algemene jakkals vra

Post Reply
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13660
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by Geno »

HennieC wrote: Wat doen jy as jy by iemand se grond skiet en jy kom agter daar is iemand ander wat ook daar gaan skiet.
Dis nogsteeds die boer se keuse wie hy laat jag by hom.
Wat ek doen in so 'n geval (as die ander jagter langer as ek op die plaas jag), is kontak die ander jagter, en hoor of hy beswaar het as ek ook daar jag. Indien hy 'n probleem daarmee het, jag ek nie meer daar nie. Ek verwag ook dieselfde etiket vanaf die ander jagter.

As jou diens vir die boer goed genoeg is, sal hy net vir jou daar laat jag. Maklik soos dit.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by cassie_calvinia »

ek jag glad nie waar ander mense jag nie. maar, nou het ek nie so baie mense waar ek jag nie.
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
NicoSmit
Hero Member
Hero Member
Posts: 1899
Joined: Thu Jun 14, 2012 7:00 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by NicoSmit »

Ek het vantevore hierdie gevrae maar geen reaksie gekry nie .Sal 'n 3 9X50 scope werk vir nagskiet?
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13660
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by Geno »

NicoSmit wrote:Ek het vantevore hierdie gevrae maar geen reaksie gekry nie .Sal 'n 3 9X50 scope werk vir nagskiet?

Hy sal werk.

Minimum 6 vergroting, en 50mm objektiewe lens.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
jeep
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 61
Joined: Wed Jul 06, 2011 9:37 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by jeep »

sien daar loop die draad
User avatar
jeep
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 61
Joined: Wed Jul 06, 2011 9:37 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by jeep »

dankie cassie
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by Louis102 »

Nou maar kom ons kyk wat sê julle:

Vooraanstaande boer en sy werksmense het in September verlede jaar op 'n jakkalsnes afgekom en die kleintjies uitgegrawe en gedood, maar nie die reun en teef in die hande gekry nie. Hy't wel slagysters gestel en gifpille gegooi waarna die grotes (ou vreeslike skelm stel) se spore ook "weggeraak" het.

Die boer se lammers het sterk begin val sedert begin April en hy is nou desperaat om verliese te voorkom, want hy merk reeds 'n paar ooie met stywe uiers. Hy is veral paniekerig omdat sy personeel jakkalsspore na en van die selfde algemene omgewing opmerk, waar die gate verlede jaar uitgegrawe was. Hy het egter gelukkig intussen van jou (die beste jakkalsjagter in sy omgewing, wie se naam hom vooruit loop) te hore gekom. Hy skakel jou en vra vir hulp. Julle kom 'n baie goeie prys ooreen.

Hoe benader jy, as roepjagter, hierdie situasie?
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by Mac »

Ysters, op die regte manier, kameras en voorsit indien moontlik.

Louis, ruik ek iets hier? ;D
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5153
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by Pvdw »

Louis jou vraag lees amper net so lekker soos 'n antwoord.

Ek vir een is geen expert nie. Ek sal wel waag om te sê dat alhoewel die ou nes vernietig is sal die kerngebied steeds dieselfde bly as in die verlede.

Jy noem dat die paar reeds lekker prof status het. Is hulle slim geroep? Is daar net rond gery en gelig? Watse lig is gebruik? Wit of rooi?

Is dagroep al probeer?

Dis my eerste dinge wat ek in gedagte sal hou.

Kom ons luister hoeveel pak ek kry en hoeveel ander raad uitkom.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by Louis102 »

O ja, 'n rooilig en 'n Foxpro is in die boer se kantoor opgemerk en gerugte wil dit hê dat sy laaitie en pelle van die kosskool soms gaan jag het. Die Boer belowe egter hy het die slegte praktyk gestop, nadat hy so 6 maande gelede een van Niel Viljoen se praatjies bygewoon het en tot ander insigte gekom het.
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by Cobus(Cobb) »

Nee Louis, ek sallie eers 'n antwoord waag nie.
Wat ek wel sou doen,as ek beroeps jagter was, is om die klient uit te kyk en sien of daar verdere besigheid in die toekoms daar is, of die ou net wil he jy moet eenmaal kom skoonmaak. Indien daar 'n toekoms is, sal ek self uitry na daai kerngebied toe, spore kyk, area opsom en dalk iets raakloop as jy die aand net gaan "kyk".
as dit 'n once off ding is, moet hy maar self regkom.

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
jeep
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 61
Joined: Wed Jul 06, 2011 9:37 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by jeep »

dag se Louis
jy weet ek het selfde geval hier in my kontry gehad hier het die man somer nog daai berokings pille ook nog in gate gegooi weet nie hoekom nie maar ja dis gedoen
wou net se daar was ander gate so 1.5 km daar van daan hulle het in hierdie gate huis op gesit ,het hulle daar gaan op tel na lang wag en baie geduld
ek sou se as die gebied reg is en daar is nog huise of plek om te plak sal hulle nie ver van die vorige plek weer huis op sit.
ek het ook n ander geval van n baie skelim stel gahad het nes gekry da gaan kamp na 4.5 ure se sit toe klim ma op bakkie ry toe na reun wat op een plek sit en skel hy het ook geklim
(die stel was glo volgens die boer 3 keer mis geskiet )
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by Cobus(Cobb) »

Waarmee is jakkals doenig as hy gladnie wil inkom nie, ten spyte jou beste roepsessie??

http://www.arkive.org/black-backed-jack ... 74657.html
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
Groukat
Full Member
Full Member
Posts: 175
Joined: Sun Jun 09, 2013 7:42 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by Groukat »

lekker topic die.....

Wat gebruik julle om julle reuk weg te steek?

Ek vat baie keer 'n ystervark saam my en gooi hom aan my wind af kant, dit lyk of dit bietjie help.

As jy jakkals geskiet het werk dit ongelooflik goed. Op my laaste jag het ek jakkals agter op bakkie gehang. Die twee jakkalse daarna het altwee die wind reg gekry, maar het niks van my geweet nie. Die een was so naby ek het hom amper mis geskiet....

Altwee was jonk laas jaar se kroos, maar baie opvallend hoe hulle niks van my geweet het nie.
Doepie01
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 324
Joined: Thu May 13, 2010 11:55 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by Doepie01 »

Nou verstaan ek hoekom die bogger nie inkom as ek roep nie. Altyd gedink dit is my fout. Dankie Cobus, my selfbeeld is herstel. Jippee!
Doepie01
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 324
Joined: Thu May 13, 2010 11:55 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by Doepie01 »

Groukat

Ek wil nie jou vraag steel nie, so vra asb daai vraag wat jy op Taffie se draad gevra het hier asb. Dit gaan oor die roep tussen lammer ooie. Ek stel baie belang in n antwoord want ek ken iemand wat weier dat daar op sy plaas geroep word as hy bv net n rooikat probleem het. Sy opinie is dat jakkalse dan ingeroep word wat nog nooit daar gevang het nie en dat hulle nou nuwe weiveld ontdek het.
Groukat
Full Member
Full Member
Posts: 175
Joined: Sun Jun 09, 2013 7:42 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by Groukat »

Naand Doepie,

Ek vra hom graag weer...

Ek wil asb oor hoe voel die manne om tussen ooie met klein lammer of ooie wat besig is om te lam te roep?

Ek roep daar as iets besig is om te vang, maar wonder altyd roep ek nie dalk ander vyande nader nie?

Ek luister graag...
Henry 7
Hero Member
Hero Member
Posts: 511
Joined: Fri Mar 30, 2012 9:14 am

Re: algemene jakkals vra

Post by Henry 7 »

2 dinge
'n Ou wat ook die storie ken het my gesê by vangplekke(op lande) sit hy net stil en luister en lig of roep glad nie tensy kiewiete of so iets praat nie en as daar teen 24h00 nog miks gebeur het nie speel hy die vreetgedeelte van baklei 4.
Ek het 1 keer neste toegemaak bo in 'n kloof wat moeilik bereikbaar is en toevallig deur die chopper gekry is-dis regtig baie moeilik om daar te roep en te sien wat aangaan-jy sal nie daar kan kom op dagroep sonder dat hulle jou sien nie en dan is die gate onder kranse so toegegroei dat jy hulle nie kan sien nie-was ek verkeerd?
Henry
Wayne
Hero Member
Hero Member
Posts: 1007
Joined: Sat Mar 24, 2012 5:36 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by Wayne »

My 223 is set a 40mm high at 100m, using 40gr Sierra Blitz king. I have now got a Savage 22-250, 53 gr vmax and WOW!!!!
My question on this topic is: The other night I went out and called food for 30min, 2 prs started calling +- 1km away, 1 pr up and 1 pr down wind, I replied with Jak antwoord and all went Quiet. 40 min later I move into the wind after 1 pr, got spot, called food for 20 min, Vlekkie 1, good response and I waited 40 min, Bitch down. 20 min later I played locator and again I got a constant reply from partner for quiet a while. This carried on for 1 hr. I would call every 30 min and he replied from same hill.
Our terrain does not allow for drive and find, so now what??
1) My thinking is that I was not in keren area and they moved away.
2) What suggestions for further calling, go back soon, wait , what calls etc. We are a sheep farming area with game farms around us.
Keen to hear
User avatar
musgrave270
Hero Member
Hero Member
Posts: 921
Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am

Re: algemene jakkals vra

Post by musgrave270 »

Henry 7 wrote:2 dinge
'n Ou wat ook die storie ken het my gesê by vangplekke(op lande) sit hy net stil en luister en lig of roep glad nie tensy kiewiete of so iets praat nie en as daar teen 24h00 nog miks gebeur het nie speel hy die vreetgedeelte van baklei 4.
Ek het 1 keer neste toegemaak bo in 'n kloof wat moeilik bereikbaar is en toevallig deur die chopper gekry is-dis regtig baie moeilik om daar te roep en te sien wat aangaan-jy sal nie daar kan kom op dagroep sonder dat hulle jou sien nie en dan is die gate onder kranse so toegegroei dat jy hulle nie kan sien nie-was ek verkeerd?
Henry
Henry

Dit wat jy gedoen het maak vir my sin. Iemand het op 'n ander draad genoem dat al word die gate beskadig, bly dit nogsteeds die kern gebied en die jakkalse sal net 'n ander gat in die gebied soek. Jy gaan va voor af die nes moet soek maar hopelik is dit makliker bereikbaar.

Groete
Ruan
User avatar
Sniper18
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 382
Joined: Thu Feb 20, 2014 4:17 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by Sniper18 »

Ek het ook 'n vraagie!
Hoe bepaal jy 'n Jakkals se kerngebied. Loop jy maar en soek hul gate? en hoe groot is hul kern gebied?
CBC .22LR
Tikka super varmint 222
Tikka sporter 223
Tikka 6mm Dasher
Savage LRP 260rem
Mauser 6.5x55
Remington 700 7mm-08
BSA 308win
Bruno ZKK 602 375 H&H
CZ P10C 9mm
CZ 12GA O/U
User avatar
musgrave270
Hero Member
Hero Member
Posts: 921
Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am

Re: algemene jakkals vra

Post by musgrave270 »

Môre manne

Net een vraag. Indien 'n enkel jakkals ingekom het en jy skiet hom. Hoe lank na die skoot begin jy weer roep? Moet mens dadelik na die skoot 'n distress of tjank klank speel? Moet mens weer wag dat die stilte terugkeer? Of hou jy maar net by jou program en roep soos wat jy sou geroep het?

Groete
Ruan
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by Cobus(Cobb) »

Ek gooi distress na die skoot, mens weet nooit waar sy chom is nie..
Onthou net, distress is seker net 10-15 sek (langste wat ek ooit 'n jak hoor skree het met af linkerpoot was dalk 10sek).
Dan weer stilte met rondkyk....as natuur weer kalm raak, dan roep ek verder...Maar eks nie kenner nie, dis maar hoe ek maak.


Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: algemene jakkals vra

Post by Cobus(Cobb) »

Sniper18 wrote:Ek het ook 'n vraagie!
Hoe bepaal jy 'n Jakkals se kerngebied. Loop jy maar en soek hul gate? en hoe groot is hul kern gebied?
Daar is baie daaroor bespreek by Tafjak tips, dis so 3 aande se leeswerk. Dit word ook op Heinrich se e boek en cd behandel.
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
musgrave270
Hero Member
Hero Member
Posts: 921
Joined: Mon May 13, 2013 11:26 am

Re: algemene jakkals vra

Post by musgrave270 »

Cobus(Cobb) wrote:Ek gooi distress na die skoot, mens weet nooit waar sy chom is nie..
Onthou net, distress is seker net 10-15 sek (langste wat ek ooit 'n jak hoor skree het met af linkerpoot was dalk 10sek).
Dan weer stilte met rondkyk....as natuur weer kalm raak, dan roep ek verder...Maar eks nie kenner nie, dis maar hoe ek maak.


Cheers
Dankie Cobus
Post Reply