Page 2 of 2

Re: Vleis prys

Posted: Sat Nov 09, 2013 5:11 pm
by grumpy
Robbie1,

Wil jy nie vir my n pryslys pm anders laat weet dan stuur ek jou my email adres.

Dankie

Re: Vleis prys

Posted: Wed Nov 13, 2013 1:12 pm
by grumpy
Robbie, ek het jou epos gestuur.

Re: Vleis prys

Posted: Thu Nov 14, 2013 9:38 am
by ROBBIE1
Hi Grumpy, ek het ook terug gestuur, seker elders gesteel langs die pad. A-graad hind, klaar bewerk, R44-50, A/B Hind R43-50.

Lam kan ek op die stadium vir jou doen vir R55-00/kg.

Re: Vleis prys

Posted: Thu Nov 14, 2013 10:06 pm
by henning
Pick&Pay het nou a special op heel lam, R49.00 per kilo. Het self toe sommer twee gekoop. Wonder waar hulle die vleis vandaan gekry het vir daardie prys.

Re: Vleis prys

Posted: Fri Nov 15, 2013 8:40 am
by Stefan Fourie
Daar is 'n "Karoo lam" wat ook in sommige kettingwinkels in SA bemark word. Wat behels dit en verskil daardie pryse van ander lam?

Re: Vleis prys

Posted: Fri Nov 15, 2013 9:04 am
by FCLoretz
Die karoo lam word as "free range" bemark, hulle se dus die skape word nie gegrainfed en al daai goed nie.

Re: Vleis prys

Posted: Fri Nov 15, 2013 9:12 am
by Stefan Fourie
Dit het al gebeur dat ons Namibiese vleis in 'n SA kettingwinkel se koelkas gehang het en verkoop word as "Karoo lam", die slagpale op Keetmanshoop se stempel duidelik op die karkas. Toe die blokman daaroor uitgevra word is hy skielik vreeslik verbaas daaroor... Dis sulke klas goed wat gebeur met die onderduimse truuks soos ek hierbo geskryf het.

Re: Vleis prys

Posted: Fri Nov 15, 2013 10:20 am
by tokjak
die rpo en nwkv is besig met n projek om "karoo lam" as karoo lam te bemark . Daar is n rede hoekom dit verskil van ander vleis . As ek reg kan onthou is daar 6 verskillende karoo bossies wat die unieke smaak aan die vleis gee. van hulle is kapokbos , rivierganna , karoobos en anker karoo , ek is nie seker oor die ander nie ,een mag dalk koggelmandervoet wees{as ek reg is} . indien jy {ek dink] 4 van die 6 op jou plaas het , kan jy deel raak van "karoo lam" Wees ook versigtig , sommige slagters verkoop AB"S as lam en vir die van julle wat van n extra vetjie hou , druk vir n beter prys , die slagter het goedkoper betaal vir daardie lam .

Vir die manne in die oos kaap . ek laai die 30 ste November lammers af in PE en Uitenhage, A1-A5 lammers, pryse wissel tussen R49 - R52/kg opgesaag , verpakking is R10 ekstra

groete