Page 2 of 5

Re: JARACAL Klere en produkte hier te koop.

Posted: Wed Dec 04, 2013 8:58 am
by GreyGhostGear
KalahariKlong wrote:Petrie is daar dalk enige iets beskikbaar met die ou logo op?
KK,
Ek sal by Heinrich hoor en laat weet.

Re: JARACAL Klere en produkte hier te koop.

Posted: Wed Dec 04, 2013 9:07 am
by G-force
Petrie/Oom Heinrich wat is die kans om n Jaracal freezer suit te kry vir die jakkals manne?Ek het een van Gerhard se FFF suits en is baie gelukkig met dit maar dink dit sal nog beter wees met Jaracal daarop.

Re: JARACAL Klere en produkte hier te koop.

Posted: Wed Dec 04, 2013 9:14 am
by Katefbessie
G-force wrote:Petrie/Oom Heinrich wat is die kans om n Jaracal freezer suit te kry vir die jakkals manne?Ek het een van Gerhard se FFF suits en is baie gelukkig met dit maar dink dit sal nog beter wees met Jaracal daarop.
+10000000000000000000 ASB kan ons dit doen!!

Re: JARACAL Klere en produkte hier te koop.

Posted: Wed Dec 04, 2013 9:39 am
by cassie_calvinia
GE
KAN ONS DAN NIE SOO EEN LAAT MAAK, WAT SNIPER KLERE adverteer nie? amper dieselfde as FFF.
my fff is al op gejag!

Re: JARACAL Klere en produkte hier te koop.

Posted: Wed Dec 04, 2013 9:47 am
by ROBBIE1
Petrie wat van los wapen (badge) wat mens op jou jagtersvereniging hemp kan aanbring, dan sit ons dit bv almal op die regter mou, en kan mekaar by jou vereniging se aktiwiteite ook uitken so.

Re: JARACAL Klere en produkte hier te koop.

Posted: Wed Dec 04, 2013 11:23 am
by NicoSmit
Is my klere al gepos ek kan nie meer wag vir klere nie ek is soos 'n klein laaitie wat nie kan wag vir Kersfees nie

Re: JARACAL Klere en produkte hier te koop.

Posted: Tue Dec 10, 2013 9:40 am
by GreyGhostGear
Die manne se bestellings in produksie - amper klaar!

http://i1068.photobucket.com/albums/u450/Petrie79/JARACAL%20PRODUKSIE/jaracal8_zps33c29425.jpg
http://i1068.photobucket.com/albums/u450/Petrie79/JARACAL%20PRODUKSIE/jaracal6_zps28195349.jpg
http://i1068.photobucket.com/albums/u450/Petrie79/JARACAL%20PRODUKSIE/jaracal2_zpsad5c40e9.jpg
http://i1068.photobucket.com/albums/u450/Petrie79/JARACAL%20PRODUKSIE/jaracal4_zpsbb833da3.jpg
http://i1068.photobucket.com/albums/u450/Petrie79/JARACAL%20PRODUKSIE/jaracal11_zps1989fbb3.jpg

Re: JARACAL Klere en produkte hier te koop.

Posted: Tue Dec 10, 2013 9:43 am
by NicoSmit
viniger viniger vinigggeeerrr!!!!!!!!!

Re: JARACAL Klere en produkte hier te koop.

Posted: Tue Dec 10, 2013 12:47 pm
by vriell
GreyGhostGear wrote:
G-force wrote:
vriell wrote:Wat van 'n materiaal jaracal wapen wat op 'n jagbaadjie of ander kledingstuk vasgewerk kan
word ?
Ja asb!
Dit was ongelukkig nie nou deel van die beplanning nie, maar ons kan verseker kyk na so iets vir die volgende rondte bestellings volgende jaar.
Net terugvoer vir die manne wat nou bestel het, ons is druk besig met hulle en hoop om teen middel tot einde volgende week alles uit te stuur.
Groete.
Dankie dan wag ek tot volgende bestelling beslis.

Re: JARACAL Klere en produkte hier te koop.

Posted: Tue Dec 10, 2013 2:53 pm
by ROBBIE1
As daai badge reg is sal ek ook n order insit vir hemde en van die badges.

Re: JARACAL Klere en produkte hier te koop.

Posted: Tue Dec 10, 2013 3:38 pm
by GreyGhostGear
NicoSmit wrote:viniger viniger vinigggeeerrr!!!!!!!!!

Nico, het jy dan nie meer skoon wasgoed nie of hoe? :laugh:
Met jou aanmoediging het ons darem klaar gekry vanmiddag, so ek stuur more die pakkies.
Groete

Re: JARACAL Klere en produkte hier te koop.

Posted: Tue Dec 10, 2013 3:40 pm
by GreyGhostGear
ROBBIE1 wrote:As daai badge reg is sal ek ook n order insit vir hemde en van die badges.
Is reg so Robbie, ons kyk so einde Januarie weer. Jy mag natuurlik in die biltong en salami currency betaal.

Re: JARACAL Klere en produkte hier te koop.

Posted: Tue Dec 10, 2013 3:47 pm
by NicoSmit
GreyGhostGear wrote:
NicoSmit wrote:viniger viniger vinigggeeerrr!!!!!!!!!

Nico, het jy dan nie meer skoon wasgoed nie of hoe? :laugh:
Met jou aanmoediging het ons darem klaar gekry vanmiddag, so ek stuur more die pakkies.
Groete
Jong ek soek 'n bietjie opwinding in my lewe is nou al 'n week huis gebonde daai trippie poskantoor toegaan soos 'n vakansie voel

Re: JARACAL Klere en produkte hier te koop.

Posted: Tue Dec 10, 2013 3:51 pm
by cassie_calvinia
ek is spyt ek is so ver van daai salamis af...

Re: JARACAL Klere en produkte hier te koop.

Posted: Tue Dec 10, 2013 3:52 pm
by Herman Huyser
Petrie, dis nou goeie nuus man, net so voor Kersfees, lekker man lekker. Poskantoor, nou moet jy jou agterent roer!

Re: JARACAL Klere en produkte hier te koop.

Posted: Tue Dec 10, 2013 3:55 pm
by G-force
Pos myne eerste asb Petrie,wil saam vat Hentiesbaai toe volgende naweek.

Re: JARACAL Klere en produkte hier te koop.

Posted: Tue Dec 10, 2013 4:23 pm
by Frikkiedbr
G-force wrote:Pos myne eerste asb Petrie,wil saam vat Hentiesbaai toe volgende naweek.
Lekker Ge geniet dit daar, darem maar mooi daar.

Re: JARACAL Klere en produkte hier te koop.

Posted: Tue Dec 17, 2013 9:30 pm
by Armand9
Petrie wat van n jag onderbaaitjie met n jaracal badge op. Van daai waar jy nog badges kan opwerk soos jagvereniging,chasa,ens. Net n gedagte.

Re: JARACAL Klere en produkte hier te koop.

Posted: Wed Dec 18, 2013 12:22 am
by Pappabeer
Dankie Petrie, ek het die klere vandag gekry en dit lyk puik, soos gewoonlik.

Ek het ook n paar dae terug n windskerm vervang, so die plakker kom nou handig in om die Glasfit een met ons mooi nuwe SA vlag op te vervang...

Re: JARACAL Klere en produkte hier te koop.

Posted: Wed Dec 18, 2013 3:13 am
by Heinz Petersen
Wat van n klompie voorraad Kaap se kant toe stuur waar dit besigtig en verkoop kan word.

Re: JARACAL Klere en produkte hier te koop.

Posted: Wed Dec 18, 2013 7:10 am
by Riaan Beeslaar
More Petrie
Wanneer kan ons die volgende bestellings by jou plaas
groete
Riaan

Re: JARACAL Klere en produkte hier te koop.

Posted: Wed Dec 18, 2013 7:19 am
by cassie_calvinia
Heinz Petersen wrote:Wat van n klompie voorraad Kaap se kant toe stuur waar dit besigtig en verkoop kan word.
hy werk net op bestelling. kannie klere maak, en dan verkoop dit nie.

Re: JARACAL Klere en produkte hier te koop.

Posted: Wed Dec 18, 2013 7:25 am
by NicoSmit
My klere is op pad sien dit trek al in Johannesburg Kom nou Possies doen julle ding ek wil dit voor more he!

Re: JARACAL Klere en produkte hier te koop.

Posted: Wed Dec 18, 2013 7:51 am
by GreyGhostGear
Armand9 wrote:Petrie wat van n jag onderbaaitjie met n jaracal badge op. Van daai waar jy nog badges kan opwerk soos jagvereniging,chasa,ens. Net n gedagte.
More Armand,

Ons gaan die reeks bietjie uitbrei nader aan die jagseisoen.
Groete

Re: JARACAL Klere en produkte hier te koop.

Posted: Wed Dec 18, 2013 7:53 am
by GreyGhostGear
Heinz Petersen wrote:Wat van n klompie voorraad Kaap se kant toe stuur waar dit besigtig en verkoop kan word.
Heinz,

Ons kan loer in die nuwe jaar met die volgende rondte bestellings, die manne bestel van regoor die land (bestel prosedure op bl. 1 van die "topic").

Groete,
Petrie.