Savage 338 Lapua 110BA vs 1000m, uiteindelik
- cassie_calvinia
- Hero Member

- Posts: 4529
- Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm
Re: Savage 338 Lapua 110BA vs 1000m, uiteindelik
marc
hoefeel minute moes jy aanpas vir windage? hoe sterk het die wind by jou gewaai? soos peet gese het, as jou koeel op 6m hoog gaan draai?

HOU HOM DAAI DIKTE
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Savage 338 Lapua 110BA vs 1000m, uiteindelik
Cassie loer bietjie daai screen shots van Bullet Flight (bruin boksies) al die data is daar
Last edited by Marc on Tue Dec 17, 2013 12:37 pm, edited 1 time in total.
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7559
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Savage 338 Lapua 110BA vs 1000m, uiteindelik
Marc
Uitstekend gedoen maat! Dit is lekker om te sien dat al jou dinge nou mooi bymekaar kom. Baie geluk!
Groetnis
Wout
Uitstekend gedoen maat! Dit is lekker om te sien dat al jou dinge nou mooi bymekaar kom. Baie geluk!
Groetnis
Wout
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Savage 338 Lapua 110BA vs 1000m, uiteindelik
Dankie Baas Wout, manne soos julle wat outjies soos ons laat opslaan. Dankie weereens vir al jou tyd en raad, dit word opreg waardeur
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7559
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Savage 338 Lapua 110BA vs 1000m, uiteindelik
Marc
Dit is vir my n voorreg om die bietjie kennis wat ek het met kaliber manne soos jy te kan deel. Die crux bly egter wat n mens daarmee maak en hier het jy nou gewys dat dit geensins verlore gegaan het nie.
Soos ek jou ken weet ek jy wil nog n hoop ondervinding onder die belt kry, maar ek is seker daai eerste bok wat op afstand gaan sneuwel nie meer te ver weg is nie. Ons almal wag in spanning vir daai dag!

- Geno
- Administrator

- Posts: 13648
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Savage 338 Lapua 110BA vs 1000m, uiteindelik
Netjies Marc! Mooi gegooi mater!
Goed, beter, 6millimeter!
-
bor
- Newbie

- Posts: 46
- Joined: Tue May 28, 2013 12:58 pm
Re: Savage 338 Lapua 110BA vs 1000m, uiteindelik
Die gongs is van 8mm Bennox gesny sal moet dikker op 500mtr
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Savage 338 Lapua 110BA vs 1000m, uiteindelik
Iemand het al die inligting mooi bekyk en my nagmerrie is verby voor dit eers begin het. Baie dankie Klopper vir jou opletendheid, dis 'n les wat ek nie sommer gaan vergeet nie. Manne as julle met programme werk maak 300% seker julle voer die regte data in
Soos julle kan sien op die Bullet flight skerms is die grade van die skiet hoek 4, maar ons le dan op 'n koppie en skiet afwaarts
Geen wonder ek was konstant 2" laag en op 'n duisend sommer 6" laag nie.
Ek brand nou om weer te gaan en my fout reg te stel. Dink die resultaat gaan my verstom
Soos julle kan sien op die Bullet flight skerms is die grade van die skiet hoek 4, maar ons le dan op 'n koppie en skiet afwaarts
Ek brand nou om weer te gaan en my fout reg te stel. Dink die resultaat gaan my verstom
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Savage 338 Lapua 110BA vs 1000m, uiteindelik
Dankie Geno 
Rob dankie vir die sny van daai plate, ek voel half skuldig dat hulle so seer gekry het. Ons sal moet kyk vir dukker plaat, dalk selfs 10mm om seker te maak. Ek is seker Jaco en jy sal praat.
PS: Ek het jou gemis, volgende keer moet jy saam kom

Last edited by Marc on Tue Dec 17, 2013 9:23 am, edited 1 time in total.
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8010
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Savage 338 Lapua 110BA vs 1000m, uiteindelik
Marc, ek glo nie jou probleem is nie die hoek waarteen julle geskiet het nie maar wel jou omgewings/weer veranderlikes.
Kyk mooi na die druk en hoogte bo seespieel. Stel jou hoogte bo seespieel na zero en laat weet bietjie wat die resultaat is. Dit lyk of jy barometriese druk en absolute druk meng.
Kyk mooi na die druk en hoogte bo seespieel. Stel jou hoogte bo seespieel na zero en laat weet bietjie wat die resultaat is. Dit lyk of jy barometriese druk en absolute druk meng.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8010
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Savage 338 Lapua 110BA vs 1000m, uiteindelik
Die hoek waarteen jy skiet het n invloed maar hoeveel was die hoek? + of - 4 grade gaan maar dieselfde uitwerking op jou POI hê.
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Savage 338 Lapua 110BA vs 1000m, uiteindelik
Point taken Arnold, ek sal deur die week iewers sit en alles mooi bekyk, moet net eers twee sekondes ophou hardloopArnold wrote:Die hoek waarteen jy skiet het n invloed maar hoeveel was die hoek? + of - 4 grade gaan maar dieselfde uitwerking op jou POI hê.
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
-
Vlakvark
- Hero Member

- Posts: 2325
- Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am
- douw
- Hero Member

- Posts: 1830
- Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm
Re: Savage 338 Lapua 110BA vs 1000m, uiteindelik
Vlakvark wrote:.
Sjoe vlakvark, is jy sommer stomgeslaan?
Oraait, nou sien ek die punt!
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Savage 338 Lapua 110BA vs 1000m, uiteindelik
Die druk is nie met 'n Kestrell gemeet nie, ek neem aan jy verwys na die feit dat met 'n Kestrell jou hoogte bo seevlak 0 moet maak aangesien die spesifieke model reeds daai aanpasing insluit in sy formule.Arnold wrote:Marc, ek glo nie jou probleem is nie die hoek waarteen julle geskiet het nie maar wel jou omgewings/weer veranderlikes.
Kyk mooi na die druk en hoogte bo seespieel. Stel jou hoogte bo seespieel na zero en laat weet bietjie wat die resultaat is. Dit lyk of jy barometriese druk en absolute druk meng.
Dis nie hier van toepassing nie
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8010
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Savage 338 Lapua 110BA vs 1000m, uiteindelik
Marc, waarmee is die druk gemeet en waarmee is die hoogte bo seespieel gemeet?
Jy gebruik slegs hoogte bo seespieel as jy n gekalibreede barometriese druk vir daai posisie het waaroor ek twyfel? Dit wat jy uitwys van die kestrel geld nie net vir die kestrel nie maar ook vir ballistiese programme.
Jy gebruik slegs hoogte bo seespieel as jy n gekalibreede barometriese druk vir daai posisie het waaroor ek twyfel? Dit wat jy uitwys van die kestrel geld nie net vir die kestrel nie maar ook vir ballistiese programme.
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Savage 338 Lapua 110BA vs 1000m, uiteindelik
Ons het die Leica 1600B se data gerbuik vir druk en GPS/Google om die hoogte bo seevlak te bevestig by die skietpunt.Arnold wrote:Marc, waarmee is die druk gemeet en waarmee is die hoogte bo seespieel gemeet?
Jy gebruik slegs hoogte bo seespieel as jy n gekalibreede barometriese druk vir daai posisie het waaroor ek twyfel? Dit wat jy uitwys van die kestrel geld nie net vir die kestrel nie maar ook vir ballistiese programme.
Hopelik mag ek ook in 2014 'n Kestrell besit
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8010
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Savage 338 Lapua 110BA vs 1000m, uiteindelik
Standaard druk by 4500ft is omtrent 25.4 inHg en in dieselfde omstandighede gaan barametriese druk 29.9 inHg wees.
Marc, ek gebruik ook my Leica 1600 vir druk maar dan moet jy jou elevasie 0ft maak in jou ballistiese rekenaar omdat hy absolute druk gee.
(Hierdie is juis waaroor my en Ludwig se verskil gegaan het)
Marc, ek gebruik ook my Leica 1600 vir druk maar dan moet jy jou elevasie 0ft maak in jou ballistiese rekenaar omdat hy absolute druk gee.
(Hierdie is juis waaroor my en Ludwig se verskil gegaan het)
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8010
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Savage 338 Lapua 110BA vs 1000m, uiteindelik
Skiet teen 'n hoek(op of af) gaan jou laat hoër tref.
Wat jou balistiese rekenaar dink met die druk en hoogte bo seevlak wat jy aandui is dat die druk hier rondom 21 inHg is wat gaan maak dat jy minder elevasie hoef te stel ... wat nie die geval is nie en daarom tref jy laag.
Wat jy in effek gedoen het is om vir jou ballistiese sagteware te sê jy skiet van 9000ft(21.4inHg) bo seevlak af in plaas van 4000ft(25.8inHg).
Die verskil mag dalk groter wees as 6" op 1000m en daar is dalk ander faktore wat ook 'n rol speel soos regte BC en spoed.

Last edited by Arnold on Tue Dec 17, 2013 1:03 pm, edited 1 time in total.
- VdWalt
- Hero Member

- Posts: 3412
- Joined: Thu Oct 13, 2011 12:52 pm
Re: Savage 338 Lapua 110BA vs 1000m, uiteindelik
As ek nou verstaan, sê jy dat die druk minder is oor jy met 'n paar gradeArnold wrote:Skiet teen 'n hoek(op of af) gaan jou laat hoër tref. Wat jou balistiese rekenaar vir dink met die druk en hoogte bo seevlak wat jy aandui is dat die druk hier rondom 21 inHg is wat gaan maak dat jy minder elevasie hoef te stel ... wat nie die geval is nie en daarom tref jy laag.
op of af skiet?
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8010
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Savage 338 Lapua 110BA vs 1000m, uiteindelik
Skuus, nee druk en skiet teen 'n hoek is twee afsonderlike issues.
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Savage 338 Lapua 110BA vs 1000m, uiteindelik
Ek gebruik Brian Litz se BC's en die spoed is al herhaaldelik getoets op verskeie geleenthede. Die spoed hier is reg aangedui.
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8010
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Savage 338 Lapua 110BA vs 1000m, uiteindelik
Marc, ek weet nie hoe bullet flight werk met die druk nie maar maak net seker. Die druk verskil waarvan ek praat gaan jou omtrent 'n 20" verskil op 1000m gee.
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: Savage 338 Lapua 110BA vs 1000m, uiteindelik
Hier is die data op 4500 bo seevlak
http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/E37519DD-8735-4FFD-BD92-6B04EA98FC02_zpsznlkwlgc.png
En hier is die data 0 bo seevlak
http://i1072.photobucket.com/albums/w365/vdmerwejm/Jaracal/4A34B81F-AB03-449E-BA47-213BB99DA029_zpsu8p7qymv.png
Al die ander gegewens is dieselfde, dit maak 'n volle 1.1 MOA verskil op 1000 meter.

Last edited by Marc on Tue Dec 17, 2013 2:37 pm, edited 1 time in total.
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8010
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Savage 338 Lapua 110BA vs 1000m, uiteindelik
Marc, daar is 'n 12.6" of 1.1MOA verskil op 1000m soos in jou screenshots aangetoon?