Page 2 of 4

Re: .303 Modifikasie

Posted: Mon Apr 18, 2011 8:59 am
by Hugo
Hi julle. ek wil weet wat het daai modifikasie jou gekos, ek het 'n kwotasie gekry by LA Arms vir R3100 dan doen hy al en scope mounts en sintetiese kolf. Help my asb.

Re: .303 Modifikasie

Posted: Mon Apr 18, 2011 1:32 pm
by Hugo
En het jy 'n foto van die eind produk?

Myne lyk op die oomblik so iets,
[img width=560 height=190]http://www.nzaaawgtn.org.nz/images/a10/it10_050.jpg[/img]

En ek wil he hy moet weer na iets lyk man, ek is nie into die ou tydse goed nie.

Re: .303 Modifikasie

Posted: Mon Apr 18, 2011 2:12 pm
by Geno
My kettie is nes die een op die boonste foto....

Re: .303 Modifikasie

Posted: Mon Apr 18, 2011 2:23 pm
by Hugo
Myne ook, net jammer sy koper munt in die kolf is weg, ek wil hom sport, want hy moet werk, hy kannie net die kluis vol staan nie.

Re: .303 Modifikasie

Posted: Mon Apr 18, 2011 3:50 pm
by Jagtersdok
Boys luister gou hier.

Chad Gillie weet hoe om 303 te sport. Sy nr is 012 34701917 Arms
As jou loop nog mooi is doen jy die volgende.
Sny die Kroon 11grade (R220)
Sit Thor sneller op (R580)
Laat pak en float die geweer (R550)

Moet nie sintetiese kolf opsit nie ek het nog nie goeie een gesien nie,

Moet asb ook nie lee enfield Epps of probeer warm jaag nie, daai aksie hou nie van dit nie. Headspace pyne sal jy gou kry as jy dit doen

Re: .303 Modifikasie

Posted: Mon Apr 18, 2011 3:58 pm
by Hugo
Jagtersdok wrote: Boys luister gou hier.


Moet asb ook nie lee enfield Epps of probeer warm jaag nie, daai aksie hou nie van dit nie. Headspace pyne sal jy gou kry as jy dit doen
Jyt my verloor.

Re: .303 Modifikasie

Posted: Mon Apr 18, 2011 4:06 pm
by Jagtersdok
Dis baie maklik

Die Lee Enfield en die Lee Metford aksies, soos daai 2 in die fotos se gatte is te lig om die Pressure van Epps of te warm loads te vat.

Daai slot knak letterlik onder die drukking soos jou vrou toe jy haar die eerste dag gesoen het, al verskil is jou vrou raak gewoond aan jou en haar bene gee nie meer mee nie. Met die Lee aksie raak die probleem al hoe erger en jy kry later groot probleme.

Re: .303 Modifikasie

Posted: Mon Apr 18, 2011 4:18 pm
by Hugo
Nee jis ek gan fabrieks punte skiet vir 'n hele tyd.

Ek moet 'n sintetiese kolf op sit, want 'n hout een gan my R4k+ kos en dis nie die geld werd nie.

Re: .303 Modifikasie

Posted: Mon Apr 18, 2011 4:34 pm
by Jagtersdok
As jy sinteties gaan, maak seker daai loop van jou is ver van die fore-end af dat daar geen kans is dat die ding dalk teen die loop kan druk nie

Re: .303 Modifikasie

Posted: Mon Apr 18, 2011 7:09 pm
by Pvdw
Hugo myne se koste was as volg.

Sintetiese kolf R1600
Lynx basis R340
Lynx ringe R340
Kroon sny/KD skroefdraad R300
5 Ronte magesyn R250
Sand blaas en "matt Blue" met so 1 o2 klein goetertjies by R800
Bestaande sneller verstel en poleer R200( hy's nou so "sweet" soos kan kom)

Totaal so +-R3800.

Terminatot en teleskoop was ekstra, sal ook wees vir enige nuwe geweer.

Ek weet van 'n Oom hier in Pta wat vir jou 'n houtkolf maak vir net so oor doe R1500.00. Het hom eers ontdek na ek my sintetiese kolf opgesit het.

Peet

O ja, LA se werk is goed maar daai manne kan jou laaank laat wag as hulle wil. Soms is jy gelukkig en dan kry jy jou gun vinnig maar dit gebeur maar min :P :P Hou dit net in gedagte

Re: .303 Modifikasie

Posted: Mon Apr 18, 2011 10:00 pm
by Penkop
Mooi ou oorspronklike 303's met houtkolf tot vooe maak maar my knie? lam...

As julle in elk geval daai kolwe gaan laat afhaal, laat die geweersmit asb tenminste dit versigtig afhaal. Ek sal dit met graagte by julle oorneem. Al die skroefies en pennetjies ens ook. Asb moenie dit weggooi nie.

Pm my, dan maak ek 'n plan om by julle uit te kom.

Groete

Re: .303 Modifikasie

Posted: Tue Apr 19, 2011 8:43 am
by Hugo
Pvdw wrote:

Ek weet van 'n Oom hier in Pta wat vir jou 'n houtkolf maak vir net so oor doe R1500.00. Het hom eers ontdek na ek my sintetiese kolf opgesit het.

nou deel daai inligting met my asb.

Re: .303 Modifikasie

Posted: Tue Apr 19, 2011 8:07 pm
by Pvdw
Ha, jy dog ek deel my kontakte so maklik 8) 8) 8) Wel jy's reg. Bel vir Oom Piet by 012 3266761/0827453964 Hy bly in Flower str. 29 Capital park

Hy maak nogal baie kolwe. Houtwerk is nice maar ek hou nie van sy ruitwerk nie, my eie opinie.

Peet

Re: .303 Modifikasie

Posted: Tue Apr 19, 2011 8:11 pm
by Hugo
wats ruit werk? Ek woon 2km van hom af, ry elke dag daar verby!

Re: .303 Modifikasie

Posted: Tue Apr 19, 2011 8:17 pm
by JPS
Hugo,

Die "Checkering" op die kolf op voorste greep en op hand greep.

Groete
JP

Re: .303 Modifikasie

Posted: Tue Apr 19, 2011 8:22 pm
by Biltongjagter
Neels as jy s?:
Sny die Kroon 11grade (R220)
Is dit konkaaf neem ek aan, en hoekom?

Groete,
Koos.

Re: .303 Modifikasie

Posted: Tue Apr 19, 2011 8:30 pm
by Jagtersdok
Dit is wat die Bisley en Benchrest manne wat ek ken doen. Hulle het al die toetsies gedoen en dis een ding wat ek op hulle woord vat want ek gaan nie daai toetse almal doen nie.

My gewere insluitent my 303 skiet "styf"
Wat ek wel kan s? met die 303 het ek drastiese verskil gesien, maar ook moet ek s? die kroon was gagga voor ek hom gesny het.

Re: .303 Modifikasie

Posted: Tue Apr 19, 2011 8:45 pm
by Hugo
Verskoon my, eks n boog man, wats die kroon En wats sy doel?

Re: .303 Modifikasie

Posted: Tue Apr 19, 2011 8:45 pm
by Biltongjagter
Daar is Bisley manne wat die kroon van die loop 15 grade konveks sny en steeds baie sukses daarmee behaal.

D?t, saam met omgekeerde pak metodes (aksie vryswewend en loop vas), is maar net nog 'n voorbeeld om aan te toon dat ons geneig is om vas te haak by sekere maniere van doen, terwyl daar definitief ander metodes is - en wie weet hoeveel nog meer - bloot omdat ons te min kere wegbreek van die sg. 'ou beproefde' metodes aan ons oorgedra.

Ekself is erg skuldig hieraan, hoor!

Re: .303 Modifikasie

Posted: Tue Apr 19, 2011 8:57 pm
by Jagtersdok
Ek weet van die 15 grade kroon. Het dit nog net nie self gedoen nie, maar ek weet dit werk.

'n Kroon is die voorpunt van die loop, daai oppervlakte oor die dwars snit van die loop

Re: .303 Modifikasie

Posted: Tue Apr 19, 2011 9:00 pm
by Jagtersdok
Koos ek wil ook net by s?, dit beteken nie as mense nie van goed al gehoor het of dit algemene kennis is dis nog nooit getoets nie.
Baie goed is net nie eers noemenswaardig nie wat al in die ou dae deur manne getoets is. Ek is seker iemand het gegaan en geweer krone op elke moontlike manier gaan shape en ja seker goed werk en ander nie. Ongelukkig is die goed wat werklik werk baie minder as die goed wat nie werk nie. Thats life

Re: .303 Modifikasie

Posted: Tue Apr 19, 2011 9:23 pm
by Biltongjagter
Neels, hier verskil ons
Ongelukkig is die goed wat werklik werk baie minder as die goed wat nie werk nie. Thats life
Dit is wat in die w?reld van massa produksie aan ons opgedis word - juis dit wat die vinnigste, maklikste en teen die laags moontlike koste voort gebring kan word - is wat ons vertel word, is die beste.

Verseker nie altyd waar nie en meestal ook nie altyd baie duurder om beter te kry nie.

?Don't find fault, find a remedy.? -- Henry Ford.

:laugh:

Re: .303 Modifikasie

Posted: Tue Apr 19, 2011 9:44 pm
by Jagtersdok
Jy verstaan my verkeerd.

Ek s? elke modifikasie wat mens kan uitdink gaan nie altyd beter performance gee nie. Daar is minder modifikasies wat beter werks verrigting te weeg bring in vergelyking met die hoeveelheid wat geen effek of selfs swakker prestasie te weeg bring en dit is 'n feit.

Ek is seker daar is al duisende mods beproef en getoets, manne het seker ook al kersliggies oor hulle gewere gehang om te kyk of die goed nie beter wil skiet nie, maar daar is maar min goedjies wat werklik groot positiewe impak het.

Maar ja dis goed om te verskil en soos ek ges? het ek is altyd oop om te leer, maar tot iemand my hard cold facts en evidince wys  dat iets beter is as vorige metode verander ek nie aan 'n wen resep nie, maar dis maar net ek. Dan hoef ek nie fout te vind of oplossings nie want die ding werk. Soos daai man in die artikel ges? Sure dit is moontlik, maar dis nie die beste nie. Maw my gesonde verstand vertel my hy het al die metodes of in sy geval tipes medium getoets en die resultate vergelyk en kan praktiese getoetse feite weergee.

Nou hoef ek wat Neels is mos nou nie weer kolwe gaan bou van hout, laminated wood, sithetics, alliminium etc etc etc nie, die man het mos nou deurdagte toetse gaan doen en ges? wat sy bevindinge was.

As oom Andre Fouche vir my s? Neels ek het met Jag gewere al die metodes van pak getoets en op 90%+ van die gewere was dit my bevindinge en die uitsonderings was dit en dat en dit is waaraan ek dit toeskryf, maar met Benchrest gewere met swaarder langer lope werk die metode beter en is soveel keer getoets en al die ander metodes is ook getoets, gaan ek wat Neels is nie sy woord in twyfel trek en die wiel gaan probeer re-invent nie, want dis klaar gedoen.

Om terug te kom na die kroon aspek en dat daar minder mods is wat werk as die wat nie werk nie. Ek weet van 2 tipes kroon dimensies wat die beste resultate lewer 11grade en 15 grade met die twigs soos beskryf, maar dan werk 1,2,3,4,5,6,7,8,9,10,12,13,14,16,17,18,19,20 grade nie een so goed nie maar enige ou kan sy kroon sny soos hy wil, maar hy sal alleenlik optimale resultate kry met die optimale modifikasie en van hulle is daar baie min. Modifikasies hoef nie baie geld te kos nie, die aanvanklikes wat werk en getoets is soos geweer pak en kroon sny en paar van die ander kos nie baie geld nie en as jy bietjie tegnies aangel? is kan jy dit self doen. Maar daardie kleiner fyner dingetjies wat se impak miskien nie so groot sal wees nie kan hoe dieper mens in die dinge ingaan naderhand by aardige bedraggie uitkom, veral as jy met tyd als bymekaar tel

Re: .303 Modifikasie

Posted: Wed Apr 20, 2011 9:11 am
by Biltongjagter
Dit is nogal soos jy s?, maar logika en helder denke oor 'n proses wat plaasvind in 'n bewese wetenskaplike volgorde van gebeure, wat ek en talle ander miskyk, is eerder waarna ek verwys.

Om terug te keer na die loop vibrasie en bewegingsmomentum as voorbeeld -
die gebruik van magnum slagdoppie met sy ho?r stukrag om die koe?l reeds v??r die dryfmiddel se 'big bang' in die loop se riwwe/(lands) vas te druk en so vibrasie te verminder, ens., ens.
Ons dink nie in stappe nie, al gebeur hulle net nano sekondes uitmekaar, en dit is waar ek faal en beter kan vaar as ek helder oor die stappe in die proses dink.

Natuurlik is ons ook nie almal tegnies aangel? en wetenskaplik genoeg geskool nie, veral nie ek nie, maar as ons besef alles is nie net een harde slag met die trek van die sneller nie (figuurlik gesproke nou!), sal ons ook besef sekere toets resultate is nie eers die papier werd waarop hulle neersgeskryf is nie.

Ons moet meer ontledend dink oor gebeure en dan daaroor redeneer met mekaar, dan sal ons gesamentlik almal meer wen in die proses.

Niks kom verniet nie!

Re: .303 Modifikasie

Posted: Wed Apr 20, 2011 11:51 am
by DawieKotze
Is daar 'n metode wat ek kan gebruik om my gewere se kroon te meet?

En as ek nou die mate het - wat dan? Die gewere groepeer goed genoeg vir my en hoekom sal ek dit wil verander. Hou sekere kalibers meer van 'n spesifieke koon? MAW - kan ek my groeperings verbeter deur die krone te laat hersny?

Ek het altyd gedink dat al wat nodig en belangrik is, is dat die kroon 100% haaks moet wees. Die feit dat hy met 'n sekere hoek gesny word, is bloot om die "rand" te beskerm teen seer kry.