Page 2 of 3
Re: Savage 338 Lapua 110BA vs 1000m, uiteindelik
Posted: Mon Dec 16, 2013 8:49 am
by cassie_calvinia
marc
hoefeel minute moes jy aanpas vir windage? hoe sterk het die wind by jou gewaai? soos peet gese het, as jou koeel op 6m hoog gaan draai?
Re: Savage 338 Lapua 110BA vs 1000m, uiteindelik
Posted: Mon Dec 16, 2013 2:11 pm
by Marc
Cassie loer bietjie daai screen shots van Bullet Flight (bruin boksies) al die data is daar
Re: Savage 338 Lapua 110BA vs 1000m, uiteindelik
Posted: Mon Dec 16, 2013 4:01 pm
by Wouter Roets
Marc
Uitstekend gedoen maat! Dit is lekker om te sien dat al jou dinge nou mooi bymekaar kom. Baie geluk!
Groetnis
Wout
Re: Savage 338 Lapua 110BA vs 1000m, uiteindelik
Posted: Mon Dec 16, 2013 4:06 pm
by Marc
Dankie Baas Wout, manne soos julle wat outjies soos ons laat opslaan. Dankie weereens vir al jou tyd en raad, dit word opreg waardeur
Re: Savage 338 Lapua 110BA vs 1000m, uiteindelik
Posted: Mon Dec 16, 2013 4:22 pm
by Wouter Roets
Marc
Dit is vir my n voorreg om die bietjie kennis wat ek het met kaliber manne soos jy te kan deel. Die crux bly egter wat n mens daarmee maak en hier het jy nou gewys dat dit geensins verlore gegaan het nie.
Soos ek jou ken weet ek jy wil nog n hoop ondervinding onder die belt kry, maar ek is seker daai eerste bok wat op afstand gaan sneuwel nie meer te ver weg is nie. Ons almal wag in spanning vir daai dag!
Groetnis
Wout
Re: Savage 338 Lapua 110BA vs 1000m, uiteindelik
Posted: Tue Dec 17, 2013 8:36 am
by Geno
Netjies Marc! Mooi gegooi mater!
Re: Savage 338 Lapua 110BA vs 1000m, uiteindelik
Posted: Tue Dec 17, 2013 8:53 am
by bor
Die gongs is van 8mm Bennox gesny sal moet dikker op 500mtr
Re: Savage 338 Lapua 110BA vs 1000m, uiteindelik
Posted: Tue Dec 17, 2013 8:54 am
by Marc
Iemand het al die inligting mooi bekyk en my nagmerrie is verby voor dit eers begin het. Baie dankie Klopper vir jou opletendheid, dis 'n les wat ek nie sommer gaan vergeet nie. Manne as julle met programme werk maak 300% seker julle voer die regte data in
Soos julle kan sien op die Bullet flight skerms is die grade van die skiet hoek 4, maar ons le dan op 'n koppie en skiet afwaarts

Geen wonder ek was konstant 2" laag en op 'n duisend sommer 6" laag nie.
Ek brand nou om weer te gaan en my fout reg te stel. Dink die resultaat gaan my verstom

Re: Savage 338 Lapua 110BA vs 1000m, uiteindelik
Posted: Tue Dec 17, 2013 9:03 am
by Marc
Dankie Geno
Rob dankie vir die sny van daai plate, ek voel half skuldig dat hulle so seer gekry het. Ons sal moet kyk vir dukker plaat, dalk selfs 10mm om seker te maak. Ek is seker Jaco en jy sal praat.
PS: Ek het jou gemis, volgende keer moet jy saam kom
Re: Savage 338 Lapua 110BA vs 1000m, uiteindelik
Posted: Tue Dec 17, 2013 9:16 am
by Arnold
Marc, ek glo nie jou probleem is nie die hoek waarteen julle geskiet het nie maar wel jou omgewings/weer veranderlikes.
Kyk mooi na die druk en hoogte bo seespieel. Stel jou hoogte bo seespieel na zero en laat weet bietjie wat die resultaat is. Dit lyk of jy barometriese druk en absolute druk meng.
Re: Savage 338 Lapua 110BA vs 1000m, uiteindelik
Posted: Tue Dec 17, 2013 9:18 am
by Arnold
Die hoek waarteen jy skiet het n invloed maar hoeveel was die hoek? + of - 4 grade gaan maar dieselfde uitwerking op jou POI hê.
Re: Savage 338 Lapua 110BA vs 1000m, uiteindelik
Posted: Tue Dec 17, 2013 9:24 am
by Marc
Arnold wrote:Die hoek waarteen jy skiet het n invloed maar hoeveel was die hoek? + of - 4 grade gaan maar dieselfde uitwerking op jou POI hê.
Point taken Arnold, ek sal deur die week iewers sit en alles mooi bekyk, moet net eers twee sekondes ophou hardloop

Re: Savage 338 Lapua 110BA vs 1000m, uiteindelik
Posted: Tue Dec 17, 2013 11:38 am
by Vlakvark
.
Re: Savage 338 Lapua 110BA vs 1000m, uiteindelik
Posted: Tue Dec 17, 2013 12:19 pm
by douw
Vlakvark wrote:.
Sjoe vlakvark, is jy sommer stomgeslaan?
Oraait, nou sien ek die punt!
Re: Savage 338 Lapua 110BA vs 1000m, uiteindelik
Posted: Tue Dec 17, 2013 12:28 pm
by Marc
Arnold wrote:Marc, ek glo nie jou probleem is nie die hoek waarteen julle geskiet het nie maar wel jou omgewings/weer veranderlikes.
Kyk mooi na die druk en hoogte bo seespieel. Stel jou hoogte bo seespieel na zero en laat weet bietjie wat die resultaat is. Dit lyk of jy barometriese druk en absolute druk meng.
Die druk is nie met 'n Kestrell gemeet nie, ek neem aan jy verwys na die feit dat met 'n Kestrell jou hoogte bo seevlak 0 moet maak aangesien die spesifieke model reeds daai aanpasing insluit in sy formule.
Dis nie hier van toepassing nie

Re: Savage 338 Lapua 110BA vs 1000m, uiteindelik
Posted: Tue Dec 17, 2013 12:34 pm
by Arnold
Marc, waarmee is die druk gemeet en waarmee is die hoogte bo seespieel gemeet?
Jy gebruik slegs hoogte bo seespieel as jy n gekalibreede barometriese druk vir daai posisie het waaroor ek twyfel? Dit wat jy uitwys van die kestrel geld nie net vir die kestrel nie maar ook vir ballistiese programme.
Re: Savage 338 Lapua 110BA vs 1000m, uiteindelik
Posted: Tue Dec 17, 2013 12:41 pm
by Marc
Arnold wrote:Marc, waarmee is die druk gemeet en waarmee is die hoogte bo seespieel gemeet?
Jy gebruik slegs hoogte bo seespieel as jy n gekalibreede barometriese druk vir daai posisie het waaroor ek twyfel? Dit wat jy uitwys van die kestrel geld nie net vir die kestrel nie maar ook vir ballistiese programme.
Ons het die Leica 1600B se data gerbuik vir druk en GPS/Google om die hoogte bo seevlak te bevestig by die skietpunt.
Hopelik mag ek ook in 2014 'n Kestrell besit

Re: Savage 338 Lapua 110BA vs 1000m, uiteindelik
Posted: Tue Dec 17, 2013 12:43 pm
by Arnold
Standaard druk by 4500ft is omtrent 25.4 inHg en in dieselfde omstandighede gaan barametriese druk 29.9 inHg wees.
Marc, ek gebruik ook my Leica 1600 vir druk maar dan moet jy jou elevasie 0ft maak in jou ballistiese rekenaar omdat hy absolute druk gee.
(Hierdie is juis waaroor my en Ludwig se verskil gegaan het)
Re: Savage 338 Lapua 110BA vs 1000m, uiteindelik
Posted: Tue Dec 17, 2013 12:46 pm
by Arnold
Skiet teen 'n hoek(op of af) gaan jou laat hoër tref.
Wat jou balistiese rekenaar dink met die druk en hoogte bo seevlak wat jy aandui is dat die druk hier rondom 21 inHg is wat gaan maak dat jy minder elevasie hoef te stel ... wat nie die geval is nie en daarom tref jy laag.
Wat jy in effek gedoen het is om vir jou ballistiese sagteware te sê jy skiet van 9000ft(21.4inHg) bo seevlak af in plaas van 4000ft(25.8inHg).
Die verskil mag dalk groter wees as 6" op 1000m en daar is dalk ander faktore wat ook 'n rol speel soos regte BC en spoed.
Re: Savage 338 Lapua 110BA vs 1000m, uiteindelik
Posted: Tue Dec 17, 2013 12:57 pm
by VdWalt
Arnold wrote:Skiet teen 'n hoek(op of af) gaan jou laat hoër tref. Wat jou balistiese rekenaar vir dink met die druk en hoogte bo seevlak wat jy aandui is dat die druk hier rondom 21 inHg is wat gaan maak dat jy minder elevasie hoef te stel ... wat nie die geval is nie en daarom tref jy laag.
As ek nou verstaan, sê jy dat die druk minder is oor jy met 'n paar grade
op of af skiet?
Re: Savage 338 Lapua 110BA vs 1000m, uiteindelik
Posted: Tue Dec 17, 2013 1:02 pm
by Arnold
Skuus, nee druk en skiet teen 'n hoek is twee afsonderlike issues.
Re: Savage 338 Lapua 110BA vs 1000m, uiteindelik
Posted: Tue Dec 17, 2013 1:05 pm
by Marc
Ek gebruik Brian Litz se BC's en die spoed is al herhaaldelik getoets op verskeie geleenthede. Die spoed hier is reg aangedui.
Re: Savage 338 Lapua 110BA vs 1000m, uiteindelik
Posted: Tue Dec 17, 2013 1:13 pm
by Arnold
Marc, ek weet nie hoe bullet flight werk met die druk nie maar maak net seker. Die druk verskil waarvan ek praat gaan jou omtrent 'n 20" verskil op 1000m gee.
Re: Savage 338 Lapua 110BA vs 1000m, uiteindelik
Posted: Tue Dec 17, 2013 1:16 pm
by Marc
Hier is die data op 4500 bo seevlak
http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/E37519DD-8735-4FFD-BD92-6B04EA98FC02_zpsznlkwlgc.png
En hier is die data 0 bo seevlak
http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/4A34B81F-AB03-449E-BA47-213BB99DA029_zpsu8p7qymv.png
Al die ander gegewens is dieselfde, dit maak 'n volle 1.1 MOA verskil op 1000 meter.
Re: Savage 338 Lapua 110BA vs 1000m, uiteindelik
Posted: Tue Dec 17, 2013 1:19 pm
by Arnold
Marc, daar is 'n 12.6" of 1.1MOA verskil op 1000m soos in jou screenshots aangetoon?