Stainless steel media tumbler

Hier kan toerusting wat self ontwerp is geplaas word soos bv. 'n selfgemaakte "tumbler" of ieta dergelijks
Williel
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Aug 07, 2013 8:05 pm

Re: Stainless steel media tumbler

Post by Williel »

Ek gebruik 1 kg (1.6mm tig welding rods in 1 kg bondel gekoop) wat in korter as 10mm lengte gesny is. Die 1mm rods kan dalk goed werk om beter in die doppe in te gaan.

50 doppe op n slag met nie te veel water gevul nie (minder as die helfte van die 5 l drom). Gevind dat meer water geneig is om die skoonmaak aksie te vertraag. Ek glo die gewig van die pennetjies wat minder raak in baie water en minder skuur effek het.

My volgende een dink ek om my eie drommetjie te bou uit plaat (Stainless steel miskien) in n 6 kantige vorm gebuig is. Die idee het ek al so 2 jaar terug gekry omdat die skoonmaak aksie net baie beter gaan wees. Die radius van jou sirkel bepaal die lengte jou 6 kante. Dis net om dit in n werkbare vorm te kry dat die drom in die rondte kan draai, nie roes nie en ook sag op die oor is.

Vergelyk ook pryse met S&O se SS media wat klaar en reg is om te gebruik.
Groete, Willie
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Stainless steel media tumbler

Post by PWV »

As 7mm-Inisiatief hiermee begin, is die mark gou-gou oorversadig!! ;)
Williel
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Aug 07, 2013 8:05 pm

Re: Stainless steel media tumbler

Post by Williel »

Net soos die prentjie van oom, wolf met skaapklere, hehe.
Nee wat oom Pieter, ek doen glad nie besigheid in die lyn nie maar deel graag kennis van n simpel, praktiese patent wat goedkoop is en werk.

Laat weet maar as ek vir 7mm raad of inisiatief moet gee in die verband.
Groete, Willie
User avatar
Gawie(13mm)
Hero Member
Hero Member
Posts: 6150
Joined: Sun Sep 18, 2011 6:53 pm

Re: Stainless steel media tumbler

Post by Gawie(13mm) »

PWV wrote:As 7mm-Inisiatief hiermee begin, is die mark gou-gou oorversadig!! ;)
Dis reg so Oom. Ek het nou net twee ton vlekvrye staal sweis draad bestel en 'n nuwe tang. As Oom terug is van die plaas kan Oom maar kom inval. >:+
Dont make expensive noise! Make the first shot count!
User avatar
stoffelpantoffel
Full Member
Full Member
Posts: 107
Joined: Mon Aug 18, 2014 12:44 pm

Re: Stainless steel media tumbler

Post by stoffelpantoffel »

Fanta300 wrote:Baie oulik. Gaan vir my ook een maak.

Sal staal kabel wat mens so 1cm stukkies sny nie werk vir medium nie?
Hi Fanta.

Skies dat ek sommer in meng willie. Maar om fanta se vraag te beantwoord. Ek het selfde konsep as willie op interner gekry en gebou en het ñ kopper kabel se draadjies geknip in ongeveer 10mm stukkies vir media. Wat ek toe gevind het, is dat my doppe binne ñ half uur al skoon is maar die draadjies maak sulke fyn krapmerkies op die dop a.g.v die skerp punte wat gemaak word waneer die tang die draad knip. So dink nie jou draad gaan so lekker werk nie. Toe kry ek so "brain wave" soos engels man sal se. Ek versamel al my slag doppies wat ek uit gedruk het in ñ houer. En dink toe om dit te prbeer as ñ media. Die russeltaat het my ñ glimlag op die mond. Want binne so 40min was my doppe mooi blink en omdat die slag doppies braas is, sal hul nie roes nie. Hul sal nou ongelukkig nie jou "primer pocket" skoon maak nie. Maar ek druk elkgeval altyd eers my slagdopies uit waneer ek "resize" en maak "pocket" ñ skoon maker skoon. My formiele is: 1 eet lepel skotelgoed seel (sunlight) 1 teelepel automatiese skotelgoed wasser seep poeier en 2L koue water. My houer kan omtrent 2 en half L water vat so hy is amper vol. Ek doen so 50 doppe om ñ slag met so 200g uitgedrukte slag dopies. Eks nou eintlik opsoek na " small rifle primers" dink nogal hul sal makliker in en uit die doppe beweeg. O en by gese. "Large rifle primers" gaan net net in ñ 6mm kaliber se nek in so sal nie werk vir 22 kaliber nie.

Groete
Post Reply