Page 2 of 3
Re: Chronograph do's & don'ts
Posted: Mon Jan 20, 2014 3:58 pm
by Fritz
Ratel wrote:Fritz
Ja altwee was in die son, altwee was vol oop met nuwe batterye en die son skerms was op. Myne is "Chrony F1" en syne is die "Chrony" met die geheue en lang draad tot by tafel.
Hi Ratel. Ek het ongelukkig nie 'n antwoord vir jou nie.
Re: Chronograph do's & don'ts
Posted: Mon Jan 20, 2014 5:25 pm
by Ratel
Ek sal 'n bietjie die toets doen met 'n ander chrony en probeer vasstel wat die verskil kan veroorsaak.
Re: Chronograph do's & don'ts
Posted: Mon Jan 20, 2014 7:03 pm
by Wouter Roets
Hallo Ratel
Indien al die stappe nagekom is wat vroeer bespreek was is ek ook maar stomgeslaan oor die een. Soos reeds gese kan 50cm die spoedverskil nie verklaar nie. Al antwoord is dat een van die twee foutief meet. Probeer maar joune toets teen n ander kronograaf of teen die nodeprogram en QL.
Groetnis
Wouter
Re: Chronograph do's & don'ts
Posted: Mon Jan 20, 2014 7:58 pm
by JPS
Ratel,
Het basies dieselfde met 2 pro chrono's, myne en vriend sin.
Verskil is konstant so 40fps minder op my chrono teenoor syne, reg agter makaar opgestel.
Ons gebruik nou sy chrono se data aangesien dit ook nader is aan die voorspelling van quickload. En hoeer spoed op lang afstan is beter
Groete
JP
Re: Chronograph do's & don'ts
Posted: Mon Jan 20, 2014 8:59 pm
by tripodmvr
JP, as die verskil 'n konstante is kan jy maar jou chrony gebruik en bloot die ekstra by tel.
Re: Chronograph do's & don'ts
Posted: Mon Jan 20, 2014 9:38 pm
by JPS
Presies hoe ek hom nou doen oom Driepoot.
Groete
jP
Re: Chronograph do's & don'ts
Posted: Sun Jan 26, 2014 5:24 pm
by Fritz
Ratel wrote:Wouter
Dankie vir al die tips. Ek wil graag by jou weet omtrent verskille in lesings.
Ek het nou die dag my F1 Chrony opgestel, nuwe battery en al daai goed in plek. Langs my het 'n ou met sy Chrony spoed gemeet van sy 6mm PPC. Ons het begin gesels oor die akkuraatheid van die chronys en het toe my chrony net voor syne opgestel sodat hy met een skoot deur altwee skiet. Die lesings het 100 f/s verskil alhoewel my chrony maar ongeveer 500 mm verder as syne voor die tromp was. Kan die 500mm so 'n effek he op die lesings?
Ek en Lappies het Saterdag dieselfde ervaar. Op die foto is my Chrony voor, en het konstant 35-40fps
vinniger gelees.
http://i881.photobucket.com/albums/ac12/fhagen1/Mobile%20Uploads/41EC3177-24DB-4333-AB77-E87C67330D87_zpsxxjfeebn.jpg
Re: Chronograph do's & don'ts
Posted: Sun Jan 26, 2014 8:07 pm
by Flip Nel
Het iemand dalk die twee Chronograaphs weer omgeruil en gekyk wat dit, bedoelende eers een voor en dan omruil en ander een voor en die ander een agter
Re: Chronograph do's & don'ts
Posted: Sun Jan 26, 2014 8:36 pm
by JPS
Negatief Flip,
Maar sal hom volfgende keer anders om doen.
JP
Re: Chronograph do's & don'ts
Posted: Sun Jan 26, 2014 11:28 pm
by Fritz
Nee Flip ek wou nog maar daar was nie tyd nie. Gaan dit wel weer bevestig.
Re: Chronograph do's & don'ts
Posted: Mon Jan 27, 2014 7:36 am
by BRNO (Pierre)
Ek het Vrydag weer iemand gesien wat n Chrony werklik soos sy dinges opstel. Daar gaan een man teiken toe, die ander staan sommer gou hier n "check" die chrony, en nou is hulle reg om te skiet. Uit vyf skote lees die chrony 2 keer, heeltemal verkeerde lesings. Dit het my eindlik verbaas dat die ou nie sy chrony in sy maai in geskiet het nie.
Hier is stappe wat vir my baie suksesvol werk om die chrony op te stel:
1. Gaan sit jou teiken op by die raam waarteen jy gaan skiet
2. Sit jou geweer op die rus wat jy gebruik, met die kruishaar geplaas presies waar jy gaan skiet.
3. Natuurlik is jou slot uit, anders haal hom uit. Gaan nou na die plek waar jy die chrony wil opstel, belyn die chrony en geweer met mekaar, deur deur die chrony en deur die loop te kyk.
4. Gaan nou weer na die geweer, stel jou teleskoop op minimum vergroting. Jy behoort nou deur die teleskoop die twee vertikale bene van die chrony te kan sien. Fynere verstellings kan nou gedoen word aan die hoogte, lyn van die koeelbaan ens.
Re: Chronograph do's & don'ts
Posted: Mon Jan 27, 2014 8:45 am
by Eugene
Ek skiet meestal alleen en dan vat dit 'n rukkie om die chrony reg op te stel... Ek het die volgende plan gemaak en dit werk vir my regtig goed, as dit reeds geplaas is hier, vra ek verskoning, ek het nie alles gelees nie!
Ek stel die geweer op die teiken op (met slot uit) en sorg dat geweer stewig is. Dan het ek 'n bore laser gekoop wat jy volgens jou kaliber, voor by loop insit en wat dan 'n straal gooi. As jy nie so laser het nie of wil koop nie (dink hulle is so R450 tot R600), werk hierdie laser pointers wat aan sleuterhouer kom, net so goed, sit dit net in die kamer en laat dit in die loop afskyn (om die hoogte reg te kry, gaan jy dalk 'n "adapter" moet prakseer). Maak 'n stuk karton wat ook "driehoekig" soos die chrony is en sit dit sommer met wasgoedpennetjies teen die agterste "driehoek" van die chrony vas. Die laser straal gaan mos nou skyn op daai karton en jy kan die chrony skuif tot hy reg is. Dit help om 'n merk te maak van waar die straal moet wees om elke keer presies reg te wees en sommer ook 'n kruis vir waar jou teleskoop op daai afstand gaan wees. Haal karton af en skiet!
Dit vat my nou minder as 5 min om chrony op te stel, teenoor die 20 min wat dit altyd gevat het en teen die tyd wat ek voorheen reg was om te skiet, was ek al redelik uitasem van elke keer vorentoe loop en verander....
Hoop dit help iemand en as daar 'n beter plan is, laat weet my asb!

Re: Chronograph do's & don'ts
Posted: Mon Jan 27, 2014 9:00 am
by Flip Nel
Fritz Hagen wrote:Nee Flip ek wou nog maar daar was nie tyd nie. Gaan dit wel weer bevestig.
Dankie dit sal noggal intresant wees wat die verskil dan gaan wees.
Re: Chronograph do's & don'ts
Posted: Sun Feb 02, 2014 3:44 pm
by tau
Moenie chrony raak skiet nie.......
Re: Chronograph do's & don'ts
Posted: Sun Feb 02, 2014 3:46 pm
by VdWalt
tau wrote:Moenie chrony raak skiet nie.......

Heel belangrikste!!
Re: Chrony do's & don'ts
Posted: Sun Feb 02, 2014 5:25 pm
by alecjohnson
Fritz Hagen wrote:FCLoretz wrote:
'n Man het verlede sondag daar gaan skiet en lesings van 4200fps+ op sy chrony gekry met sy 308 en dit was alles agv hoe die skietbaan se dak lyk.
Liewe mens! Hoeveel S321 gooi hy agter daai 75gr koeëltjie?

Frederik jy moet vir daai ou 'n Somchem boekie koop voor ons sy begrafnis hou
Ja ek het ook noudiedag 3700fps met die 30-06 gekry, en het onlangs twee snaakse verskynsels gesien, wat gely het tot hierdie skrywe. My chrony het soos 'n mal haas errors gegooi in die middel van 'n helder dag, sonder dat ek eers skiet!! Skuif hom toe na die skaduwee en toe lyk als reg en die data maak sin. Die dag daarna is my lesings 100fps vinniger! Eks bietjie raadop.
Ek het noudiedag 'n lesing gekry van 1489 fps van 'n GSC koel 160gr met 69gr S365 agter dit (300WM)
Ek wonder nou met die gesels oor die cronys...
Ek skiet genoeg om 'n ordentlike chronograph te koop ( gaan nie gou wees nie, maar ek is beryd om 5k daarop te spandeer)
Het enege van jul al ervaring met die Magneto speed of die Steinert SuperChrono beide is 11-1-11 duur, maar is bleikbaar baie betroubaar in alle kondisies.
Magneto.png
steinert1.jpg
Re: Chronograph do's & don'ts
Posted: Mon Feb 03, 2014 3:52 pm
by Fritz
Alec, ek probeer nou hier iets post maar dit wil net nie werk nie

Re: Chronograph do's & don'ts
Posted: Mon Feb 03, 2014 3:58 pm
by alecjohnson
Wat prober jy noou post wat nie wil werk nie:D
Re: Chronograph do's & don'ts
Posted: Mon Feb 03, 2014 3:59 pm
by Fritz
Re: Chronograph do's & don'ts
Posted: Mon Feb 03, 2014 4:02 pm
by BRNO (Pierre)
Manne, wie van julle het al ligte vir julle Chronys geprakseer, wat jou in staat stel om op bewolkte dae, of binneshuis te kan skiet.
Sover ek kon lees is dit met die "Chrony" maak (groen, rooi en blou), slegs nodig vir gewone LED ligte gekoppel aan 12v kragbron, of dan AC, sodat dit die flikker wegneem. Ander make soos die CED se weer duidelik dit moet infra rooi wees. Wat is julle opinie/ ondervinding?
Re: Chronograph do's & don'ts
Posted: Mon Feb 03, 2014 4:13 pm
by Eugene
BRNO (Pierre) wrote:Manne, wie van julle het al ligte vir julle Chronys geprakseer, wat jou in staat stel om op bewolkte dae, of binneshuis te kan skiet.
Sover ek kon lees is dit met die "Chrony" maak (groen, rooi en blou), slegs nodig vir gewone LED ligte gekoppel aan 12v kragbron, of dan AC, sodat dit die flikker wegneem. Ander make soos die CED se weer duidelik dit moet infra rooi wees. Wat is julle opinie/ ondervinding?
Kry jy nie my whatsapp's nie?

Re: Chronograph do's & don'ts
Posted: Mon Feb 03, 2014 4:37 pm
by Fritz
alecjohnson wrote:
Ek skiet genoeg om 'n ordentlike chronograph te koop ( gaan nie gou wees nie, maar ek is beryd om 5k daarop te spandeer)
Het enege van jul al ervaring met die Magneto speed of die Steinert SuperChrono beide is 11-1-11 duur, maar is bleikbaar baie betroubaar in alle kondisies.
Ek het nou die Magnetospeed V2 gekoop. Nog nie op my eie geweer getoets nie maar wel 'n paar ander gewere en ek is baie beindruk. Hy is BAIE lig. Hy stel maklik op en as jy kyk na die reviews is hy net so goed soos die beste Oehler. Ek was net te gatvol vir hierdie "raai, raai hoe vinnig is ek" storie. Of die MS jou groeperings gaan beinvloed kan ek nie vir jou sê nie, POI sal wel verander maar dis nie 'n issue nie. Baie ouens meen hulle groepe lyk dieselfde, miskien kan Wouter hier sy ervaring deel. Ek sal bv wil weet of ek met die MS aan my TPL kan toets nadat ek my nodespoed gevind het sodat ek ES kan toets ook. Dit is dan ook nie heeltemal onmoontlik om die MS te gebruik sonder om hom aan jou loop vas te maak nie, maar dit gaan baie moeite en kophou verg en 'n stewige klamp wat kan verstel en roteer om twee asse. Dalk nie feasible nie, maar net 'n gedagte.
Ek twyfel of hy my chrony heeltemal sal vervang. As ek 'n ladder test op 500m wil doen met 'n LA geweer en 'n spesifieke koeël waarop ek wil konsentreer, dan sal ek die chrony gebruik, met so paar modifikasies.
Re: Chronograph do's & don'ts
Posted: Mon Feb 03, 2014 4:41 pm
by Fritz
By vêr die beste ding wat jy kan doen om 'n kronograaf te verbeter is om die afstand tussen die sensors te verleng. En dan ook natuurlik tesame met al die ander belangrike punte wat Wouter uitgewys het.
Re: Chronograph do's & don'ts
Posted: Mon Feb 03, 2014 5:45 pm
by BRNO (Pierre)
Re: Chronograph do's & don'ts
Posted: Tue Aug 26, 2014 3:28 pm
by DamDuiker
Fritz,
As ek mag vra waar en wat het jy vir die Magnetospeed gekoop en betaal? ek is nou in die mark vir n kronograaf so jy voorstel dat ek dan sommer van dag een af die Magnetospeed moet koop?
Groete