Re: Bosvarke
Posted: Wed Jun 22, 2011 3:55 am
Rasmus - lyk my jou planne begin nou werk. Baie mooi otter !!!! Sy sou beslis redelik oor die 100 Kg geweeg het. My varkdroogte lyk my is nou oor. Het laasnag weer begin optel. Lyk na Pa, Ma en sussie.
Wat die betaling betref vir varkjag. Was heel verbaas toe ek sien wat die mense bereid is om vir varke te betaal. Het nooit besef dat ons lelike varkies so 'n gesogte spesie is nie. Wat ek wel weet is dat dit nie die maklikste van jagmaatjies is nie. Het al 'n hele paar aanbiedinge gehad van potensiele jagters. Praat van groot bedrae, maar dan wil hy die vark gewaarborg en op 'n skinkbord h?. Die manne wat van varke weet sal nou verstaan wat ek bedoel - om 'n trop te leer ken en dan te besluit wat uitgehaal moet word kan tot so lank as twee maande neem teen 'n uur of wat per dag. As die varkies regtig honger is is dit 'n sak semels per week. Nou begin die sommetjie aardig lyk.
My raad is dus. As hulle skade maak - looi hulle so hard as jy kan. Ek glo nie jy sal hulle kan uitroei nie. As hulle goed pak kry skuif hulle net uit na 'n volgende gebied. Skade gaan jy h? en die 'verkoop' van die varkies kan dalk opmaak. Waar hulle nie skade maak nie - bestuur hulle en beheer die aanwas tot jou eie voordeel.
Water my bek nou weer vir 'n ribbetjie !!!!!