Status as Jagter/lid van forum

Status opname

Heeltyds (pro)
6
13%
Deeltyds (het ander werk)
20
43%
Boer en doen eie beheer
18
38%
Boer en laat skiet deur pro
2
4%
Boer en geen beheer
0
No votes
Navorsing/andere
1
2%
 
Total votes: 47

User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: Status as Jagter/lid van forum

Post by Yalair »

Ambessa
Nee dit moet verander, weetnie hoe nie, maar sal as poll afsluit en ek tellings neem en post dit regstel. Gaan nog kans gee dink darem die ouens sal almal deelneem

Groete
Ben
Dawie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1270
Joined: Wed Dec 03, 2008 2:21 pm

Re: Status as Jagter/lid van forum

Post by Dawie »

Yalair

Wat en hoe het jy gestem?  Ons situasies is omtrent dieselfde soos ek noudiedag oppie foon met jou geluister het...

Ek s? dit seker nou vir die 44ste keer....daar's nog heeltemal te min goed opgeleide, bekwame, passievolle mense wat probleemdiere vrekmaak.

Dawie
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: Status as Jagter/lid van forum

Post by Yalair »

Dawie
Ons wil juis kyk hoeveel manne daar is wat jakkie jag, hetsy deeltyds of voltyds, en hier is die enigste plek om dit te doen, die manne moet net deelneem. Huidiglik val ek onder boer en eie beheer, het te veel eisters innie vuur om by ander ouens te skiet, maar dit sal verander so met die tyd.

Groete
Ben
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: Status as Jagter/lid van forum

Post by Yalair »

My mening ivb opgeleide bekwame jagters.

Ons moet net ingedagte hou, nagjag is nie vir sussies nie, en al klink dit altyd lekker is dit nie altyd nie, bekwaam is irrelevant, ek dink die woord wat gebruik moet word is ervare, die probleem is daar is nie genoeg plek op 'n bakkie vir twee jagters nie, ervare om onervare te leer. Dit het my lank gevat om dit reg te begin doen en vandag nog is ek nie ervare genoeg om myself pro te noem nie. Daar is net twee groot leermeester en dis nagte in die veld en inligting, inligting, wat als hier en by Heinrich se kursus beskikbaar is. Jy kan ook nie net jou werk los en dink jy gaan geld maak deur nagjag te doen nie. Dit vat lank om kliente basis op te bou en baie boere is maar altyd skepties en nie bereid om sy hardverdiende geld hiervoor aan te wend nie, hulle is dalk oningelig om dit so te stel. Dit kos geld om die nodige toeristing, al is dit net die basiese goed te bekom, wat dit moeilik maak vir 'n jong man om net te begin as jagter, dan moet hy eers ervaring opdoen, waarvan gaan hy lewe ? Ek self sal nie 'n ou by my laat skiet as ek weet hy begin nou net nie.
Die ou wat dit deeltyds doen kan net om sekere area werk, kan nie 500 kilo's ver ry op Vrydag en dan maandag weer terug wees by sy werk, iewers gaan hy slae kry.
Last edited by Yalair on Wed Apr 08, 2009 7:44 am, edited 1 time in total.
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1891
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Status as Jagter/lid van forum

Post by jaracal »

Yalair
Ek dink ek weet van ongeveer 10 ouens wat dit permanent doen waar die jag van jakkalse die grootste deel van sy inkomste beslaan.

Die meerderheid is maar boere wat boer, vir hulle self jag en dan ook naby hulle plase jakkalse teen vergoeding jag.

Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
Ambessa

Re: Status as Jagter/lid van forum

Post by Ambessa »

Hallo daar

Nog net 28 uir 283 het gestem. Kom ons help Yalair in die poging.

Ambessa
Ambessa

Re: Status as Jagter/lid van forum

Post by Ambessa »

Hallo Yalair / Dawie en ander op die onderwerp

Hierdie is 'n baie sensitiewe onderwerp. Tog gaan ek die volgende stelling waag.

Indien hierdie metode (roep-en-skiet) hoop om op groter skaal effektief aangewend te word, sal 'n paar aspekte bedink en vinnig prakties verbeter word.

Die vaardighede (ervaring) om die metode effektief toe te pas sal op 'n sinvolle manier vinnig oorgedra (geleer/kursusse) moet word.

Die insentief (vergoeding) wat die jagter verdien moet bepaal word deur die afname in vangste wat oor die kort tot medium termyn bewerkstellig word. Hiervoor is nie net blote oorreding nodig nie, maar 'n sterk skoot opvoeding.

Ambessa
tafjak

Re: Status as Jagter/lid van forum

Post by tafjak »

Ambessa

Ek dink daar is net 3 groepe waaronder jakjagters geklassifiseer kan word en is die volgende:

1. Voltydse jagters
2. Deeltydse jagters met ander werk wat hoof inkomste gee.
3. Jagters wat net eie grond/plaas jag.

Ek het reeds by "Soek maters" 'n gedagte gehad om span te skep wat saam kan jag en dan later miskien die spanlede op hulle eie weer ander spanne te vorm om sodoende meer voltydse jagters in die veld te kry en dan Louis102 se goeie idee van regulering daar te stel. Ek wil nog Louis se idee by hom kry van die daar stelling van so iets en hoe.

Probeer ook maar.

Taffie
Ambessa

Re: Status as Jagter/lid van forum

Post by Ambessa »

Hallo Tafjak

Die planne gesien. Hoekom kan die plan nie werk nie, mits dit die vangste oor 'n groot gebied verminder?

Hou my op hoogte.

Ambessa
britsman
Hero Member
Hero Member
Posts: 792
Joined: Sun Feb 01, 2009 3:06 pm

Re: Status as Jagter/lid van forum

Post by britsman »

Sir Taffie,
           Nou kom die planne uit.Stig so 'n PROBLEEM ROOFDIER BEHEER KOMMANDO

All the instructors must all pass stringent tests to ascertain their knowledge and do practical tests on Predator Control methods. 
Net soos die instrukteers in  die weermag hul "two stipes" gekry het.
The same implies for the BOUNTY HUNTERS they train.Except they must also pass a standard markmanship test,and if possible serve an apprenticeship under the guidence of the instructors as well.
 
We must just make sure we don't send a bunch of "pollookars" out making "SLIM JAKKIES"

Ambessa,
            Jy het my nou die aand gevra; "how will we become the TOP DOG again?
                                      Time frame; The sooner we start the better
     
          Hierdie plan is my antwoord

           britsman
Last edited by britsman on Sat Apr 11, 2009 7:00 am, edited 1 time in total.
If guns are outlawed. Only outlaws will have guns.
Ambessa

Re: Status as Jagter/lid van forum

Post by Ambessa »

Hallo Britsman

Ek sien waarna jy mik. Sal dit of kan dit werk en baie belangrik ook redelik vinnig in plek gekry kan word?

Ambessa
britsman
Hero Member
Hero Member
Posts: 792
Joined: Sun Feb 01, 2009 3:06 pm

Re: Status as Jagter/lid van forum

Post by britsman »

Ambessa,
           Ek is seker dit kan werk.Kry die opleiding strukture in plek dan nader die boere vereningings om anbevellings vir Bounty Hunters en dan moet die manne die nodiger opleiding en ondervinding kry.
      Wat ook nodig is om ouens wat mooi kan praat om by die boerevereenings om te gaan en die plan verkoop.

          Maybe a Section 21 Company could be formed to administer the service. Look, it is going to cost  but the losses are costing us anyway. Last year we had a chopper gunship flying around in our district which cost us maybe +R100000 for very few jakkies.Sir Taffie shoots more in a week.

britsman
Last edited by britsman on Sat Apr 11, 2009 6:45 am, edited 1 time in total.
If guns are outlawed. Only outlaws will have guns.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Status as Jagter/lid van forum

Post by Louis102 »

Taffie

Ek het eintlik belowe dat ek myself nie weer gaan slim hou nie - vergewe maar as ek nou al klaar weer daardie belofte verbreek.  Hier is wat my gedagte was - niks nuuts nie. Baie ouens sien ek dink in die selfde rigting en het sekerlik al verder as ek gedink.  Maar vir wat dit mag werd wees:

As daar 10 professionele ouens is - kyk of julle 'n organisasie/ assosiasie kan stig wat:
  -  Re?ls, standaarde en 'n etiese kode vir die bedryf neerl?
  -  Die basiese standaard daar stel waaraan 'n professionele Jakkalsjagter moet voldoen.
  -  Gee diegene wat kwalifiseer 'n proffesionele titel (iets soos 'n PH vir probleemdierbeheer)
  -  Onderwerp alle lede aan praktiese sowel as teoretiese toetsing om sodoende te kwalifiseer vir jou "strepe", soos iemand dit op 'n ander plek gestel het.  (Jaracal, in my opinie, het reeds die handleiding geskryf - maar dit is 'n besluit vir die assosiasie se lede)  Toetsing sal bv. insluit die onderskeie tegnieke van probleemdier beheer sowel as praktiese skiet en jag.
  -  Stel 'n standaard daar vir instrukteurs.  Teoretiese sowel as prakties kennis/tegniek plus 'n sekere termyn praktiese ondervinding as vereiste.  Nie enige ou moet 'n instrukteur kan word nie.  Hierdie moet die top ouens in die industrie wees en die titel resek gee.
  - Vereis van lede om logboeke by te hou wat baie handige statistiek en inligting van getalle geskiet tot byvoorbeeld pensinhoud kan byhou.
  -  Dissiplinere stappe teen die manne wat droog maak.  In uiterse gevalle kan iemand se "lisensie" bv. afgevat word

Taffie ek kan nog by hierdie lys byvoeg, maar ek hoop jy verstaan nou beter wat ek bedoel. 'n Beter opsie vir die begin is miskien om by 'n bestaande professionele jagassosiasie te affilieer en dan die bestaande strukture te gebruik om julle ding te doen.  Dit mag administrasie vergemaklik en goedkoper wees.  Maak net seker dat julle steeds julle identiteit behou.

Hierdie hou baie voordele in en ek gaan poog om 'n paar te noem.  Die lys hieonder kan baie lank raak, hierdie is net 'n paar.

  -  Dit is professioneel en sal baie doen om die beeld van hierdie industrie te verbeter - by die owerhede, groenes sowel as die produsent
  -  Die produsent weet dat sy jagter aan 'n sekere standaard voldoen as hy hom in diens neem.
  -  Dit maak dit makliker om die manne wat die bedryf skade doen uit te skakel.  Produsente, die owerhede en die groenes sal gou agter kom waaroor dit gaan.
  -  Huidiglik moet 'n produsent omtrent eers self 'n kursus loop en opleiding ontvang om te bepaal of sy jagter goed is.  Ek het eers nadat ek Heinrich se kursus gedoen het agter gekom hoe sommige manne droogmaak en dit het my o? laat oopgaan.  Alle produsente het egter nie die belangstelling of die tyd om sover betrokke te raak nie.  Hulle wil net 'n goeie professionele ou huur om die ding te doen.  Die assosiasie sal hulle nou die plek gee om te begin soek.
  -  Waardevolle statistieke kan nou versamel en bygehou word.
  -  Die produsent het nou 'n plek om te kla as iemand by hom droogmaak.  Net so kan die assosiasie miskien die jagter help as 'n sekere produsent hom verneuk (boikot of regstappe).
  -  Iemand wat nuut wil begin weet nou waar om aan te klop en goeie professionele opleiding te ontvang.

Hoop dit help, maar ek seker daardie man wat se skuilnaam Jaracal is, het al lankal hierdie een onder die knie.  Hy is mos gewoonlik almal so 'n treetjie voor!  Ek dink as julle "pro's" saamstaan binne so 'n assosiasie sal julle baie meer mag h? en die term professioneel gestand doen.

Groete
Louis
 
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Status as Jagter/lid van forum

Post by JACQUES BOTHA »

eK PERSOONLIK DINK DIE 10IS BIETJIE MIN.
iN BLOEMFONTEIN ALEEN IS AMPER 10 WAT DIT VOLTYDS DOEN ..
FRIKKIE  KO OP
ANDRIES KAITSIEKOEBEP
ANDRIES SE SEUN
ULLA HET INGESPRING
TOMCAT EK DINK HY IS VOLTYDS IN
STEFAN EK SIEN HY HET TANS SY KAMP GAAN OPSLAAN OP COLESBERG
STEYL. EN DAN NOG SO EEN OF TWEE WAT EK NIE BY DIE NAAM KEN NIE...
SO EK DINK JULLE KAN DAAI GETAL OPSTOOT NA 20 TOE...
Shoot straight and tell the truth!
tafjak

Re: Status as Jagter/lid van forum

Post by tafjak »

Louis

Baie dankie vir die "reply" en ek hou van die manier wat jy dinge aanpak.

Ek moet bieg dat ek maar onkundig is op die gebied van organisasies en om daar te affilieer. Wat ek egter wil doen is soos jy se en ek haal aan:
Dit is professioneel en sal baie doen om die beeld van hierdie industrie te verbeter
Jy sal nie wil weet hoe graag ek dit wil doen nie, maar die kennis om so iets tot stand te bring is maar 'n turksvy op die oomblik.

Ek sal enige hulp in die verband vreeslik waardeer en my volle gewig daarby ingooi. Soos ek reeds gese het, Tomcat en ek het al iets aan die rol en sal Kieterkat probeer oorreed om so stukkie saam te jag en dan die gevoel toets onder die boere om net eers iets daar te stel.

Dankie en jy is 'n WYSE man. Moenie wegbly van hierdie gesprek nie, asb.

Groetnis

Taffie

N.S. Sien Jakes het darem nog manne opgespoor. Mooi man!
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Status as Jagter/lid van forum

Post by Louis102 »

Taffie

Miskien is die beginpunt om die ernstige/regte manne net eers om die selfde tafel te kry. (julle weet mos wie die manne is)  Ek glo nie dit kan te moeilik wees om almal van die gemeenskaplike voordeel van so iets te oortuig nie.  Julle professie word juis bedreig deur 'n gemeenskaplike poging van 'n klomp groenes en 'n klomp kansvatters - so die tyd is ryp - regulering soos ek die situasie lees is op pad, vroe?r of later, so kry die huis in orde.  Die beste sal wees as julle ook gemeenskpalik optree as tenvoeter en nie elkeen sy eie potjie krap nie - of so glo ek.

Die "truuk" gaan wees om die regte jokkie vir hierdie groot taak te kry.  Dit sal iemand met energie en dryf en 'n dik vel moet wees, anders sal dit gou afwater en kom tot niks.  As ek julle was sou ek ook dink om so 'n persoon te vergoed - vrywilligers hou net 'n tyd.  As die ding reg gedoen word behoort die gemeenskaplike voordeel egter die koste op die lang duur te regverdig.

Die ander opsie is om niks te doen nie en te kyk waarheen die ding ontwikkel - ek weet wat ek sou gedoen het as ek in julle skoene was.

Sterkte
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
tafjak

Re: Status as Jagter/lid van forum

Post by tafjak »

Louis

Ek sluk gulsig aan die gedagte en idees. Nou net nog die man aan die voorpunt, enige volunteers? Sal vergoed moet word. Wonder wat se Jaracal en jy, julle lyk al klaar na kandidate en ek bid vir tyd aan julle kant. Miskien kan iemand die ding aan die gang kry en dan oorgee as die man so voel. Wonder of iemand kan help. Ek is bereid om ook die deel waar ek kan inpas te doen, soos ek gese het is ek nie 'n onderhandelaar nie. Dit sal 'n enorme taak wees om te begin en alles in plek te kry. Wat wel waar is, is dat dit NOU GEDOEN MOET WORD.

Taffie
britsman
Hero Member
Hero Member
Posts: 792
Joined: Sun Feb 01, 2009 3:06 pm

Re: Status as Jagter/lid van forum

Post by britsman »

Meester Heinrich en Almal,
       Moeilike tye.---Daar is altyd manne wat dwarsgat is. Meester, is daar ander meesters (wat kursusse en sulke goed aanbied) op die forum? Ek sien hulle nie raak nie.Want hulle moet ook om die tafel sit.
         bm
If guns are outlawed. Only outlaws will have guns.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Status as Jagter/lid van forum

Post by Louis102 »

BM

Moenie die manne se gaaie lek wat dwarstrek nie.  Dit is baie beter om met positiewe manne te begin.  Al is julle net 5 - begin solank en los dit oop vir die liggelowiges om later aan te sluit - hulle sal hopelik later die lig sien.  Die belangrikste is om eers julle planne agtermekaar en geko?rdineer te kry en daarvoor moet julle nie veel verder as Heinrich Funck soek nie (die bietjie wat ek van hom weet).

Weereens net my opinie.

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Ambessa

Re: Status as Jagter/lid van forum

Post by Ambessa »

Hallo Louis102 / Britsman / Tafjak / LBM / Jacques / en almal op hierdie onderwerp

Lyk my die gedagtes begin vorm aanneem.

Vraag: hoeveel plase kan een jagter effektief in 'n jaar bedien as hy voltyds hiermee besig is?

Die antwoord(e) sal 'n aanduiding gee van hoe groot die behoefte aan opleiding is.

Ambessa
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Status as Jagter/lid van forum

Post by Louis102 »

Ambessa

Dit hang seker af van die grootte van die plaas en die omvang van die probleem.  Hier by my is dit maar rof en onbeskof en ongediertebeheer is vir my en my personeel 'n voltydse werk.  Gedurig vars Jakkalsbloed wat uit die natuurresevate rondom my inkom en daarom kan ek nie op 'n jagter staatmaak wat slegs een of twee maal per jaar kom jag nie.  As ek net op 'n jagter moes staatmaak sou hy baie gereeld by my moes kom draai vir so 4-5 dae op 'n slag.  In die "makker" dele van die land lyk die prentjie waarskynlik anders.

Groete
Louis   
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Rooies
Hero Member
Hero Member
Posts: 587
Joined: Fri Mar 06, 2009 9:26 pm

Re: Status as Jagter/lid van forum

Post by Rooies »

LOUIS
Waar bevind jy dan jouself ny vriend? klink of jy al di hulp tot jou beskiking nodig het.
Sterkte

rooies
243 Howa]
308 Howa] Die tweeling
12 Br Robert Huges
38sp Rossi



"Forgive your enemies, but never forget their names."
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Status as Jagter/lid van forum

Post by Louis102 »

Hallo Rooies

Kom ons s? maar net vir eers dat ek uit die buurstaat oorkant die Gariep kom.  En ja, goeie professionele hulp is skaars hier by ons, maar uit nood word daar soms goeie planne gebore.  Ek het darem hier 'n makker naby wat my gereeld te hulp snel - so hopelik sal julle nog baie lank met my opgeskeep sit hier op die forum.  Ons laat ons nie sommer onderkry hierdie kant nie!

Laat weet as daar 'n kenner hierdie kant kom draai - daar's altyd werk hier rond.  Ek is net ongelukkig 'n bietjie kopsku vir manne wat dink hulle weet alles - het al minder goeie ervaring gehad.

Dankie dat jy bekommerd is!
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1891
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: Status as Jagter/lid van forum

Post by jaracal »

Freddie
Kyk of jy nou jou vote kan verander. Ek het die vote so gemaak dat jy jou vote kan edit.

Laat weet maar.

Groete

Heinrich
Last edited by jaracal on Sun Apr 12, 2009 7:00 pm, edited 1 time in total.
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
tafjak

Re: Status as Jagter/lid van forum

Post by tafjak »

Rooies

Kom pak 'n bakkie en 'n paar manne gaan kuier! Keetmans is seker nie te ver as ou Louis daar bly nie.
Taffie
Post Reply