My skrywe aan CapeNature na aanleiding van hulle skrywe:
Geagte Mnr Hignett/Jaco van Deventer.
Dankie vir die aanstuur van die skrywes. Ek verwys na u onderskeie skrywes en die skrywe van Wes-Kaap Agri en lewer graag as volg kommentaar:
Paragraaf 4:
Hierdie praktyk van opheffing van verbode jag metodes het egter tot gevolg gehad dat sekere mense roofdiere in die algemeen begin teiken het. Die bestaande metodes is misbruik om op groot skaal roofdiere te dood, in plaas van om die individuele roofdiere wat skade veroorsaak het te teiken. Geskiedenis het egter getoon dat hierdie onselektiewe verwydering van groot getalle roofdiere nie `n lang-termyn oplossing vir veeverliese is nie.
Om te s? dat mense die metodes misbruik om op groot skaal roofdiere te dood is onwaar. Die feit, soos voorheen verduidelik en Cape Nature blykbaar nie wil erken of aanvaar nie, is dat daar ?n oorbevolking van jakkalse is agv sekere grondeienaars en Nasionale parke waar jakkalse onbeheerd aanteel. Dit veroorsaak dat die oortollige jakkalse instroom na die areas wat as ?n vakuum het. (kleinvee boerdery areas). Dit het ?n wesenlike impak op die kleinvee bedryf. Rooijakkalse en rooikatte was van die begin van die kleinvee bedryf ?n bedreiging vir die boer. Geweldige aksies is al geloods om die kleinvee areas van jakkalse en rooikatte te bevry en was daar ?n tyd in Suid Afrika wat die kleinvee boere sonder jakkalse geboer het. (Rooikatte was nog nooit so ?n groot probleem soos jakkalse nie.)
Nie net in Suid-Afrika nie maar dwars oor die w?reld word groot onkostes aangegaan vir die beskerming van die kleinvee boere. Ek verwys hier na Australi? waar die ?Dingo Fence? teen geweldige kostes op gerig is. In Amerika is daar persone wat as ?ADC amptenare? vir die regering werksaam is en jaarliks op regerings koste 800+ coyotes per persoon van kant maak. (ek kan bewyse vir u deurstuur as u dit sou verlang). Die vakuum was van die vroegste tyd al geskep en sal daar altyd ?n toevloei van roofdiere na die vakuum areas wees. Die boere wat die roofdiere sogenaamd teiken probeer net hulle eie vakuum areas behou om in vrede en met minimum verliese te boer. Cape Nature wil nou elke boer dwing om saam met jakkalse te boer en dra Cape Nature duidelik nie die kleinvee boere se belange op die hart nie.
Die studie van JWH Ferguson bewys dat daar nie net ?n enkel paar jakkalse in ?n gebied voorkom nie en dat ?The home ranges of immature jackal (tot 2 jaar oud) overlapped extensively with those of the adult jackal? en daar is verder gevind dat die jakkalse tot 135 km kan beweeg om te versprei. Bl 487-488 (Social organization and movement patterns of Black-backed jackals Canis mesomelas in South Africa ? 1980 - JWH Ferguson, JAJ Nel, MJ de Wet) Ek aanvaar dat Cape Nature nie toegang tot die navorsing het nie of indien Cape Nature dit wel het, word dit willens en wetens ge?gnoreer.
My vraag aan Cape Nature en enige ander geleerde op die gebied of andersins, hoe gaan u in die praktyk vasstel watter jakkals die skade veroorsaak het of hoeveel jakkalse in die gebied voorkom? Hierdie twee vrae moet eers beantwoord word want dit is waarop Cape Nature se hele aksie gebaseer is ? om die enkel skuldige jakkals op te spoor en uit te haal. Hier sal ek graag ?n uiteensetting wil sien, stapsgewys van hoe vasgestel gaan word hoeveel jakkalse teenwoordig was by ?n voorval van verlies/verliese? Hoe gaan u vasstel hoeveel jakkalse in die omgewing is? Hoe gaan u vasstel watter jakkals of jakkalse van die verskillende jakkalse dan die skuldige is?
Soos in ?n vorige skrywe gemeld en ?n feit wat Cape Nature nie kan ignoreer nie, is dat ek en Mnr Rob Harrison White navorsing gedoen het deur maag inhoude te ondersoek van alle jakkalse gedood in ?n gegewe tydperk en is bevind dat 85% van die jakkalse skaapvleis gevreet het. Dit is dus hoogs onwaarskynlik dat waar jakkalse met lammers in aanraking kom, die boere nie verliese gaan ly nie, ?n skrale 15% kans.
Ek wil graag op die volgende stelling in besonder reageer:
Geskiedenis het egter getoon dat hierdie onselektiewe verwydering van groot getalle roofdiere nie `n lang-termyn oplossing vir veeverliese is nie.
Die verwydering en doodmaak van groot getalle jakkalse, met die span van jakkalswerende heinings, in die verlede het so ?n positiewe impak op die kleinvee bedryf gehad dat daar ?n geslag boere groot geword het wat nie van ?n jakkals of verliese agv jakkalse geweet het nie. Dit het geduur vir ?n tydperk van ongeveer 20-30 jaar. Daar is nou nog areas wat sonder jakkalse is. Indien u dit nie as ?n lang-termyn oplossing beskou nie, weet ek nie wat ?n langtermyn oplossing is nie.
Baie areas wat tradisioneel vir kleinvee boerdery gebruik was, is nou so oortrek van jakkalse dat boere moes oorslaan na ?n ander tipe van boerdery tot frustrasie van die bure wat dan ?n onoorwinlike stryd voer. Die buurman doen nou nie meer beheer nie en versprei die jakkalse nou van daar. ?n Bose kringloop. Die rede vir vermeerdering was nie die doodmaak van die jakkalse nie, maar die onbeheerde teling van die jakkalse.
Die Karoo het ongelukkig geen alternatief vir kleinvee nie. Die wildplase en parke waar geen beheer toegepas word nie, word ?n al groter kopseer vir die kleinvee boere wat daar naby boer. Indien u dele van ons land soos Mpumalanga (Ermelo en omgewing), die Vrystaat noord van Bloemfontein en dele van die Ooskaap, wat tradisioneel sterk kleinvee gebiede was besoek, sal u verbaas wees om te sien hoe min kleinvee boere oor is. Dan word die impak van jakkalse op die kleinvee bedryf eers besef.
U stelling dra volgens my geen gewig nie en is onlogies. Indien daar navorsing gedoen is wat u stelling kan staaf sal ek dit graag wil bekom om my siening te verander.
Paragraaf 5:
Hierdie wanpraktyke het bygedra tot die dood van talle nie-teiken spesies, verhoogde veeverliese en verliese aan biodiversiteit. Hierdie verliese was onaanvaarbaar vir beide georganiseerde landbou en CapeNature. CapeNature stel `n holistiese benadering voor ten opsigte van die bestuur van roofdiere wat skade veroorsaak. Volgens die benadering, ondersteun CapeNature slegs die verwydering van die indiwiduele roofdiere wat skade veroorsaak.
Ons het hier meer met die roep en skiet metode te doen en wonder ek hoe u die stelling dood van nie-teiken spesies kan verklaar indien die spesie of dier eers ge?dentifiseer word, voor daar geskiet word. Slagysters is net so spesie spesifiek indien daar van mis en urine as lokaas gebruik word. Hoe u die verhoogde vee verliese gaan verklaar sal ek graag wil weet. Verhoogde vee verliese gaan net gepaard met verhoogde getalle in jakkalse.
Verlies aan biodiversiteit aanvaar ek u bedoel die dood van die jakkalse en rooikatte. Roep is spesie-spesifiek en is daar geen ander verlies aan biodiversiteit wat ek kan sien nie. Die rooijakkals is die roofdier wat die wydste verspreiding het in Afrika. Die dier kom in groot getalle voor vanaf die Kaap tot in Kenia. Watter impak kan die beheer van die rooijakkals in die kleinvee gebiede h? op die totale bevolking van rooijakkalse in Suid Afrika, Suider Afrika of Afrika in geheel? Ek dink werklik u onderskat die skade wat jakkalse aan die kleiner soogdiere en wildsoorte sal aanrig,om nie eers te praat van die veeverliese nie. Die boer moet die keuse maak hoe om sy besigheid te bestuur en kan Cape Nature nie hulle holistiese benadering van bestuur op boere afdwing nie.
Hierdie verliese was onaanvaarbaar vir beide georganiseerde landbou en CapeNature.
Ek sal graag wil weet van watter verliese u praat, aan biodiversiteit wat dan jakkalse en rooikatte is, of van vee verliese? Ek dink regtig u praat met die verkeerde deel van georganiseerde landbou. Oor jakkalse moet u met die kleinvee boere praat!
Ek stel dit aan u dat hierdie saak glad nie met landbou uitgeklaar was nie. Volgens Agri-Weskaap se skrywe aan sy lede haal ek graag paragraaf 2 en 3 aan ?Agri Wes-kaap het na vele oproepe en versoeke van bekommerde landbouers Cape Nature vir ?n gesprek oor die bostaande media verklaring wat die 2009 jag kennisgewing behels, versoek. Hierdie gesprek het op 4 Desember 2008 plaasgevind waarheen die RPO Wes-Kaap Dagbestuur en NWKV (Wes-Kaap) genooi was?
Om saam ?n oplossing te soek word die ander partye gewoonlik betrek by die aanvang van die idee om die verbode jag metodes op te hef. Cape Nature kon sy voorneme aan georganiseerde landbou en ander instansies o.a. jagters verenigings ens, voorgel? het vir insette en dan ?n deurdagte besluit geneem het. In hierdie geval het Cape Nature die besluit geneem en wil georganiseerde landbou nou daarin boelie.
?CapeNature het dus stelselmatig oor die afgelope paar jaar aanpassings aan die jaarlikse Jag kennisgewing aangebring om hierdie wanpraktyke te reguleer.?
Volgens die ?NATIONAL ENVIRONMENTAL MANAGEMENT: BIODIVERSITY ACT, 2004 (ACT 10 OF 2004): THREATENED OR PROTECTED SPECIES REGULATIONS, is die Kaapse Vos ?n bedreigde spesie en moes u al die verbode metodes ophef om te voldoen aan die minimum standaarde van die nasionale wetgewing. Jag van alle bedreigde spesies is aan permitte onderworpe.
U is korrek dat Cape Nature jag met honde aan bande gel? het met die permit stelsel. Eerstens word honde min gebruik vir die jag van jakkalse en rooikatte in die Karoo. Volgens my kennis word honde meer vir bosvark en bosbok jag in die Wes Kaap gebruik. U aksie om permitte uit te reik, het boere duur te staan gekom waar bosvarke skade aan landerye in die Knysna en omgewing aangerig het. Volgens berigte beloop skade op een plaas meer as R200 000-00 en het u na die aansoek verskeie voorwaardes gestel soos om die lande te omhein ens en nadat die varke (blykbaar ?n trop van 14 en ?n trop van 4 ) nog steeds skade veroorsaak het, het u ?n permit uitgereik om twee per trop te jag. Dit het egter geen effek gehad nie en het die boer daarna nog steeds groot skade gelei. Nou is die ope vraag of dit die pad is, wat die kleinvee boere ook gaan loop?
Die meeste dodelike metodes van beheer gaan nou aan permitte gekoppel word soos wat dit in die ?Threatened and Protected Spesie? wetgewing vervat is. Daar was juis ?n hewige reaksie landswyd om die rooijakkals en rooikat van die lys te verwyder en nou vervat u dit in die provinsiale wetgewing. Dit wil voorkom of u teen alle redelikheid u eensydige siening wil afdwing op die boere van die Wes-Kaap.
Cape Nature het blykbaar nie ?n idee van die omvang van skade wat jakkalse en rooikatte in die karoo aanrig nie. Dit gaan ?n onnodige werklas op CapeNature se personeel plaas en sal die werkswyse om verliese te rapporteer vir die uitreiking van permitte dit onmoontlik maak vir boere om te boer. Die boer sal daagliks sy kuddes moet deurgaan vir verliese om permitte betyds te bekom en sal hy nooit by sy boerdery uitkom nie. Ek dink nie u moet verbaas wees as Cape Nature meer as ?n duisend aansoeke per week inkry van waar jakkalse en rooikatte skade veroorsaak het nie. (Dit is indien die boere hulle sal steur aan die wetgewing)
Die boer kan ook nie elke 2 weke aansoek doen vir ?n permit om slagysters te stel nie, dit neem in elk geval langer om ?n jakkals met ?n slagyster te vang. (u het bevestig dat die permit slegs vir 2 weke geldig is.)
Op die punt van slagysters net die volgende: Slagysters met ?n spasie tussen die kake asook gelamineer kake breek geen bene nie en is sleg ?n ?leg hold device?. Enige nie-teiken dier kan vrygelaat word soos by hokke.
Cape Nature het bykans alle dodelike metodes van beheer van jakkalse aan bande gel? en aan ?n permit onderwerp. Die nuwe ?Damage Causing Animals Norms and Standards Nasionaal? is nou eers in vir verwerking na kommentaar, maar span u hier die kar weereens voor die perde. U permitte stelsel is niks anders nie as om totale beheer uit te oefen oor alle metodes van probleemdierbeheer wat prakties onuitvoerbaar is.
Die opsie, om net sekere mense te akkrediteer, is na my beskeie mening ?n teelaarde om diegene wat dit nie in die vrye mark stelsel kan maak nie, te beskerm. Wie gaan die boer gebruik as die persone onsuksesvol is? Dit is ook sulke jagters wat die permit stelsel sal voorstaan. Daar is jagters wat self sover gaan om te s? hy jag nie waar iemand anders gejag het nie, wil hy nou net die maklike jakkalse jag. Ek is dankbaar vir die slim jakkalse wat ek te?gekom het. Dit het my gestimuleer om die slimmes uit te oorl?. Die ondervinding daardeur opgedoen help my in die stryd teen die hoogs aanpasbare en uiters skelm jakkalse.
Verder plaas dit ?n demper op enige nuwe persoon wat dit graag wil doen, veral die gewone jagter wat die hernubare bron wil gebruik. Om R80-00 te betaal elke keer as jy in die nag ?n jakkals wil gaan roep en skiet is werklik te duur vir die gewone jagter.
Dit plaas ?n verdere las op die boer wat nou afhanklik is van ander om sy probleme op te los. Afhangend van die grootte van die plase en die afstande betrokke is dit baie moeilik vir ?n voltydse professionele jagter (nie ?n deeltydse jagter nie) om meer as 25 kli?nte effektief te diens. Om van die persoon te verwag om 200km ?n nag vir een jakkals te ry is verregaande. Wat dink u gaan die koste per jakkals beloop en dan moet hy weer en weer teruggaan omdat die probleem nie opgelos is nie. Die tydperk van 2 weke vir ?n skade permit is geheel en al onprakties want jag is aan weersomstandighede en die stand van die maan onderworpe.
Om elke week na die nagaan van die skape aansoek te doen vir ?n permit is ook heeltemal onprakties. Dit kan ?n aardige bedrag beloop indien daar een of twee keer per week vir ?n permit aansoek gedoen moet word. Jakkalse kom ook nie net in een gebied voor nie. As daar op twee verskillende plase verliese voorkom is dit twee verskillende aansoeke. Wat dink u sal die boere se reaksie teen so ?n stelsel wees? Dit ondermyn sy boerdery en bestaan.
Indien die jakkals die lam wegdra, het die boer geen bewys van skade nie en sal hy onder sulke omstandighede nie vir ?n permit aansoek kan doen nie. Indien rooikatte die lam toekrap iewers in die berg en nie opgespoor kan word nie geld dieselfde redenasie. Wat sal die werkswyse hier wees?
U permit stelsel is eerstens onprakties en tweedens onuitvoerbaar. Indien u alle persone wat in die nag roep en skiet aan ?n permit stelsel wil onderwerp om ?n eenheid standaard daar te stel, dink ek nie iemand kan beswaar daarteen maak nie. Die persoon wat ?n kursus afgel? het of bewys kan lewer dat hy ?n kursus deurloop het behoort ?n staande permit vir ?n jaar te bekom en by indiening van ?n opgawe kan sy permit hernu word. Nie elkeen wat ?n kursus deurloop het, wil ?n professionele jakkals jagter word nie. Baie boere doen die kursus om hulle self te help omdat hulle nie weke of maande kan wag totdat ?n professionele jagter by hom uitkom nie.
U antwoord ?Vanghokke, soos uself behoort te weet, is hoofsaaklik doeltreffend vir die katte. Rooijakkalse gaan baie selde in 'n vanghok gevang word. Daarom gaan CapeNature en Georganiseerde landbou poog om selektiewe nagskiet te akkrediteer om indiwiduele rooijakkalse(en rooikatte)wat skade aanrig, te beheer. Soos uself weet, is dit steeds die effektiefste metode om hierdie diere te beheer.? op my laaste vraag het betrekking:
Ek wil bevestig dat ek weet dat hokke nie op jakkalse werk nie en daarom sou ek dit nie eers as ?n metode van beheer vir rooijakkalse gelys het nie, ek wou net seker maak dat Cape Nature my ondervinding deel aangesien dit wel as ?n metode gelys is. Soos u tereg s? is hokke uiters effektief op rooikatte, meer so as die roep en skiet metode, en word dit ook gesien as ?n aanvaarbare beheer metode. Die kat word sonder om vas te stel of hy die kwaaddoener is/was van kant gemaak deur hokke wat voorkomend gestel word en het Cape Nature geen probleem daarmee nie. Hoe verklaar Cape Nature die dubbele standaarde van voorkomend optree by rooikatte maar geen voorkomende jag by rooijakkalse nie? Roep en skiet is baie meer menslik as enige ander metode en gaan dit my verstand te bowe dat u die metode aan bande wil l?.
U stelling ? CapeNature en Agri Wes-Kaap doen ook `n beroep op grondeienaars om hierdie nuwe verwikkelinge op `n verantwoordelike wyse te benader.?
Hoe verwag Cape Nature dat boere dit op ?n verantwoordelike manier moet benader as u na my beskeie mening onverskillig en onverantwoordelik teenoor die kleinvee boere optree. U kan nie gif of slagyster gebruik kontroleer of polisie?r nie, maar wel nagskiet. Dit is duidelik aan my gestel dat die boere hulle nie sal steur aan die onpraktiese, onuitvoerbare wetgewing nie, wat dan van gewone wetsgehoorsame burgers kriminele sal maak.
My aanbeveling as onafhanklike persoon wat nog ?n jagter nog ?n boer in die Wes-Kaap is, die volgende:
Stel ?n ?Eenheid Standaard? daar waaraan enige persoon wat in die nag jakkalse en rooikatte wil roep en skiet moet voldoen. Plaas ?n daaglikse limiet van 10 diere, soos by die jag van rooikatte op die permit. Moenie die boere in ?n nog moeiliker situasies plaas waarin hulle reeds is nie. Dit is moeilik genoeg om ?n bestaan te maak met mense om jou wat nie beheer toepas nie.
Cape Nature is nie die een wat bewaring toepas nie, dit is uiteindelik die boer op die plaas en sonder sy samewerking kan en sal Cape Nature niks vermag nie. Hierdie wetgewing sal Cape Nature net in konflik met die boere bring.
Alhoewel u my nie ?n skrywe verskuldig is nie sal dit waardeer indien ek ?n skrywe kan kry waarin u my stellings weerl? of beaam. Ek sal dit vir kennisname vir die publiek op die Forum vir die jagter plaas te
www.jaracal.com/index.php . Ek dink die boere is werklik ?n antwoord verskuldig op die twee vrae in paragraaf 1 van bladsy 2 oor die identifisering van die skuldige en die aantal jakkalse in die omgewing en die vraag in paragraaf 1 van bladsy 6 van waar ?n lam weggedra word?
Ek verneem graag van u
Die uwe
Heinrich Funck