Page 2 of 2
Re: .375H&H vs .375Ruger
Posted: Mon Feb 14, 2011 10:08 am
by Stefan764
Weereens kan ek sekondeer wat Baas Wout se. Dai 375 van hom smaak so sag soos n muis met slippers en so soet soos stroop. Die 458 Lott ook, gee n man nie seer nie, net baie bloed baie vinnag na sekere privaat dele van man se lyf...
Re: .375H&H vs .375Ruger
Posted: Mon Feb 14, 2011 10:45 am
by Andy
Wouter,
dankie het klaar 'n kwikstaaf bestel. Sal kyk na die Pacmayer Decelerator pad. Op die stadium geniet ek hom nog.
Andy
Re: .375H&H vs .375Ruger
Posted: Mon Feb 14, 2011 12:37 pm
by jmb
Andy ek koes al klaar maar ek gaan voorstel dat jy na 'n "muzzle brake" ook kyk. Ek het een op my 375H&H Sako 75. Hulle is berugte trappers want hulle is ook redelik lig. Ek skiet baie gemaklik met die geweer. Ek doen net stapjag met hom so daar is nie omstanders wat oor die geraas kla nie. Jyself hoor nie eintlik die geraas nie want die meeste klank trek met 'n hoek van jou af weg waar jy direk agter die geweer is.
Re: .375H&H vs .375Ruger
Posted: Mon Feb 14, 2011 1:14 pm
by Andy
Jmb,
Sal maar tevred wees soos hy is. Ek hou nie baie van 'n muzle brake nie, dis te militaristies. Wil die geweer darrem nog soos 'n jag geweer laat lyk. Ma dankie in elk geval as dit my pla sal ek jou raad aanwend.
Groete
Andy
Re: .375H&H vs .375Ruger
Posted: Mon Feb 14, 2011 5:11 pm
by jmb
Hoor presies wat jy se. Ek het my geweer met die brake gekoop. Dit is 'n stainless synthetic Sako75 en die brake is redelik klein so dit pla nie esteties so baie nie. Het 'n knaldemper ook. Dit lyk nogal koddig en maak die geweer nogal lomp.