Skade-permit Olifant en Luiperd

Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Skade-permit Olifant en Luiperd

Post by Wouter Roets »

Spekieries

Ek is ook n jagter eerstens en verstaan presies waarvandaan jy kom. Droomjagte is ongelukkig net dit en sal maar oor die algemeen net n droom bly vir die gemiddelde man op straat. Dit sou seker nie droomjag gewees het as dit vir ieder en elk beskore gewees het op die ingewing van die oomblik nie. Die feit is hierdie tipe jagte is vir n baie lang tyd al onbekostigbaar vir die bree jagter en gaan seker net erger word met tyd. Min mense besef dat n safari jag in 1900 baie meer gekos het as wat dit in vandag se geld eenheid kos.

Onthou my vorige skrywes het gegaan oor die feit dat mense nie n boer geld gun vir die jag van n dier wat soveel kos om te huisves nie. Ek persoonlik sluk ook bitter swaar aan die pryse wat gevra word op sekere geteelde diere, maar besef ook heeltemal wat se kostes en insette nodig is om hierdie droomjag aan te bied. Verseker is daar outfitters daar buite wat kaanse neem en buitensporige pryse aanbied maar soos ons al gesien het sort die stelsel hulle maar uit met tyd.

Ons almal droom en die werklike kuns en geheim in die lewe is om hierdie drome te kan verwesentlik.

Groetnis
Wouter

PS Dawie goed gestel. Ek wens net ons luiperd mannetjies wil hou by die 35 bokke kwota per jaar. Jy weet nie dalk van n organisasie wat vir hulle n lesing wil kom aanbied nie?
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Skade-permit Olifant en Luiperd

Post by Eugene »

Wouter Roets wrote:
So terloops as ek in die wildsboer bedryf gegaan het oor die winste was die plaas al lankal verkoop. Daar is baie makliker en meer suksesvolle bedrywe daar buite, glo my. Ons is in die bedryf oordat dit ons passie is.

Groetnis
Wouter
Manne, ek het nie 'n wildsplaas nie en ek raak ook soms negatief oor die pryse van biltongjag, wat nog te sê van trofeejag...

Bovermelde is egter 'n besliste feit!

Een van my kliente het 'n boogjagplaas. Daar is die afgelope seisoen 200 diere afgehaal teen 'n gemiddeld van R2000 per dier (spesies is springbokke, blesbokke, rooibokke, zebras, koedoes, RHB, SWB, gemse en elande, waar springbok R500 kos en eland die duurste is teen R6500). Dis R400 000 vir die seisoen. Doen maar gerus die som verder.... Ek sal dit nie doen vir al die crap wat hy van "biltongjagters" moet opeet nie! Hoekom doen hy dit? Sien Wouter se quote hierbo...
Aim small, miss small
Sako75
Hero Member
Hero Member
Posts: 1230
Joined: Wed Oct 14, 2009 7:50 pm

Re: Skade-permit Olifant en Luiperd

Post by Sako75 »

Fair market value (FMV) is an estimate of the market value of a good, based on what a knowledgeable, willing, and unpressured buyer would probably pay to a knowledgeable, willing, and unpressured seller in the market. An estimate of fair market value may be founded either on precedent or extrapolation. Fair market value differs from the intrinsic value that an individual may place on the same asset based on their own preferences and circumstances.

Opinions on value are always based upon subjective interpretation of available information at the time of assessment.

A sale, in lieu of an eminent domain taking, would not be considered a fair market transaction since one of the parties (i.e., the seller) was under undue pressure to enter into the transaction. Other examples of sales that would not meet the test of fair market value include a liquidation sale, foreclosure, distressed sale, and similar types of transactions.
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1240
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Skade-permit Olifant en Luiperd

Post by spekieries »

Jammer aan Ian as die oorspronklike aanbod van die jag van probleemdiere bietjie ontspoor het.

Ek verstaan dit soos jy dit noem Wouter. Ek besef dit is 'n besigheid en iemand sy verliese kan dek met die skiet van 'n luiperd. Ek verstaan dat droomjagte dikwels slegs 'n droom bly.

My bekommernis gaan maar oor die eklusiwiteit en die die feit dat dit 'n sport kan word vir die "Rich and famous" en my kultuurerfenis my ontneem word.

En hiermee volstaan ek.

Groete in Lichtenburg se wêreld.
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Skade-permit Olifant en Luiperd

Post by mariusr »

Ek glo nie ou moet jou misgis oor Suid Afrika en ook die res van Afrika nie! Ons brandstof is van die duurste in die wereld en dis glad nie meer goedkoop om in SA te lewe nie!Die fout wat mense maak is om die rand te vergelyk met die dollar,pond,euro ens! Dan se hulle dis vreeslik duur in Amerika ens!Wat hulle vergeet is dat daai mense in dollars,ponde ens betaal word en dat hulle meer kan koop met hulle geld eenheid in hul eie land as ons in SA.Hulle salarisse is ook baie beter as ons sin!.Om in Zim te jag en meeste van Afrika moet jy in US dollars betaal!? Waarom? want die eenheid is meer werd as die plaasllike eenheid van die land! Hoe kan jy net ander land se geldeenheid eis vir betaing?Daarom het die plaaslike jagter basies sy agterend gesien in Suid afrika want sy geld kan nie meeding met die dollar nie! So vir die oorsese jagter bly dit 'n fees om hier te jag met sy dollars en ponde! As hy met rande betaal het was hy verseker nie hier nie!
User avatar
Philip_R
Hero Member
Hero Member
Posts: 613
Joined: Tue Jul 23, 2013 12:22 pm

Re: Skade-permit Olifant en Luiperd

Post by Philip_R »

Ek het nou nog nooit 'n Luiperd geskiet nie, maar dink al is dit 'n probleem dier is die prys nie so verregaande nie. As mens in ag neem dat dit nie 'n bok is wat mens gou oor 'n naweek gaan skiet nie. Die jag gaan beteken dat daar 'n paar diere geskiet word om as aas te gebruik, die PH sal sy sout moet werd wees want hy gaan moet help as die kat wil storm. Dit kan weke vat om so kat te kry op die aas terwyl mens vir hom wag. Die boer se cruiser gaan 'n tank of 2 diesel uit ry. Al hierdie dinge kos geld en net omdat dit 'n probleem dier vir die boer is beteken nie hy moet nou 'n verlies maak op die dier nie.

Ek het al gehoor van outfitters wat 10x die prys van die olifante vra. Dan is dit darem 'n uitsonderlike bul, maar R100k is heelwat minder as wat party manne vra om 'n buffel te skiet. Was laas naweek by 'n leeu plaas waar leeus geteel word met uitsonderlike maanhare, wat dan aan privaat reservate verkoop word om die natuurlike gene poel aantevul. Die een mannetjie het op 5jaar oud 300kg geweeg. Daardie plaas verkoop 'n leeu mannetjie vir R600 000 stuk as hy so 2jaar oud is. Die plaas voer gemiddeld 25 beeste 'n week aan die 6 troppe leeus en die klein/jong leeus wat hulle daar het. Dit is nou nie 'n luiperd of 2 op 'n plaas nie, maar die diere vreet baie en vir 'n boer om die dier van klein af te voer tot hy self begin jag of sy eie gebied op die plaas het beteken die boer het 'n groot klomp skade gelei aan die dier.

Ja dit is baie geld en nie iets wat almal beskore is nie, maar dan moet mens maar net harder bly werk en meer verdien tot mens nie meer omgee oor 'n petrolprys verhoging nie. (Hierdie sluit my in) Ek is nog jonk en glo ek sal nog my buffel kry, eendag.
As jy nie iets met "Force" regkry nie, Gebruik jy nie genoeg "Force" nie....
Musgrave 375 H&H,
Howa .308 Win
Krico 223 Rem
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Skade-permit Olifant en Luiperd

Post by Wouter Roets »

Maruis!

Wanneer immigreer jy?! Ek sal die drank vir jou afskeidpartydjie gratis verskaf!

Groetnis!
Wouter!
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Skade-permit Olifant en Luiperd

Post by mariusr »

Wouter Roets wrote:Maruis!

Wanneer immigreer jy?! Ek sal die drank vir jou afskeidpartydjie gratis verskaf!

Groetnis!
Wouter!
Ongelukkig te lank gewag ! Nou is ek te oud moet nou maar vasbyt! Anders het ek verseker!
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13662
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Skade-permit Olifant en Luiperd

Post by Geno »

Wouter Roets wrote:Maruis!

Wanneer immigreer jy?! Ek sal die drank vir jou afskeidpartydjie gratis verskaf!

Groetnis!
Wouter!

Wouter!!?!?!
Ek sal die barman wees!?!?!?!?!
Goed, beter, 6millimeter!
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Skade-permit Olifant en Luiperd

Post by ROBBIE1 »

Manne ek het ook geen probleem om vir so iets n prys te vra nie, maar daai prys is bietjie uit. Ek kan nou n volwasse mannetjie vir R20,000-00 skiet, ken die man wat die permit het persoonlik, plaas naby sentrum. Nou kom die "catch", jy moet hom nou aanhou voer, tot jy wel n koper het, so nou kos dit nog n donkie boud elke week om die katjie op bait te hou ook nog!

Ek sien dit so, ons dorpenaars neem versekering uit op ons huis, om skade te beperk wat n skelm kom aanrig en ons besteel. Die boer kan nie versekering vir n luiperd he wat sy bokke vang nie, want jy gaan nooit al die karkasse kry wat hy vang nie. Al wat die boer kan doen, is om sy skade deur n prys op die luiperd te plaas, te PROBEER dek. Ek se egter, maak die prys so dat iemand wel die ding sal kom skiet.

Ek moet eerlik wees, as ek n boer is, en agter kom daars n kat op my plaas, blaas ek hom persoonlik en begrawe hom, as om al die drama deur te gaan om n permit te probeer kry, en kerneels vang al te heerlik aan my bokke!!!
User avatar
HennieC
Hero Member
Hero Member
Posts: 608
Joined: Tue Dec 25, 2012 12:22 am

Re: Skade-permit Olifant en Luiperd

Post by HennieC »

Ag nee wat ek sal die probleem diere verniet kom skiet. Die ouens hoef nie te betaal nie. :laugh: :laugh: :laugh: :laugh:
Die probleem diere kan helse kostes maak en iewers moet die kostes terug gekry word.
Die boer kan kostes darem bietjie delg hier.

Ian net een vraag, hoekom nie buitelanders nie?
bullseye

Re: Skade-permit Olifant en Luiperd

Post by bullseye »

PHILLIP jy het my nou erg nuuskierig sal jy omgee om vir my te sê wat die leeu plaas se naam is of die eienaar sal baie graag wil sien hoe die leeus lyk.

mooi dag.
Bullseye
Dawie Malan
Hero Member
Hero Member
Posts: 844
Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am

Re: Skade-permit Olifant en Luiperd

Post by Dawie Malan »

Ek wens net ons luiperd mannetjies wil hou by die 35 bokke kwota per jaar. Jy weet nie dalk van n organisasie wat vir hulle n lesing wil kom aanbied nie?
Oom Wout

As jou kolkatte soos myne is, dan is hulle te slim vir klasdraf.

Ek dink ons druip hulle maar op swak bywoning. :laugh:

Groete

Dawie
User avatar
Philip_R
Hero Member
Hero Member
Posts: 613
Joined: Tue Jul 23, 2013 12:22 pm

Re: Skade-permit Olifant en Luiperd

Post by Philip_R »

Die plaas se naam is Puruma Pride buite Viljoenskroon.

http://www.purumapride.co.za/

Die Wit mannetjie is die een wat op 5 jaar 300kg geweeg het, dit was laasjaar, ek is 'n kortgat maar as daardie man sy kop optel as hy staan kyk hy my amper in die oë. Die geel mannetjies met swart hare tot laag onder die pens is vir my nogsteeds mooier.
IMG_1962.JPG
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
As jy nie iets met "Force" regkry nie, Gebruik jy nie genoeg "Force" nie....
Musgrave 375 H&H,
Howa .308 Win
Krico 223 Rem
bullseye

Re: Skade-permit Olifant en Luiperd

Post by bullseye »

Dankie Phillip ek ken Toit Brink goed hy is nie ver van my af nie

Groete
Bullseye.
Ian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Tue Nov 29, 2011 1:16 pm

Re: Skade-permit Olifant en Luiperd

Post by Ian »

HennieC wrote: Ian net een vraag, hoekom nie buitelanders nie?

Hennie

Dit is die grondeienaar se vereistes, wil 'n suid Afrikaner ook 'n geleentheid gee en baie minder papierwerk en moeite.

Groete
User avatar
HennieC
Hero Member
Hero Member
Posts: 608
Joined: Tue Dec 25, 2012 12:22 am

Re: Skade-permit Olifant en Luiperd

Post by HennieC »

Ian wrote:
HennieC wrote: Ian net een vraag, hoekom nie buitelanders nie?

Hennie

Dit is die grondeienaar se vereistes, wil 'n suid Afrikaner ook 'n geleentheid gee en baie minder papierwerk en moeite.

Groete

Dankie Ian
Ja papierwerk kan nogal baie raak.
User avatar
Spanner
Hero Member
Hero Member
Posts: 1083
Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm

Re: Skade-permit Olifant en Luiperd

Post by Spanner »

My oom het eendag gevra : Wat is die vinnigste manier om R20 miljoen te verkloor ?

Loop koop 'n wildsplaas ...
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Skade-permit Olifant en Luiperd

Post by cassie_calvinia »

as hier by my 'n luierd vang, en ek kry permit, sal ek nie 'n duiwel wag tot iemand 35k kan uithaal om hom te skiet nie! hy moet vrek! so gou as kan!
die diere begin raak almeer hier by ons. gelukkig nog nie heel by my nie.
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
RUPERT
Hero Member
Hero Member
Posts: 1192
Joined: Thu Jun 28, 2012 1:47 pm

Re: Skade-permit Olifant en Luiperd

Post by RUPERT »

Dit is seeker maar die boer se reg om n prys op die luiperd te kan sit om te kan probeer help met die verlies wat al reeds gelei is.Ek dink net dat ons te vinnig wil kritiseer en weet nie watse helse impak so n dier op n beesigheid kan he nie.

Soos een van die manne bo genoem het,Hy sukkel nou al vir twee of drie jaar om n permit te kry om van die probleem ontslae te raak.Nou weet ek 35k justify nie die skade wat op daai kat se kop gesit is nie.

Sterkte manne
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Skade-permit Olifant en Luiperd

Post by cassie_calvinia »

helse impak so n dier op n beesigheid kan he nie
presies. skiet hom en kry klaar!
as die boer tyd het om te speel, het hy ook nie sofeel skade nie
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
Flip Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2489
Joined: Tue Aug 16, 2011 10:50 pm

Re: Skade-permit Olifant en Luiperd

Post by Flip Nel »

Spanner wrote:My oom het eendag gevra : Wat is die vinnigste manier om R20 miljoen te verkloor ?

Loop koop 'n wildsplaas ...
My ma het altyd gesê 'n plaas is 'n bodemloose put, jy hou nooit op betaal nie
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Skade-permit Olifant en Luiperd

Post by Piet Breedt »

Om een van die groot 5 te skiet is n moerse voorreg, en nog altyd duur, Ek praat nie van die toevallige onwettige skiet van seke spesies in die groot 5 soos wat van tyd tot tyd plaasvind nie, maar die wat wettig met permitte gejag word. Dit was maar nog altyd vir die elite gewees, en nie vir die gewone biltong jagter beskore, so aanvaar dit maar so. Daar is verseker manne wat sal tou staan om die geleentheid aan te gryp teen daardie prys, en hoekom nie.

Ek en 2 vriende het 2 naweke gelede gaan visvang om n nuwe boot te toets, en die weer was maar sleg gewees, en ook so die visvang. Ons het op die ou end so paar bottoms gevang en vir interesantheid die prys per kg uitgewerk. As my vrou dit sien is my visvag loopbaan daarmee heen. Ons vis het ons slegs R780.00 p/kg uitgewerk.

Daar is party dinge waar daar nie regtig n waarde aan gekoppel kan word nie. n Mens se passie is een daarvan, en dus sal die prys van die Luiperd vir party glad nie te veel wees nie.
2vierniks
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 259
Joined: Wed May 22, 2013 6:21 pm

Re: Skade-permit Olifant en Luiperd

Post by 2vierniks »

Ek stem saam met Piet Breedt. Die jag van die groot 5 en eksotiese wild is lankal baie duur en eintlik net vir ryk mense beskore. Ek sien nie fout met die prys wat gevra word vir die kat nie. Dit is 'n eenkeer in 'n leeftyd ding om te doen!

As boer stem ek ook saam met Cassie dat mens nie kan wag met 'n probleem tot 'n permit uitgereik word en tot iemand eendag besef dat dit eintlik die moeite werd is nie, maar dat die kat maar stil van kant gemaak moet word.

Daar is egter 'n verskil tussen veeboere, wildsboere en jagoperateurs. Elkeen gaan die saak benader soos dit vir hom die meeste sin maak.

Ek dink steeds dis 'n wonderlike geleentheid vir 'n plaaslike jagter om die trofee van 'n leeftyd te jag!
Post Reply