Beste tyd vir Koedoejag

Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Beste tyd vir Koedoejag

Post by Johan Nel »

James Wilson hier in ons geledere het in die nuutste SA Jagters Tydskrif 'n pragtige artikel geskryf oor koedoejag (uitstekende leesmateriaal), en my ervaring stem nogal saam met sy pa so waarnemings dat dit "genade" is wanneer jy daai bul soms raakloop. Die klompie kere wat ek agter koedoes aan was, was dit veel makliker om die koeie op te spoor as bulle.
Met twee geleenthede het ek koedoebulle trompop geloop (Altwee kere op die plaas Schotia in die Hoedspruit omgewing). Altwee kere was dit bloot dat ons paaie op daardie geleenthede gekruis het. Die eerste keer het ek die bul raakgeloop waar hy besig was om blare van 'n boom af te vreet en sy aandag was toegespits daarop. Sy lyftaal toe hy wel agterkom dat daar moeilikheid was, was nogal half komies om te sien. Dit het eers 'n hele paar momente geneem vir die outjie om tot verhaal te kom, maar toe hy homself daar regruk, het hy nie stadig weggetrek nie! Dit was laatmiddag. Ek kan nie onthou wat die stand van die maan was nie.
Die tweede geleentheid was ons net besig om 'n 'n droë loop te kruis en het 'n oop stuk betree. Die gids het voor geloop en het die bok eerste gewaar en het het van pure opgewondenheid omgevlieg en agter my kom staan terwyl hy vervaard verduidelik van die koedoe. Die bul self het aanvanklik oorbluf net daar bly staan. Ek het twee keer my geweer kon optel en tussen sy oë kon mik en weer my geweer laat sak, voordat hy gat-omkeer omgeswaai en laat spaander het. Hierdie keer was dit net na son-onder.
Ek het al baie kere daarna myself stilweg verwens dat ek nie toe geskiet het nie, want tot op hede het ek nog nie 'n koedoebul geskiet nie. In my hart weet ek egter dat dit nie toe reg sou wees nie. Die eerste keer, was die eerste maal wat ek regtig die veld betree het om te jag en van skootplasing op koedoe van 'n 'skuins na jou kyk' opset het ek niks geweet nie. Die uiteindekon maklik 'n kwesbok gewees het, selfs op daardie kort afstand. Altwee geleenthede was ek ongeveer vyf tot tien tree van die bok af.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
Fritz
Hero Member
Hero Member
Posts: 1376
Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm

Re: Beste tyd vir Koedoejag

Post by Fritz »

Hi Johan, wat was die stand van die maan op daardie geleenthede, en kan jy bo alle twyfel sê dat die maan in jou ervaring geen invloed op koedoes se weigewoontes het nie, en dus ook uit die aard van die saak jou kanse verbeter om hulle raak te loop nie?
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Beste tyd vir Koedoejag

Post by Johan Nel »

Fritz,
Ek weet ongelukkig nie. Ek kan dus nie se watter invloed dit gehad het op die tye wat ek wel die betrokke bokke gesien het nie. Ek huldig egter ook die siening dat bokke wel oor die algemeen snags sal wei as dit volmaan is, veral in plekke waar hulle bedags deur jagters gejag word. Ek dink egter ook dat die relatiewe koue van die nag, 'n invloed sal he op hulle tendens om snags te wei aldaar nie, so ook die moontlikheid van predasie, maw indien daar roofdiere teenwoordig sou wees wat hulle snags kan aanval.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
Fritz
Hero Member
Hero Member
Posts: 1376
Joined: Mon Mar 25, 2013 11:26 pm

Re: Beste tyd vir Koedoejag

Post by Fritz »

Dankie vir jou insette Johan. Ek voel self dit gaan meer oor die koedoes se weipatrone. Ek het 'n redelike sterk visvang agtergrond en die maan speel 'n baie groot rol in sukses van 'n hengeluitstappie. Baie mense beplan die visvangsessie na een van ons "groot karp damme" soos Tzaneen of Doorndraai, maar slaan geen ag op die maan nie. Ek dink dis 'n fout en ek dink as jy baie ernstig 'n droomkoedoe wil gaan jag, doen dan ten minste die moeite om te kyk of daai koedoe in alle waarskynlikheid gaan wy terwyl die son skyn of nie. Dit maak vir my sin.
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Beste tyd vir Koedoejag

Post by mariusr »

Ek het vir jare op oop plaas gejag naby Ellisras en daar het jy die koedoes meestal in die nag gekry veral op vol maan.Dan het hulle sommer tot teenaan die huis kom wei in die ou land.Die plaas het baie berg gehad en as jy vroeg op was kon jy hulle meestal die dag in die berg kry.My aflyding is dat hulle laatmiddag af kom van die berg om te wei en dan vroeg oggend ure weer terug gaan berg toe! :o Die plaas se habitat kan dus ook veroorsaak hoe hul optree? Het ook agter gekom dat koedoes op oop plase baie meer skelm is as op toegespande plase :):
Post Reply