Page 2 of 2

Re: SAJSV Limpopo Ope - 21 Junie

Posted: Sun Jun 22, 2014 4:03 pm
by BennieO
Ek het ook saterdag vir die eerste keer gaan probeer.
Dit was baie lekker en baie leersaam, ek sal dit verseker weer doen.
Ek was in die begin bekommerd oor die tyd wat dalk te min is en dit het my laat droog maak.
Nou weet ek ook ek kan nie afstand skat nie.
Wat ook vir my opvallend was is dat by elke baan met die bokke voel dit of elke skoot moeiliker word en kry jy net nie die geweer stil gehou nie. Eerste skoot is die maklikste.

Re: SAJSV Limpopo Ope - 21 Junie

Posted: Sun Jun 22, 2014 5:47 pm
by Hein22
Bennie, so leer mens jou swakpunte ken en kan jy daaraan werk en verbeter. Moet net nie soos sommiges maak en nou opgee en nie weer skiet nie. Dit word net makliker soos jy verbeter, alhoewel dit nooit regtig MAKLIK is nie!!

Re: SAJSV Limpopo Ope - 21 Junie

Posted: Sun Jun 22, 2014 5:56 pm
by Reggie Gerber
Naand Manne

Eerstens geluk aan Johannes wat op n lekker gebalinseerde baan n voltal kon skiet.

Dirk to you and your team well done for a very well organised shoot at a lovely venue.

Ek self het n goeie dag gehad en het 4de gekom. 5/6 bane het ek vol geskiet en toe een skoot laag getrek op die vark teiken en dit kos my toe n 2de plek.

Bennie en Hein ek kom nou agter ons was in die selfde groep.

Lekker aand manne

Re: SAJSV Limpopo Ope - 21 Junie

Posted: Sun Jun 22, 2014 6:03 pm
by Hein22
Yes, ek het gesien julle manne was hard besig om die baan deur te kyk. Jy en Johannes het baie mooi geskiet, geluk met jou score!!

Dit was net die lang gong baan wat my regtig seer gemaak het. Ek het gesien daar gaan 'n vol score kom die dag en skiet toe maar die Springbok veilig op die blad om 70% te waarborg. Next time...

Re: SAJSV Limpopo Ope - 21 Junie

Posted: Sun Jun 22, 2014 6:18 pm
by Biltong
Ek so ook baie geluk aan Johannes met die voltal en Reggie met 'n baie goeie skiet.

Dankie weereens aan Dirk vir die lekker skiet en al die harde werk met die reelings. Dis 'n lekker plek om te skiet, naby aan Gauteng en met baie potensiaal vir 'n paar jaar se gebruik. Baie dankie aan die Bosveldjagters vir julle gasvryheid.

Bennie, dit sal net al hoe beter gaan. Ons vertrou ons sal jou weer daar sien. Het jy al daai knaldemper op die Brno getoets? :)

Groete
Wicus.

Re: SAJSV Limpopo Ope - 21 Junie

Posted: Sun Jun 22, 2014 7:55 pm
by BennieO
Hi Wicus.

Ek sal verseker weer probeer. Dit is die voordeel van lae tellings, baie ruimte om te verbeter. Daai knaldempertjie werk, dankie dat jy hom aan my afgestaan het, ek waarder dit.

Re: SAJSV Limpopo Ope - 21 Junie

Posted: Mon Jun 23, 2014 8:14 am
by Biltong
Dis my plesier!

Re: SAJSV Limpopo Ope - 21 Junie

Posted: Mon Jun 23, 2014 12:00 pm
by Greyghost
Some Stats

There were 81 competitors 49 SAJSV members and 32 non members or visitors.

The Average score for the 81 competitors was a 567.

Members shot a average score of 636 and Non members a score of 448.

Gold Class 28 competitors Highest score 900 average score 741
Silver Class 13 competitors Highest score 695.5 average score 570
Bronze Class 7 competitors Highest score 490.2 average score 427

Range averages were also interesting
Range 1 Average score 115 Members 126 Visitors 98
Range 2 Average score 75 Members 95 Visitors 44
Range 3 Average score 102 Members 108 Visitors 91
Range 4 Average score 103 Members 115 Visitors 87
Range 5 Average score 63 Members 81 Visitors 38
Range 6 Average score 107 Members 121 Visitors 87

Long Springbuck range and long gong range were the most challenging.

Re: SAJSV Limpopo Ope - 21 Junie

Posted: Mon Jun 23, 2014 12:08 pm
by Greyghost
Some Pics

Re: SAJSV Limpopo Ope - 21 Junie

Posted: Mon Jun 23, 2014 12:09 pm
by Greyghost
And some more

Re: SAJSV Limpopo Ope - 21 Junie

Posted: Mon Jun 23, 2014 12:11 pm
by Greyghost
Photos were taken by Andries van der Heyde contact him on 072 953 7863 if you are interested to see if there are pics of you.

Re: SAJSV Limpopo Ope - 21 Junie

Posted: Mon Jun 23, 2014 4:24 pm
by BRNO (Pierre)
Dankie vir die fotos. Dit lyk sommer bakgat.
Is daar op ander tye ook sulke komps aan die gang? Het julle ouens erens n program waar datums ens beskikbaar is?

Re: SAJSV Limpopo Ope - 21 Junie

Posted: Mon Jun 23, 2014 4:30 pm
by Hein22

Re: SAJSV Limpopo Ope - 21 Junie

Posted: Mon Jun 23, 2014 4:34 pm
by Greyghost
Hi Pierre

Yes ons skiet reg oor die land

SAJSV DATUMS:

1 Februarie 2014 Natal Ope Harismith - Verkykerskop
8 Maart 2014 Noordwes Tophok Ope Bloemhof (Nuwe venue)
15 Maart 2014 WP Ope Veldskiet Rawsonville
12 April 2014 Mpumalanga Ope Vrede
9 Mei 2014 SAJSV Top 50 Gariep
10 Mei 2014 SAJSV SA Ope Gariep
21 Junie 2014 Safari and Outdoor Limpopo Ope

Donderdag-7 Augustus-Wêreld Kamp. 1ste been
Vrydag-8 Augustus-Wêreld Kamp. 2de been
Saterdag -9 Augustus –Wêreld Kamp. 3de been,tesame met Vrystaat Kampioenskappe,prysuitdeling die aand.

Maandag 11 Aug - spanskiet vir Internationale Spanne met hulle prysuitdeling.

6 September 2014 Safari and Outdoor Gauteng Ope - Delmas
13 September 2014 Boland Ope
21 September 2014 Noord Kaap - Kuruman
4 Oktober 2014 Suid Kaap Ope - Louvain
25 Oktober 2014 Oos-Kaap - Kareedouw

Jy kan op ons website kyk vir info en datums ons skiet vir die eerste keer World champs in Augustus , sluit aan en kom skiet saam.

Website : http://www.sahuntingrifle.co.za

Re: SAJSV Limpopo Ope - 21 Junie

Posted: Mon Jun 23, 2014 4:49 pm
by Pvdw
Pierre gaan ek en jy die een op Delmas skiet?

Re: SAJSV Limpopo Ope - 21 Junie

Posted: Mon Jun 23, 2014 5:17 pm
by BRNO (Pierre)
Pvdw wrote:Pierre gaan ek en jy die een op Delmas skiet?
Peet, dit klink bakgat! Sal baie graag wil. Ons gesels verseker nader aan die tyd.

Re: SAJSV Limpopo Ope - 21 Junie

Posted: Mon Jun 23, 2014 5:26 pm
by Pvdw
dan maak ons dit 'n date.

Re: SAJSV Limpopo Ope - 21 Junie

Posted: Mon Jun 23, 2014 8:24 pm
by JPS
Ek sal hom ook graag wil gaan skiet, sal maar vir die ondervinding daarvan wees. Wou al die naweek die Een bywoon maar het nuwe scope op die sporter gesit verlede week.

Re: SAJSV Limpopo Ope - 21 Junie

Posted: Tue Jun 24, 2014 8:14 am
by Capt. Yoda
http://www.jaracal.com/download/file.php?id=15586

Daai staan is waar die groot honde gesky word van die ander

Re: SAJSV Limpopo Ope - 21 Junie

Posted: Tue Jun 24, 2014 9:06 am
by Biltong
Kaptein, wat jy se is baie waar. Dit kan jou telling maak of breek.
Dis was vir my verbasend om te besef hoeveel dit help om pertinent die staanposisie te oefen. Sommer met die .22 op die baan of met die windbuks of self net "dry fire" in die huis.
Maar ons skiet mos eerder van die skietafel af. Ongelukkig is daar nie 'n skietafel in die veld as jy jag nie....... ::)

Lekker dag.

Re: SAJSV Limpopo Ope - 21 Junie

Posted: Tue Jun 24, 2014 10:41 am
by BennieO
Kan iemand my help met die grote van die verskillende bok/varkteikens? Ek soek mates van rug tot pens om te probeer uit werk deur die teleskoop se merke wat die afstand is. Ek weet die gonge is 200mm. Of beter, kan mens van die teikens iewers koop?

Re: SAJSV Limpopo Ope - 21 Junie

Posted: Tue Jun 24, 2014 10:46 am
by Hein22
Jy kan die teikens by die Skietwinkel in Bloem koop.. hulle pos dit vir jou.

Re: SAJSV Limpopo Ope - 21 Junie

Posted: Tue Jun 24, 2014 11:47 am
by BennieO
Dankie Hein

Re: SAJSV Limpopo Ope - 21 Junie

Posted: Tue Jun 24, 2014 5:52 pm
by Reggie Gerber
Capt. Oblivious wrote:http://www.jaracal.com/download/file.php?id=15586

Daai staan is waar die groot honde gesky word van die ander
Dis ek daai HAHA darem die kop raak gebewe