Leopold of Nightforce?

Leoplold of Nightforce

leopold
16
46%
nightforce
19
54%
 
Total votes: 35

Christoff Bosch
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 58
Joined: Thu Mar 03, 2011 7:57 am

Re: Leopold of Nightforce?

Post by Christoff Bosch »

Bly Jys tevrede :)
Baie bly ek kon deur jou nightforce kyk daai is verseker die reticle vir my.
Groetnis
Christoff
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1891
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Leopold of Nightforce?

Post by jaracal »

Danie .243 wrote: Sal graag Jaracal se ervaring wil lees oor die Night Force scopes.
My ervaring van 'n nightforce NXS was een van die dinge wat ek baie ver agter my gesit het. Het my nie net 'n klomp jakkalse gekos nie maar ook 'n geweer loop. Dit is soos Francois se^, ek het dit later vir 'n Lynx geruil by Lynx optics self (wat die invoerders van NF was). Ek het niemand probeer indoen nie. Daar is niks wat by die glase van die nightforce kom nie. Maar wie wil 1000m sien as jy nie eers op 150m kan raakskiet nie. Die parallax van die nightforce teleskope is baie krities en indien jy teiken skiet is dit OK as jy weet wat die afstand is. Ek het 3 gehad en het ek almal verkoop en Leupolds gekoop. Ek het ook 'n paar aan ander kliente verkoop (ek was in die begin gaande oor die NF's) en ek praat onder korreksie maar is almal terug gestuur vir die parallax. Ek moet ook se^ dat ek enkele ouens ken wat baie van hulle NF hou. Al gee jy my nou R10 000 en 'n NF sal ek die aanbod van die hand moet wys. Ek het al my vertroue in daardie Maak verloor. Elke geringe stampie aan die loop en ek moes die teleskoop instel. Leupoldt is nie die beste scope nie maar duursaam, hou sy point of impact en waarde vir geld dink ek is dit een van die betere kopies vandag vir jag.

As ek nou moet kies sal ek Zeiss, S U Bender, Leica, Swarofski, Khales, Meopta, Leupoldt en Lynx neem in daardie volgorde indien geld nie 'n probleem is nie. Anders sal ek die laaste 3 neem ook in daardie volgorde as my pennies skraps is. Daar is ook scopes soos Nikon, Burris en eintlik te veel om te noem maar ek sal by bogenoemde lys bly want dit is teleskope wat maklik in SA gekry word en hulle naam reeds bewys en gestand gedoen het.
Groete
Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: Leopold of Nightforce?

Post by Ponkie »

Manne

Daar het julle dit nou self gehoor!
Uit die groot leeu se mond!  ;)

Ek is baie tevrede met dit wat ek uit my Burris (6.5-20x50) kry en as ek kyk dat ek slegs R3200 vir die scope betaal het. Een van die nadele wat ek kan uitlig van die scope is sy klein "field of view". Op die skietbaan is dit nie 'n probleem nie, maar in die veld as mens jag kan dit nogals lastig wees.

Groetnis
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Leopold of Nightforce?

Post by Stefan764 »

jaracal wrote:
Danie .243 wrote: Sal graag Jaracal se ervaring wil lees oor die Night Force scopes.
........ het ek almal verkoop en Leupolds gekoop.
Nou ja, daar hoor julle dit by Dr Jaracal homself..............

Leopold-Groete  ;)
Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
User avatar
Chris101
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 390
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:25 am

Re: Leopold of Nightforce?

Post by Chris101 »

Bosch

My sienning scops is soos motors.
Party is net op n Saterdag gemaak .
Probeer een wat op n Dinsdag gemaak is.
Visvanger het onglans n Moer duur ZEISS aangeskaf die is oorsee en hy sonder scope.

Sterkte

101
Knou die gediertes AF.
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Leopold of Nightforce?

Post by Dawie »

Al wat ek op die stadium teen Nightforce het is dat ek nou al van 3 November 2010 af vir 'n bestelde NXS by S&O in my m*&r in moet wag >:(

Kojak
User avatar
erx
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 419
Joined: Thu Jan 13, 2011 9:36 pm

Re: Leopold of Nightforce?

Post by erx »

Yes ou Gieter

Hierdie topic van jou loop mooi ou mater, goeie werk!
Sien die poll is 50/50

Groete
erx
Christoff Bosch
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 58
Joined: Thu Mar 03, 2011 7:57 am

Re: Leopold of Nightforce?

Post by Christoff Bosch »

Hallo erx
Ja dis kop aan kop....
Groete
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: Leopold of Nightforce?

Post by MEERKAT »

Hallo

Ons gebruik ook die Leupoldt 6.5-20x50 en die Nightforce 12-42x56 en beide scope is baie stabiel self agter op skiet stoel.
Wat helderheid aanbetref is hulle baie na aanmekaar, paralaks is meer sensitief by Nightforce as die Leipoldt.

Kon nog nooit se Nightforce verloor sy  zero merk so ook met die leupoldt.

Die ander scope wat ons gebruik is die Smidt en Bender 8x56 en op 11 x vergroting by die Leupoldt, en 12 x by die Nightforce is die beelde ewe groot tussen die 3 scopes.  Wat helderheid aanbetref is Leopoldt en Nightforce basies dieselfde, die Smidt en Bender kan jy nie vergelyk met die 2  scopes.

Groetnis
MEERKAT
Rfourie
Full Member
Full Member
Posts: 135
Joined: Sun Dec 05, 2010 10:52 pm

Re: Leopold of Nightforce?

Post by Rfourie »

Ok Heinrich, ten minste weet ons jou geval was baie uniek, as ons so na die post luister klink dit of 99.9% van Nightforce eienaars gelukkig is en 9.9% van die Leupold eienaars gelukkig is. Dit is ook seker die rede hoekom Leupold so baie klem op hulle waarborg sit en dit so aggresief bemark......voor ek nou n Leupold koop sal ek ook darrem wil weet hulle kan hom regmaak. Onthou die gemiddelde Amerikaner kan nie vir homself dink nie......follow the masses, "made right, made here" is die slagspreuk, hoekom sal n belastingbetaler middeklas Amerikaner wat sy werk moet beskerm nou n Japanese scope koop? Ek wonder op Leupold sou bestaan het as dit nie Amerikaans was nie. Daar is 1500 000 jagters in Amerika en nogsteeds sukkel en redineer die amerikaners oor Leupold. Daar is slegs 4 miljoen agters buite amerika. Laat n mens dink, dan is die zeiss,swarovski, nikon, nightforce en ander scope BAIE GOED! entelik beter as wat hulle se!
jaracal wrote:
Danie .243 wrote: Sal graag Jaracal se ervaring wil lees oor die Night Force scopes.
My ervaring van 'n nightforce NXS was een van die dinge wat ek baie ver agter my gesit het. Het my nie net 'n klomp jakkalse gekos nie maar ook 'n geweer loop. Dit is soos Francois se^, ek het dit later vir 'n Lynx geruil by Lynx optics self (wat die invoerders van NF was). Ek het niemand probeer indoen nie. Daar is niks wat by die glase van die nightforce kom nie. Maar wie wil 1000m sien as jy nie eers op 150m kan raakskiet nie. Die parallax van die nightforce teleskope is baie krities en indien jy teiken skiet is dit OK as jy weet wat die afstand is. Ek het 3 gehad en het ek almal verkoop en Leupolds gekoop. Ek het ook 'n paar aan ander kliente verkoop (ek was in die begin gaande oor die NF's) en ek praat onder korreksie maar is almal terug gestuur vir die parallax. Ek moet ook se^ dat ek enkele ouens ken wat baie van hulle NF hou. Al gee jy my nou R10 000 en 'n NF sal ek die aanbod van die hand moet wys. Ek het al my vertroue in daardie Maak verloor. Elke geringe stampie aan die loop en ek moes die teleskoop instel. Leupoldt is nie die beste scope nie maar duursaam, hou sy point of impact en waarde vir geld dink ek is dit een van die betere kopies vandag vir jag.

As ek nou moet kies sal ek Zeiss, S U Bender, Leica, Swarofski, Khales, Meopta, Leupoldt en Lynx neem in daardie volgorde indien geld nie 'n probleem is nie. Anders sal ek die laaste 3 neem ook in daardie volgorde as my pennies skraps is. Daar is ook scopes soos Nikon, Burris en eintlik te veel om te noem maar ek sal by bogenoemde lys bly want dit is teleskope wat maklik in SA gekry word en hulle naam reeds bewys en gestand gedoen het.
Groete
Heinrich
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Leopold of Nightforce?

Post by Piet Breedt »

Ek is nou die trotse eienaar van n Nightforce 12 -42 x 56 danksy Safari & Outdoor, en sal terugvoer gee as ek eers meer met hom gewerk het. My aanvanklikke toetse en indrukke is dat dit n indrukwekkende taktiese scope is, maar weens sy groot vergroting sal dit waarskynlik nie die beste keuse vir nagskiet wees nie.

Sy positiewe verstelbaarheid het my beindruk, sowel as sy "repeatability"
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Leopold of Nightforce?

Post by JACQUES BOTHA »

Piet
As jy hom lekker getoets het skryf ook so verslaggie.Jy weet ek het ook nog geen probleme met myne gehad nie, maar heinrich bv sal om die dood nie nightforce gebruik nie, nie weer nie..(lag lag lag) en met sy rede ook, en ek sal ook ander name nie sommer gebruik nie met my rede's.
Tussen 12 en 15 sal hy mooi werk in die nag, ek speel daar rond met myne , as jy weer bokke oes in die nag gaan jy hom eers geniet..
Hy het sy nadele , nightforce het nie dieselfde field of view as die swartwors bv nie maar  hulle kyk n koek hou en jy sal ook jou gaatjies in die papier sien op 300+ meter.
Groete
Jacques
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: Leopold of Nightforce?

Post by Hein M. »

Piet Breedt wrote:
Ponkie wrote: Manne

Ek sien diesele tendens nou by ons Jagtersvereniging. Ons A span bly min of meer konstant reg deur die jaar. Dis nou op die laaste kompetisie Jaco Brink, Valie Enslin, Jimmy Farhnam en Danie Barnard gewees. Al 4 hierdie skuts was groot, maar groot leupold manne. Weet nou nie die presiese vergrotings van hulle scopes nie, maar intussen het al 4 die leupolds laat gaan en skiet hulle met Nightforce.  Ek praat net onder korreksie van Oom Jimmy, maar die res is ek seker van.

Wat die rede hiervoor is, weet ek regtig nie, weet net dat die leupolds nie die turrets gehad het waar jy dial voor elke skoot nie en die Nightforce het wel.

Groetnis
Ponkie
En daar gaan die lig aan.  Teleskope is baie "horses for courses". Ek het niks teen Leupolds nie. Het immers self al n klomp in my lewe gehad.  

Soos ek dit sien in die meer as 30 jaar wat ek skiet, het dit so gewerk.

Daar was 3 klasse van scopes vir ons beskikbaar in ons land.

Klas 1: Daar was die goedkoop klas wat ons almal mee begin het nl: die Tasco's, Bushnell's, Weaver's, Redfields en later die Lynx'e en Nikko Sterling wat seker die swakste was.

Klas 2: Dan was daar die Leupolds wat beslis n stappie hoer was

Klas 3: En dan op hulle onbetwiste eie vlak was die Zeiss'e, Swarovski, en Smidt und Bender's met Kales en later Leica daarby. Hulle was nie vir ons gewone sterflinge beskoor nie, en ek het altyd met n nat gekwylde mond na hulle gestaar. Hulle is nogsteeds in daardie vlak op hul eie. March lyk my is ook daar naby van wat ek nou al gesien het.

Volgens my opinie het die 2de vlak egter n hele klompie ander name nl:( Night Force, Burrus, Nikon, Vortex en nog so paar ander soos Meopta en IOR van Rusland) bygekry, en Leupold het so bietjie verswak. Ek staaf my bewering aan eie ondervinding, en ook aan statistieke van n groot geweer handelaar wat aan my vertel het dat hy by verre weg die meeste Leupolds terugstuur vir herstel as al die ander saam. Hy verkoop ook egter verre weg die meeste Leupolds, aangesien elke ou wat daar instap met niks minder tevrede is, as die goue ringetjie voor aan die objektiewe lens nie.

Ek self glo dat n Leupold nogsteeds n goeie scope is, maar dat jy jou geld baie beter kan benut vir n net so goeie scope, indien nie beter, en nog heelwat kleingeld kan oorhe met vandag se keuses.
Piet

So jy dink die Nightforce is nie heeltemal in dieselfde klas as Swarofski nie?

Interessante tread.  Ek leer baie!

Hein M
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1891
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Leopold of Nightforce?

Post by jaracal »

SMK wrote: Ok Heinrich, ten minste weet ons jou geval was baie uniek,... Onthou die gemiddelde Amerikaner kan nie vir homself dink nie......follow the masses, "made right, made here" is die slagspreuk, hoekom sal n belastingbetaler middeklas Amerikaner wat sy werk moet beskerm nou n Japanese scope koop? Ek wonder op Leupold sou bestaan het as dit nie Amerikaans was nie. Daar is 1500 000 jagters in Amerika en nogsteeds sukkel en redineer die amerikaners oor Leupold. Daar is slegs 4 miljoen agters buite amerika. Laat n mens dink, dan is die zeiss,swarovski, nikon, nightforce en ander scope BAIE GOED! entelik beter as wat hulle se!
Soos ek geskryf het is dit my ondervinding en het vele ouens wat Nightforce deur my gekoop het probleme opgetel. Kevin Healy by Custom Rifles in Bloem het 'n Leopoldt gehad wat hy gebruik het om gewere te toets. Die scope het na ongeveer 15+ jaar (indien ek dit reg onthou) foutief geraak en hulle het die scope ingestuur. Die scope was nie herstelbaar nie en Leopoldt het 'n nuwe een kosteloos gestuur.
Ek dink jou veralgemeening van die Amerikaner is bietjie uit voeling en hulle het so 6 jaar terug 14 000 000 geregistreerde jagters gehad en sover ek weet is Nightforce nou 'n Amerikaanse maatskappy want alle Nightforce scopes moet na Amerika gaan vir herstel, maar is nie presies seker hie dit werk nie. Indien jy die Benchrest en Target sites lees sal jy sien dat baie wel Nightforce gebruik maar soos in die post geskryf is is die Nightforce se parallax baie sensitief, indien jy die afstand weet baie goed maar targets hardloop nie rond nie.

Indien ek vandag 'n scope moet koop sal ek die Meopta vat ipv die leopoldt. So ek se^ nie koop die leopoldt nie ek het net my ondervinding van Nightforce en Leopoldt deurgegee.

Heinrich
Last edited by jaracal on Sun Apr 24, 2011 8:40 pm, edited 1 time in total.
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Leopold of Nightforce?

Post by tafjak »

Heinrich

Ja, as iets vir jou werk, dan werk dit vir jou.

Moes gister vir een van jou Steytlerville-studente 'n lading doen. Soos dinge hier maar werk het dit laat geword en moes toe in die donker gaan skiet. Sien toe dat hy net 140 Lightforce op het, maar die Meopta(3-12x56) het my weereens verbaas. Dink maar self die manne moet gryp as hulle iets in darie klas wil h?, pryse sal seker nie lank so gunstig wees nie.

Mooiloop

Ps. Sal in die week met jou re?l vir die groen ghoen.
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Leopold of Nightforce?

Post by Francois Marais »

Taffie

Jy maak my hart bly oor die Meopta, myne is al in die kaap, laat weet as hy by jou of Dirk is.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
raychell
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 414
Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm

Re: Leopold of Nightforce?

Post by raychell »

Meopta het nou hul waarborg verleng na 30 Jaar die nuwes wat ingekom het kos steeds R6600.00
Raynie
One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Leopold of Nightforce?

Post by tafjak »

Raynie

Appels!

Die een wat Tiboy by jou gekry het is die wat ek so bietjie mee geskiet. Hel maar die 140 Lightforce is genoeg om jou sommer lekker v?r te laat gooi. Darie kruishaar is nogal nice, en die fokus werk soos 'n bom.

Mooiloop

Ps. Ek is op die landlyn
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1385
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: Leopold of Nightforce?

Post by Freddie101 »

Ek sien die manne het nou bietjie afgedwaal en praat ook oor die Meopta.

Wil net weereens bevestig dat ek baie gelukkig is sover met myne.

Taffie. Watter kruishaar praat jy nou van?

Groetnis.
yol bolsun
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Leopold of Nightforce?

Post by tafjak »

Freddie

Presies dieselfde as joune. Ek kon maklik op 100m(donker) die kruisie pin point op die aanl?punt sit. Het toe sommer vir interresantheid so bietjie na ander goed gekyk en kon steenbok so 260m verder gemaklik sien sonder om fokus te stel en die kruishaar was nog spiekeries. 'n Baie nice scope darie, baie nice!

Ek het ook al met Raynie s'n gejag en die scope het toe al vir my die ding gedoen. Maklik kon ek springhase op 300m identifiseer(dit was in Kirkwood en darie plek het vreeslike dou in nag) en as ek regtig 'n goeie skut was sou ek seker hulle kon omdop.

Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
Rfourie
Full Member
Full Member
Posts: 135
Joined: Sun Dec 05, 2010 10:52 pm

Re: Leopold of Nightforce?

Post by Rfourie »

Waar kan n mens na die Meopta kyk??  Is dit al getoets? Waar word dit vervaardig?  Wie is die agente?

groete
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Leopold of Nightforce?

Post by Francois Marais »

SMK

Ek het myne by Jan (Klipspringer) gekoop, n bietjie gewag vir hom, maar daar is nou in stock in SA. Ek weet nie wie die SA agente is nie. Ek het n Meopta verkyker, en die se opticks vergelyk gunstig met die van Swarofski, daarom het ek op die teleskoop besluit, ook nadat ek net goeie terugvoer van Raynie en Freddie gekry het. Sal nog n wyle wees voor ek praktiese ondervinding van hom sal he, maar sal terugvoer gee so gou moonlik.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Leopold of Nightforce?

Post by tafjak »

SMK

Ek sien Raychell en Klipspringer is die manne om te kontak. Jy kan sommer op die site hulle email of 'n PM stuur.

Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Leopold of Nightforce?

Post by JACQUES BOTHA »

Taffie
Wanner sien ons jou agter die meopta's inskuif.
Maar as n man mos n paar skoene het wat mooi pas gaan jy mos nie nou n ander paar koop net om te toets of hulle so lekker loop soos die wat jy tans het nie of hoe...
Is dit dalk hoekom party getroude mans rondkyk ,,,hy wil voel of daai nuwe jagskoene net so lekker stap soos die oues?  of waar gaan haal ek nou die luiperd agetr dei berg of is dit nou bobbejaan klim die berg?
Mooiloop
Jacques 
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: Leopold of Nightforce?

Post by tafjak »

Jakes

Jong, ek weet nog nie. Op die oomblik behandel Oom Karel Sies my nog goed, maar as die owerhede my genadig is, is daar net moontlik 'n nuwe loodgooier in my kas. Hy sal ietsie op moet kry as alles regloop en my ore is op die grond. Wie weet? Meopta is verseker die een wat op die oomblik die meeste punte het.

Wat dare jy my mee? Swarovski? Moontlik jag ek met ene so oor paar maande vir 'n ruk. Sal dan maar sien.

Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
Post Reply