Page 2 of 4
Re: Bosot fotos
Posted: Fri Feb 21, 2014 10:23 am
by Jake1
Ek dink daar is nog min navorsing gedoen op die bosvarke, ek sou nogal wou oplees as iemand weet waar? Wat ek weet is dat hulle alhoe meer verspreid geraak het. Jare terug was hier nie in ons omgewing nie, nou is hier baie. Ek wonder of iemand besef hulle is besig om te skuif na plekke waar hulle nooit voorheen natuurlik voorgekom het nie. Sorry wil nie hijack nie.
Jake1
Re: Bosot fotos
Posted: Fri Feb 21, 2014 10:40 am
by Rommel
Ek dink dit behoort seker n moeilike joppie ook te wees met behoorlike navorsing, bosvark se skugter natuur, die areas waar hul hulself versteek en hul nagtelike leefwyse! Sal ook graag goeie leestof in die hande wil kry omtrent bosvarke, veral iets wat spesifiek is tot die verskillende areas waar hul voorkom, ek dink hulle gedra hul anders van plek tot plek.
Re: Bosot fotos
Posted: Fri Feb 21, 2014 2:14 pm
by Rommel
Sorry vir die bloed...maar hy is nie dood gewurg nie..
Re: Bosot fotos
Posted: Fri Feb 21, 2014 2:17 pm
by Lourens Potgieter
'n Blonde vark met blou oë!
Re: Bosot fotos
Posted: Fri Feb 21, 2014 2:22 pm
by DWB
Sien! Ek het gedink die een lyk soos die een hier bo
https://dl.dropboxusercontent.com/u/65759801/IMG-20120704-00268.jpg
Re: Bosot fotos
Posted: Fri Feb 21, 2014 2:52 pm
by Rommel
Deon, skuus, moet nie dink ek is snaaks nie...maar dink jy nie daar is n moontlikheid dat daai vark bietjie 'boervark' bloed in het nie. Het al bosot/boervark kruisings gesien en lyk baie naby??
Re: Bosot fotos
Posted: Fri Feb 21, 2014 2:58 pm
by DWB
Hehehehehehe Quinton,
Hy het virseker meer boervark bloed in as enigiets anders!
Dit was sterk skemer! Het my gat af geskrik toe ek by die maaase wit vark kom.
Maar daar is definitief of 'n kruising of 'n mak vark wat erg wild geraak het!
Jy sien, ek het gedink die vark lyk soos jou "wit" een hier bo
Moes daai sog van seker 100kg 150m tot by my bakkie sleep en oplaai, man alleen
https://dl.dropboxusercontent.com/u/65759801/IMG-20120704-00264.jpg
Re: Bosot fotos
Posted: Fri Feb 21, 2014 3:06 pm
by Rommel
Haha! En n vark is n ding wat gewig mooi dra, en die goed het mos nie vatplek nie, kan n man mooi laat sukkel!
Re: Bosot fotos
Posted: Fri Feb 21, 2014 3:13 pm
by Rommel
Hierdie sog kaalpoot bekruip, meer agter haar vreet geluide geloop as sig. Haar op 5tree met 404, 400gr Woodleigh geskiet, longe was halfpad uit anderkant en sy het dit reg gekry om n goeie 80m of so te hardloop. Ek haar n 2de skoot net agter oor in gegee (n poksie), eintlik gedink dis n 2de vark, maar toe ek begin soek en gate kyk toe kom ek agter dit was een vark wat ek 2maal getik het. Hulle is harde gediertes, baie respek vir n bosot!
Re: Bosot fotos
Posted: Fri Feb 21, 2014 7:11 pm
by douw
Goeie genade Rommel! Pragtige roer die en hier bo!
Ek sal ook graag eendag so otterjasie wil bymekaar maak.
Groete
Douw
Re: Bosot fotos
Posted: Fri Feb 21, 2014 7:15 pm
by PWV
Genugtig, Rommel, jy moet nou eers 'n bietjie ophou! Jy gaan al die varke uitroei.

Re: Bosot fotos
Posted: Fri Feb 21, 2014 9:24 pm
by theedge
Jake1 wrote:Dit lyk of die bosvarke se kleur verskil van plek tot plek. Hier by ons het ek nog nie eintlik een gesien met daai kwaai rooi skynsel soos op Rommel sin nie.
J1
Ek weet self nie hoekom nie maar het al op een plaas die kleur verskil agter gekom.
Bosvark http://i221.photobucket.com/albums/dd88/raysfoto/BosvarkBuffelshoek05073.jpg
Re: Bosot fotos
Posted: Sat Feb 22, 2014 10:40 am
by Doepie
Hi manne!
Dis almal mooi varke - mens kry mos nie 'n lelike vark nie of hoe?
Hier is 'n paar van die wat ek gelukkig was om te kon jag.
Dis 'n verslawende besigheid die!
Re: Bosot fotos
Posted: Sat Feb 22, 2014 11:52 am
by Rommel
Netjies! Mooi varke! Dit is regtig verslawend, of jy nou suutjies loop en soek na hulle, sit by voerplek of wag in voetpad, hardloop agter n hond se blaf, dis elke keer genoeg om die adrenalien se krane op hoë druk te sit!
Re: Bosot fotos
Posted: Sat Feb 22, 2014 12:43 pm
by Rommel
Hierdie beer se spoor geloop vroeg oggend, op sy lêplek afgekom bokant n kloof. Hom n ruk sit en dophou waar hy, n sog en 3jongetjies in sonnetjie staan en bak het. Windjie het skaars in my nek begin blaas toe lig hy sy kop en draai, hom met 404 langs sy stert in geskiet voor by bors uit. Opvolg met my 2 brakke was nogal interesant, vroulief als op camcorder gekry, was n redelike gespook!
Re: Bosot fotos
Posted: Sat Feb 22, 2014 6:41 pm
by DWB
Magtig dis ñ mooi vark!
Laai daai video via YouTube
Re: Bosot fotos
Posted: Sat Feb 22, 2014 7:21 pm
by theedge
Stem varkjag of dit nou bos of vlak-varke is ek het nog nooit moeg geraak vir dit nie sal ook seker nie .
Re: Bosot fotos
Posted: Sun Feb 23, 2014 12:29 pm
by Rommel
Deon ek sal laat my nooientjie dit probeer, met daai tipe goeters is ek effe verlore!
Re: Bosot fotos
Posted: Sun Feb 23, 2014 9:01 pm
by Capt. Yoda
Baie mooi manne! Varkjag bly maar net lekker
Re: Bosot fotos
Posted: Tue Feb 25, 2014 5:16 pm
by Jan-Hendrik
Rommel wrote:Nog ene
PRAGTIG
Re: Bosot fotos
Posted: Wed Mar 12, 2014 7:43 pm
by Jakkalsdans
Magtig maar hier is mooi varke,Rommel jy lyk asof jy dit baie geniet?
Regtig beindruk met julle mooi varke!!!!
In watter omgewing jag jy jou varke Rommel?
Re: Bosot fotos
Posted: Wed Mar 12, 2014 8:09 pm
by Nickvn
Ek kan nou ook so n bydrae maak tot hierdie draad. Die twee outjies het nou die aand hier naby my huis geval. Die 9,3 het hulle hard gestamp.
IMG_3726.jpg
Nou begin om n voermaak plek vir sy ander chommies te maak. Hoop om hulle binnekort raak te loop.
Re: Bosot fotos
Posted: Wed Mar 12, 2014 9:03 pm
by F.L.A.S.H
My eerste sou tante
https://db.tt/4lrOXVgE
My eerse ou oom, ook die eerste saam die honde
https://db.tt/KQ09l7F8
https://db.tt/ObzTzJIO
en so paar otters wat die naweek uit die mielies gekom het
https://db.tt/5sr97UBS
Re: Bosot fotos
Posted: Wed Mar 12, 2014 11:25 pm
by LUAN
Check die varke!
Re: Bosot fotos
Posted: Thu Mar 13, 2014 6:17 am
by Foxcreek
303, Waar kry jy daardie foto's?