Knaldemper effek op kroon

User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Knaldemper effek op kroon

Post by Christo »

OK, mooi klomp feite hier gelees nou.

Nou my vraag. As die skoot afgaan is daar druk wat die koeel voor by die loop uitdruk deur die KD. Die druk agter die koeel behoort vanaf die dop tot net voor die KD se "bek" dieselfde te wees, daarom die kamer in die KD om die druk weg te vat. Die druk moet mos nou orals dieselfde wees, min of meer, behalwe net voor die "bek" waar daar mos nou 'n laer druk ontstaan. My boere somme se^ dat die gasse/druk daarheen sal bly beweeg tot die druk binne en buite dieselfe is, m.a.w as al die gas vooruit geblaas is. .??

Praat ek nonsense of klink dit logies. Waar is die slim manne.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Knaldemper effek op kroon

Post by tripodmvr »

Het van vriende gehoor waar die 243 se punt van die loop baie vinnig "gepit" het. Ek sou dink die verklaring kan wees verhoogde temperature a.g.v. die demper en ook die verskil in materiale wat verwering weens potensiaalverskil teweegbring. Dit is ou nuus dat verskillende materiale verskillende voltage het en aluminium en yster tesame sal stroomvloei veroorsaak. Dit bring verwering mee.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Knaldemper effek op kroon

Post by PWV »

Ek het opgemerk dat daar gasse akkumuleer in die KD. Blaas van agter af deur die loop na 'n skoot en jy sien hoe kom die gas uit.
Ek haal my KD af nadat ek geskiet het, want ek het die vermoede dat die gasse wat in die KD agterbly, 'n neerslag mag vorm - ook in 'n deel van die voorste end van die loop. Ek weet nie of dit 'n goeie praktyk is om die KD voortdurend op jou loop te hou nie.
My 2c.
Groetnis
User avatar
swc-tr
Hero Member
Hero Member
Posts: 1520
Joined: Thu Dec 09, 2010 2:01 pm

Re: Knaldemper effek op kroon

Post by swc-tr »

Post Reply