gee dat hulle goed is.
As jy nie meer SA Jagter of Magnum koop nie moet jy ook geen ander geweertydskrif in SA koop nie en ook nie 99% van die oorsese tydskrifte nie. Wat vir SA Jagter of Magnum geld, geld ook vir bykans elke tydskrif op die mark.
Ek moet ook byvoeg dat tydskrifte bitter min swak produkte ontvang. Invoerders en handelaars het ook aan die anderkant nodig dat produkte geadverteer word, so hulle kan nie bekostig om swak produkte aan tydskrifte voor te le vir toetsverslae nie.

Yeager
- Newbie

- Posts: 27
- Joined: Wed Feb 06, 2013 6:44 am
Re: Zeiss HD5 5-25 vs Nightforce SHV 5-20 vs Leupold VX6 4-2
Ek wil nou nie die draad "hijack" nie, maar ek sien hy is al redelik van spoor af.
Wat ek graag wil weet is, hoe vergelyk die Vortex Viper PST 6-24x50 met die bogenoemde teleskope. Vir gebruik op die baan en vlaktejag. Hy sal selde in die nag gebruik word.
Wat ek graag wil weet is, hoe vergelyk die Vortex Viper PST 6-24x50 met die bogenoemde teleskope. Vir gebruik op die baan en vlaktejag. Hy sal selde in die nag gebruik word.
- Dries101
- Hero Member

- Posts: 1422
- Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm
Re: Zeiss HD5 5-25 vs Nightforce SHV 5-20 vs Leupold VX6 4-2
In watse opsigte bedoel jy vergelyk?
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
- AFRICAN LEADWOOD
- Sr. Member

- Posts: 298
- Joined: Mon Jan 20, 2014 9:04 am
Re: Zeiss HD5 5-25 vs Nightforce SHV 5-20 vs Leupold VX6 4-2
Hier skuif ek weer van die draad af...
Net om in te skakel by Koos se insette oor artikes en toetse, dink ek nie mense moet sumier aanvaar dat produkte waaroor daar nie geskryf word produkte is wat swak is, of nie die mas opgekom het nie.
Hoeveel Night Force toetse het ons gesien toe Lynx die alleen agente was? Hoeveel toetse het julle van IOR gesien wat Matoska tans invoer? Of Sightron wat Nic Yale versprei? Daar is baie voorbeelde. Dit het ook baie te doen met die inisiatief wat die verspreider neem en wat sy bemarkingsstrategie is, watter positionering hy verkies ens. Dus is daar verskeie redes waarom artikels oor goed verskyn of nie verskyn nie.
Kom ons draai die gesprek 'n bietjie om. Daar was artikels wat geskryf is deur gesiene mense in die bedryf wat onder andere as deel van die artikels terugvoer gegee het oor 'n produk wat ek invoer. In die een geval het ek die persoon genader om 'n toets te doen en die ander man het uit sy eie die artikel geskryf voordat ons ontmoet of gesels het. Soos die onafhanklike skrywers wat nie in diens is, of op die redaksie span van 'n tydskrif is nie maak, is die toe na 'n paar tydskrifte gestuur vir moontlike publikasie.
Een van die tydskrifte kontak my toe en sê dat aangesien die artikel so 'n positiewe verslag gee op my produk sal ek, of die vervaardiger daarvan, reklame spasie moet koop anders publiseer hulle dit nie. Dit is ook direk so aan die skrywer oorgedra en hy is gevra om my te kontak as hy sy artikel gepubliseer wou kry.
Ek gee nie meer detail hieroor nie voordat mense probeer raai watter tydskrif dit was. Maar ek dink dit gee meer insig rondom die situasie.
Ek kan met sekerheid sê dat nie al die publikasies belangstel daarin om 'n diens te lewer aan hulle teikenmark nie. Ons weet almal moet geld maak, maar die waarheid is eintlik wat die leser soek. Ek moet sê dat hierdie ekstreme geval sover in my ervaring 'n enkele uitsondering was en ander tydskrifte het direk met my gedeel dat hulle beleid is om artikels oor produkte te plaas en dat ek nie vir daardie geleenthied hoef te betaal nie.
Ek dink Koos steek nogal sy nek uit met sy post waarvoor ek baie respek het.

Jan-Hendrik
- Full Member

- Posts: 137
- Joined: Wed Feb 05, 2014 6:49 am
- mossie
- Sr. Member

- Posts: 375
- Joined: Thu May 21, 2009 2:10 pm
Re: Zeiss HD5 5-25 vs Nightforce SHV 5-20 vs Leupold VX6 4-2
Miskien is ons grootste probleem as dit kom by scopes, ons eie ongeduld en luiheid. Ons is bereid om baie geld uit te gee op n scope waar dan is ons te lui en ongeduldig om moeite te doen.
My raad aan voornemende kopers sluit n bietjie moeite en schlep in, maar ek dink dis die moeite werd. Ten eerste, vergewis jou van jou "budget". Vind uit watter handelaar hou wat aan, gaan soontoe en gaan kyk deur die ding. Moenie dit in die middel van die dag in die winkel onder helder lig doen nie- dan sal selfs n melkbottel helder en duidelik wees. Doen dit laatmiddag, effe swak lig, lae son ens. Miskien gaan dit beteken dat jy n ander dag om en by dieselfde tyd vir ongeveer dieselfde lig ens. by die volgende handelaar na n ander een gaan kyk. Waar enigsins moontlik laat die handelaar die ding op n blank kolf sit sodat jy dit beter kan evalueer. Doen die moeite, waar enigsins moontlik, om by klubs of verenigings se skietdae uit te kom en kyk deur verskillende scopes en kyk waarmee voel jy die gemaklikste.
Baie mense sal van my verskil, maar verskillende oe reageer verskillend op verskillende scopes. Vir jou mag die Zeiss dalk reg wees, maar die volgende ou gaan sukkel met hom. Jy moet hom betaal en hy moet vir JOU reg wees. Pasop vir "salestalk" hulle kan dalk perdedr#$lle as vye verkoop.
Ek het Zeiss, Nightforce,Lynx LX 2, Vortex, Sightron, Redfield , Dolfies - selfs ou Tasco en ek het sover moontlik probeer om elkeen van hulle te kies om die beste aan n sekere behoefte te voldoen. Ek weet dis nie altyd moontlik nie, maar waar jy enigsins kan, probeer hierdie bietjie moeite doen en ek is oortuig jy sal beter waarde vir jou geld kry.
MOSSIE

as jy mis, probeer net weer!!!!!!
- Wilhelm Schultz
- Full Member

- Posts: 195
- Joined: Tue Sep 03, 2013 9:37 pm
Re: Zeiss HD5 5-25 vs Nightforce SHV 5-20 vs Leupold VX6 4-2
Baie goeie raad Mossie baie dankie
Hou die lood in die lug