Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Fritz Hagen wrote:Lyk soos 'n staatmaker roer daai Farncois. Wanneer gaan jy hom langpad laat skiet en ons kom wys?
Fritz dit voel of die manne met opset langer vat om klaar te kry. Ek't so oefen lopie op Bluegum se 500m gevat met 3 duim groepering. Ek sukkel bietjie om die 1/8min verstelling a onder die knie te kry.
Ek het aanvanklik 'n Anschutz rail ingehad om sodoende die bi-pod te kan verstel en die balans reg te hou. Nie mal oor die dovetail gewees, so die ontwerp verander sodat die bipod in 1.2cm (ongeveer) inkrememte kan stel.
My geweer soos hy nou lyk. Vir eers is al die Fyn goedjies gedoen. Ek is nie baie mal oor die estetiese van die wangstuk maar die cheek-weld is baie goed.
Lading ontwikkeling is die volgende groot werk. My weg-spring lading is 43.5gr 335 met Lapua Scenar 155's. Dit gee my 2880fps met 18mm groepering. Ek het nog glad nie na OBT gekyk. Geen druk tekens. Ek is tevrede met die Spoed. Die groepering wil ek definitief onder 10mm gemiddeld kry.
Die loadings met CCI large rifle primers wys 'n ES van 25fps. Die wat met BR-2 primers gelaai was het 'n 15fps ES gewys maar teen 40fps vinniger(?) (Selfde 43.5gr). Is dit hoe dit moet wees?
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Francoisv wrote:
Lading ontwikkeling is die volgende groot werk. My weg-spring lading is 43.5gr 335 met Lapua Scenar 155's. Dit gee my 2880fps met 18mm groepering. Ek het nog glad nie na OBT gekyk. Geen druk tekens. Ek is tevrede met die Spoed. Die groepering wil ek definitief onder 10mm gemiddeld kry.
Kyk miskien na OBT. Dink jy kan dalk afkom met daai lading vir beter resultate. Maar ek hou maar van 'n 500m ladder test.
Francoisv wrote:
Die loadings met CCI large rifle primers wys 'n ES van 25fps. Die wat met BR-2 primers gelaai was het 'n 15fps ES gewys maar teen 40fps vinniger(?) (Selfde 43.5gr). Is dit hoe dit moet wees?
Nie volgens my nie. Hoe ek dit verstaan is die QC op die BR2's net beter as die CCI's en is dus maar presies dieselfde primer. Maar ek kan dit nie bevestig of bewys met data nie.
Kopspasie-probleme hoef nie noodwendig op n uitgeskiete loop te dui nie. Word die bewering gemaak dat die loop uitgeskiet is omdat daar kopspasie-probleme is,of het die smit die loop ordentlik "gemike"?
Mossie
Ai sterkte dis nou al weer geld wat moet vloei, maar as ek kyk na jou groep, sal n afsny, her-kroon en kamer-joppie darem weer die wa kan trek vir n wyle tot n nuwe loop bymekaar gemaak kan word.
Ek het gehoop die smit wat aan die geweer gewerk het het die wysheid gehad om dit (loop en kopspasie) te check aangesien ek op sy raad en leiding staat gemaak het. Dis mos basiese goed. Hy het seker gehoop ek het die wysheid gehad om te vra om dit te check. Dis mos basiese goed. Skool geld, bloedgeld. Die skade is darem net die gun coating, die loop sou ek en elk geval later in die jaar moes vervang om kompeterend te bly.
Dit is wat dit is. Vanaand begin my fonds-insameling kluis skoonmaak. Zeiss HD5, klomp 308 en 30-06 doppe, redding dies en Swartklip 22 patrone. Ek sal vanaand thread begin in gratis advertensies.
Ek wil dit ook graag reg kry eendag as ek groot is.
Groete
Ek ook!!! Ek ook!!!
Lekker Francois. Dis mos groepe soos daai wat 'n man lekker laat slaap in die aande! Laat my nou dink aan 'n meme wat ek gaan maak. Watch this space...