Beste 270
-
2vierniks
- Sr. Member

- Posts: 259
- Joined: Wed May 22, 2013 6:21 pm
Re: Beste 270
Ek sal 'n 30-06 of 7 x 64 aanbeveel as jy 'n beginner jagter is. As jy 'n ou hand is en lief is vir die kaliber kan jy staan en val met hom. Die kaliber is baie baie buigbaar en jy KAN ver met hom skiet. Ek dink as jy hou by die tikka super varminter of savage wat vleis het is jy veilig.
- JohanvanZyl
- Full Member

- Posts: 234
- Joined: Thu Sep 19, 2013 10:42 am
Re: Beste 270
Ek het al i paar keer met my oupa se Sako 270 gejag. Lieflike geweer met ongelooflike sneller. Daar waar jy mik is daar waar hy skiet. Hy laat val van springbok tot koedoe sonder dat hulle een tree verder gaan. Veral as my oupa van 86 plat op sy boude op i duin gaan sit! Dus is my sentimentele keuse SAKO 270.
Johan
Howa 30-06
Oberndorf Mauser .22
Howa 30-06
Oberndorf Mauser .22
-
Quinna
- Full Member

- Posts: 166
- Joined: Wed Jan 16, 2013 7:16 pm
Re: Beste 270
Hi Bruce
Ek wil net graag my 2c vir jou gee. EK het n 270 musgrave wat ek by my oupa geerf het. So dis nie meer vandag se kind nie. My oupa het als met hom geskiet van duiker, rooibokke en kudu's. Selfd 1 of twee springbokke het onder die 270 se kerf stoke beland. Ek het selfs daai jare baie rooibokke en duiker met hom geskiet. Vandat hy op my naam is het hy al 6 blouwildebeeste, en n gemsbok by gekry. Ek skiet van 100 - 500m met gemak. Ek laais slef wat glad nie moeilik is vir die kaliber nie (my ervaaring) en weet waar van sy hou. As jou hart gesit is op n 270 koop hom gerus. Leer die geweer hoe om haar te streel en vas te hou en sy sal jou nie in die steek laat nie

Pressure is something that you find in the chamber, now shut up and shoot
.270 WIN Musgrave, .22 CZ, 9mm Beretta, 12 Guage Vanguard, Howa 375 Ruger, .308 Sako, Howa 6.5Creedmoor, 9mm Glock (waiting for lic)

dehacked
- Hero Member

- Posts: 790
- Joined: Mon Jan 20, 2014 10:04 am
Re: Beste 270
Bruce die outdoor center by Metro in Kleine kuppe het nou die dag specials op .270 gewere gehad. Ruger was so omtrent 6k en Remington 700 SPS vir 10k. Daar was nog iets tussen in ook maar ek kan nie onthou wat dit was nie. Gunter mag jou dalk nog steeds 'n goeie prys gee as jy nog nie gekoop het nie. As jy betyds vir die winter jag seisoen wil wees moet jy nou spring. Die tannie by die lisensie kantoor het my vriendelik meegdeel ek kan maar so 4-5 maande wag vir my Remi se liksens.
Rem 700 .270 Win
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P
LE No4 Mk1/2 .303
CZ 527 .223 Rem
Star 9mm P